Tuiste » Lennon’s Medisyne

Lennon’s Medisyne

Lennons medikasie

 

Hierdie boekie sal handig gevind word as ‘n gids by die gebruik van Lennon se oorspronklike en egte Hollandse Mesisyne. Vir meer as 100 jaar word hierdie huismiddels deur Lennon vervaardig en het die vertroue van die publiek gewen vir die behandeling van minder erstige ongesteldhede. Aangesien hierdie middels slegs bedoel is vir gebruik by geringe kwale behoort u ‘n dokter te raadpleeg in alle gevalle van ernstige aard.

‘n Kort uiteensetting vir die gebruik van elke middel word hierin gegee en om naslaan te vergemaklik, vind u ‘n alfabetiese lys van die mees algemene kwale met die voorsgestelde middel. Die dosis aangegee mag gewysig word ooreenkomstig ouderdom en omstandighede.

Daar is baie ander gebruike vir hierdie huismiddels bekend wat deur ondervinding geleer is maar almal kan nie in hierdie kort gids opgeneem word nie.

Gedurende siekte behoort slegs die mees doeltreffende middels gebruik te word. Die beste kwaliteit bestanddele word gebruik vir Lennon se Hollandse Medisyne en die hoogste vervaardigings-standaard word gehandhaaf.

Die oorspronklike en ware Lennon se Hollandse Medisyne is verkrygbaar van aptekers en handelaars dwarsdeur die land.

Essolin Hoes en long balsam Genees meeste keel moeilkhede en is geheel-en-al veilig vir kinders – dit bevat geen verdowingsmiddels nie. Goedgekeur en aanbeveel vir hoes as gevolg van verkoues, brongitis, heesheid en kinkhoes

Stella olie Verlig pyn veroorsaak deur rumatiek, sinkings, heupjig, rugpyn, jig, lendepyn, hoofpyn, tandpyn, verswikkings, brandplekke, sere en barsies

Scorbex – swart aalbessiesap

Voorberei van natuurlike swart aalbessiesap en suiwer suiker. Om ‘n oorvloed vitamine C te verseker, gebruik ‘orbex”

Op roomys – dit maak ‘n uitstekende sous

In vrugteslaai – gee dit ‘n heerlike smaak

In skemerkelkies – vir ‘n aangename en gesonde verandering

In melkskommels – spoor die kinders aan om meer melk te drink omdat dit so anders smaak

In poedings – oorgegooi as sous, voeg dit meer kleur aan menige poedings

Kalmeermiddels –Benoudheids druppels, Entressdruppels, kraamdruppels, Krampdruppels, Stuipdruppels

Karkatjie – oogsalf

Kataar (neus) – kanfer, Witdulsies

Kneusplekker –, sterksalf arnikatinktuur

Koliek – Balsem-vita, Benoudheidsdruppels, doepa, Jamikagemmer, Pynstillende druppels, Wonderkroonessens, Teerolie

Koues – Antimoonwyn, Hoffmansdruppels, Ipekakuanawyn, Witdulsies, Vitalispoeier

Krampagtigheid–Kraamdruppels,krampdruppels,Pynstillendedruppels,Stuipdruppels, Wonderkroonessens

Krampe – Helmontskruie, Jamikagemmer, Kamille-essens, Naeltjiesolie, Peppermentdruppels

Kroep – Antimoonwyn, Borsdruppels, Grouvomitiefpoeier, Witfomitiefpoeier, Doepa-olie

Lakseermiddels – Galpille, Helmontskruie, Obstructpille, Poligrispille, Rabarberpoeier

Lendepyne – Balsem-sulfuris, Vitalispoeier, Sterksalf Lennons Medikasie Bladsy 2 van 11

Lusteloosheid – Groen amara, Lewensessens, Maagbitters, Staaldruppels, Verstekerdruppels

Maagongesteldheid –Entressdruppels, Helmontskruie, Gesondheiddrank, jamaikagemmer, Lewensessens, maagbitters, rooilaventel, Souttinktuur

Maagwerkings – Behoedmiddel vir kinders , Kinderpoeier

Maagwind middle – Rooilaventel, Lewensessens, pepermentolie Malaria – Behoedmiddel vir kinders, jamaikagemmer, Witkinapoeier, Witdulsies

Nete – Ruitersalf

Nier en Blaas – Boegoeblare, Boegoe-essens, Balsem-Kopiva, Balsen-Sulfiris, Bezoardpoeier, Bruindulsies, Haarlemensis, koraaltinktuur,Rooipoeier.

Oë – Oogdruppels, oogsalf

Oorpyn – Oorpyndruppels

Pitswere en karbonkels – basilikon salf, Bloedstillende druppels

Purgeermiddels – Jalappoeier, Gal-en-slym mengsel, Galpille

Rumatiek – Bruindulsies,kajapoetolie,Koraaltinktuur, Sterksalf

Senuagtigheid–Benoudheidsdruppels,Duiwelsdrek,Entressdruppels,kraamdruppels,rampdruppels,Stuipdruppels

Sinkings – Sterksalf,Kanfer, kanferolie,Bezoardpoeier

Slegte spysvertering – Helmontskruie en –ekstrak,Jamaikagemmer, Kamille-essens, Lewensessens, Souttinktuur, Pepermentdruppels, Wonderkroonessens

Sooibrand – Lewensessens, pepermentdruppels, Rooilaventel

Suur – Kinderpoeier, Behoedmiddel vir Kinders, Kamille-essens

Tandekry – Behoedmiddel vir Kinders, Kinderpoeier, Rooilaventel

Tandpyn – Tandpyndruppels, Teerolie, Naeltjie-olie

Tonikas – lewensessens, Maagbitters, Versterkdruppels, Witkinapoeier

Winderigheid – Anysolie, Balsem-vita, Helmontskruie, kajapoetolie,Naeltjie-olie, Pepermentdruppels, Pepermentolie, Rooilaventel, Teerolie

Wintershande-voete – Balsem-spyker

Wonde en sere – Basilikonsalf, Karbolilie, Patasalf, Turlington, Verdwynpleister.

Teenmiddels vir Gifstowwe

Hou gifstowwn en medisyne weg van kindeers

In alle gevalle van moontlik vergiftiging stuur onmiddelik na dokter

Terwyl daar vir die dokter gewag word, behoort ‘n teenmiddel gegee te word. Lennons Medikasie Bladsy 3 van 11

Aspirien: -

Gee ‘n mengsel van deeglike gebrande en gepoeierde roosterbrood en “melk van Magnesia” in sterk tee. Gee dan ‘n braakmiddel en volg dit met koeksoda in warm water.

Bytende Soda –

Moet nie ‘n braakmiddel gee nie. Gee asyn in water en dan soet- of olyfolie of die wit van ‘n eier

Insekdoders met D.D.T. – Soos vir voedselvirgiftiging

Jodiumtinktuur – Gee ‘n’ dik styselpasta. Volg dit met sout in warm water totdat die braking skoon is. Daarna sterk tee of koffie

Kanferolie – Gee ‘n braakmiddel

Miergifstowwe en arseen preparate – Gee ‘n mengsel van gepoeierde en deeglik gebrande roosterbrood –en Melk van magnesia in sterk tee. Gee dan ‘n braakmiddel

Ontsmettingsmiddel (karbolsuur) – Gee melk of die wit van ‘n eier, dan sterk tee of koffie

Parafien – Gee ‘n braakmiddel. Volg dit met medisinale parafien. Daarna sterk tee of koffie

Paragora – Gee mengsel van deeglike gebrande en gepoeierde roosterbrood en melk van magnesia in sterk tee. Gee dan Engelse sout in water.

