http://www.praag.co.za:80/nuus-magazine-402/suider-afrika-magazine-400/6304-ystervuis-teen-webwerwe.html
Die inhegtenisname van die bekende Johannesburgse “blogger” Uhuru Guru van die woernaal South Africa Sucks het gister skokgolwe deur Suid-Afrika se internetgemeenskap gestuur. Oënskynlik het die ANC-bewind op die vooraand van die Wêreldsokkerbeker tot hardhandige optrede oorgegaan teen webwerwe wat die land se probleme soos misdaad en verdrukking van minderhede aan die groot klok hang. Daar is ook die afgelope dae ‘n veldtog deur anonieme briefskrywers op LitNet, ‘n webwerf in die Media24-stal, gevoer teen die misdaadberigte wat South Africa Sucks gewoonlik met kommentaar aanbied.
Die voordeur van Uhuru Guru is gisteroggend om 6:30 deur ‘n “taakmag” van die polisie afgeskop en hy en sy gesin is hardhandig uit die bed gepluk. Sy vrou is nie toegelaat om enige oproepe te maak nie en selfs sy dogtertjies se selfone is gekonfiskeer, tesame met alle rekenaartoerusting in die huis. Die taakmag, wat uit lede van die polisie, veiligheidspolisie en verskeie spesialiseenhede soos kubermisdaad bestaan het, het die webmeester ook oor PRAAG en dr. Dan Roodt ondervra, wat moontlik kan veroorsaak dat die polisie se veldtog na hierdie webwerf kan uitbrei.
Uhuru Guru, wat tans om sakeredes verkies om anoniem te bly, is agterna na ‘n Johannesburgse polisiestasie geneem waar hy tans in aanhouding verkeer. Volgens sy regsverteenwoordiger is daar duidelike pogings deur die staat om die regsproses te vertraag ten einde hom vir die maksimum periode vir ondervraging aan te hou. Die klagtes teen hom is onduidelik, maar daar word gepraat van crimen injuria, asook ‘n insident tydens 1993 toe een van sy werknemers gesteelde goedere ter waarde van enkele honderd rand op sy perseel versteek het. Dit wil voorkom asof die polisie dié klag wat sestien jaar gelede teruggetrek is, op hul rekenaar opgespoor het ten einde ‘n verskoning te vind om hom in hegtenis te neem.
Volgens Uhuru Guru se regsverteenwoordiger is “die hardhandige en oordrewe optrede deur die polisie… duidelik polities gemotiveer”.
PRAAG het enkele dae gelede vanuit ‘n bron binne die ANC verneem dat daar ‘n groep blanke Afrikaners binne die polisie verkeer wat weens transformasiedruk hul eie poste en begrotings moet motiveer deur op ‘n fiktiewe “regse gevaar” te spioeneer. Die polisie wat gister teen Uhuru Guru van South Africa Sucks opgetree het, was blykbaar deur die bank blanke Afrikaners wat direk aan hoofkantoor rapporteer en nie aan enige plaaslike polisiestasie nie.
Volgens Uhuru Guru se regsvereentwoordiger het hulle ‘n “sinistere indruk gemaak, presies soos die ou Veiligheidspolisie in die tagtigerjare onder die Nasionale Party. Ek was destyds baie links gewees en as ek nie so ontnugter was deur die nuwe Suid-Afrika nie, sou ek seker steeds links gewees het. Daarom moes ek dikwels met die Veiligheidspolisie namens kliënte onderhandel wat in aanhouding was. Gister se ervaring het my ‘n gevoel van déjà vu gegee. Dit was presies dieselfde, dieselfde mense, dieselfde metodes, dieselfde kyk in die oë. Een van: ‘Te hel met jou. Ons maak wat ons wil.’”
