Tuiste » Skoor Bek » TAG: 5 deur jou ore – Deel 1

TAG: 5 deur jou ore – Deel 1

Skoorlief vra my gister watter 5 liedjies ek sal uitsonder as liedjies met betekenis, deur my lewe, tot nou.

NET 5???  Want daar is soveel meer, maar as ek dan moet kies, gaan ek nie Mynie Grove se Skapie Meee, of Carike se Heidi byvoeg nie, en ek sal maar die Storieman jingle ook ‘n skip gee.  Ons fastforward na jare later – en begin sommer ‘n nuwe tag.

Ek kry die indruk dat in vandag se kitswereld, nie eens meer songs langer as 3 weke op nommer 1 op ‘n hitparade pronk, voor dit deur die volgende beat opsy geskuif word nie.  En die goed wat die arme kinders vandag na luister, grens vir my soms aan stembande wat klink of hulle konstipasie het.  (En dis nou vir jou ‘n klank!)

Trek ek dus weg met my nommer 1 van 5:  Dit was seker die jaar 1988, en die voete in die grys skoene van die volksvaders het in sweet uitgeslaan as die begin note oor die senders uitbasuin is:  “Yea Yea Yea!!!..”

Roxette het die wereld met ‘n BANG getref.  Hulle het ABBA onttroon as Swede se beste vokale uitvoerproduk, en het die wereld aan hulle voete gehad.  Mens hoef net op Wikipedia te loer wat alles oor hulle en hul musiek geskyf is, om te verstaan dat hulle eenvoudig luidkeels hulself op die regte tyd, en op die regte plek, aangekondig het.

En met my was dit nie anders nie.  Ek het altyd geglo dat tegnologie meer moet kan 200px-looksharpdoen as wat die spesifikasies daarvan beskryf.  Daarom het ek as jeugdige dwaas, middag vir middag in my pa se kar gesit, en na die blink ‘typdek’ gekyk, en gehoop ek sal iewers ‘n ‘record’ knoppie raaksien. 

Ek het net geglo so ‘n blink ding, moes meer kan doen as tapes speel.  En as Roxette se THE LOOK deur die drade en uit die speakers gemoer het, het ek sommer 3 knoppies op ‘n slag ingedruk, net ingeval ‘n wonderwerk sou gebeur, en ek my eerste opname van The Look kon maak.  My asem het vlak geword, my hart wou deur my mangel holtes, en my bloedselle se tyres het geskreeu soos hulle om die draaie in my are gebruis het.  Want miskien, net miskien, druk ek vandag die regte drie knoppe…

Ek het later wel The Look op tape gehad.  Toe op LP.  En toe op CD.  En steeds, vandag nog, is dit asof ek wil knoppe druk as daai eerste klanke uit my speakers tuimel.

My duime na bo vir Marie & Per wat met ballades en rock die wereld aan die brandgesing het, en wat vir my een van my onvergeetlikste live konserte ooit, gegee het.

I salute you.  Regdeur my onbevange jeug, deur die trane toe Pretty Woman weggery het van ‘n yummy Richard Gere, en ‘It must’ve been Love’ oor derduisende radiostasies gespeel is, tot by die groot, blink bus, en die vrou met die spikey blonde hare, en die donker boots wat ons op ‘n ‘Joyride’ geneem het.  Ai, die lewe gaan te vinnig verby.  Marie het kanker, Per sing nog een stryk deur, en ek kan nie ophou luister, as ek in een van my nostalgiese buie vasgevang raak nie.

Ek tag jou:  BeeBee, Nikita, Rosalind, een van die Wosonki’s, Merriemuis en vir Chris.  Blog oor jou 5 most memorable liedjies.  Jy sal verbaas wees oor hoe moeilik dit is!

 

Word vervolg… 

17 thoughts on “TAG: 5 deur jou ore – Deel 1

  1. Nuwe blyplek, ja. Niks nuuts.

    Was net lus om die ou jas uit te trek, diep asem in te trek, en te voel hoe dit voel om oor te begin as jy daarna voel!

    Sien jy’t ook bietjie uitgevee en vensters gewas daar by jou!
    🙂

  2. Hier is somme my 5 favourites:

    Van opgroei-tyd:
    Kadoefie
    Hendrik die hoenderhaan
    HaasDas se nuuskas
    Lappop
    Pinocchio
    Heidi

    Groot-tyd:
    You raise me up (Westlife)
    Lean on me (Sting/MBolton))
    500 miles (The HighwayMen)
    Amper (SH)
    Assegaai (SH)
    Mr. Busy (BB)

    Ok, ok, ek kan nie tel nie, maar as ek nie hier ophou nie, gaan ek vir ure nog kan aangaan . . .