Seepsoda –

Moet nie braakmiddel gee nie. Gee asyn in water en dan soet- of olyfokie of die wit van eier

Slaappille – Gee ‘n mengsel van deeglike gebrande en gepoeierde roosterbrood en melk van magnesia in sterk tee. Gee dan ‘n braakmiddel gevolg deur Engelse sout in water en sterk tee of koffie

Strignien – Gee ‘n mengsel van gebrande en gepoierde roosterbrood en melk van magnesia in sterk tee, volg op met braakmiddel

Sure – Gee mengsel van deeglik gebrande en gepoeierde roosterbrood en melk van magnesia in sterk tee. Moet nie braking aanbring nie

Terpentyn – Gee ‘m braakmiddel dan medisinale parafien gevolg met sterk tee of koffie

Voedsel-vergiftiging –

Gee ‘n braakmiddel, volg dit dan met Engelse sout en water en daarna tee of koffie

Braakmiddels –

antimoonwyn,Grouvomitiefpoeier,Ipekkuanawyn,Mosterd en sout in warm water,Witvomitiefpoeier

Verkorte gids by die gebruik van Lennon se Hollandse Medisynes

Antimoonwyn: Brongitis, Verkoues, Koorsigheid

Anysolie: Winderigheid

Arnikatinktuur: Uitwendige gebruik vir kneusplekke en verstuitings

Balsem-Kopiva: Rygpyn en Nier moeilikheid

Balsem-Spyker: Wintershande en –voete, seer tepels, inflamasie

Balsem-Sulphuris Rugpyn en nier moeilikheid

Basem-Vita: Koliek, maagpyn en winderigheid

Basilikonsalf: Pitswere en swere

Behoedmiddel vir Kinders Tandekry en maagongesteldhede

Benoudheidsdruppels: Senuagtigheid en slaaploosheid

Bezoardpoeier: Nier en blaas moeilikheid, sinkings

Bloedstillende druppels: Bloedsuiwerende middel en Tonika Lennons Medikasie Bladsy 4 van 11

Bloedsuiwerende kruie: Bloedsuiwerende middel en sagte lakseer middel

Bloedsuiwerende kruie-ekstrak: Bloedsuiwerende middel en sagte lakseer middel

Boegoeblare: Nier en blaas moeilikheid

Boegoe-essens: Nier en blaas moeilikheid

Borsdruppels: Hoes en brongitis

Bruindulsies: Nier en blaas moeilikheid

Doepa: koliek, widnerigheid

Doepa-olie: Hoes en brongitis

Duiwelsdrek: Senuagtigheid en slaaploosheid

Duiwelsdrekdruppels: Senuagtigheid en slaaploosheid

Entressdruppels: Senuagtigheid en slaaploosheid

Galpille: Lewer-moeilikheid, Galagftigheid, hadlywigheid

Gal en slymmengsel : Lewer-moeilikheid, Galagtigheid, Hardlywigheid

Gesondheidsdrank : Lewermoeilikheid, galagtigheid en hardlywigheid

Groen Amara: Tonika

Grouvomitief poeier: Braakmiddel

Haarlemensis: Nier en blaas moeilikhede

Helmontskruie: Gevolge van hardlywigheid

Helmontskruie-ekstrak: Gevolge van hardlywigheid

Hoffmansdruppels: Verkoues, koues en asma

Huisapteek: Gesinsmedisyne

Ipekakuanawyn: Hoes, verkoues braakmiddel

Jalappoeier: lakseermiddel

Jamaikagemmer: Koliek, slegte spysvertering winderigheid

Kajapoetolie: Winderigheid, maagpyn, gewrigspyne

Kamille-essens: Slegte spysvertering, maagpyn

Kanfer: Koues, sinkings

Kanferolie: Sinkings, rumatiese pyne en verkoues

Karbololie: Septiese wonde en sere

Kinderpoeier: Lakseermiddel vir kinders

Koraaltinktuur: Nier en blaas moeilikhede

Kraamdruppels: Krampe, senuagtigheid en histerie

Krampdruppels: Krampe, maagpyn

Lewensessens: Maagtonika, maagpyn

Maagbitters: Maagtonika

Miangolie: Sere, skruftes

Miltessens: Galagtigheid, lewer moeilikhede

Naeltjie-olie: Winderigheid, tandpyn

Obstructpille: Hardlywigheid

Oogdruppels: Ontsteekte oe

Oorpyndruppels: oorpyn

Oogsalf: karkatjies en onsteekte ooglede

Paragoriese-elikser: Hoes en verkoues

Patatsalf: Veldsere

Pepermentdruppels: Koliek, winderigheid

Peperment olie: koliek, winderigheid

Poligrispille: Hardlywigheid

Pynstillende druppels: maagkrampe

Rabarberpoeier: Leweragtigheid, hardlywigheid

Rooilaventel: Floutes, slegte spysvertering, winderigheid

Rooipoeier: Koors , krampe, nier en blaas moeilehied

Ruaitersalf: nete

Souttinktuur: Maagtonika, bloedreiningingsmiddel

Staaldruppels:Bloedtonika

Sterksalf: Rumatiese pyne, spierpyne

Stuipdruppels: Senu-kalmeermiddel

Tandpyndruppels: Tandpyn, widnerigheid

Turlington: Hoes en bors moeilkheid, wonde Lennons Medikasie Bladsy 5 van 11 Teerolie: Tandpyn, winderigheid

Verdwynpleister: Om swelsels te verminder

Verstekdruppels: Tonika

Vitalispoeier: Koues, jig, gewrigspyne

Witdulsies: Koorsigheid, floutes

Witkinapoeier: Malaria, Tonika

Witvomitiefpoeier: Braakmiddel

Wonderkroonessens: Maag- en ingewande ongesteldheid, krampe

Beskrywing en hoeveelheid van elke produk

Antimoonwyn

Hierdie preparaat is baie doeltreffend in gevalle van koorsigheid en verkoues of koue en maak ook die slym los by hoesbuie. Volwassenes kan tien tot dertig druppels in kanferwater drie of vier keer per dan neem en in besonder met slaaptyd. Kinders kan ‘n dosis van 5-10 druppels gegee word.

Anysolie

Hierdie olie is goed vir die verligting van widnerigheid. ‘n Paar druppels op suiker moet geneem word wanneer nodig.

Arnikatinktuur (vir utiwendige gebruik)

Verdun met water word hierdie tinktuur gebruikvir die verligting van pyn en geswel as gevolg van kneusplekker en verstuitings. 30 druppels van die tinktuur word gebruik vir elke eetlepel water. ‘n’ Stukkie verband of material indie oplossing geweek word en op die beseerde plek geplaas word en dikwels herhaal word. Voordat pappe of trekpleister opgesit word voeg 30 druppels van die tinktuur by.