Dr. Dan Roodt van PRAAG het intussen verklaar dat “daar geen bande tussen PRAAG en South Africa Sucks bestaan nie. Terwyl South Africa Sucks se hooffokus misdaad en Suid-Afrika se rasseprobleme is, wil praag.co.za ‘n onafhanklike, algemene kuberkoerant wees wat lesers oor allerlei sake inlig en ook onverskrokke, maar beskaafde kommentaar lewer. Hoewel die feite oor misdaad wat in South Africa Sucks vermeld word gewoonlik waar is, handhaaf die blad ‘n polemiese en uitdagende toon wat nie ons styl is nie. Maar dis Uhuru Guru se goeie reg, indien Suid-Afrika wel ‘n demokrasie met spraakvryheid sou wees. Die huidige gebeure laat egter twyfel of Suid-Afrika veel langer op die etiket ‘liberale demokrasie’ sal kan aanspraak maak.”
Dr. Roodt was egter vol moed dat die alternatiewe Afrikaanse media die huidige aanslag van die staat sou oorleef. “Die ANC is ‘n magshonger monster wat geen teenspraak of alternatiewe sienings duld nie. Immers het die beweging sy tande in die ou Oos-Europa geslyp waar totalitêre bewinde alle aspekte van die samelewing beheer het. Daarom, toe ons praag.co.za as ‘n e-koerant gevestig het, het ons die blad se bediener in die VSA opgestel waar ons die beskerming van die Amerikaanse grondwet en wette oor vryheid van spraak geniet. Nóg die ANC, nóg die Veiligheidspolisie wat tans ‘n voorbeeld van South Africa Sucks gemaak het, kan ons stilmaak. Al word ons almal in die tronk gesit weens ons menings teen geweldsmisdaad en meerderheidsoorheersing in Suid-Afrika, beskik ons ook oor mense in oorsese lande wat die webwerf van daar af kan bedryf en aanhou publiseer.”
Ok, ek wil bietjie simpel wees en insist dat die tag op hierdie blog gedoen sal word. Asb. Speel saam. Dan hoef ‘n reisiger nie te spring van blog na blog om te gaan soek vir haarrysende vertellings nie!
Ek tag jou dus, ja jy wat nou hier lees, om innig te gaan dink, en terug te kom met ‘n storie wat met jou gebeur het, of waarvan jy gehoor het. Skryf dit sommer op Word en copy en paste dit in die comments as jy dink dit gaan te lank vat om vas te haak op die comment blokkie.
My ma het my ‘n liedjie geleer toe ek nog klein was: “Wie is bang vir ‘n spook? Eendag word jy tog een ook. Wees gerus, oor 100 jaar, eendag groet ons weer mekaar!” En dan sluit jy die liedjie af met ‘n spookstem wat se: “hullo, hullo”
Kyk, die Here het geweet as Hy vir my ‘n helmet opsit met geboorte, sal ek spare panties moet saamdra elke dag van my lewe. Ek is bang. Soos in ‘ek maak ander bang, maar eintlik skrik ek groter’ bang. En ek moes groot-oog na oupas se spookstories luister, en banggat weghol vir my eie skaduwee toe ek klein was. Maar hoe sal ‘n kind regtig kan grootword sonder ‘n spookstorie?
13 Jaar gelede pas ek die een bestuurder se huis op, op die plaas waar ek werk. Daar is dit snags so donker, jou flits help nie eens nie. Dis winter, en die sneeu le net duskant die grond. Dit reen vir dae aaneen, en as ek saans in die huis instap, het die faeries al kaggel aangesteek, en hoef ek net te besluit watter Woolies dis in die oond moet kom.
Sulke aande was omgesit by die vuur, hopend om iets van waarde op die TV te kry, of omgepaartie met vrinne wat oorgekom en oorgebly het. Maar hierdie aand was dit net ek en my skaduwee.
Ek het in die gastebadkamer ‘n diep bad gaan tap, en eie aan myself, met my lang bene aan die oorkant teen die muur vasgetrap. Ek het nog nooit ‘n bad gekry waar ek kan le sonder om my bene te buig, of langbeen teen ‘n muur vas te trap nie.
Dit was laat. Soos in na 12, en my vel was verkrompeld van meer as 2 ure in die bad le. Ek kan nie onthou watter boek ek besig was om te lees nie, maar ek wou dit nie neersit nie, en buite die bad was daar vir my niks exciting om te doen nie. En dit was al bitter laat.
