Tuiste » Skoor Bek » Tag: 5 deur jou ore – deel 2

Tag: 5 deur jou ore – deel 2

Ons het ‘n kleinhoewe gehad op Prins Albert in die jare 80’s. Elke naweek deurgry om te gaan plaas speel, en naweke kon eenvoudig nie gou genoeg aanbreek vir my nie.

Die van julle wat die ou Hi-Ace kombi onthou: ons was 3 kinders, en elkeen het ‘n sitplek gehad. My broer die agterste bank, my suster die 3/4 voorste gedeelte, en ek, die enkel seat wat kon platslaan na agter. Tot my broer se irritasie want ek kon nie vir te lank stilsit en my mede passasiers uitlos nie.

Ek onthou een dag toe ons deur die Vrystaat se ver verlate vlaktes is, en ons agtergekom het dat die klere wat ons aanhet, statiese elektrisiteit veroorsaak as jy jou hand daarteen skuur.  Ek het een van my ‘vingervonke’ teen my ma se oor laat skiet. Ek was amper agter gelaat op daai ver verlate vlaktes…

Daardie kombi was die eerste ryding wat ‘n tapedeck ingehad het wat die tapes automaties omgedraai het. Vroegere modelle moes jy met die hand uithaal en omdraai.

Somehow het so ‘n tape dan gespeel tot een van ons kinders oorgeval het na voor, en ‘n ander tape ingesit het. Ma was seker aan die slaap, pa gehipnotiseer deur die wit lyne wat verbyflits, so ‘n tape kon van Stellenbosch tot in Prins Albert gespeel het, sonder ‘n aflos!

Anneli van Rooyen het op daai stadium in ons versameling beland, en ek onthou een oggend anderkant Laingsburg, ek20lewetoe die ligdag teen die koppies breek, die oneindigende mooi klank van haar ‘Vredeslied’. Ek het met my teruggeslane sitplek, met my oor teen die speaker gele, en gekyk hoe die landskap verbyflits, en dit was net so ‘n mooi oggend.  Ek sal daardie natuurbeeld nooit vergeet nie. 

Dit was soos om saans te le in daardie einste kombi, en te kyk na Halley se Komeet.  Die heel nag, as ek my oe oopmaak, hang hy en sy sterte iewers in die lug.  Oomblikke wat net nooit weer so groots sal voel nie.

Anneli se stem is deesdae stil agv ‘n vieslike mediese probleem en ‘n doktersfout. Sy verkeer 24uur in pyn, en kan skaars praat.

Daarom is my versameling Anneli CD’s kosbaar. Sy was een van die plaveiers van Afrikaanse musiek waarmee ek grootgeword het. En wat my vandag nog met ‘n smaail laat.

5 thoughts on “Tag: 5 deur jou ore – deel 2

  1. Laat so ‘n mooie man nou homself so kan wit verf… Gits, gedink dis net jou skrywes wat my na drank sal dryf, maar nou weet ek dis meer as net woorde!
    🙂

  2. Og!! Anneli!! Wat ‘n unique voice ook in die Afr musieksfeer – en wat ‘n groooooot leem(g)te laat die stilheid van daardie stem nie!😦 Ek kry hoendervleis en knopkeel en eina-ogies en verluister my aan haar ‘Seënbede’ en ‘Ek lewe’ het baie special betekenis (dis ‘n vertaling van ‘n Roland Kaiser treffer) vir my.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s