Balsem-Kopiva

Hierdie is ‘n’ doeltreffende middel vir minder erstige nieraandoenigns, pyn in die rug in irritasiers van die blaas en is ook handig vir brongitis. 10 – 30 druppels behoort drie maal daagliks geneem te word, gedrup op suiker of saam met melk

Balsem-spyker

‘n Uitstekende toediening vir wintershande en-voete, seer tepels en inflamasie

Balsem-sulfuris (swawel)

Dit is ‘n baie ou middel wat oor die algemeen met goeie gevolg gebruik word vir pyn in die rug, lendepyn en nier en blaas aandoenings. Neem 10 – 20 druppels twee of drie keer per dag op suiker

Balsem-Vita

Hierdie preparaat word aanbeveel vir die verligting van koliek, maagpyn en widnerigheid maar is ook goed vir verkoues en hoes van ‘n mider ernstige aard. Dit kan met veiligheid vir kinders en babas gegee word. Vir volwassenes 20 – 30 druppel;s vier of vyf keer daagliks saam met warm water of tee. 10 druppels is genoeg vir kinders en 5 druppels inbietjie lou soet water vir babas

Basilikonsalf

;n Waardevolle salf vir pitswere en swere. ‘n Bietjie moet op verband of material gesit en op die seerplek geplaas word. Die plekke moet deeglik met warm water gewas word voor behandeling met die salf.

Behoedmiddel vir kinders

Hierdie is ‘n’ baie doeldtreffende en betroubare middel vir die meeste maag- en tande moeilikheide by babas. Aangesien dit geen verdowings- of ander nadelige middels bevat nie kan dit met veiligheid en vertroue aan kinders van alle ouderdomme gegee word.Om suur in die maag te verlig wat dikwels die oorsaak van maagongesteldheid is, moet hierdie medisyne drie of meer keer per dag gegee word, verkieslik na voedings. In gevalle van wind,, maagpyn en koliek kan ‘n tweede dosis gegee word binnne ‘n uur na die eerste indien geen verligting verkry word nie. Vir babas onder een maand moet 5-15 druppels gegee word, vyftien tot 30 druppels vir een tot drie maande en half to een teelepelvol oor dire maande Lennons Medikasie Bladsy 6 van 11

Vir rusteloosheid wat dikwels saam met tandekry voorkom, kan een teelepel vol drie maal per dag gegee word. In gevalle van maagwerking behoort drie dossise genoegsaam te wees om verligting te bring. Vir hierdie doel is die sosis vir babas tot 3 maande een tteelepel vol, en tot drie maand een en ‘n half en oor drie maande twee teelepels vol.

Benoudheidsdruppels

Hierdie medisyne het ‘n’ kalmerende uitwerking in meeste gevalle van senagtigheid, rusteloosheid en onrustigheid, en bevorder rustige slap in gevalle van slaaploosheid. Dit is ook bruikbaar vir die verligting van koliek, maagpyne en maakwerking. As ‘n klameermiddel in gevalle van senuagtigheid en slaaploosheid neem 15 – 40 druppels drie of vier keer per dag en vernaamlik met slaaptyd. Vir koliek, maagpyn en maagwerkings, neem eers 40 druppels en dan 15 druppels elke kwartier tot verligting ondervind word.

Bezoardpoeier

Vir nier en blaas moeilkheide en vir koorsigheid neem genoeg om die punt van ‘n mes toe te maak, drie maal per dag

Bloedstillende druppels

Hierdie druppels word aanbeveel vir vel moeilikhede soos bloedvinte, swere en karbonkels. Die dosis is 10 druppels elke vier uur in water. ‘n Betroubare lakseermiddel soos Bloedsuiwerendekruie en bloedsuiewernde kruie-ekstrak moet ook geneem word. Die toediening van Baselikonsalf word ook aanbeveel.

Bloedsuiwerende kruie

Dit is ‘n kosbare en doeltreffende mengsel van uitgesoekte kruie vir bloedsuiwering en die verligting van daardie klagtes wat saamgaan met gewoonte harlywigheid, soos hoofpyn, galagtigheid, verlies van eetlus en lusteloosheid. Hierdie kruie het ‘n’ sagte lakserende uitwerking maar veroorsaak geen krampe nie. Vir voorbereiding as ‘n’ medisyne moet hierdie kruie met ‘n’ bottle ou wyn gemeng word, in die son gelaat vir 8 dae om ryp te word en daarna deurgesyg word. Die dosis is ‘n halwe to een wynkelkie saans en soggens

Bloedsuiwerende ekstrak

Hierdie waardevolle kruiepreparaat is ‘n baie betroubare medisyne vir die reiniging van die bloed en gestel van onsuiwerhede. Vir vlekke op die vel en uitslag soos puisies, swere en hiite-uitlsag, neem een tot twee teelepels vol drie of vier maal daagliks. Vir ‘n’ sagte lakseermiddel by hardlywigheid ‘n half tot een wynkelkie saans en soggens

Boegoeblare

;n Welbekende suid-afrikanse blaar wat baie goed blyk te wees vir die behandeling van minder ernstige nier en blaaskwale, moeilikheid ondervind om te water, rugpyn en irritasie van die blaas. Boegoetee word berei deur die inhoud van ‘n pakkie by ‘n’ pint kokentde water te voeg. Laat die vir ‘n kwartier staan en syg deur. Die dosis is een tot twee wynkelkies dire maal per dag.

Boegoe-essens

Hierdie gevestigde en bekende preparaat het bekendheid verwerf vir die behandeling van minder ernstige blaas en en nierkwale, moeilkheid om te water, rugpyn en irritasie van die blaas. Die gewone dosis is een tot twee teelepels vol in ‘n wynkelkie water drie maal dagliks

Borsdruppels

Dit is ‘n’ uitstekende middel van ‘n hoe aansien geniet as ‘n doeltreffende preparaat vir die mees algemene bors moeilikhede. Dit maak slym los, die bors skoon en verlig die krampagtigheid van hoesbuie, kroep en brongitis in beide volwassenes en kinders. Volwassenes kan ‘n half tot een teelepel vol en kinders 15 – 20 druppels neem, drie maal daagliks met water, tee of heuning

Bruindulsies

In gevalle van minder ernstige nier en blaas-aandoenings, rugpyn en rumatiese kwale kan hierdie veilige en betroubare preparaat baie verligting bring. Dit kan ook gebruik word in gevalle van koorsigheid en Lennons Medikasie Bladsy 7 van 11

koues. Die dosis is 15 – 30 druppels in water, wyn of melk drie of vier keer per dag .Kinders behoort 10 – 15 druppels te neem

Doepa

Hierdie preparasie gee verligting in gevalle van wind, winderigheid en koliek, en kan geneem word vir minder ernstige nier en blaasmoeilikhede. Dit moet fyn gemaak word en van ‘n kwart tot half teelepel vol moet drie maal daagliks ingeneem word.

Doepa-olie

‘n Handige medisyne vir hoes, kroep, en brongitis. 5 – 15 druppels moet geneem word met suiker of gemeng met water. Uitwendig, gemeng met varkvet is dit ‘n handige antiseptiese salf.

Duiwelsdrek

In gevalle van senuagtigheid, histerie en slaaploosheid sal dit gevind word dat hierdie preparaat die senuwees kalmeer. Dit word ook aanbeveel vir winderigheid en maagpyn. Neem drie maal daagliks saam met melk of heuning genoeg hiervan om die punt van ‘n knipmes toe te maak.

Duiwelsdrek druppels

Hierdie druppels word gebruik vir dieselfde klagtes as Duiwelsdrek. Vir senuagtigheid, histerie en slaaploosheid neem 10 – 15 druppels drie of vier maal per dag met suiker of met heuning. Om wind en maagpyn te verlig neem vyftien druppels elke kwart uur.

