Tuiste » Skoor Bek » Stem Bliksem, Stem!

Stem Bliksem, Stem!

‘Wat help dit tog om te stem – die massas se stem verswelg die res’

AS JY NIE GAAN STEM NIE, IS DAAR NIE ‘N OPPOSISIE STEM TEEN DIE REGERENDE PARTY NIE.  JY STEM DUS INDIREK VIR DAARDIE PARTY WAARMEE JY ‘N PROBLEEM HET.

AS JY NIE GAAN STEM NIE, HET JY NIE, EN HOOR MY LIED, N I E   DIE REG OM TE KLA OOR DIE TOESTAND VAN DIE LAND NIE.  JY HET INDIREK GESTEM DAT DINGE VERDER AGTER-UIT GAAN, EN DAT WETTELOOSHEID EN KORRUPTE LEIERS, JOU EN JOUNE LEI.  EN LAAT LY!

Hou dus op om volstruis te wees, trek jou kop uit die sand, maak jou stem dik, wees trots omdat jy ‘n reg het om te probeer om ‘n verskil te maak, en stem, bliksem, STEM!

19 thoughts on “Stem Bliksem, Stem!

  1. Nou ja, ek is ook ‘n blixem Sammi, en gladnie skaam om in ‘n tou te gaan staan om my kruisie TEEN hierdie bleddie gemors wat aangaan, te loop trek nie.

    Wens net ek kon vir 2 partye stem, my siel is steeds in 2.

  2. Wat my net so seriously big time af-pp is die feit dat ek téén ‘n party stem eerder as vir dit wat ek wil hê (ok, bygesê die : “What Women Want” party het (nog nie) ‘n manifes nie (want ons weet self nog nie wat de hel dit is wat ons wil hê nie);) (ok, en ons is nog nie gestig nie) – maar ja – dis vir my baaaaaaaaaie sad!! Maar dit gaan my nie keer om te doen wat ‘n big girl moet doen nie – put on your big girl panties and deal with it…
    Jy is sooooo reg met daardie 2de paragrafie – dis om van te kits so reg is jy!!!

  3. Pikkelik, my vyande ken my as reguit!😆 As dit by so ‘n belangrike event kom, gaan ek nie beat around the bush nie.

    Ja nee BeeBee, ons party is nognie gestig nie, en tot dan moet ons maar vir ‘n tannie back wat nie *** van kabouters vat nie!

    Jaco, the X marks the place op jou se gat waar jou vrou jou gaan skop as jy nie gaan stem nie! 😆 En ek stuur vir BeeBee saam!

  4. Ou Jakkals, daai twee dames neem kennis, so pasop!

    Ek is nietemin verlig dat jy nie ‘n volstruis is nie – seg vir Liefie sy moet vir jou peperment crisp tert maak vir as julle van die stembus af terugkom.

  5. BELANGRIKE KENNISGEWING VIR AL DIE DAMES: Stem vir die PENIS party – dis die enigste party met balls wat sal opstaan vir JOU!😆

    Sorry, maar ek kon dit nie weerstaan nie…:mrgreen:

  6. Dellie, solank jy netnie wreed ontnugter raak deur impotensie, of is dit onvermoe nie! 😆

    Aan die res van julle wat seker teen die tyd klaar gestem het, en nou blare uit die swembad skep, of ietsie aanmekaar slaan vir middag ete:

    Ek gaan eers vanaand stem, ek werk vandag, want Vrydag is vakansie vir my.

    Ek probeer egter die radio ignoreer, want stembriewe erens in ‘n veld, mense wat weggewys word by stembusse, en vreemde optrede van IEC amptenare, beklemtoon net weereens watter joke die demokrasie van ons eintlik is!

    hugs to you all

  7. Okay, aangesien ek nie vir enige party kon stem nie, gaan ek nou vir die penis party stem. Sien jy daai stofwolk?
    Is ek wat met n moerse spoed hol!

  8. Sjoe, eks terug!!! Hubby was sommer net hier om die hoek. Het nie nodig gehad om in n tou te staan nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s