Tuiste » Skoor Bek » 11 Nagte

11 Nagte

Ek droom laasnag dat my wit kat skreeu.  Haar gewone ‘hallo ek is hier’ gillery.  En hoe ek haar styf vashou.

En ek raak 5am wakker en is hartseer, staan op, gaan drink hoofpyn pille, en weerhou myself vir die eerste keer na 11 nagte, om die gordyne by die agterste skuifdeure oop te trek, en te kyk of die bondeltjie wit nie sit en wag om in te kom nie.

Ek sluimer effe in, en word wakker toe Skoorlief die alarm afsit om die deure oop te maak.  En skielik is die geskreeu van my drome, buite die deur.  Ek vlieg op, ruk die kamerdeur oop, en sy kom ingehardloop.  Sy is terug.  Gillend en vies omdat ons dit durf waag het om moed op te gee, en die deur gesluit te hou, nadat sy al deur my drome vir my laat weet het sy wil inkom!

Ek het haar netnou veearts toe gehad.  Sy het wonde aan haar agterbene – dye en sye.  En sy loop mank.  Die veearts se die wonde is nie ouer as 4 dae nie.  Sy kon seergemaak gewees het deur ‘n horde moontlikhede. 

Die anti-inflammatoriese inspuiting behoort te help met die seer ligamente, en die kreef sal die maer lyfie weer ronder kry.

Sy het teruggekom.  Met ‘n lyf vol vlooie, maar sy is terug!!!

Dankie vir elke kommentaar en persoonlike epos.  Dit beteken vir my baie.

Net vir die rekord:  ek glo steeds die buurman is nie onskuldig nie.  Dis net ‘n gevoel.  Ai, as sy net regtig kon praat!

16 thoughts on “11 Nagte

  1. ‘n Storie met ‘n happy ending, nie baie daarvan deesdae nie. Ek is so bly vir jou en kieterkat se onthalwe.
    Beteken dit kreef is op die spyskaart vanaand?

  2. Hahaha! Jaco, sy het vanoggend kreef EN fillet stukkies gekry toe sy instap. Nog voordat sy dokter toe is.

    (Dis darem nie altyd hoe dit by ons gaan nie, maar party left-overs van gisteraand gewees)

    Maar ja, ek het haar ‘n hele kreef belowe, en sy gaan hom kry. Bietjies op ‘n slag.

  3. Wonder ek nou so by myselwers of die Lyfieding my ook terug sal verwelkom met kreef en fillet as ek vir 11 dae sou “wegraak”?

  4. Ou Jaco, ek is seker daar sal sommer ‘n rugkrap en pensie soen sessie ook ingesluit wees, soos ek haar lees! Verseker ‘n beter deal as wat my kat gehad het😆

    Is so Kaalvoet.

    Sjoe BeeBee, ek is op en gedaan vandag. Maar dankie lat jy vir my getell het! Ek is te kleingelowig, ne.

    xxx

  5. Ons is almal saam met jou bly en verlig!

    Nou moet jy haar mooi eenkant toe vat en die leviete voorlees dat sy dit sou waag om ons almal so op hol te jaag!
    😉

  6. Jy het g-e-e-n idee hoe bly ek vir jou part is nie!!!!!!!!!

    Dit het absoluut my dag gemaak.

    Gee haar ‘n drukkie van nog ‘n katliefhebber af, asb.

  7. More julle almal – ek is vanoggend wakkergemaak deur twee katvoetjies wat versigtig my arm omsingel, en oor haar lyfie trek. Met so ‘n ligte bytjie by, net dat ek weet ek moet saggies vryf!

    Sy is baie seer. Die agterlyfie sukkel, en gister se blydskap om tuis te wees, is nou in verligting omgesit, en nou gee sy haar oor aan die einas wat gebeur het.

    Ek gee haar die opgesnyde kreefstert, Krista, dit op sigself is genoeg van leviete, want sy besef sy het dalk in die 11 nagte ander kossies soos dit ook gemis. En ek is oortuig sy is nie uit vrye wil weg nie. Tog het sy moedig gekom tot voor die deur. As jy na haar maer seer lyfie kyk, besef jy dit kon nie maklik gewees het nie.

    Dankie vir al die woorde julle!

  8. AMMAL SAAM:
    Huuuuuummmmmmmm – in the key of ‘G’ (is my standard chord😀 )
    ♫♪Oooooooooooohhhhhhhhh
    dieeeeeeeeeee
    kat ko’ wee’
    want hy willie langer wag
    die kat ko’ weer net ná die 11de nag
    die kat ko’ weer – glo vi Skoor’is waaaaaaaaaar………
    die annerdagmôre wassie kat wee’ daaaaaar ♪♫:mrgreen:

  9. Dankie Son!

    Sjuuut BeeBee, sagter…cocktails was gisteraand halfprys ini dorp, en skuil bietjie vanoggend! 😆 Jy is snaaks! As niemand jou dit al ooit gese het nie, doen ek, Skoortjie, dit nou!

  10. jeeeezlouise, as ek daai woeste sous drink, sit ek vir jou dit saam met die takielas in die margarithas neer op die sypaadjie. Nee wat BeeBee, vandag is ek sommer y vir away, so ek gaat nie daai raad try nie. Netnou moet ek veearts toe gejaag word😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s