Tuiste » Skoor Bek » Tag: 5 deur jou ore – Deel 4

Tag: 5 deur jou ore – Deel 4

‘I don’t know what you’ve got, but it plays with my emotions…’

Van al die busroetes wat in en om die dorp was, was ons letterlik aan die gatkant van die wereld.  Die wat die ou Helshoogte pas geken het, sal weet waarvan ek praat.  En hoekom die Banhoek vallei eers die BanGhoek vallei genoem is.

En omdat ons aan die gatkant van die wereld gewoon het, volgens busbestuurders, het ons altyd die kakste busse van JP du Preez busdiens gehad.  Thanx for that, vandag sou julle darem geskyt het as kinders aan sulke goed blootgestel moes word.

Daar was die gewone bus.  Met die gewone bank sitplekke.  Dan was daar die broodblikkie, waarin ‘n gewonde bus se kinders, in ‘n halwe bus moes in.  Gelyk soos die hedendaagse taxi’s.  Plek vir niks of niemand meer nie, sorry.  Kinders het gesit, gestaan, gehang, dit was ‘n vreeslike veiligheidsrisiko.

En dan was daar die twee toerbusse.  Kompleet met sagte bekleedsel en individuele sitplekke, twee links van die paadjie, twee regs.  Pakrakke bo jou kop, maar behoed jouself as dit winter was (en ons het 8 dae reen gehad in Banhoek, gaan check maar die vroege 80’s se reenvalsyfers) en daai donirse bus doen die Banhoek roete!  In die ougat, handige pakrakke bo-kant jou kop, het water versamel – die dak het iewers gelek.  En as jy genoeg water in daai rakke gehad het, en die bus is om die draaie in die pas, is liters water oor die kinders uitgeslinger.  Maar dit was maar okay vir daai jare.  Sommige kinders se ouers het soms by die bushalte gewag, opgeklim en die arme student uitgetrap, en vanmiddag het die Banhoek roete ‘n beter bus.  Maar net vir die dag.

Maar daardie toerbusse het een ding gehad wat ons nie kon wag voor nie… ‘n tape deck.  En speakers die hele bus deur.  Niemand het dan gebodder met die draagbaar wat een van die ingilse skool kinders gewoonlik saamgedra het nie (vreemde ingilse, hoekom ‘n moerse draadloos saamdra?)

billyoceanalbum1976En dan het my skool liefde se broer ‘n home made tape uit sy baadjiesak gehaal, en Billy Ocean se LOVERBOY het deur daai speakers gegalm.  Aanhoudend.

Want hy het ‘n hele 60 minute tape daarvan gemaak.  Oor en oor.

En ons het gelag, gedans, gejil in daai Banhoek bus.  En ons het nie geworry omdat die reen dalk by die volgende draai op ons sou neerkom nie.  Ons skooltas staan op ons sitplek, die vloerwater sal nie die boeke beskadig nie, en ons kon dans dat die druppels spat!

7 thoughts on “Tag: 5 deur jou ore – Deel 4

  1. Man, hoe bring die noem van LOVERBOY nou sulke ondeunde herhinneringe op. Hemels, was ek toé in Matriek? Ek sien nog vaagweg die video, ‘n sinspeling op Star Wars se kroeg-scene, dink ek. Miskien is die video op Youtube … wag … ek gaan soek en luister gou.

  2. Pingback: A Different View of Reality » What memorable recolections!

  3. Emil, dit maak my hart warm om nog mense te hoor giggel oor skielike ‘onthou musiek’ wat ruik na hormone en sorgvryheid.

    Sjoe, as jy eers gaan stilsit, dan besef jy so baie songs word eintlik ‘n onreg aangedoen deur nie die lys te haal nie, ne.

  4. Dankie M – dis lekker om skoene uit te trek, en kaalvoet op jou geheue pad terug te loop en ou note te omhels.

    Ek dink partymaal dit moet bitter erg wees om doof te wees. Veral as jy eens op ‘n tyd kon hoor. Ek sal definitief musiek die meeste mis as my oortjies die dag ‘ge-oes’ moet word😦

  5. Nee, maar ek hoor tannie Sue van Waart het pas ‘n fantastiese boek oor hom ingegee by die uitgewer, en dit sal binnekort op die rakke verskyn.

    Ek kan nie wag om dit te lees nie, want ek het die radioprogram daaroor geluister.

    Hy was mos eintlik Hendrik Skorbek, met een o. Maar in die volksmond het die naam verander.

    Nee, Skoor, soos in moeilikheid soek. Maar net soms! 😆

    Fanks vir die inloer

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s