Tuiste » Skoor Bek » Brande

Brande

brand-ens-09-028

Woensdag 4 Februarie 2009 – net onderkant die Lanzerac Hotel se ingang uit die Jonkershoek pad.

Met ‘n suid-oostewind in ‘n brand se ribbes, is daar weinig wat enige ervare brandbestryder kan doen. 

Brande is spectacular, ek onthou hoe bang ek as kind was wanneer Simonsberg, of die Drakenstein berge gebrand het.  Ek het baie min in die nag geslaap, omdat ek geglo het ‘n vuurtong sou ons enige oomblik kom opslurp. 

Mense wat egter brande stig, het nie ‘n idee van die omvang van hulle dade nie.  Die siek brein binne daardie skedel, het ‘n benul van min dinge in die lewe.

Soos ek hierdie draft tik, is daar ‘n massiewe brand wat in Somerset Wes op die Lourensford Landgoed woed.  Die rook hang tot in Stellenbosch, en ek hoop ons kan vannag vry asem haal.  Verlede week se slaap in ‘n bot toe huis, net vir die luukse van ‘n bietjie lug wat vars gevoel het as jy inasem, het my weereens laat besef hoe kwesbaar die mens eintlik is.

Toe ons gery het om hierdie foto te neem, het ons oe gebrand, ons het gehoes, en toe ek op die Landy se dak klim om die foto te neem, het die wind my amper afgeruk.  Die mens is maar klein.  Die natuur laat nie met hom speel nie.

Ek is vandag hartseer oor die duisende diertjies wat verbrand of vermink is deur die brande wat die afgelope weke in die Weskaap woed.

Ek glo egter dat wanneer die sagte reens kom, en die roet weggespoel het, God sy verfkwas sal uithaal, en groen begin inverf. 

En elke veldblom wat in die volgende seisoen gaan blom, en sy gesig na die son draai, sal ‘n monument en ‘n onthou wees vir elke diertjie wat nie meer kan spoortjies trap, of ‘n uitbundige keelklank kan uitgooi nie.

2 thoughts on “Brande

  1. Nikita, gister darem 5mm reen gehad, nou kan die roet begin plek maak vir mooier dinge. Ek verstaan die nuwe brand by Lourensford het is gestuit deur die buie. Vandag druk die temp egter weer oor die 30 grade.

    Hopelik het die siek bliksems wat brandsteek, genoeg gehad, of is uitgebrand in hulle poging. Dis altyd ‘n bargain as hulle ook in die slag kan bly.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s