Skielik het ek iets buite die badkamer venster gehoor. Die nag was stil. Vir ‘n slag was die honde by die werkershuise ook stil. Maar ek het iets gehoor. Ek het ophou lees, en geluister. Perdehoewe het opgeklink. Maar shit, dit was nie 4 hoewe nie. Dit was minder! En dit het skielik oor die stoep, reg verby my badkamervenster gehardloop, en toe het dit stil geraak.
Die honde het begin blaf. Ek het vir lank so gele en kyk hoe die water rimpels maak soos my hard doef-doef-doef klop. En toe uitgeklim en gaan inkruip met die huis se ligte wat brand, en my .38 onder my hand. Ek het nie veel geslaap nie. En toe ligdag aanbreek en die son kamma-kamma deur die reenwolke wil breek, het ek opgestaan en klaargemaak vir die dag.
Ons was besig om nuwe windbrekers aan te plant die dag, en ek het nuuskierig die plaasmense uitgevra oor goed wat so rondhardloop. Hulle het onderlangs na mekaar gekyk, en een het vertel van die ding wat soms op hulle huise se dakke langes hardloop, en oorspring na die volgende huis. Hy het soms ‘n ketting by hom. En dan gaan die honde bezerk. En ja, daar is ‘n ding met hoewe wat hardloop soos ‘n mens met perdepote. Maar hy is gevaarlik. Mens moenie alleen in die nag buite stap nie, hy gryp jou.
Ek het nie weer in daai bad gaan le nie. Ek is hoof badkamer toe die volgende aand. No ways gaan daai ding weer agter my kop verby gallop. En 2 aande later was ek darem weer terug in my eie bed.
Jinne, ek word steeds daagliks ontnugter deur van my mede landsburgers se tweegesig leefstyl!
Hoekom is dit vir sommige doodsake oor wat ander van hulle sal dink?
Is die selfvertroue dan regtig so min dat jy jouself as ‘uiters liberaal’ vanaf ‘n openbare verhoog sal beskryf, terwyl ek voor my siel weet jy ****** & ****** heerlik in sekere mense se geselskap? Is jy bang die lable van rassis word om jou nek gehang, terwyl jy ‘n tyd gelede ‘n uitgesproke een was?
Ek ken mense wat letterlik soos ‘n vlag aan ‘n paal wapper. Jip, as die nuwe vriendekring daggarokers is, sal die leefwyse daarvolgens aangepas word. Solank die ‘eie ek’ net sosiaal aanvaarbaar sal bly. Wel, sosiaal aanvaarbaar in wie se oe? Die daggarokers en die suipers??? Hahaha, iewers gaan jy in die vlakwater vasslaan terwyl die res van die wereld op ‘n seiljag verbyvaar.
‘Ek leef eerder in skuld as om doodgesien te word in ‘n kar ouer dan 6 jaar. ’ Donir, get a fucking life. Daar is mense daar buite wat nie eens ‘n kar kan bekostig nie. Van jou eie vel se mense sit in plakkerskampe, en jy kla oor die spoedkaartjie wat jy gekry het toe jy gejaag het om betyds te wees om ‘n tafel op die ‘in’ restaurant se stoep te kon kry, sodat die wat verbyry, jou darem daar kon spot.
Moerse cool. Moerse leeg. Is jy bang jou Facebook vrinne delete hulself van jou profile?
Slaan die toiletseat af voor jy dit trek – mikro grootte druppeltjies, loaded met kieme wapper en warrel die hele badkamer vol, en gaan sit op jou tandeborsel, handdoek en dental floss. Jy kan moerse siek word hiervan.
Kook net genoeg water vir jou koppie tee. Hoekom ‘n vol ketel kook en tyd EN FLIPPEN GELD mors met so iets. As jy geld het om te mors, skenk dit aan behoeftige instansies.
Gooi gereeld ‘n paar lepels koeksoda in jou dreine (bad, wasbakke, stort) en jaag ‘n sarsie wit asyn agterna. Dit hou die moontlikheid van blokkasies laag. En dis nogal terapeuties, die geborrel en bruis.