Entressdruppels

Hierdie druppels het ‘n’ merkbare kalmerende uitwerking in gevalle van senuagtigheid, senu-ongesteldheid en slaaploosheid. 20 – 30 druppels moet vier maal daagliks geneem word en veral gedruende die nag. Dit bring verligting in gevalle van maagpyn en van wind in die maag en ingewande .Vir hierdie doel neem 20 – 30 druppels totdat verligting ondervind word.

Galpille

‘n Sterk purgeermiddel vir die verligting van hardlywigheid, galagtigheid en leweragtigheid. Een of twee pille moet saans geneem word

Gal-en-slympille

‘n Welbekende pil vir die verwydering van gal, neem een of twee tablette saans

Gal-en slym mengsel

Die mengsel is handig vir gal en lewer ongesteldhede en hoofpyne en lusteloosheid veroorsaak deur hardlywigheid. Dit word aanbeveel as ‘n sagte purgeermiddel in gevalle van aambeie en om die bloed en gestel te reinig van onsuiwerhede. In gevalle van wind en pyn in die maag en ingewande is dit baie doeltreffend. Die gewone dosis is ‘n halwe wynkelkie saans en in die oggend

Gesondheidsdrank

Die medisyne is doeltreffend vir gal en lewer moeilikhede, hardlywigheid, slegte spysvertering, hoofpyne en galagtigheid en kwale wat met hardlywigheid saamgaan. Dit herstel die eetlus, reing die gestel en ageer as ‘n’ tonika. Die gebruiklike dosis is ‘n halwe wynkelke in die ogeend en aand, kinders 8-12 jaar ‘n halwe wynkelkie slegs in die oggend

Groen amara of essens amara

‘n Uitstekende en waardevolle versterkmiddel wat die eetlus aanwakker en ‘n gevoel van welsyn gee aan die mense wat afgewerk is en ly aan verlies van energie. As daar enige hardlywigheid is, moet Poligrispille met slaaptyd geneem word. As ‘n tonika, ‘n half tot een teelepel vol drie of vier keer per dag en vir kinders 15 -30 druppels per dag in melk of sop

Grouyvomitiefpoeier

Hierdie poeier word ingegee om braking aan te bring by kroep of kinkhoes en in baie klein dosisse as ‘n sweetmiddel vir die verligting van koues en koors Lennons Medikasie Bladsy 8 van 11

Haarlemensis

Hierdie ou en gevestigde middel, utigevind in die jaar 1672 is gevind baie doeltreffend te wees vir die mider erstige blaas en niermoelikhede en moeilikheid wat ondervind word om te water. 15 druppels moet in melk of wyn geneem word met slaaptyd

Helmontskruie

‘n Mengsel van uitgesoekte kruie wat baie doeltreffend gevind word vir kwale wat volg op hardlywigheid. Dit werk as ‘n sagte lakseermiddel, verlig pyn en wind in die maag en ingewande en verbeter die eetlus. Om voor te berei, voeg die inhoud van ‘n pakkie by ‘n bottle ou wyn en laat dit in die son om te trek vir agt dae terwyl dit herhaaldelik geskud word. Syg dan deur. Een teelepel vol tot ‘n’ halwe wynkelkie moet geneem word twee of drie maal daagliks

Helmontskruie-ekstrak

Dit is ‘n welbekende huishoudelike middel wat goed is vir kwale soos hoofpyn, galagtigheid verlies van eetlus en lusteloosheid wat veroorsaak word deur hardlywigheid. Dit is baie effektief om die bloed en gestel van onsuiwerhede te bevry. Volwassenes moet een teelepel vol tot ‘n halwe kelkie met water, gegeur met peperment essens drie maal per dag gee. Kinders onder 5 jaar 5 – 20 druppels van 5-12 jaar , 20 – 30 druppels twee of drie maal daagliks

Hoffmansdruppels

Hierdie middel is bekend vir die afgelope 300 jaar. Dit kan gebruik word in gevalle van floutes, asma en benoudheid in die bors, vir verkoue, koues en koors en vir maagpyn. Vir floute en asma neem ‘n’ halwe teelepel vol in ’n wynkelkie water. Vir verkoues, koues en koors en maagpyn neem 15 – 30 druppels drie maal per dag in ‘n’ wynkelkie water

Kinders moet 10 – 15 druppels op suiker of met water inneem.

IPEKAKUANAWYN

Hierdie welbekende middel toegedien in klein dosisse is goed vir die verligting van droee hoes en vir die losmaak van slym by acute brongitis. 5 – 20 druppels moet elke vier uur met water geneem word. In groot dosisse werk dit as ‘n’ braakmiddel en om braking aan te bring moet een een en ‘n half tot 5 teelepels vol geneem word

Jalappoeier

Dit is ‘n baie sterk purgeermiddel. Dit mag nie geneem word as daar enige inflamasie in die maag of ingewande is nie

Jaimakagemmer

‘n Uitstekende middel vir die verligting van koliek, winderigheid, maagpyn en slgte spysvertering. Die dosisse vir volwassenes is 5 – 10 druppels in water

Kajapoetolie

Die preparaat kan gebruik word vir pyn en winde in die maag en ook vir verkoues en slym op die bors. 1 – 3 druppels moet met suiker of kanfer water geneem word. Vir rumatiek pyne neem 5 – 10 druppels met boegoetee drie maal daagliks

Vir uitwendige gebruik, meng met soetolie, verlig dit gewrigs en lende pyne

Kamille-essens

Kamille-essens is ‘n uitstekende kalmeermiddel vir menige maag ongesteldheid soos suur, slegte spysvertering en krampe en vir herstel van eetlus. Een teelepel vol behoort twee of drie maal daagliks geneem te word, verkieslik na maaltye. Kinders moet die helfte van hierdie dosis gegee word.

Kanfer

Hierdie ou middel het baie gebruike en is gewild vir die verligting van verkoues in die kop en sinkings. ‘n’ Klein bietjie word opgelos in water om kanferwater te maak wat gebruik word vir die verligting van winderigheid en maagpyn Lennons Medikasie Bladsy 9 van 11

Kanferolie (slegs vir uitwendige gebruik)\

Dit moet warm gemaak word en goed ingevryf word vir die verligting van sinkings, lendepyn, spierpyne en rumatiek. Dit is uitstekend vir kinders wat ly aan borsmoeilikheid as dit warm gemaak en goed in die bors en rug gevryf word, Hou die kind warm toegemaak

Karbololie(slegs vir uitwendige gebruik)\

Dit is slegs vir uitwendige gebruik bedoel en behoort op verband aangebring te word as ‘n middel vir septiese sere en wonde

Kinderpoeier

Die poeier is ‘n sagte lakseermidel en word spesiaal aanbeveel vir maag en inwendige ongesteldhede by kinders. Dit help om die eetlus aan te wakker en die lusteloosheid wat baie keer saamgaan met hardlywigheid tw verwyder. Van ‘n’ kwart ot ‘n’ half teelepel vol moet gegee word gemeng met suiker of heuning

Koraaltinktuur

Hierdie tinktuur word aanbeveel vir minder erstige nier en blaaskwale en moeilkheid wat ondervind word om te water, swelsels, rumatiese pyne en koorsigheid. 30 – 40 druppels moet drie tot vier keer [er dag geneem word in ‘n’ wynkelkie water. Kinders to 10 – 15 druppels in water

