As ‘n Muis verjaar…

Hallo julle almal

 

Muis verjaar mos 27 April.  Sy wil graag hierdie kennel he vir haar verjaardag, met die volgende vereistes:

 

Volvloer matte

‘n Binne-lig

Radio wat heeldag op BOK ingeskakel is

Selfoon

‘n Hamster hok met 2 hamsters

Koekies en Melk in oorvloed

‘n Kennisgewing wat lui:  GEEN KATTE WELKOM

Plaveisel rondom

 

Soos julle kan sien, is die vereistes hoog.  As dit vir julle moontlik is om finansieel by te dra, ek gee haar bank besonderhede met liefde!

 

Rekening houer:  Muis Hond

Rekening nommer:  1

Bank Naam:  Bedorwe Diere Beperk

Tak naam:  Boom Tak

 

Groete!

 

Posted in Skoor Bek | 10 Kommentaar

Ope brief aan Mev Helen Zille

Beste Mevrou Zille

Ek weet dat u kort voor lank hierdie brief sal lees, omdat u redelik ‘op die ball is met tegnologie’ en omdat ek weet u nie gras onder u voete laat groei wanneer iets onder u aandag gebring word nie.

My bekommernis vandag, mevrou Zille, en ek loop en broei eintlik al ‘n hele tyd met die pyn, is die opvoedingstelsel van hierdie land.

Meeste mense weet dat opvoeding nie regtig vir die regering ‘n prioriteit is nie.  Waarom wil jy jou kieserskorps opvoed om vir hulleself te dink, en dan TEEN jou te stem, omdat ‘n opgevoede persoon kan sien dat dinge vieslik verkeerd is in hierdie land! Daarom praat en praat die grootkoppe elke jaar, maar niks gebeur werklik nie.

Tog, en dis met groot kommer wat ek dit neerskryf, is dinge hier in die mooie Wes-Kaap nie 100% reg nie.  Ek verstaan nie hoe enige skool, 2 weke VOOR die skole sluit, leerders kan toelaat om ‘met vakansie’ te gaan nie.  En ek praat uit ondervinding oor dit wat op Stellenbosch gebeur.  Ek is heilig oortuig dat GEEN skool ‘n 100% slaagsyfer, en volleerde leerlinge het nie.  Nie eens hier in die Eikestad nie.  Eksamens word vroeger afgele, sodat onderwysers dit kan merk terwyl die kinders nie in die skool hoef te wees nie.  Is dit regverdig om onderwys tyd van leerders te neem, sodat rapporte en vraestelle binne skool ure afgehandel kan word?

Toe ek nog met my boude op die houtbankies gesit het, moes ons tot die laaste dag skoolgaan.  Heelwat kere het ons tot die laaste dag eksamen geskryf.  Niemand het gewaag om die skool voor 11 te verlaat op die dag wat die skool sluit nie.  Ons rapporte is gepos.  

Vandag is ‘n heel ander storie.  Hoeveel skooldae gaan altesaam verlore as skoolhoofde hierdie snert toelaat?  Ek voel bitter jammer vir kinders wat ‘n onderwyser se ondersteuning en leiding nodig het.  Hulle is die verloorders.  Die toekoms van hierdie land is die verloorders.

Ek hoop ek het aan die regte persoon geskryf mev. Zille.  Volgende keer skryf ek vir u oor dwelms.

Met groot waardering

Skoor

Posted in Skoor Bek | 11 Kommentaar

Op soek na jou eie webwerf?

Kliek dan HIER

Posted in Skoor Bek | Lewer kommentaar

Punte Tyd!

 LEERDER:  MUIS 

 STANDERD:  SUB A

 

Dit is met groot genot dat ons u kind MUIS, se rapport aan u bied.

 Dit is met nog groter genot dat ons u kan meedeel dat Muis volgende

jaar ‘n leerder van Sub B sal wees.

Muis was ‘n werklike voorbeeldige leerder en ‘n voorreg om haar in die klas

 te kon he.  Hierdie hondjie is hoogs begaafd en erg intelligent.  Gemeet aan

 die huidige president van RSA, wat slegs ‘n F kon behaal, is Muis dus ‘n

 geskikte kandidaat om die presidentskap oor te neem!

  

Geteken op 14 Desember 2011 deur Muis se klasonderwyseres,

 mejuffrou T. EEF

Posted in Skoor Bek | 6 Kommentaar

Mier se moer is suur

The ANT AND THE GRASSHOPPER This one is a little different …….Two Different Versions …..

There are Different Morals

OLD VERSION:

The ant works hard in the withering heat all summer long, building his house and
laying up supplies for the winter.

The grasshopper thinks the ant is a fool and laughs and dances and plays the summer away.
Come winter, the ant is warm and well fed.
The grasshopper has no food or shelter,
so he dies out in the cold.

MORAL OF THE OLD STORY:

Be responsible for yourself!

MODERN VERSION:
The ant works hard in the withering heat and the rain all summer long, building his house
and laying up supplies for the winter.

The grasshopper thinks the ant is a fool and laughs and dances and plays the summer away.

Come winter, the shivering grasshopper calls a press conference and demands to know why the ant should be allowed to be warm and well fed while he is cold and starving.

CCN, TV1,2 & 3, M-Net and Carte Blanche
show up to provide pictures of the shivering grasshopper next to a video of the ant in his comfortable home with
a table filled with food.
The country is stunned by the sharp contrast.

How can this be, that in a country of such wealth, this poor grasshopper is
allowed to suffer so?

Kermit the Frog appears on Rian
with the grasshopper and everybody cries when they sing, ‘It’s Not Easy Being Black..’