Sit ‘n sonskerm in jou kar. Al gaan jy net gou shop. ‘Net gou’ gee die son genoeg tyd om daai nuwe kar van jou se dash, gou soos die hond se gat te laat lyk.
Eet heel, vars knoffel. Sluk dit soos ‘n pil, en wees gewaarborg dat die muskiete jou nie skade sal berokken gedurende die somer seisoen nie. (Ek het nognie die antwoord vir die gezoem van muskiete om jou kop nie, maar met die knoffel in jou bloedstroom, kots hulle enige gedagte om aan jou te suig, net langs die wond uit!)
Fokus op die klein goedjies in die lewe – dan sal jy nie so baie tyd he om te mors op sinnelose ‘Die Eie Ek’ nie. Of sit jou hoofligte af as jy by my verbykom. Dan sien ek jou nie, en ek hoef jou nie hier aan te vat nie.
Klim terug in jou kas, jou nar!
Vanoggend vroeg was die ganse en die hoenders al aan mekaar in die agterplaas. Hulle wou skielik saam met die ligdag mossies weet wanneer hulle kos oor die onderdeur gaan verskyn.
Ek het myself gedwing om wakker te word. Die reuk van gedekte riet diep in my longe ingetrek, en amper ‘n kat van die bed laat val met my uitrek-slag. Toe ek die hortjies oopgooi, het die eerste sonstrale lek-lek beweeg oor die verste koppie op die plaas, en die vredevolle Sondag had ‘n stilte in haar lende. Soos ‘n tevrede vrou.
Die honde het huppelend vooruit gedraf en blaffend tussen die pluimvee uitgestorm toe ek die agterdeur oopgooi. Ek het ‘n paar hande gekraakte mielies oor die agterdeur uitgeskiet, en die mossies en die vinke het arrogant die duiwe verjaag om hulle deel van die gratis maal ook te kry.
Ek het die assies in die vuurhert eenkant toe geblaas tot ek ‘n gloeiende kool gekry het, en hom vasgepak met klein houtjies. Die vuur het sommer vinnig gevat, en ek het die ketel oor die vuur geswaai sodat die water kon kook vir my eerste beker koffie.
Ek en my skaduwee, my getroue optelbrakkie, is badkamer toe. Die ritueel wat hom elke more afspeel, ‘n gesig vir enige toeskouer… Brakkie gaan sit op haar agterstewe, terwyl ek eers water in die waskom gooi, en dan afbuk om haar piering vol te maak. Ek was my gesig in die koue water in die waskom op die wastafel met die bottelgroen teels, terwyl Brakkie stadig haar piering ledig. Teen die tyd dat die slaap uit my oe is, het die ou kat haarself langs my op die wastafeltjie kom sitmaak, en gee sy nie om vir die verdwaalde spatseltjie water op haar lyfie nie. Dit lek sy sommer saam met haar eie oggendritueel van reinigingsroetine, op.
In die kombuis, in die herd, kook my koffiewater geduldig. Ek meet my koffiemaat af vir die eerste koppie, in die sakkie wat ek self in die winter voor die vuur sit en maak het, en gooi die kookwater daaroor. Die geur van koffie slaan my neusgate wakker, en my maag grom.
Met ‘n roosterkoek van gisteraand se ete in die een hand, my blikbeker koffie in die ander, en drie van die sewe honde om my bene, loop ons in die gang af na die swaar hout voordeur. Die koperhandvatsel blink in die skemer voorportaal. Ek maak die deur oop met my elmboog, trek die onderdeur terug sodat die vierbeniges kan verbykom, en trap amper op ‘n kat toe ek ook ‘n gaping wil vat om op die voorstoep uit te gaan.
Ek gaan sit op die boonste trap van my Kaaps-Hollandse huis. Die sonstrale is aan die ronddans tussen die laning akkerbome wat die pad na die werf soos soldate op aandag, aandui.
Die hoenders en die ganse is rondekrop besig om na die voorkant van die huis te beweeg om enige niksvermoedende goggas vas te trek. My henne se eiergele is amper oranje. Nie die dowwe geel van die dorpshoenders nie.