Kraamdruppels

;n Welbekende middel vir die verligting van maagpyn, koliek en krampe. Hierdie druppels het ‘n kalmerende uitwerking in gevalle van histerie en ande senuwee aandoeninge. Vir vrouens is die druppels van besondere waarde. Om pyn te stil, neem 30 – 60 druppels in water elke uur todat verligting ondervind word. Vir senuagtigheid en slaaploosheid neem 20 – 30 druppels drie of vier keer daagliks

Krampdruppels

Die druppels bring spoedige verligting in gevalle van pyn en krampe in die maag en ingewande en mislikheid. Dit het ook ‘n waardevolle kalmerende uitwerking op senuagtige mense en in gevalle van slaaploosheid. Vir pyne en krampe behoort 30 druppels elke kwartier to half uur geneem te word totdat verligting ondervind is. Vir senuatigheid en slaaploosheid neem 20 – 30 druppels drie maal daagliks en veral saans

Lewensessens;

‘n Beroemde maagtonika. Vir volle besonderhede raadpleeg die beskrywing wat saam met elke bottle verskaf word

Maagbitters

Die bitters het ‘n uitstekende reputasie om die eetlus te verbeter en die gestel te verfris. Een of twee teelepels in water of bietjie wyn moet twee of drie maal daagliks geneem word

Miangolie

;n Aanwending vir bedsere, wintershande en skurftes

Miltessens

Ongesteldhede van die lewer of ingewande word gekenmerk deur hoofpyne ,gevoel van lusteloosheid, galagtigheid, verlies van eetlus, hardlywigheid, veluitslag en ‘n’ gevoel van bedruktheid. Miltessens is uitstekend vir hierdie klagtes en verwyder die kwale wat verantwoordelik is vir die onbehoorlik werking van die lewer en ingewande ‘n’ Half to een teelepel vol moet twee of drie maal daagliks geneem word.

Naeltjie olie

3 – 5 druppels naeltjie olie op suiker is baie doeltreffend om pyn en wind in die maag en ingewande te verlig. Vir tandpyn moet ‘n’ paar druppels op watte geplaas en in die slegte tand ingedruk word.

Obstruct pille

Vir die verligting van hardlywigheid moet een of twee pille saans of vroeg in die oggend geneem word Lennons Medikasie Bladsy 10 van 11

Oogdruppels

Ontsteekte oe moet in warm water gebaai word waarby ‘n’ paar druppels van die oogdruppels bygevoeg is. Herhaal met vars oplossing drie of vier maal daagliks

Oogsalf

Vir karkatjies en onsteekte ooglede moet ‘n’ klein bietjie van die salf soggens en saans opgesit word

Paragories elikser

Hierdie ou en gewaardeerde preparaat het ‘n’ welbekende huishoudelike middel geword. Dit is baie handig in gevalle van hoes en verkoues. Dit word dikwels gebruik vir koues en pyn in die maag en is besonder goed vir hierdie doel as dit gemeng word met ‘n teelepel Hofmansdruppels. Volwassenes moet half tot een teelepel vol in wynkelkie soet water neem. Kinders moet 15 – 30 druppels gegee word op suiker of met soet water. Dit word nie aanbeveel vir babas nie

Patatsalf

‘n Uitstekend salf vir veldsere en septiese sere

Peperment druppels

Koliek en winderigheid word verlig deur ‘n paar druppels op suiker of in water te neem wanneer nodig

Poligrispille

Hierdie pille word aanbeveel as ‘n sagte lakseer middel in gevalle van hardlywigheid en as ‘n bloed reiniger. As ‘n purgeermiddel moet twee tot vier pille saans geneem word. As ‘n’ bloed reiniger moet een of twee pille daagliks vir ‘n’ paar dae geneem word met Miltessens.

Pynstillende druppels

Die druppels is spesiaal bedoel vir die verligting van pyn en krampe veral wanneer ditin die maag en ingewande voorkom. Dit sal baie handig gevind word in gevalle van maagwerking 20 – 30 druppels kan geneem word in ‘n’ bietjie water elke half uur totdat die pyn of maagwrking verlig is

Rabarberpoier

;m Welbkende middel gebruik vir laksering ingeval van hardlywigheid, leweragtigheid en galagtigheid. Volwassenes moet een poeier by slaaptyd of vroeg in die oggend neem.Kinders moet ‘n kwart tot halwe poeier neem volgens ouderdom

Rooilaventel

Hierdie medisyne het verskeie gebruike. Vir winderigheid, slegte spysvertering en maagpyn neem een teelepelvol met water elke halfuur totdat verligting ondervind word. As die baba se maag omgekrap of winderig is, gee 10 druppels in ‘n bietjie soet water

Rooipoeier

Dit is handig in gevalle van minder ernstige nier en blaas klagtes. ‘n Kwart van ‘n’ teelepel in water kan twee of drie maal daagliks geneem word

Souttinktuur

In gevalle van verlies van eetlus, maagongesteldhed, suur en algemene lusteloosheid sal die tinktuur baie goed gevind word. Dit verlig maagongesteldheid veral as dit veroorsaak word deur suur, herstel die eetlus en verbeter die gesondheid. Halwe tot een teelepel vol kan na etes geneem word in ‘n wynkelkie water

Staaldruppels

Om die bloed te verryk en aan te vul veral wanneer daar bloedverlies was en om die gesondheid en lewenslus te bevorder kan hierdie druppels met vrynmoedigheid aanbeveel word. Dit is uitstekend vir ‘n’ tekort aan yster, wat baie algemeen by vrouens voorkom en wat somstyds verantwoordelik is vir daardie gevoel van ongesteldheid en lusteloosheid. Die dosis is 10 – 15 druppels in ‘n wynkelkie water drie maal daagliks Lennons Medikasie Bladsy 11 van 11

Sterksalf

Spierpyne, verrekte spiere, rumatiek en sinkings word verlig deur massering van hierdie salf aan die aangetaste dele

Stuipdruppels

Hierdie druppels werk as kalmeermiddel in gevalle van senuagtigheid. Rusteloosheid en slaaploosheid. Dit is ook handig vir pyne en krampe in die ingewande en maag. Vir senuongesteldhede neem ‘n’ half teelepel vol drie of vier maal daagliks en veral saans. Vir pyne en krampe neem ‘n’ half teelepel vol elke half uur totdat verligting ondervind word

Tandpyndruppels

Vir die verligting van tandpyn word ‘n’ bietjie op watte gedoop en in die seer tand gestop

Teerolie

Hier preparaat kan gebruik word vir ongesteldhede soos wind en pyn in die maag, bors en borspyp moeilikheide. 2-5 druppels kan in ‘n’ wynkelkie water of melk geneem word. As ‘n’ verdampingsmiddel in gevalle van brongitits, asma en kinkhoes, gooi omtrent 15 druppels op ‘n’ halwe liter kokende water en asem die stoom deur die neus en mond in

Turlington

Die ou welbekende preparaat geniet hoe aansien vir die behandeling van hoes en ander bors klagtes Aangesien dit nie goed meng met vloeistowwe nie kan dit geneem word met suiker of die geel van ‘n eier Dosis, ‘n half to een teelepel vol twee tot drie maal daagliks. Turlington is ook baie handig op snye en minder ernstige wonde en sere te sit aangesien dit inflamsie verlig en genesing bespoedig

Verdwynpleister

Om swelsels te vermidnder en inflamasie te trek, smelt bietjie en plaas op verband

Versterk druppels

Dit is ‘n uitstekende versterk middel wat n gevoel van gesondheid meebring, verterings probleme verbeter en die eetlus aanwakker. Half tot een teelepel vol kan in wynkelkie water of wyn drie maal daagliks geneem word.

