Tuiste » Skoor Bek » Tag: 5 deur jou ore – Deel 3

Tag: 5 deur jou ore – Deel 3

200px-handinmypocket-acousticAag jimmel, hierdie tag het my laat besef hoe vinnig die lewe kan verby snel, en hoe donirs oud mens kan raak, en die lafgeit van die lewe jou verby begin gaan.

Ek was, toe Karen Zoid haarself aangekondig het, slap-bang in die middel van die Zoid generasie.  Ons het almal maar ouer geword, sy ook, so ek reken, ek is dan steeds deel van die Zoid generasie, alhoewel sy my nogal deesdae teleurstel met haar songs.  Maar nou ja, mens kan nie altyd goed bly nie.

Net so was my siel vreeslik vatbaar vir Alanis Moressette.  Ek was ook van die Alanis generasie, in meer dan een opsig, want ek was toe ook ‘n angry young female.  Ek het net nie my hare so funny gevleg en my mond so wyd oopgemaak as ek gesing het nie!

Alanis.  Wat kan ek se.     Ek haal haar uit as ek lekker musiek soek.  En ek haal haar uit as ek wil verlang.  Ek haal haar uit en luister haar as my hart regtig seer is, want sy het my getroos toe my maat vort is.

Maar voor hy gepak het, was ons muso’s.  Ons het snags deurgetokkel op ons kitare, en soms deur ten minste drie bottels wyn geseil, besig om Alanis songs se chords uit te werk, of Cranberries se beat te vervolmaak.

Ons het een naweek in my Golfie opgery Hartenbos toe.  Daai jare het ek ‘n tape deck gehad wat heeltemal uitgetrek alanismorissettejaggedlittlepillhet – die gesiggie kon nie afknip nie.  Ons het Alanis deur ‘n portable CD player, met ‘n lead na ‘n tape, en die tape in die tape deck, geluister.  Die portable CD moes op ‘n kussing le, want al was daar ‘n groot ‘ANTI SHOCK’ sticker op, as daai ding nie op ‘n vere bed gele het nie, het Alanis kort-kort gedink iets is Ironic!  Dis was ‘n springerige CD die heel pad.

Ek onthou, duskant Swellendam, daar waar die bulte so op en af loop, moes ons die tape deck uittrek, en buite in die wind hou om af te koel, want al die drade en dinge, en die aanhoudende beloftes en klaagliedere deur die speakers, het gemaak dat daai tape deck moerwarm geword het.  Dit was dan die ritueel die heel ent pad.

Jip, Alanis het ons laat voel als sal altyd so bly.  Maar dit het nie.  Die wiel draai, en die meule maal.  En sommige Angry Young Females bly maar net Angry.

‘And what it all boils down to, is that everything’s gonna be fine fine fine….’ Hand in my Pocket – Alanis Morrissette

12 thoughts on “Tag: 5 deur jou ore – Deel 3

  1. Bitter-bitter-soet inskrywing… ek is bietjie ouer as die Zoid generasie – moet sê daar is ‘n paar juwele onder haar goed (ek’t altyd gesit en wens ek kon sulke goed compose… maar helaas het my sterk duitse ‘Schlager’ background en streng ‘reëls’ betreffende musiek en liriek my (nog nie) toegelaat om te ‘let go’ in ‘n sekere mate nie…
    Alanis sit nogal wragtig toevallig in onse cd player – is die laaste een wat ons geluister het voor ons Kaap toe is – enigste verskil tussen my en jou: sommige Angry Young Females bly maar net Young😉 xx

  2. Ek het ook van die Cranberries gehou. Dirk nie juis nie en hy kon die naam nooit onthou nie. So, hulle was al die Ras(p)berries en die Strawberries en alle ander onnoemlike goeters tussenin.

    Ja-wat ek sou kon saamleef met jou musieksmaak!

  3. Nelba, daai Doloris se stem het die X factor – niemand kan stry nie. Die 90’s het aan haar en Alanis behoort. En Madonna. Maar ek mag net 5 uitgesonder het, en ek het ‘n vreeslike skuldige gewete as ek na my CD’s kyk en sien hoe die ou vrinne daar gefile le!

    Tant BeeBee, ek doen die Angry, jy doen die Young. Jy kry my pouse by die draad, ek bring ‘n stoel, ‘n tafel, ‘n bottel of meer, en ons skryf vir Me. Zoid ‘n briefie en vra haar die geheim af. Noudat sy ma geword het en simpel kinderliedjies sing, kan sy liewer vir jou die geheim oordra, dat jy die lig kan laat aanhou brand.
    😆

  4. Ek sien al die titel van die 2de CD . . . BB does Zoid! Hehehe
    Ek besit nie ‘n Alanis Moressette Cd nie, maar dat sy ‘n goeie stem het is feite. En ek is ‘n sucker vir ‘n goeie stem en ‘n goeie lyric

  5. Nee o gomma Jaco, daai titel klink soos iets wat jy op e-TV sal kry as jy baie laat in die nag sou aanskakel!!!

    Ek kan nou nie eens se hou die sales dop nie, want jy kry net nie Alanis op uitverkoping nie.

    Laai maar ‘n ou liedjie of twee van limewire af. Of mag ek dit nou nie gese het nie?

  6. Hehehe Skoor. Goeie punt, sal ons dan eerder sê “BB sings Zoid”?
    Ons sal maak asof jy dit nie gesê het nie. (maar intussen sal limewire maar sy ding doen)😉

  7. Jaco, klink al beter. Of veiliger.

    Maar die goeie tante het spoorloos verdwyn, net toe ons haar op TeeVee wou sit om haar famous te kry.

    Mensig, sy voel darem ook ‘n veer vir haar PR mense!

  8. Hieta! En hier dag ek jy is ‘n girl wat nie terugstaan vir ‘n uitdaging nie. Genade tog.

    Ons skep vir jou die vloer om naam te maak as NOG ‘n rowwe chick, en jy hol sommer agter die eerste bos in net oor die CD se naam!!

    Nee, ek kry jou DEFINITIEF pouse by die draad.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s