Tuiste » Skoor Bek » Politiek. Polimiek. Maak my Siek!

Politiek. Polimiek. Maak my Siek!

COPE, aldus die 7uur nuus vanoggend, het ‘n effense regstelling in sy aanvanklike cope20logobeleid en uitlatings gemaak.

Hierdie effense regstelling het reuse reperkussies vir enige regdenkende Blanke stemgeregtigde in hierdie Suiderland.

Want hoekom sal ek wil COPE stem as hulle regstellende aksie onderskryf en SEB wil toepas?

Omdat dit ‘n stem TEEN die ANC is?  Maar more word ek, of iemand naby my, of ver, oor die hoof gesien vir ‘n werk, omdat ‘n minder bevoegde (miskien ook nie) persoon swart is, en daar MOET wees.

Nou ja.  Toe is COPE ook nie nog ‘n alternatief vir die wit vel nie.  Want as jy seg jy worry nie dat witmense, jare na die eerste demokratiese verkiesing, steeds deur SEB voor die bors gedruk word nie, glo jy seker ook dat die brande in die Kaap, Apartheid se skuld is!

Ek wonder of Helen Zille nog saam met hulle wil dans?

10 thoughts on “Politiek. Polimiek. Maak my Siek!

  1. Ek sou in alle geval NOOIT my stem verdeel nie – Zille OF die boeties – moet nog besluit – my hart lê by hulle want hulle DOEN iets maar ek sukkel nog met TEEN die ANC of VIR iets waaraan ek glo hier aan die gatkant. Lekota-hulle speel fyn, want hul wil eintlik die ou ANC stem verdeel.

  2. Daar is slegs een ding om te verstaan van politiek, en dit is dat die bliksems almal ewe hard lieg. Die kuns is nie noodwendig om die mees eerbare party te vind nie (as daar so iets soos ‘n eerbare politieke party bestaan) maar om die plek te vind waar jou stem die meeste impak kan maak.
    Jy stembesluit word dus op jou afforseer as TEEN iets eerder as VIR iets

  3. Sammi, die Boeties is vir my net so ‘n poep teen die wind party. Hulle baklei hulle oud, maar word maar min ernstig opgeneem.

    En ons enigste alternatief is ‘n ingilse party wat Niekie van den Berg aangestel het om die wit Afrikaanssprekendes te sus so kort voor die verkiesing, omdat die Afrikaanse verteenwoordiging so min is in die DA. Daar’s nou vir jou ‘n dilemma, want ‘n groot klomp like vir Niekie net mooi niks, en vir wie stem hulle dus?

    Lieg en scheme, Jaco, lieg en scheme. Ek stem met jou wat die teen betref. Elke kruis wat NIE langs die ANC gaan verskyn nie, is nie VIR hulle nie. As die 2/3 mag net gebreek word.

    Maar dit sal for good viewing maak as daar koalisie politiek ontstaan na die verkiesing, en een het iets voor die verkiesing gepreek, en die ander een, ‘n ander ding! Wat dan!?

  4. Ek hoor
    Skoor

    Maar die feit bly staan hulle DOEN meer en praat minder – het nog altyd meer van daardie tipe gehou… sal sien die dag wanneer ek die kruisie trek. Dit maak in alle geval nie saak vir WIE ons gaan stem TEEN die bastardos nie, SOLANK ons dit doen. Elke stem weg van die ANC breek daardie 2/3 af. Nogals verbasend hoeveel van die ou ANC cadres hierdie keer nie gaan stem nie, because we cant eat freedom – en dis ook goed. Laat hul dan nou maar wegbly en die res ons kruisies gaan trek.

  5. Ek Cope beslis nie meer nie… nie met politiek, nie met BEE, nie met swak opvoeding nie, nie met crime nie…. en ek’t PMS – ek dink dis tyd vir ‘n Woman’s Party!!! We’ll call it PMS: “Politiek Met Savvy – Politics Made Simple”:mrgreen:

  6. Ja, hulle kan nie freedom eet nie, maar ek belowe jou, kom stemdag, en hulle stem maar weer uit trop sindroom, vir dieselfde klomp korruptes, Sammi.

    Oe BeeBee, ek kan sommer nog vele toevoegings tot jou party se naam maak, maar vandag is ek effe aan die geniepsige kant met woordkeuses, so netnou offend ek ander! 😆

    Iemand het noudie dag op die draadloos gese, nogal ‘n man: hy wonder hoekom vroue probleme kan oplos, en dinge kan laat vlot verloop, en hoekom vroue nie al lankal politiek oorheers nie… Nou ja, seker omdat vroue PMS kry, span daai feit in soos dit jou behaag.

  7. Moet jy dit invryf Kaalvoet? Ek weet daar is stof, en die ruite is vaal, die wasgoed moet gewas word en die meubels kort polies.

    Maar kan ek asb net gaan duik more? Ek sal volgende week daai doen
    😆

  8. Ek dink dit is belangrik om in ag te neem dat Cope nie ‘n beleid oor regstellende aksie het nie. Net soos wat hulle nie ‘n beleid oor enigiets anders het nie. Hulle het ook (in Trevor Lekota se woorde) nie ‘n beleid oor die vraagstuk of HIV tot vigs lei nie. Cope se leiers sê bloot in enige konteks wat hulle meen mense in die konteks wil hoor. Een dag is hulle teen korrupsie, die volgende dag stel hulle Boesak aan. Etc etc. Dit is maar weer nes Bantu Holomisa en Patricia de Lille, ‘n nuwe party verskyn en ‘n klein groepie mense hardloop agter hulle aan in die hoop dat hulle die Groot Alternatief tot die ANC is, maar hulle is nie, hulle is die ANC se rejects.

  9. Ek stem heeltemal met jou saam Piesangverkoper. Hulle is gat-oor-kop gestig, foeter mekaar met stoele, en sal op die ou end dieselfde pad as die ANC kies.

    Ek vertrou hulle gladnie. En ja, hulle geloofwaardigheid word al hoe meer aangetas met wie hulle ‘inneem’.

    Ek hoop net die blanke kiesers neem kennis van al hierdie duidelike beleidsgebreke, voordat hulle saam begin toi-toi en hul eie, en hul erfgename, se toekoms opneuk met ‘n kruisie op die verkeerde plek. Hiermee seg ek NIE dis wit teen swart nie, maar hulle (Cope) het dit duidelik gestel dat regstellende aksie hier is om te bly. En teen wie anders as witmense, is hierdie regstellende aksie ingestel? Dis scary as ek dink hoeveel blankes arms in die lug gejubel het toe Cope gebore is! Nou is skurk en kie daar ingeprop. mmmm…

    Time to wake up, smell the coffee en weet dat die NOU is om verandering af te dwing.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s