Vitalpoeier

Hierdie poeier is handig om sweet aan te bring by koors of koues en om jig en gewrigspyne te verlig. Volwassenies kan een poeier in warm drankie neem en kinders minder volgens ouderdom

Witdulsies

;n Baie handige medisyne om verkoues en koues te keer en om koors te verlig. Dit sal ook goed gevind word in ligte aanvalle van asma en floutes. Vir verkoues en koue neem ‘n half teelepel vol in wynkelkie met water drie maal daagliks. Vir asma en floutes neem een teelepel vol in bietjie water

Witkinapoeier

Die poeier word gebruik vir die voorkoming en beheer van malaria-aanvalle. Een poeier saans word geneem om aanvalle te verhoed en in die geval van malaria, een poeier elke vier uur. Dit is ook ‘n’ handige middel vir inflamasie en verkoues en gemeng met wyn is dit ‘n goeie versterk middel.

Witvomitiefpoeier

Hierdie poeier is goed om braking aan te bring wanneer nodig. Dit moet met die uiterste versigtigheid gebruik word

Wonderkroon essens

Dit is uitstekende medisyne vir maag en ingewande ongesteldhede soos slegte spysvertering, sure, pyne en krampe, wind en hardlywigheid. Dit is ook handig vir vrouekwale. Die dosis is half tot een teelepel vol in water soggens en saans of wanneer pyn of ongemak ondervind word.

91 thoughts on “Lennon’s Medisyne

  1. Skoor, daardie Behoedmiddel is ‘n wonderlike ding! Vra maar Akasia-apteek – in die noorde van Pretoria. Ons het gereeld sommer ‘n hele boks – ek dink daar’s 12 botteltjies in ‘n boks – van die goed gekoop, dit werk soos ‘n bom!!

  2. Solank die mense netnie ‘maagongesteldhede’ en ‘behoedmiddel’ verwar met ‘swangerskap’ en ‘voorbehoedmiddel’ nie! LOL.

    Nou waarvoor het julle dan so baie nodig gehad in die Transvaal?? :shock:

  3. Skoor! Ek was deurmekaar man! Silly ek, ons het die behoedmiddel vir winde gebruik! Sy het vreeslik winde/krampe gehad wat haar gepla het en die het baie daarvoor gehelp. Die tande…was brandewyn! haha..ek het altyd geweier om by ‘n drankwinkel in te stap en toe hoor ek die brandewyn is so goed vir die tande wat deurkom, ek stap toe in, koop hierdie piepklein botteltjies – weet nie eers of die goed ‘n spesifieke naam het nie – wat sommer by die kasregister verkoop word. Dis vir dit wat sy ook haar mond so oopgehou het! Ek het ‘n kleinbietjie in die proppie gegooi en my vinger daarin gedoop. :)

  4. Ek onthou net staaldruppels. YUK!!!

    Nelba, ek reken helfde van die stuff sal vandag ‘n mens se dood beteken. Die gestelle is mos ‘saf’ teenoor ‘n dekade of wat terug.

  5. Dankie Skoor vir hierdie boekie. My Ma het ons grootgemaak op Lennons. Sy het ‘n spesifieke mengesel gehad wat vir enige maagpyn, naarheid, hardlywigheid, ens gehelp het. Ek weet nie wat alles daarin was nie, maar ek kan onthou dat Groen Amara, of so iets, deel daarvan was. Ons kinders het dit ons eie naam gegee, “Kak-estrak”, want dit is hoe dit geproe het. Nodeloos om te se dat ons baie selfde maagpyn gekry het nie.

    Nikita, jou comments was skreeusnaaks. Brandewyn? Geen wonder hulle mondjies het oopgehang nie.

  6. Skoor, weet jy of mens nog erens Rooipoeier in die hande kan kry? Ons apteek sê dis van die mark af. Dit werk soos ‘n bom vir hoë bloeddruk. My ma sweer daarby. Net ‘n mespunt Rooipoeier en ‘n mespunt Engelse Sout en die bloeddruk daal.
    Kan iemand my laat weet as julle dit nog kan kry, dat ek vir haar so ‘n paar botteltjies kan aanskaf?
    Thanx vir die interessante wenke, Skoor!

  7. IPEKAKUANAWYN (Vandag is ek self ‘n ouma, en glo my, hierdie medisyne werk!) So bly om te hoor dat dit nog beskikbaar is! Dis ‘n wonderlike medisyne, veral by baba’s wat sukkel met slym! Dit werk!

  8. Elna, dankie dat jy moeite gedoen het om kommentaar te kom lewer!

    AK, ek het steeds nie rooipoeier raakgeloop nie. Dis definitief nie meer verkrygbaar nie.

    Anna, jy kan daai naam en mengsel patenteer! Dis mos die eeu van innovasie met inspirasie :lol:

  9. Ek is opsoek na devil’s claw wat ook deur lennons gemaak word, ek sien dit nie meer op die rakke nie. Ek het geweldig spierpyne en het baadgevind by devil’s claw tot ek dit nie meer kon kry nie.
    Is daar ‘n verduideliking voor.
    laat weet my asseblief.

  10. Ek is op soek na Devil’s claw druppels. Ek het baadgevind by dit en toe skielik kry ek dit nie meer nie. laat weet asseblief vir my of dit afgehaalis en hoekom. Dankie

  11. Ek glo in lennons en wil asseblief weet of mens nie meer devil’s claw kry nie, dit was goed vir my sperpyne. laat weet my asseblief wat het van die produk geword.

  12. Trudie, ek is nie bewus dat Devil’s Claw van die mark af is nie. Wat ek wel met sekerheid kan se, is dat Dischem of Gesondheidswinkels, ander handelsmerke van Devil’s Claw aanhou. Miskien kan jy dit probeer tot jou voorkeur weer op die rakke is.

  13. Ek woon in Suid Afrika maar is tans in die UK met vakansie. My vrou het ‘n erge gal aanval en nerens kan mens medikasie kry vir haar hier in die vreemde nie. Enige raad om die gal af te werk sal help asb

  14. Hallo Anton

    Die beste raad is gewoonlik nie in medisyne nie, maar natuurlike benadering. Ekself sit met `n lewer wat deur hepatitis flenters geslaan is en sorg vir hom slegs deur kruie! Kan jy Perdeblom tablette kry daar? Die heel beste is Milk thistle remedies in enige vorm. Hetsy kapsules of tee of tablette. Andersins Epsom salts – dis effens drasties, want dis jegggggie om te drink, maar daar sal geen gal oorbly nie. Laat my weet hoe dit gaan, ne? Oja, hope water en as jy kan vit C – dit reinig die bloed en is `n goeie opkikker vir die lewer. As jy regtig niks kry nie – koop vit B kompleks pille – dit werk, maar baie stadiger as bogenoemde.

    Gees!
    Sigeuner

  15. Daarsy Anton – ek hoop die gal wyk gou.

    Fanks ou Sigeuner. Al het jy nou letterlik ‘n slang SIEN spoeg die week, is jy steeds gewillig om uit te help, al is die oe nou ook nie meer wat dit voor die spoeg was nie….