  3. hi Skoor! Ek’s beindruk met jou nuwe tuiste, ek sal moet my huiswerk laat oorstaan (soos ‘n stout kind!) tot volgende week wanneer ek ‘n week “breuk” het. Jy sal ook sien dat my blogging bietjie gaan stilstaan, ons was toegesneeu (hoop jy’t die foto’s gesien), maar nou word ek is ek “toe gesneeu” deur hope skoolwerk+twee opdragte vir die volgende 2 maande…ek het al so baie gunstelinge geblog, ek sal moet gaan kopkrap wat ek gaan blog, want daar’s steeds so baie! Ek stem saam met jou keuses hier ook, goeie smaak!🙂

  4. Hello Emil – Coldplay is cool, maar daar was nooit iets spesifieks wat ek onthou het wanneer ek na hulle musiek luister nie. (ek stem met die oogstremming. Wee’ jy deur hoeveel brille is ek in die laaste tyd🙂 )

    Nikita, ek voel tans soos ‘n middeljare vrou in haar oorgangsjare, maar as ek rondom my kyk, en sien hoe die blare hang, besef ek dis Februarie in Stellenbosch. Niks ongewoons nie. Net jammer ek kan NIE gewoond raak hieraan nie. Dus loop ek draaie om julle wat brag oor sneeu en koue! Sien uit na jou post.

    Aaag kom nou ou Jaco – weet jy hoe lekker dit is om te gaan stilsit en dink aan oomblikke, vasgevang in ‘n melodie… Kyk nou net hoe oulik het jou ander 1/2 dit vasgevat – haai Krista, ek het altyd daai lappop sooo jammer gekry, trane in die oe gehad!

  5. http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/03/15/love-poems/

    Skoor, In geval ek nie gou genoeg by my huiswerk uitkom nie, gaan loer in by hierdie link, daar’s Ilse de Lange en Eva Cassidy, Steve, Ge, F R David en Queen…net vandag vir Radio Gaga hier op ‘n stasie gehoor… my gunsteling stasie hier is Magic 105.4. Hulle speel al hierdie mooi ou gunstelinge van die 80’s meeste van die tyd. Ek wil niks belowe oor die “huiswerk” nie, want ek mag dalk vasbrand en dit eers einde Mei gedoen kry, dus, geniet solank hierdie musiek in hierdie possie.

  6. Nikita, oor Steve gaan jy my nou nie opgewonde kry nie, maar Eva Cassidy, oooho, herfsaande se musiek. Wintersnagte se lirieke. Need i say more.

  7. Hallo Skoor! Ek dink dis ‘n onregverdige versoek aan ‘n liedjievraat, maar ek wil dit nog doen – is daar nog tyd? My ADSL is weer in sy hel.

  8. Daar is mos altyd tyd vir ‘n post oor musiek – laat weet as jy dit geplaas het😉

    Jip, dit is super onregverdig om net 5 te moet kies, maar nou ja, ons wil ook nie ons hele blog beset met een post nie!

  9. http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2009/02/28/a-rose-has-to-die/
    Ok, huiswerk gedoen, liewer laat as nooit, kan my naam nou uit die strafboek kom asseblief, ek het ook klaar detensie gesit en 100 keer uitgeskryf en al die papiere buite opgetel en die bord skoongemaak, bordborsels uitgeslaan, tafels netjies geskuif, juffrou se boekrak reggepak en al die tafels skoon afgevee, vensters toegemaak en die asblik netjies en leeg teruggesit op sy plek! – hy was eenkant onderstebo vol piesang-en lemoenskille!🙂 sommer 6 liedjies gedoen ipv 5, sien, goeie en getroue slaaf..doen altyd meer as wat nodig is…🙂

  10. Eish, jy klink of jy pre 94 op skool was. Definitief nie daarna nie, want deesdae se kids doen so min moontlik, vir so lank as moontlik!

    Hoe het dit destyds bekend gestaan? Pligsgetrou en Voorbeeldig…
    😆

  11. Pingback: Vyf Liedjies - Net Vyf « My Kop Op ‘n Blok!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s