My roosterkoek en koffie is op. Ek staan op, rek uit en draai om. Die dag moet begin. Dis Sondag. Ek het mense genooi vir ete. Ek moet die vuur gaan stook en die potte daaroor hang. Vanmiddag eet ons waterblomme en koedoe nek.
Dis mooi in my drome.
Herriemerrie saal weer ‘n woestynperd op deur vir mense te vra volgens watter ‘lewensreels’ hulle lewe. Om haar indirek te antwoord, besluit ek om dit effe te wysig, en te vertel hoe ek verkies om my lewe NIE te lei nie…
Ek wil nie meer babelas op my ouderdom kry nie, daarom drink ek minder.
Ek koop niks op skuld nie. Ek ry eerder ou karre as wat ek grend ry, maar nie geld het vir sushi nie. Ek eet ook nie op my kredietkaarte nie. As ek nie geld het nie, braai ek vleis eerder as om uit te gaan. Hahaha! Ek is baie geseend om so te kan lewe. Ek erken dit is nie uit my goedgeit nie, maar uit Genade. Dit kan alles in ‘n oogwink verander.
Ek mishandel nie diere nie. Ek wil mense doodmoer wat doen. Diere moenie diere aanhou nie.
Ek dra nie rokke en hakke nie. ‘n Hemelbesem op hakke lyk vir my simpel, en ek lyk simpel in rokke.
Ek wil nie doekies omdraai nie. Maar ek is ‘n mens wat nie altyd vir iemand in sy gesig kan se om te skoert nie. Ek wil nie sommer lelik wees met mense, en hulle gevoelens seermaak nie. Tog boet ek baie van myself in deur nie reguit te wees nie.
Ek wil nie graag sonder humor leef nie. Ek kom uit ‘n familie waar twakpraat makliker kom as realiteit en waarheid praat. ‘n Masker van lag. Tog sal ek nie sonder daardie spontane twak kan funksioneer nie.
Ek wil nie sonder boeke wees nie. Storieboeke. Woordeboeke.
Laaste, lees ek vanoggend ‘n bittere belangrike vers:
Behandel mense soos julself behandel wil word – Lukas 6:31
En daai moet ek altyd onthou. Veral as die harregatgeit my pak.
As enigiemand nie getag is met hierdie vraag nie, tag ek jou nou. Sodoende laat ons niemand uit wat miskien vir die bloggers ‘n waardevolle openbaring kan lewer nie.
Die ander dag kom ek in Protea. Louise beduie na die stapel nuwe boeke, en voeg by: ek het jou nie gemail oor Deon Meyer se nuwe boek nie, want ek weet jy hou nie van kortverhale nie.
Jip. Ek doen nie. Behalwe dat die laaste kortverhale van Tannie Dalene Matthee gerock het. Dus neem ek maar ‘n boek op. Karoonag le koel in my hand. Ek koop sommer oom PG du Plessis se jongste bundel kortverhale ook. Die ‘bekering’ teenoor kortverhale is ernstig…
Aaaaaag tog, Deon Meyer moet pasop ek kry hom nie gevang nie. Ek sal hom gevange hou, vir hom lekker kos kook, vir hom lekker wyn gee, en elke aand soek ek ‘n storie!!!
Ek is soos ‘n besetene deur die boek. My huismense weet al, wanneer ek op my bed met ‘n boek gaan neerval in die middag na werk, is dit OF omdat ek siek voel, OF omdat die boek in my hand uit die Meester se pen kom. Dan loop hulle suutjies deur die huis, en roep my maar nie as Egoli begin nie. Tee word sonder woord langes my bed gesit, en ‘n bord oor die skorsies sodat hulle nie water trek nie.
Die bundel was vinnig deurgelees. Te vinnig. Ek het hom gemail om te vertel ek dink dit is awsome, en ek sluit sy reply in. Vir die, soos ek, wat half leef van bundel tot bundel uit sy pen.
En tot die souties kan saamlees. Weet net nie lekker hoe vlot mens kan vloek in ingils, wanneer jy iewers in SA rondkoes nie!