    Nikita/Chess seg vir jou beterskap en sy hoop jy het die slang katswink gemoer en op die spit gebraai, want enige rinkhals wat ‘n Boernig aanvat, MOET tweede kom :lol:

  16. Damn, julle good people. Dankie – die slang het 2de, 3de, 4de 3n vyfde gekom. Boerseun kry mos nie die haelgeweer, ne? Toe skiet en skiet en skiet en skiet hy die eva se verleier in sy kanon meddie windbuks! Dis eintlik skreeusnaaks nou!
    Weet julle – enige nie toksiese vloeistof vir slangspoeg in die oe, ne? Selfs urine as jy innie woestyn loop en die water wil spaar. Dan as jy kan was hele gesig. So gou as moontlik antibiotiese oogsalfies en wat myself baie goed help Colaidal silver sproei. Binne in die oge in! Dit koel die hel in die oe so effens af.

    Anton laat weet hoe dinge lyk en wat is nou eintlik jou vrou se simptome? Hoe weet jy dis gal?

  17. Julle noem nie Bergemot onder die Lennonsprodukte nie. Weet dit word gebruik vir die hare maar sal graag wil weet hoe moet ek dit gebruik. Seenwense

  18. Maal eers so 4 naeltjies in ‘n vysel en stamper. Gooi dit in ‘n koppie kookwater en laat vir 30minute trek.

    Gooi deur ‘n teesiffie, of drink net so.

    As jy dit sterkter verkies, voeg meer naeltjies by. Dit is ‘n smaak waaraan mens eers gewoond moet raak.

  19. Bergamot is `n krui waarmee Earlgrey-tee gemaak word. Dis `n heerlike tee!
    Bergamot vir haarverlies word binne-in `n bottel (plastiek sproeibottel by jou naaste apteek of Clicks) Plasenta gegooi en goed ingeskud. Sproei elke dag so al op die bles en vryf 3 minute lank in die kopvel in.

    Naeltjie tee word gemaak as jy nie teelepels het, dan roer jy met jou naels. Proes!!

  20. Ek dink ek is verkeerd:
    Naeltjie tee maak jy as jy kookwater op jou naeltjie gooi, dan nael jy vir die naaste ysblokkie en meng goed. Ek weet nie of jy dit moet trek nie, want die velle kan afkom.

  21. Hi. Ek wil graag weet of da n mengsel is van lenons wat gebruik kan word om n gewas af te breuk. baie dankie

  22. Mariette – ongelukkig is daar net een soort kanker wat regtig baatvind by spesifiek Lennon se medisyne. Dit is Balsem Kopiva – en help uitsluitlik vir keelkanker.
    Meng 20 druppeltjies op half teeleple suiker en suig stadig 2x/dag vir hierdie kanker.

    Watter gewas is dit wat jou pla en is dit al deur `n dokter ondersoek? Is dit kwaadaardig of nie?

  23. Opsoek na raad, Dogter 25jaar swanger 27weke:))) het griep en geweldig hoe koors
    Kan ek vir haar met disprin en witdulsies Dokter?? geen aanduiding op bottel nie.
    dankie vir hulp

  24. NZ Ouma – nee!!!!!!!!!!!!!!!!
    Disprin kan die fetus beskadig – dit maak bloed DUN en dis NIE goed vir `n ongebore baba nie. Panado mag jy wel gebruik.
    Lennon medisyne het soms `n hoe alkhol inhoud, so kyk mooi voor jy gee – en sommige medisyne het `n “water-suiwerings” effek en kan maak dat jou dogter baie badkamer toe moet gaan – wat weer kan maak dat sy in vroee kraam kan gaan.
    Waarom spreek jy nie `n dokter nie?
    Klein bietjies borrie en heuning om die imuunstelsel op te bou en geen newe effekte het op ma en fetus sal haar baie goed doen.

    Self klein (baie klein!) hoeveelhede Echinaforce pille of druppels om die verkoue simptome hok te slaan & ook die imuun sisteem op te kikker en te versterk sal ek ook aanbeveel.
    Se vir ons asb hoe dit gaan.

  25. Kan iemand my asseblief help met ‘n resep vir ” Sewe Soorte ?” Ek kan onthou dat dit ‘n mengsel was van sewe soorte Lennons medisyne. Die goed het uitsteken gewerk, maar ons het die resep veloor.

  26. En so het ek ‘n ma van ‘n galaanval en op soeke na raat sonder ‘n operasie, kom ek op hierdie Lennon’s af. Ek het van my ma ‘n Lennon’s boekie geerf. Val uitmekaar. Is opgewonder om te weet daar moontlikheid is van nuwe boekies. Waar kry mens dit? Laat weet dat ek kan bestel asb. Wil sommer vir die hele familie daarvan voorsien.

  27. Ek kan onthou dat ek baie, baie jare gelede poligrispille moes drink vir iets, maar het vergeet waarvoor. Toe loop ek dit nou hier raak. Ek moes 3pille op ‘n Maandag, 2 Dinsdag, 1 Woensdag, 1 Donderdag, 2 Vrydag, 3 Saterdag en niks op Sondae drink nie. Nou weet ek waarom my ma nie vir my op Sondae laat pille drink het nie ! Dan het ek ‘n verskoning gehad om kerk te slip !!

  28. EK SOEK DRINGEND RAAD VIR ‘N KIND WAT ELKE TWEEDE OGGEND FLOU WORD.
    SY HET WEL ‘N YSTER TE KORT EN OORAKTIEWE SKILDKLIER. DRS SE PILLE WERK EENVOUDIG NIE!! KAN JY HELP?

  29. Tweeling babas 2 maande oud sukkel vreeslik met wind, veral die seuntjie. Kan ek Lennons gebruik? en wat…. gee asb raad.
    Elma

  30. Hallo Elma – ek het ook `n tweeling grootgemaak – dis in die 1ste plek net spesiale ma`s wat 2-linge kry – geluk!!!
    Meeste Lenon medisyne bevat alkhol, en geen alkhol is goed vir enige baba nie. Ek dink die enigste Lenon goed wat jy kan gee, wat ek as veilig beskou is Behoedmiddel, maar of dit werk of nie is `n ander vraag – ek het dit nooit op die proef gestel nie.

    Wat wel werk is klein bietjie finkel-tee (vir babas aangemaak – half teelepel finkel op 2 koppies kookwater) gee net so 10ml na elke voeding. Dit help baie vir winde. As jy borsvoed kan jy sommer die tee drink – dit maak baie melk!
    Sluit ook aan op Facebook by Funky Mammas – daar is honderde mense wat jou raat gee, en tussen als sal jy wel die regte raad kry.

  31. Ek is so bly ek het op hierdie blad afgekom, ek soek al solank na hierdie boekie. Waar kan ek die boekie in die hande kry?

  32. Skoopr x is nu al moedeloos sit mt brndende hakke ws by dkter se ds inflamasie ma di pille help ni gee asb raad

  33. Hi ek wil net graag weet ek het begin swem by die skool en sedert dien het ek bruin vlekke op my gesig. Is daar enige iets waarvoor ek kan gebruik wat dit akn weg vat. Ek is baie bewus daarvan en wil graag iets daaraan doen. kan jy my dalk help asb.

  34. Eldorette! Ek het net vanmiddag opgelees oor n soortgelyke probleem.

    Feit is, mens is baie op j voete. Was die dr se pille anti inflammatories? Rus, sit yspakke een keer n dag op vir 5minute, dra goeie skoene met binnesole, vermy plakkies, vermy hardloop. Dit gaan nie oornag weggaan nie! Sterkte

  35. Hi daar! Ek soek dringend raad vir winderigheid. Ek borsvoed. Wat kan ek gebruik wat nie ‘n negatiewe uitwerking op my baba het nie? Ek is raadop. Dis nou al 3 dae lank.

