Het Elvis regtig peanut botter en piesang op sy brood gehad? Dis nogal nie te onaardig nie – ek sou sommer ‘n hele loaf brood so kon verorber. Ek is een wat nie nog moeite doen met botter of margarien smeer nie – veral nie as dit grondbone botter is wat daarop volg nie. Ek kompenseer deur die bruin heerlikheid dubbel-dikte op te plak, en gouestroop of appelkooskonfyt mildelik daarop neer te plak. Ek eet in elkgeval iets-met-brood, en nie anders-om nie. The bread is just a vessle for the topping… Ek raak skoon vervaard as ek ‘n winkel broodjie koop en so ‘n eensame stukkie ham le skaam-bang tussen die lyne van die brood. Nee man, laat dit uitpeul en oorloop en gil van oordaad. More is ons onder die kluite en eet iemand anders my wegsteek-groenvye konfyt. Mmm, groenvye gestop met ‘n gawe bloukasie tussen sy ribbes ingewoel met ‘n glasie koue wit…
Van Elvis geskinner, ek sien Marily Monroe dooi maar netnie. Daar kom alweer ‘n fliek EN ‘n boek van haar uit. Sy bly maar vir my van jongs af, eenvoudig DIE mooiste vroulike vrou op aarde.

As ek nou vir jou se ‘maak ‘n broodjie en sit ‘n flessie koffie in, en gaan fliek’ is ek seker in groot moeilikheid. Maar as Ster Kinekor hulle dem pryse wil verlaag, sal ek ook meer daar eet. Girts-girts kou ons vir hulle in GROOT winste in. Tel op hoeveel ‘n pakkie pitte en ‘n bottel aanmaak groenkoedrank nou eintlik kan kos!
Ek gaan nietemin ‘My week with Marilyn’ kyk en hoop Michelle Williams werk nie te veel op my stopsels nie. Dit lyk ‘n sexy storie. Ek is lus vir ‘n sexy storie.
Hier’s ‘n blad met meer inligting en die lok-film, besluit dan vir jouself.
Sy skop nog . . . Skoor bedoel ek, nie Marilyn nie.
Daar is vir my niks so lekkers as om my eie verversings by ‘n fliek in te smokkel nie. Net omdat ek weier om hulle pryse te betaal.
Hoe dink jy het Marilyn tot haar einde gekom?
Lewe!!!! Hier is lewe!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Aag jissie altwee van julle weet waar om my te kry as julle my so erg mis!!!
XP – sy is vermoor. Die arme vlermuis. Meng jou met die Kennedys en kom gou tot jou einde.
Krista, kom julle saam met die Graatjies af? Ek wil weet hoeveel groenvye, bloukaas, bokkoms en waterblommetjies om reg te kry. Miskien ‘n snoek ook. En sommer ‘n lekker kan wyn!
As jy my nie nooi vir waterblommetjies (en snoek) nie, loop jy perdalks net dieselfde paadjie as Marilyn!!!
More aand is snoekbraai. Kom vroeg – ek wil teen 10pm ini bed wees
Weeksaande is ek altyd soooo tempted om tot laatnag voor ‘n vuur te sit, en dan berou ek dit die volgende oggend!
Vir interessantheid – kry jy nog mails as iemand comment? My settings is nog reg, ek verstaan dit nie
Ek wil ook groenvye hê! Met bloukaas! En sommer daai boek ook! Hallo Skorie! Lekker om weer hier te lees!
Hallo Pikkelik! Ek het bloukaas gekoop, nou moet ek net vanaand in die kaste gaan krap vir groenvye… Met lekker beskuitjies en ‘n glas koue wyn, dan begin my naweek sommer reg soos ‘n roer
Ag nee genade nou is ek ook lus vir al jou lekkernye – fliek of de not
Keer iets jou Charms? Jy weet mos die lewe is te kort vir wag…