Beste Skoor
Ek is dankbaar en verlig dat jy van Karoonag gehou het. Die volgende boek
(“Spoor”) kom nou mooi aan en behoort teen aanstaande jaar in April op die
rakke te wees.
Groete
Deon
Daar was nou vir jou ‘n man wat sekerlik van kleins af geglo het varke kan vlieg (met kopligte op bright) en dat sy pa die sterkste in die hele distrik was.
As hy hom dikgeeet het aan ouma se twee hande hoog natbeskuit met handgekarringde botter, het hy altyd met krummels om die mond vertel dat sy ma se beskuit so hoog was, mens moes na haar roep as jy in haar kombuis kom, omdat jy nie oor die uitgedopte gebak kon sien waar sy is nie.
Hulle beeste se melk was so ryk, as jy die koeie met die hand melk, en die spene net te hard trek, raak daai goue botterstawe sommer vanself gemaak in die melkemmer (so sterk was die stroom melk wat uitgemelk is uit daai spene, let wel)
So le die sneeu een oggend dik op die plaas. Tot teenaan die voordeur. En ouma se beskuit is pas uit die oond. En die vent kom staan weer nader. Gifsmouse het mos die manier om kos uit te ruik op plase.
Die ou kom maak homself staan in die karige kombuis, lekker teen die houtstoof. Dit het erg koud geraak in daardie valley – daarvan kan ek getuig. En hy eet en praat en eet en drink tee. Hy lewer ‘n eenman vertoning. Raak so weggevoer, ek dink as oupa en ouma die vertrek op daardie punt uitgesluip het, sou hy dit eers in die agtermiddag agtergekom het. Maar oupa was koulik, en het weinig die houtstoof in die winter verlaat, en ouma moes tussen die vertrek met die stoof in, en die kombuis langsaan, beweeg om die kos dinge uit te sorteer.
Ouma moes die boud in die houtstoof kry, anders was die middagete nie betyds gaar nie, en onderbreek meneer die gifsmous toe in sy monoloog, om die swartpot met die inhoud, warmplek toe te kan stuur.
Dis toe ook net hier wat meneer die skimp vang, sy kep op sy kop sit, dankie se vir die beskuite (al is sy ma s’n mos groter), en omdraai om die res van die gemeenskap te gaan pla.
En agterop sy beige ferweel broek, netjies uitgesmelt in duidelike letters, uitgekerf in ‘n oorseese fabriek, staan die woorde WELCOME DOVER, verkeerd-om en agterstevoor op die ou se broek se gat!
Hy het van daardie dag af Welcome Dover in die distrik geheet. Want mens ry mos nie gewoonlik ‘n spaar broek saam as jy gaan eet en teedrink, en die odd gif smous nie. En die dag het skaars begin – hy moes nog baie draaie ry.
Is dit nou nie ‘n rare toeval nie…
Ek loop al lank met die gedagte om aan u ‘n brief te skryf, en toe ek vandag ‘n foto soek om my stelling te staaf, kry ek sowaar nie een nie. Net ‘n simpel hoop spotprente, of waar u redelik fronsend in u kulturele drag sit by een van u troues.
Nietemin president Zuma, wil ek u bedank en komplimenteer terselfdertyd: u is die president wat die vriendelikste voorkom – of dit op die voorblad of die spotprent blad is – u is altyd te sien met ‘n bree smile. Dis goed as die volk sien hulle het ‘n positiewe en vriendelike leier. Dis spoor ons almal dalk aan tot groot hoogtes. Net soos u bereik het.
Ek hoop u vind elke dag iets om oor te glimlag president. Te midde van die stakings, skakings, armoede, instroming, onwettige dinge, moord, verkragting, roof, leuens, korrupsie, aag u weet, al die negatiewe dinge, is dit darem soms deksels moeilik om iets te kry om op te fokus, en ‘n angle te vind om oor te glimlag. Dit lyk my u het die geheim!
Ek bid u en die res van die leiers die wysheid en insig toe om ‘n kabinet van positiewe verandering, en ongekende sukses te wees.