The ANCYL stages a demonstration in front of the ant’s house where the news stations film the group singing, We shall overcome.

Then Rev. Desmond Tutu
has the group kneel down to pray for the grasshopper’s sake.

President Zooooma condemns the ant
and blames  President de Klerk, President PW Botha, HF Verwoerd and Apartheid for the grasshopper’s plight.
Julius Malema  exclaim in an interview with TV News that the ant has

gotten rich off the back of the grasshopper,
and both call for an immediate tax hike on the ant to make him pay his fair share.

Finally, the Government drafts the Economic Equity & Anti-Grasshopper Act
retroactive to the beginning of  the summer.

The ant is fined for failing to hire a proportionate number of black bugs (BBE) and,
having  nothing left to  pay his retroactive
taxes, his home is confiscated under the  Government  Land Repo Act and given  to the grasshopper.

The story ends as we see the grasshopper and his free-loading  friends finishing up the last bits of the ant’s food while the government house he is  in, which, as you recall, just happens to be the ant’s old house, crumbles around them because the grasshopper doesn’t maintain it.

The ant has  disappeared to Australia,
never to be seen again.

The grasshopper is found  dead in a Drugs related incident, and the house, now  abandoned, is taken over  by a gang of  Nigerian spiders who terrorize and ramshackle, the once prosperous and peaceful, neighborhood.

The entire Nation collapses bringing the rest
of Africa with it.

MORAL OF THE STORY:

Be careful how you vote in 2012

I’ve sent this to you because
I believe that you are an
ant!

You may wish to pass this on to other ants, but don’t bother sending it on to any grasshoppers because they wouldn’t understand it, anyway.

Posted in Skoor Bek | 6 Kommentaar

Dooies, groenvye en bloukaas. Ek eet met Marilyn Monroe

Het Elvis regtig peanut botter en piesang op sy brood gehad?  Dis nogal nie te onaardig nie – ek sou sommer ‘n hele loaf brood so kon verorber.  Ek is een wat nie nog moeite doen met botter of margarien smeer nie – veral nie as dit grondbone botter is wat daarop volg nie.  Ek kompenseer deur die bruin heerlikheid dubbel-dikte op te plak, en gouestroop of appelkooskonfyt mildelik daarop neer te plak.  Ek eet in elkgeval iets-met-brood, en nie anders-om nie.  The bread is just a vessle for the topping…  Ek raak skoon vervaard as ek ‘n winkel broodjie koop en so ‘n eensame stukkie ham le skaam-bang tussen die lyne van die brood.  Nee man, laat dit uitpeul en oorloop en gil van oordaad.  More is ons onder die kluite en eet iemand anders my wegsteek-groenvye konfyt.  Mmm, groenvye gestop met ‘n gawe bloukasie tussen sy ribbes ingewoel met ‘n glasie koue wit…

Van Elvis geskinner, ek sien Marily Monroe dooi maar netnie.  Daar kom alweer ‘n fliek EN ‘n boek van haar uit.  Sy bly maar vir my van jongs af, eenvoudig DIE mooiste vroulike vrou op aarde.

As ek nou vir jou se ‘maak ‘n broodjie en sit ‘n flessie koffie in, en gaan fliek’ is ek seker in groot moeilikheid.  Maar as Ster Kinekor hulle dem pryse wil verlaag, sal ek ook meer daar eet.  Girts-girts kou ons vir hulle in GROOT winste in.  Tel op hoeveel ‘n pakkie pitte en ‘n bottel aanmaak groenkoedrank nou eintlik kan kos!

Ek gaan nietemin ‘My week with Marilyn’ kyk en hoop Michelle Williams werk nie te veel op my stopsels nie.  Dit lyk ‘n sexy storie.  Ek is lus vir ‘n sexy storie. 

Hier’s ‘n blad met meer inligting en die lok-film, besluit dan vir jouself.  

Posted in Skoor Bek | 9 Kommentaar

Wapper die Groen en Goud

Vier jaar gelede ry ek saam met my ma Somerset Wes toe.  By die verkeerslig verkoop hulle groot Springbok vlae.  Wapperend in die seebriesie.

Ek laat my ma stop.  Ek wil ‘n vlag koop.  My woorde aan haar is vandag nog deel van daardie vlag: ‘ma, vanjaar wen ons weer die beker’

Sy weet van beter as om van my te verskil, en boonop weet sy niks van rugby nie (sy het darem vanoggend gese die afrigter, Pieter Div staan met ‘n stywe kakebeen soos een wat stres, so ek neem aan sy weet hy’s coach)

Vandag wil ek egter, met die bemoerdgeid in my hart oor ‘n Bok embleem op die skouer, nie dieselfde gevoel kry as laaskeer nie.

Die twee mense in my kop is aan’t baklei:  verloor tog asb een moerse hou.  Sien julle gatte in elke game en kom huis toe, want vet kaptein John en useless Snorre en die politiek en die Bok wapen is net ‘n dem joke.  HULLE wil mos nou die laaste ‘wit bastion’ se pilare ook laat tuimel, dat daar niks meer oor is nie.

Shit, WEN tog net en speel die regering en die rassiste se monde toe.  Slaan hard en druk vinnig.  Maak ons trots.  Doen dit weer.  In flippen Nieu Zealand.  Jissie dit sal darem hart-bars oomblikke wees.

Ai, die Bokhart is woes deurmekaar.  Maar ek is ‘n flippen patriot, en ek gaan skree en skree tot ek nie meer kan nie.  En hopelik is dit tot wanneer die beker gelig word deur iemand in Groen en Goud.

GO BOKKE!!!

 

 

 

Posted in Skoor Bek | 6 Kommentaar