Tuiste » Skoor Bek » Snuif-Snuif deur die Rugby!

Snuif-Snuif deur die Rugby!

joostAs iemand my net die prentjie gewys het, en wou weet wie ek sien, sou ek nogal ‘Joost’ se.  Hierdie ou, as dit dan nie Joost is nie, is darem ‘n goeie double – hulle kan hom gerus oorweeg as hulle eendag ‘n movie oor Joost wil maak, maar nou het die storie uit die kas, of is dit van die skinkbord, afgeval, en word daar vure doodgeslaan, en dinge ontken.  Ai, die Blou Bulle en hulle aanhangers en hulle skandes.  (ek gooi nie klip nie, ek se net ‘Ai’!  Die liefde tussen WP en NTVL is mos darem non-existant deur al die jare heen)

http://www.news24.com/Rapport/Suid-Afrika/0,,752-2460_2470212,00.html

‘n Boereraad vir Joost:  ou maat, gaan vir ‘n bloedtoets om te bewys jy is onskuldig.  As hierdie insident 8 maande gelede gebeur het, sou jy mos (as dit jy was, bygese) darem weer lus vir ‘n lyntjie en ‘n lekkertetjie gehad het.  En dan sal die bewyse mos deur jou bloed druis!  As dit skoon is, was dit net nog ‘n veldtog teen jou, en kan jy mos links en regs sue en die geld vir ‘n behoeftige organisasie skenk. 

Ek wil nie glo dat dit die oud Springbok kaptein is nie, maar as die Rapport so ‘n berig op hulle voorblad het, het hulle OF baie geld om te mors in hofsake, OF seriously ‘n waterdigte bewys.

Die Huisgenoot is seker hond-spyt dat hulle vir Steve op hulle voorblad het vandag, drukfout en al (daar word na Steve se bloedkont verwys, lees ek in die Rapport) so met die ander Blou Bul wat onkant gevang is met die bal!

Wat my terugbring by onkant en bal.  Die blessitse Stormers loop staan en verloor voor ‘n volgepakte Nuweland!  Het hulle vergeet van laasjaar se palawa met die verloordery aan die begin van die seisoen, en die bloed sweet en tevergeefse pogings om aan die einde van die seisoen iewers te kom?

Dit is vir ‘n vurige Stormer/WP ondersteuner, regtig ‘n bitter pil om te sluk.

Net ‘n tip vir Rassie:  aangesien ons ‘n kaptein per wedstryd gaan afstaan, is dit dalk nou ‘n goeie plan om vir ‘Verleentheid Watson’ weer kaptein te maak, i.p.v. Bobo.  Ek het gewag dat Johan Muller hom ‘n snotklap gee, maar hy het met sy kop hoog bo die skrums gedruk om die ou groot Boerklong dop te hou, en huppelend en hoppend riele gedraf weg van Johan se skaduwee.  Wat seg jy Rassie, Puke Kotson vir cappie?

NS:  dis darem sleg om vir die spelers waarvoor jy ‘n tyd terug gecheer het, en opgespring het as hulle in Groen en Goud aan die bal gevat het, nou te moet verwens as hulle, bal onder die arm, bewys hoekom hulle die Curriebeker Champs is!

NNSS:  Kan iemand asb vir Francois Steyn se ma vra om hom te se om sy hare te sny?  Sowat van ‘n liederlike boskaas het ek lanklaas gesien…

3 thoughts on “Snuif-Snuif deur die Rugby!

  1. Ek glo nie die Joost storie nie en ek hou nie eers van die ou nie. Ek glo in ‘innocent until proven guilty’. Ja, die rugby… ‘n hartseer storie. Weet darem nie of ek vir Puke weer kaptein sal maak nie.

  2. Ding is self ‘n Sharks ondersteuner en die oorwinning laat maar ‘n wrang smaak. Of John Smith se drie toegeken moes wees, sal vir Ding nog vir ‘n wyle op sy klip laat sit, hoor. Stormers het goed gespeel.

  3. Roer, dis maar ‘n lelike storie, waar of nie. Die helde wat so val is gewoonlike kinders se helde, beskermhere van edele organisasies en ikone in die land. Daai skade is woes. En aan so ‘n persoon se gesin – bleddiehel, waardeur word daardie arme mense nie gesit nie!

    Ai Ding, vir ‘n Nataller is jy skrikwekkend beskeie, maar mind you, dis die niceste rugga crowd wat ek nog teegekom het. Stormers het goedgespeel – vir ‘n kort ruk, toe raak hulle die OU span wat nie die knoop in die laaste 10 minute kan deurhaak nie. Die enigste span na my mening, om soos die Aussies die game te kan beklink 70 minute in ‘n game in, is die N Transvalers (ai ek skryf dit met ‘n swaar gemoed)

    Ja, ons het by tye teen 16 man gespeel, maar dis ook nie ‘n verskoning nie.

    Puke vir kaptein? Offcourse Roer, daar is mos vele spelers wat wag vir ‘n game teen hom…en om hom kaptein te maak, verseker dat hy nie banggat op die bench sal sit en net effe kom ‘aflos’ nie.

    Hy’s nou wragtag ‘n verleentheid vir ons, en dis ook maar sleg om vir ‘n speler van jou gunsteling span te booo. Maar sy ondeurdagte, onsensitiewe klassistiese uitsprake was ongevraagd. Hy’t die pelawa oor homself gebring.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s