Die uwe
Skoor
NS: My ma seg sy het u noudie dag op ‘n foto sien skryf met een van die deurskynende BIC penne met die swart doppies. Ai president, as die regering nie geld het om vir u behoorlik toe te rus met skryfgoed nie, moet u maar laat weet – ek stuur vir u sommer ‘n spiekeries blink pen met ‘n inskripsie daarop, aan. Dit sal tog te deftig vertoon op foto’s.
Daar sit die donkerkop toe met ‘n bottel Rose – 1.5liter – van Simonsvlei. En dis nognie 10am nie. En ‘n bottel onoopgemaakte likeur.
En toe ons, 2 shows later weer na die tent gaan om kos te soek, lag sy boooo uit. Maar kort-kort raak sy stil, fokus hard op iets voor haar, frons, en drink verder. En daai hele middag het sy gedrink, gelag, gesels en gefokus. Ek was later so nervous, ek het maar oorgeslaan na koffie. Anyway, dit het buite begin sous, en die plek het nat geword teen ‘n goeie spoed – van die matte af – ek dink die ouens met die nat voete het toe maar gegooi om die klamtes nie net op die voete te voel nie.
Dit was die samevatting van ‘onder die invloed’ wat ons beleef het op vanjaar se Cultivaria. Tog, uit die mond van een van die skoonmakers, het manne mekaar gefoeter Vrydag aand. Ek sal nie weet nie, toe ons oesters afgesluk was, en die kerrie en rys met ‘n glasie wyn verdun, het ons pad gevat huis toe.

Ons het alweer ‘n naweek van ongekende talent beleef. Ek het die ‘kunste’ ontdek met die 2de Fees wat Oudtshoorn aangebied het. Vir 8 jaar agtermekaar dit bygewoon, en op ‘n dag besluit die dronk massas, die veiligheid (gebrek daaraan) en die hitte is my een oor.
Daarvandaan doen ons maar die kunste in die vorm van die Woordfees op Stellenbosch, die somerseisoene van Oude Libertas Teater, die lekker knus Klein Libertas teater, en dan die afgelope 4 jaar, Cultivaria. En dit was ‘n goeie besluit!
My hoogtepunt van die naweek was sonder twyfel die vertoning wat die DIVA van die SA verhoog, Amanda Strydom, en Lize Beekman, saam gedoen het.
Dooie dadels – verruklik, asem stelend, orgasmies (jaaaa, gee die kunste ‘n try!), uitsonderlike standaard en blikke vol talent het uit daai verhoog geloop. Van Janine Neethling, tot Floors Oosthuizen, en die sexy percussionist, tot die vokale bydrae – alles was perfek vir die Sondag oggenddiens.
Sal ek ooit genoeg van Amanda kry? Nee. Sy dig, verf, vertel stories, troos, waarsku, lag, spot, vertroetel, flirt en bou brue met haar stem. Daarom sal ek NOG 3 maal na State of the Heart gaan kyk, want die vorige 3 maal was nie genoeg nie. En sal ek altyd eerste soek waar Amanda sing, en die res van die shows daarom beplan.
Nataniel was weer sy ou entertaining self. Ek gaan sien hom nie vir sy musiek nie. Soos hy tereg opmerk, hy het nie een hit nie. Maar wie kan sy absurde verbeeldingsvlugte en ingekleurde stories weerstaan!
Eric Nobbs het my met ‘n helse smile deur die vertoning vermaak met sy uitstekende vertolking van ‘Doppers en Filistyne’ Soveel dialoog, soveel sinne om ‘n storie mee te skets – hy het net bewys dat hy ‘n akteur van kwaliteit is. Ek haal my hoed af vir enige akteur wat ‘n one-man/woman show doen en dit goed doen. En Langenhoven kon ‘n kabel laat kinkel, en die leser geboei hou.
Aag en dan was daar my jaarlikse dosis van ‘nou lag ek so, ek mag dalk net hier neerslaan en dooi’ toe ons vir Sussie gaan kyk het. Ek onthou met my eerste Sussie, het ek op my kniee gaan sit in die Klein Libertas – daai jare het hulle nog die behoorlike ou teater stoele gehad. Ek het nie besef teater kan so snaaks wees nie. Sussie laat jou skater, jou wonder, en stuur jou gewoonlik nie met ‘n droe oog huiswaarts nie.
