Tuiste » Skoor Bek » Tag: wys jou sak…

Tag: wys jou sak…

 

260220096661Kaalvoet het dit goedgedink om my te beveel om te wys en te ontbloot. 

Ek is nie een vir groot sakke nie, want ‘n groot vrou met ‘n groot sak lyk al te veel soos ‘n Transkei trek. 

Daarom verkies ek dit klein en kompak, sodat ek dit agter my rug kan inswaai, my ore kan plattrek, my oe kan rig, en mooove. 

Niks ongewoons.  My beursie, John Deere houertjie met pille, die brille, ‘n sakkie 260220096651Vitathion vir as my diff die dag sleep, ‘n proteien bar, ‘n home made boek en pen vir die bevlieging van woorde, een sel (die ander een neem die pic), my Springbok lighter, ‘n pakkie anti-bac wipes en natuuuuuurlik, vreter van formaat:  genoeg swiets om my eie restaurant te begin!  En my pienk MP4 player.

En oomblikke nadat ek hierdie spul weggepak het, beland die HTC se kabel na my laptop, aan my vinger toe ek opstaan, en gaan die sel met ‘n spoed grond toe.  Skerm bloei nou ink!  Donir tog.

27 thoughts on “Tag: wys jou sak…

  1. Hond sleg… Jy praat soos ek!

    Pienk, want ek is mos ‘n dogtertjie!

    Daai proteien bar het ek in my suster se flat gesteel…😆

  2. 😆 As die diff sleep! whahaha ek wonder wat gebruik mens as jou diff deesdae aanhoudend sleep? Red Bulls doen ook nie meer die trick nie.

    Ek stem daai Protein bars is hondsleg!!:mrgreen:

  3. Nee gits! Bly weg van Red Bull. Ek het noudie dag ‘n artikel gelees waarin hulle navorsing gedoen het. Daarvolgens verander die samestelling van jou bloed binne 10 minute nadat jou Bul gesluk is, en langdurige gebruik daarvan kan jou doodmaak!

    As daai feite aan die groot klok gehang word, kan hulle maar hulle blikkies inpak, niemand wil mos so dooi nie.

    Ek dink al die wereld se stock sal dan na Afrika kom, want ons gesondheids dept verstaan mos net van knoffel en beet!

    Wipneus, ek het nognie regtig die oplossing vir ‘n sleep diff nie, behalwe ‘n guarana pilletjie so af en toe, maar mens moet maar eerder die oorsaak soek. Te veel party sal jou moeg maak. So ook wakker bly om sawens die sterre te bestudeer… en watookal daarop volg, veral as mens bietjie met die maan gepla raak! 😆

  4. Sorry oor die bloeiende selfoon….

    Eintlik verpes ek ‘n handsak, die dink is altyd in die pad en almal wil altyd hulle goed daarin bere! Ek druk sommer alles in my baadjie en broeksakke…Nie dat dit enigsins goed lyk nie, maar ek hoef niemand hier te impress nie😉

    Protein bars is nie so sleg nie!

    Wip, jy moet turbivites probeer vir daai slepende diff!😆

  5. Wat de ehhhhhhhm dinges isse ‘sleep-diff’???😕 Is jy deprived Skoortjie??
    Og, en ek laaiks die sterretjies op jou se blou beursie! Dis soooooooo cute!! Dis sooooo nie Skoor-erig nie😆

  6. Ja BeeBee, ek is eintlik ‘n wonderwerk op 2 bene met al my gebreke! Ek het jou mos gese my een been is langer as die ander…

    Trust ‘n blonde Duister om te sien ek het nie Skoor-erige stuff!!!

    Kaalvoet, daai foon is onherstelbaar, tensy ek amper meer geld wil uithaal as wat ek vir hom betaal het. LEAF het die monopolie op die parte, so ek is geskroef. (en hier volg ‘n middelvinger in hulle rigting!)

    Mmmm, wonder hoekom ek meer van Nokia hou…

  7. …en???
    moet ekke smeek???
    of gaan jy sometime ons weer vergas???
    Of is jy en Rosietjie oppie selle trippie en ons is weer die laastes om uit te vind???
    Of het jy gaan duik en vergeet om in te prop virrie asem???

  8. Ek en Rosa rook boom op die maan saam met die donkie en daai ander ou met die groot hoed…

    En as ek gaan duik, try ek om my snorkel te onthou…

    Kom sit jy vandag in Skellembos – 40 grade buite, en as jy waag gaan voel aan daai temp, dan stik jy in die rook! Want die brande hou nie op nie.

    Miskien tyd vir ‘n biddag vir reen vir die Kaap. Al reken ons mos ons het niks nodig nie! Dis moer droog en dinge lyk sleg, veral as die wind nie wil ophou waai oor die kooltjies nie.

