Tuiste » Skoor Bek » sei soene

sei soene

Die laaste herfsblare klou verbete

terwyl die wind arrogant seisoenaal aan die swakker wordende klou van hulle stingels kom pluk

Die berg skud homself roggelend reg vir as die sneeukombers kom le

En die hadedas vlieg later, omdat die son annerkant toe du

Le bietjie stywe teen my my lief

Die nagte is kouer

Dis winter in ons Kaap

9 thoughts on “sei soene

  1. “Lê bietjie stywe teen my my lief

    Die nagte is kouer

    Dis winter in ons Kaap”

    Hierdie deel raak my hartsnare hoor! Dalkies omdat ek ook so lekker teen Lyfie insnuggle as dit so koud is . . .

  2. Mooi-mooi Skoortjie…
    Dis winter in Gauteng ook, maar ons winter is nie so mooi nie😦 – maar wat, dit maak die ‘stywer lê’ ‘n vrywillige verpligtende heerlikheid😉

  3. Baie mooi Skoor!
    Die winter hier in Gauteng is eintlik baie mooi so aan die begin op die oomblik, gister toe ek huistoe ry was dit so mooi helder met wolke oral hier en daar, party amper pikswart ander weer spierwit. Gisteraand later weer die maan en die hele lug vol duisende los silwer wolkies dat mens wens daar was ‘n manier om dit af te neem, maar dis eenvoudig te wyd.
    Maar een van die dae sal ons seker die gewone droë stowwerige vaal Gautengse winter tegemoetgaan. Hoop julle het ‘n lekker natte, geniet dit.

  4. Dankie almal vir julle inloer en kommentaar – Chris, neem maar kiekies met die oe – geen kamera kan in elkgeval die asemwegslaan mooi van die natuur vasle nie.

  5. Oulik man! Sien die foto op my blog van daardie donderstorm/weerlig in die Kaap so 2-3 dae terug. Sjoe! hoe WENS ek vir bietjie weerlig en donderweer hier!! Dis altyd so grafstil.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s