Lizz Meiring, soos Sussie, het ‘n manier om maar een maal NIE enigiets anders as komedie na die verhoog te bring nie. As mens eers een maal ‘n karakter vertolk het, dink ek dit volg jou graf toe. En Lizz sukkel om ernstig oor te kom. Miskien omdat sy anyway so ‘n vriendelike smaail het, ‘n effe ene ken sy nie. Enigiemand wat haar nognie op stage gesien het nie, en wat nie omgee vir bietjie lag nie, gaan kyk na ‘n vertoning van haar. Gewoonlik werk sy hard agter die skerms, maar as sy die dag die make up aansit en onder die lig verskyn, is jy verseker van iets nuuts en onverwags.
Applous vir die Cultivaria organiseerders. Die besprekings het goed gewerk. Die verkeer het goed gewerk. Die venues het goed gewerk. Die dorp absorbeer soveel mense, dat mens kwalik weet daar is ‘n fees, as jy die nie weet nie! Die manne en vroue in Blou het gesorg dat mense veilig oor paaie kom, dat die verkeer behoorlik vloei, en dat voorvalle beperk was.
Die bestuur en alle betrokke partye kan opreg flippen trots wees op hierdie fees van gehalte! Ons sal terugkeer. Jaar na jaar. Solank julle nie die KKNK se pad volg nie.
Keith Floyd, net soos Patrick Swayze, sterf hierdie week.
Al was Floyd maar ‘n grillerige omie, het sy ways en manners my lekker laat smile, en vasgenael gehou voor die TV, sou hy met sy skewe strikdas, stotterende kookwerk, en wyn wat die plek vol mors, daarop verskyn.
Hy sluit hom by die weermag aan op ‘n jong ouderdom, waar hy sy liefde, of ability om te kook, besef en beoefen. Op 28 besit hy drie restaurante, maar al drie gaan onder-deur. Hy verkoop hulle, met die regte om sy naam te gebruik.
Sy eerste ‘publieke joppie’ is as ‘n radio persoonlikheid, waarna hy in 1984 die aanbieder is van ‘Floyd on Fish’. En so begin die TV chef se roemryke TV loopbaan. Hy is die gasheer vir altesaam 18 TV reekse, en dit word wereldwyd uitgesaai. En hy skryf 33 kookboeke!!
Hy word beskou as die chef wat die grondslag gele het vir ander chefs om bekend te word op die kassie. Tog kon niemand ooit sy flambojante, deurmekaar manier van kosmaak, drink en twakpraat, namaak nie. Daar was net een Floyd, en dit was Keith Floyd.
Hy sterf soos hy geleef het. Lekker gewyn, met sy maag vol kos. Die vrou met wie hy sy laaste dae gedeel het, Celia Martin, vergesel hom na die dokter (hy het maagkanker gehad) en hulle gaan eet ‘n wilde middag ete, met sjampanje, wit en rooiwyn. En sy laaste maal is die van ‘n koning. Hy vertel haar dat hy lanklaas ’so goed gevoel het’.
Hulle keer terug huis toe om na ‘n TV program te kyk waarin hy sou verskyn, maar hy sterf aan ‘n hartaanval voor hy homself op die kassie kan geniet.
Floyd was nie ‘n mak omie nie – hy het telkens met die gereg gebots, of teen ander karre, wanneer sy bloedalkohol vlakke effe hoog was! Hy is anderkant uit na ‘n beroerte, en ontvang 5 operasies en chemo vir sy kanker.
Mense is vermaak deur sy flambojante manier van aanbied . Ek wonder hoeveel kan regtig die resep of die metode onthou? Die kwinkslae na omstanders, of afgerammelde feite, versuip in ‘n sluk wyn, is egter geets in almal van ons se ‘onthou’.
Cheers Floyd. Jy was ‘n treat vir die Boeregirl.