Tuiste » Skoor Bek » Is LIEFDE aan ‘n switch gekoppel?

Is LIEFDE aan ‘n switch gekoppel?

Ons leef in ‘n kits wereld.  En kitskos is net een komponent daarvan.

En verwag ons in ons persoonlike lewe dat probleme ook kits oplossings moet he.  Dat ons verhouding in ‘n kits gevestig moet wees, en enige probleme in ‘n kits uitgesorteer.  Anders ‘woerts’ ons na ‘n ander maat.

Die belangrikste les wat ons moet onthou, is dat skade wat in ‘n verhouding aangerig is oor maande/jare, selde gouer as daardie aantal maande/jare neem om te heel.  Daarom is dit waansinnig om te dink dat mens sommer moet vergewe en vergeet, en aanbeweeg.

Gee jy jouself die tyd om te gaan stilstaan na ‘n ernstige verhouding op die rotse geloop het, en om te sien wat JOU aandeel daarin was.   Of leef jy met koppige ontkenning, en sleep jy jou eie foute saam in die volgende verhouding?  Net om dieselfde destruktiewe roete te volg.  Want ‘n saak het altyd twee kante.  Soms drie.kissie

Skoorlief het dit so mooi gestel:  enige verhouding het ‘n kissie.  Elke dag vul die betrokke partye daardie kissie met iets.  Liefde, geduld, bedagsaamheid, hulp, mooi woorde, sagte kyke, stywe drukke.  En op ‘n dag SAL een van die bydraers van die kissie, nodig he om iets daaruit te haal, omdat sy/haar reserwes laag is. 

Kan jy dink wat sal gebeur as jy vergeet het om ‘n kissie na die verhouding te bring?  Of vergeet het om iets in die kissie te sit?

Daarom gaan dit my verstand te bowe om te hoor twee mense is na jare uitmekaar, en altwee gaan deur moeilike tye.  Tog spring hulle van een na ‘n ander in ‘n kort tydjie.  Verklaar liefde wyd en syd.  Uiteindelik ‘die regte een’ gevind!

Maar agter die regte een se rug word daar vir die x vertel hulle hoort bymekaar.  ‘Kom terug’.  En as die antwoord ‘nee’ is, word daar luidkeels verklaar hoeveel jare daar al vir ‘die regte een’ gewag is.

Moerse kans wat so ‘n verhouding het.  Ek wonder of almal besef van die kissies.  Die eerste dae is mind blowing.  Maar wanneer die lus en die vuur laer brand, en die realiteite snags aan jou brein kom krap, onthou om eers asem te haal as jou paaie enkel geword het.  En om lagie vir lagie vernis aan jou kissie te sit. 

En om te hoop en bid vir die regte maat.

8 thoughts on “Is LIEFDE aan ‘n switch gekoppel?

  1. Love at first sight en happily ever after is mites. ‘n Mens werk vir wat jy het, en dit geld vir Liefde ook. The harder you work, the luckier you get

  2. Ek hettie gebid vir my Helge nie – ek’t hom net gekry. He is my unspoken prayer answered. Ek sal vir my ‘n kissie kry – ‘n regte een… vir my bedkassie – met ‘n pakkie sticky notes en ‘n pen. It’ll help remind me of all I have in him!
    Thanks Skoortjie – en thanks Skoorlief!!

  3. …oh en Skoortjie – daar isse ‘switch’ ok, ja! Maar hy’s (blykbaar) net virrie lekker… en lekker is sovéél lekkerder as daar liefde is, nê😉
    Ek sien die Narcie se profound quote…
    The more you love the lekkerder you get:mrgreen:

  4. BeeBee, dan moet jy sommer bid vir die dankie se lat jy so ‘n wonder gekry het.

    Jy en Narcie is stuitig, of moet ek se JY is stuitig, en Narcie state wat kan gebeur van stuitigheid.

    Dit is so Jaco, ek sal nou nie se hoe meer geld jy bank, hoe meer rente kry jy nie (banke wil net die bestuur ryk maak), maar hoe meer jy insit in daai verhouding, hoe gladder draai die ratte.

  5. Oulike inskrywing!! Ek het ‘n paar ouens gehad wat ewe dam oulik was en ek net nie kon besluit wie moet ek vat nie, ek wou sommer al drie he! en toe besluit ek om te bid en ek het presies gese wat ek wil he! Donker hare, groen oe ens ens ens ..en ek het hom gekry!🙂 Ek smaak jou kissie en jy het my sommer nou herinner aan die twee wat ek het (soortgelyk soos jou image) wat in SA weggepak is!en hoe mis ek hulle nie nou nie! Een lyk nogal regtig soos ‘n skatkis, miniatuur, vriendin se pa het hom vir my gemaak. Baie besonders. Lekker week! o ja, my wederhelf was “love at first sight” en ek was die een wat NIE daarin geglo het nie! en dadelik het ek geweet die ander drie sal net vriende kan wees..tot vandag is ons vriende met hulle!

  6. /me loer of hier iewerster ‘n switch aan hierdie blog gekoppel is🙄 Jy ‘n skilpad Skoor??? Offe beer??? Jy hiberneer??!!😯

  7. Jy’s lucky Nikita, baie bevoorreg. Sommige soek hulle hele lewe lank, ander kies verkeerd! Waas jou avatar, by the way?

    BeeBee, noem my sommer ‘Beer’ die week, ok?😉

  8. hi Skoor… ek het besluit ek wil verander en nog nie weer regtig tyd gehad om een te kies nie, intussen het ek daardie kunswerk wat ek gehad het op die skaaksite begin gebruik en sal nou iets anders moet kies vir die blog, gee my nog so ‘n maand (of dalk gouer) en ek het iets anders, was bietjie besig die laaste 8 maande, maar dinge is nou “kalm” en kan en veral na komende Donderdag weer begin ontspan. Ek het nog eintlik glad nie gedink wat ek wil kies nie. dalk ‘n skaakstuk van Alice in Wonderland se storie! 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s