Tuiste » Skoor Bek » Dis nou eers klaar

Dis nou eers klaar

Ek is lui oor naweke.  Dan bestuur ek nie graag nie, en het mos vir Skoorlief om dit te doen, so ek sit lui-lekker terug met die vensters afgedraai, en staar die graagste uit na die see op ons terugtog van ons duikplek.see

Sulke tye trek ek gewoonlik die voorruit se sonskerm oor my kaal skouerknop, want die son knaag ongenaakbaar aan ‘n lyf wat homself verbeel dit was koud, en die son is skadeloos en loom.

En dis gewoonlik die terugtog met ‘n paar rooilywe agter-in, ‘n bottel seewater iewers tussen die duiksakke, om vanaand die kreef in te kook, ‘n koeldrank tussen die kniee vasgeknyp, en die lekkerste van die dag, die musiek – baie hard gedraai.

Ons hou van Sarah MacLachlan – ek het voorheen oor haar musiek geblog – en as jy vrekgestap by die bakkie kom, en die seepad terugvat, is daar min dinge so sexy en mooi soos haar stem om die dag saam te vat en af te rond.

Dan wonder ek altyd oor Rosalind.  Sy wat nie sommer musiek in haar hart toelaat nie.  Elke keer wonder ek of sy ooit met die vensters af, en die wind in haar hare daardie berg- en seepad gery het, en regtige MOOI stemme beleef het.  Want dit kan jou nie onaangeraak los nie.  Daardie Goddelike kombinasie van jou sintuie tot die uiterste span.  Perfekte harmonie.  Fyn balans.  Wakker reflekse.

Dis nou eers klaar.  Die duikseisoen.  Dit was ‘n goeie ene.  Behalwe dat ek my broek sal moet laat regmaak die winter – die knoue sit lekker diep oor die kniee, en daar waar dit mis gestik is laat dit blymoedig die herfs seewater in, en anders as in Januarie, is dit nie regtig welkom nie.  Nie so koud soos dit nou geword het nie.

Tot die nuwe seisoen dan begin, sal ons hand indruk in die vrieskas, en ons Genade-kos uithaal, ontdooi en voorberei.

Maar ek sal nie ophou vra ‘Here, gee vandag vir my die deel wat U vir my uitgesit het’ nie.  Want die dag bestaan nie net uit die deel onder die water nie.

seekettingDankie my Skoorlief, dat jy my uit die strengels van bamboes uittrek, en my na die surface vat.  My in my rug uitdruk in die vars lug, sodat die son deur my toe oe sigbaar is.

En dankie dat jy omtrent die heeljaar bestuur het!

13 thoughts on “Dis nou eers klaar

  1. Og, Skoortjie dis mooi!! Só mooi! En dankie! want ek’t nou al lekker ongeduldig begin raak virre bietjie vrug uit die Skoorpen (ag mag ek jou naam ‘n bietjie anagrammiseer??) koorspen😛 hehehe – simpel hoe die klein dingetjies ini lewe my nou so kan laat sit en giggel…
    ‘Here, gee vandag vir my die deel wat U vir my uitgesit het’ – Og Skoortjie, en dan’s jy nog gebless met jou ou Skoorlief wat met goeie rede aan die ‘stuur’ van jou uit- en terugtogte ook sit.
    Ek’t nou so lekker in my mind’s eye saamgery – as my Helge by is bestuur ek net nooit – ek’t nie tyd om te kyk waar ons ry as ek besig is om in die landskap om my te verdrink nie.

  2. Baie mooi beskryf, Skoor!
    Waar duik julle want toe Ouboet hier was so ‘n rukkie terug was die water vriesend in Valsbaai en toe wonder hy waar aan die Kaapse kus dit warmer is.

  3. Ai, ek het julle 3 hier bo, gisteraand van my selfoon af geantwoord, en dit blyk wragtag nie hier te wees vanoggend nie!

    Demit, die tegnologie.

    Sammi, se jou broer moet Rooi Els/Bettiesbaai se rigting slaan – hy sal beter sukses he. En ‘n bottel OBS in die duiksak vir die uitkom slag is altyd ‘n goeie plan.

    BeeBee, hoekom sal mens wil bestuur as jy net kan sit, ne? 😆

  4. Dankie Skoor!
    Pikkie, is waar, maar jy sal verbaas wees hoeveel mense by die see bly maar dit nooit benut nie…Skoor-hulle is ‘n toonbeeld van hoe mens moet!

  5. Ek was gladnie, soos ‘n regtig gladnie, ‘n see mens nie. Gee my die Karoo en die Berge.

    En toe kom Skoorlief verby, en toe begin soek ons avonture wat ons nie te ver van die huis neem nie, en voila, I’m hooked.

    Jip, ons is geseend, en se gereeld dankie daarvoor.

  6. Ek gaan die see benut as ekke Kaap toe kom volgende keer!!! Ek gaan kom kite-surfing op Blaauwberg!!! Roer het vir my klaar ‘n instructor gekry!! Hy’s op my speeddial! Og, ekke kannie wag nie!! hulle sê dis 100% addiction guaranteed!!!:mrgreen:

  7. Baie mense sê hulle kies om nie te stem nie omdat die grondwet daarvoor voorsiening maak. Hulle sê om nie te stem nie, is hul manier om vir al die partye te sê dat hulle net nie goed genoeg is nie en dat nie een van hulle jou stem verdien nie. Ek is nie een van daai mense nie, maar ek verstaan waar hulle vandaan kom, want daar is regtig nie een party in Suid-Afrika vir wie ek veel respek het nie.

  8. Reg genoeg Piesangverkoper.

    Tog glo ek dat die SA kiesers nie so ingelig is, dat hulle besef deur hulle stemme vir ‘n sekere party, hulle agterna druk kan toepas sodat daar beloftes uitgevoer kan raak nie.

    En as dit nie gebeur nie, stem jy eenvoudig in die toekoms NIE weer vir daardie party nie.

    Ja, ek het ook gesukkel om te besluit. Ek haat partye wat kerk en taal begin speel net voor ‘n verkiesing. En ek haat hoe maklik mense vir daai politieke vuilspel val.

    Ek het respek vir mense wat konsekwent is, en daad by woord voeg. Ons hou fyn dop wie watter dans in die volgende 4 jaar sal doen.

    Maar ek glo steeds deur nie te stem nie, jy nie ‘n reg het om oor enigiets te kla nie.

    Dis beter om te se ‘ek het tweede gekom’ as om te se ‘ek het nooit aan die wedloop deelgeneem nie’.

    ciao

  9. My jinne Skoor, hier lees ek nou eers, oor jou wonder!!:

    “Dan wonder ek altyd oor Rosalind. Sy wat nie sommer musiek in haar hart toelaat nie. Elke keer wonder ek of sy ooit met die vensters af, en die wind in haar hare daardie berg- en seepad gery het, en regtige MOOI stemme beleef het. Want dit kan jou nie onaangeraak los nie. Daardie Goddelike kombinasie van jou sintuie tot die uiterste span. Perfekte harmonie. Fyn balans. Wakker reflekse.”

    Ja, dis ‘n wonder daai, Skoor.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s