  36. Hi! Het enigiemand ‘n boereraat of enige produk om aan te beveel vir seer voete, inflamasie in die weefsel? Wil nie graag anti inflamatoriese middels gebruik nie. Weskus groete. Dalene

  37. growing up my parents always used lennons and home remedies, NEVER called or visited the doctor or hospital and we became well adjusted, healthy adults [three of us] sadly we forgot all about these times and grew up our own children with regular visits to the doctor/hospital and staggering amounts of pharmaceutical products and they have various ailments still. what can I say ???

  38. Hi daar,
    Lag maar vir my, maar ek is opsoek na die Lennon medisyneboekies wat mens altyd gekry het. Enige iemand wat boererate het,asb., kan jy dit vir my pis na bus 646, Danielskuil,8405:
    Ek gebruik die rate baie agv die tipe werk wat ek doen en moet se dit werk beter as menigte moderne medikasies. Dankie, Marilyn

  39. Hallo, i.v.m haarverlies : Ek het jare gelede sulke klein botteltjies lennons gekoop wat ek by ‘n vol bottel haarsjampoe ingegooi het. Dit het haargroei verbeter. Nou kan ek nie onthou wat dit was nie. Is daar iets soos bergamot-olie? Marié

  40. Dagsê, baie dankie vir die handige leesstof. Lennons produkte is regtig staatmakers. Ons is daarmee grootgemaak. Vandag gryp ek steeds eers die Lennons kissie vir medesyne. Wil graag met jul deel……mantelvlies breuk…. defnitief Behoedmiddel. Asook vir enige maag aandoening. N Botteltjie Turlington op n blikkie kondensmelk vir maagsere, werk soos n bom. Mangel ontstekking en seer keel…..gorrel staal druppels aangemaak in n bietjie water.Werk beter as enige suigtablet en pynstiller. Borsdruppels is net die ding vir n hoes, brongitus en slym op die longe, daar is nie beter te kry nie, meng n botteltjie met ongeveer n koppie heuning, gee na elke hoesbui n teelepel vol om stadig te suig. Lennons bly tops! Die is wel jammer dat daar reeds van die gewildste produkte onverkrygbaar is. Nogmaals baie dankie vir jul rubriek. Dit prikkel soms nogal die lagspiere ook, so dis goeie ontspanning by als. Groete Susan uit Noord Wes

  41. Louisa ek het verlede die Lennons handboekie by ‘n apteek in Port Elizabeth gekry. Ek dink enige apteek wat Lennon se produkte aanhou sal daarvan he. Hoop jy kry een. Ek het ook een wat ek baie jare gelede gekry het. Volgens die nuwe boekie lyk dit my daar is baie van die produkte wat nie meer op die mark is nie.

  42. hoe kan ek my 10 maande oue baba kry om deur te slaap? enige raad, sit hom saans half 8 in bed na ete en bad, maar vanaf 12 uur klok hy elke 2 ure in, help asb, hy moes al deur geslaap het

  43. Ek sukkel die afgelope paar maande met geweldig pyn van waar my galblaas verweider is,Dit is nie aanhoudend nie dit kom en gaan wat kan ek gebruik daarvoor? Annette Visagie

  44. My man het n uitslag van eksima op sy been,hy probeer vele salf en niks help regtig nie, Dit bly stukkend somtyd lyk dit of dit genees maar nooit genees dit geheel nie.Enige raad daarvoor? Wat kan gebruik word vir stemband wat platgeval het na n beroerte> Sy stem klink baie hees asof hy n erge verkoue het?Is daar enige raad asseblief sal dit waardeer.Annette Visagie

  45. Ek word nie vaak nie. Lê hele nag en rondrol. Gaan eers 10 tot 11uur bed toe. Het al vele rate gebruik. Wil nie van slaappille afhanklik wees nie. Watter van die Lennons medisyne kan ek probeer? Ly aan depressie.

  46. My 4 jarige seun hoes die afgelope 6 weke onophoudelik. Antibiotika – nie gehelp nie. Long ekstrale wys niks. Pidiater skryf adrenalien (nubiliseer) voor, 3 x per dag. 2 Weke later, werk steeds nie. Alles moontlik al probeer. Behalwe Lennons. Voorstel asb.
    Dankie,
    Moedeloos.

  47. Dankie vir die omvattende uiteensetting. Het met Lennons grootgeword en gebruik nog steeds periodiek.

  48. hi my vriend drink baie alkohol daar is ‘n lennons produk wat jy glo vir hul ingee dan word hul siek en drink nooit weer nie help wat is dit asb

  49. Entressdruppels help my geweldig veral met winderigheid en rusteloosheid maar is dit veilig om te gebruik gedurende swangerskap>

  50. Annetjie van Klerksdorp, ek wl graag weet wat jy kan gebruik vir n bedseer wat stukkend gegaan het? Dis nogal dringend as iemand my kan help ASB

  51. Ek wil my detox my lewer en galblaas skoon maak watse Lennons kan ek gebruik en asb ek soek ook boekie.

  52. Helentjie. ek het groot geword met die Lennon’s. dit is al wat in die huis was. ons was baie
    gesonde kinders. as jy kla het jy Lennon’s gekry. ek is ook op soek na rooi poeier. baie
    dringend. waat kan ons kry.

  53. Ek het sarkidosis dis inflimasie in my lyf. Dit verooraak n vel probleem. Ek gebruik al 2 jaar kortisoon en wil dit graag stop en iets anders probeer. Enige Lennons raad ?

  54. ek gebriuk ook al jare lank die lennons raad. want ek het in ‘n huis groot geword wat daar net
    Lennons was. ons was bitter min dokters toe. eindelik meer vir tande trek, en operasies.
    verder nooi. en vandag is dit nog so. ons het nie eers ‘n medies nie. en dokter ons self met die
    middels.. ek wil ook graag weet waar kan ek ROOI POEIER KRY. my huis voel leeg sonder dit..
    dan wil ek ook graag navra doen. ek het een keer dit op ons rakke gesien en nog nooit weer nie.
    daar was ‘n middel om gewig te verloor. op die bottel was ‘n prentjie van ‘n maatband.
    wat anders kan ek gebruik om gewig te verloor. ek wil nie graag al hierdie moderende
    pille gebruik nie. dankie laat my weet Helen Venter

  55. Gooi ‘n botteljie gemaalde kaneel op ‘n ongeveer 500g botteltjie suiwer heuning en meng. Neem ‘n eetlepel vol en drink soggens so ‘n ½ uur voor ontbyt op leë maag gemeng in ‘n koppie kookwater. Neem ook saans net voor bed toe gaan. As u dit gereeld neem sal u gewig verloor. Onthou net dit neem lank. Wees net geduldig, onthou die extra kilo’s is oor ‘n lang termyn aangesit, dus moet dit ook oor ‘n lang termyn verloor word. U sal beslis resultate sien. Bly intussen ver weg van wit kosse en sny maar die vetjies en velletjies van vleis af. As u nog makliker wil gewig verloor en so ook ‘n gesonder leefstyl wil handhaaf, kontak my by annetjieyxb@gmail.com

  56. Hi my seun is 9 jaar oud en hy is tipe 1 suikersiekte wat kan ek gebruik wat natuurlik is om sy suiker te kontroleer en stabiel te hou………

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s