    Sodra die koelte oor my brein neerdaal, sal ek weer kreatief begin dink, en in twakpraat mode inbeweeg, tot dan kan jy maar die stage vat – you do it so well BeeBee (of so verneem ek) 😆

  9. LOL!!! Een van die mooi dae skryf jy ook vir ons ‘n “Draadkar oor die see” van al daai gerokery:mrgreen:
    Hoorieso Skoortjie – ek hoor dit brand nog alliepad daar by julle??😯 En hulle begin nou al sulke moerawiese mandjies water in die ocean volmaak met helikopters virrie bestryding!! SKOOR!!! Jy moet nou versigtig wees as jy loop duik en OPkyk pleks van af!! Netnou land jy met jou wetsuit g@toorkop ini fynbos!!!
    Ekke worry darem vreeslik oor jou!! Onthou nou: Kyk BOONTOE!!!

  10. BeeBee, hoe meer ek jou lees, hoe meer wonder ek of jy nie iewers agter ‘n maanrots sit en die dampe inasem nie! 😆

    Ocean water is nie die beste ding vir plantegroei nie, ek dink hulle soek maar damme om uit te skep, maar ek sal naby genoeg aan die kant hou dat hulle my mis skep, belowe.

    Jip, die brandstigters hou die temperature op. Dit was darem vanoggend 6am lekker koel. ‘n Hele 28 grade!!! Hiervandaan styg dit net.

    Ek het sommer gisteraand vermetel gewees en ‘n bottel bubbly oopgemaak en ‘gecheers’ op die reen. Want een of ander tyd MOET dit tog weer reen, en ons se toe sommer blye hart dankies vir daai reen!

    Ek worry oor daai draadkar song. Sy wiele moet mos nou al afgeroes wees teen die tyd, en jy weet wat gebeur as die wiele afkom!

    xxx

  11. Jy moenie drink oppie reën nie🙄 jy moet DANS TOTDAT dit reën, skat!!!
    Ek het darem ‘n verskoning! Ek het as kind ‘n hele bottel Appletiser waar my ma paraffien gebêre het uit ges… ehm drink – soos in : leeg!😯 Skree sy vir my STOP!!! en toe ek die bottel neersit en so ‘n ligte burpie gee, vra sy HOEKOM de hel drink jy die HELE botteltjie uit?? Kon jy nie proe dis nie Appletiser nie?? Toe seg ek met nog so ‘n burpie en ‘n traantjie ini oë “dit het net aanhou uitkom! – dis soos die damn spoegemmer wat die kaptein oppie boot virrie matrose neer gesit het!!”… ja, lekker ou dae daai. Ek kan tot vandag toe die reuk van paraffien nie uitstaan nie!!👿
    En terloops – daai ‘ander ou met die groot hoed’ met wie jy en Rosie oppie maan boom rook issie ‘n ‘ou’ nie – haar naam is Levinia!!! LOL!!!

  12. Ek is nogal nie ‘n danser nie! En ek glo nie in voorvadergeeste en dans vir die reen nie, dan sal ons juis nie ons deel kry nie, want ek cheers en se dankie vir die Ene wat dit REGTIG laat reen. (Ek weet jy joke net)

    Haal BeeBee, jy kon gesterf het. Ook geen wonder die lyf is so dun nie, daai goed het jou system so geflush, jy kon nooit weer ‘n ons se vet optel nie! Waaaaas my paraffien…..
    😆 jy is net my een voor. Ja, mind you, Heksie sing mos van ‘en ek was al op die maan…’ maar ek het seriously gedink sy het al teruggekeer teen die tyd!!!
    😆

  13. …en mens sou sweer ek drink nie ‘n druppel nie, so met die kos en die pille gepak, maar nergens ‘n ietsie vir die keel nie…

  14. Ek is gek, maar gek oor jou John Deere Pillehouertjie!!!! Soos daai advertensie sê: ‘I’m living it…” Skorie, as jy nou kids gehad het sou ek al die sweets kon verstaan… Maar huh??? 😯

  15. En jys nie eens blond nie Pik!

    Juis oor ek NIE kids van my eie het nie, kan ons baie uiteet, en pak ek daai lekkers in vir die dag as ek suiker kort, of ander mense se kinders se monde wil stil kry! 😆

    Ek is ook nie skaam oor ek so baie swiets het nie, want ek betaal vir dit, so ek druk dit in die sak.

    Ek laaik ook my trekkerblikkie, wonder net hoe Rosa kon sien daas baie pille in!

  16. LOL BeeBee!

    Dis soos KKNK, net beter…minder dronk studente, geen ‘doef-doef-rooirok-bokkie’ twak nie, geen dronk plaaslike bevolking wat mense irriteer en intimideer nie (alhoewel die carguards ongelukkig steeds hier rondsit en nie veel doen nie) en niks biertente wat mense in varke transformeer nie….

    Google dit so bietjie, jy sal groen skyn na die lees van die program. Die naweek is soos die ultimate: heel naweek in die teater met wonderlike vertonings, en Sondag glip ons gou water toe voor ons weer moet kom stilsit en applous gee! Mmmm, ek kan so lewe, ek sweer😆

  17. Ok –😦 die ‘skynsel’ lyk nou eintlik bietjie meer na ‘n potvol lowergroen verf wat iemand op my uitgebl…. ehhhhm gooi het… – gaan dit weer fade sometime soon???😕

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s