Tuiste » Skoor Bek » Draai jy nie doekies om nie, of spaar jy gevoelens?

Draai jy nie doekies om nie, of spaar jy gevoelens?

skoorkaart

19 thoughts on “Draai jy nie doekies om nie, of spaar jy gevoelens?

  1. Waaaaaahahaha!!
    Ek isse spaarsamige enetjie, ou Beertjie😉
    (maar ek ko’ check of jy my darem antwoord, ja😳

  2. Ek hou daarvan se die skrywer van die blog my antwoord want vir my is blogging tog ‘n tipe van interaksie. Ek antwoord ook die mense wat comments by my los.Anders kan ek mos maar my goedjies in ‘n boekie skryf en in die laai los?

  3. Ek is onlangs daarvan beskuldig dat ek mense nie gereeld genoeg antwoord op hulle kommentaar op my inskrywings nie. Die jurie het nog nie ‘n antwoord bereik op daai een nie . . . As ek nnodwendig een of die ander moet kies sal ek waarskynlik (ongelukkig) moet sê dat ek gevoelens probeer spaar.

  4. Ek stem saam met Rosalind. Veral as ek dink ek het iets pittigs kwytgeraak. (Maar blykbaar is dit dan nooit so pittig as wat ek gedink het nie.) Ek hou nogal daarvan om op “My comments” te kliek, maar ek kry nie altyd tyd of onthou nie. Maar dis darem nie al rede hoekom ek mense se blogs besoek nie. Die meeste wat ek deesdae lees tel ek op by botd, iets met ‘n interessante titel of eerste sinnetjie.

  5. Ek dink dis goeie maniere om iemand wat die moeite gedoen het om ‘n inskrywing te lees en kommentaar te lewer, te antwoord.
    Dalk nie noodwendig elke keer nie, maar ten minste nou en dan…

  6. Frankie, dis iets wat ek by jou geleer het – om mense te antwoord.

    Sommige mense kommentaar soms, merk ek op ander se blogs, net om iets te se sonder om regtig iets te se, maar hulle liggies moet ook skyn, ne.

    Ek hou van interaktiewe inskrywings. Alhoewel bloggers eintlik min debatteer oor onderwerpe. Ek dink nie ons hou regtig almal van die Kaap nie (net ‘n voorbeeld)

    Chris, is so – sinnetjies trek my oe ook. Jy was die eerste blogger wat ek raakgesien het. Jou blognaam het my oog gevang.

    Ja Maxie, dis maniere, of ‘n erkenning van die eienaar om te se: ‘ek sien jou’. Nie almal doen dit nie, en tog is dit okei.

    Ja Jaco, maar ons verstaan ook dat jy ‘n man van min woorde is, en eerder jou spaartyd gebruik om jou vrou te vry as om bloggers te antwoord! 😆

    Dis okei H1N1, dis soos jy se – maar vertel ons bietjie van jou username…

    En dan aan ou BeeBee. Wat kan mens se? Ek antwoord jou graag, want jy speel ook met woorde en sinne en frases, soos ‘n stoute kind wat ‘n woordeboek vol GROOOOT woorde ontdek het!

    Baai julle, ek gaan ‘n tyd buite aksie wees, maar sodra ek weer krag het, sal ek die laptop nadertrek (of Skoorlief sal dit moet aangee) en dan sal ek bietjie op blogs gaan kuier. Iets wat ek lanklaas gedoen het. Ek meen bloghopping soos min.

    ciaobella aviantos koebaai

  7. Fnok, wat vertel jy my nou, laat ek dadelik die kapokkie se neus in die huis se rigting draai!!!!!!!!!!!

  8. Ek stem ook saam oor die interaksie, anders is dit wanneer ek met jou gesels en jy my ignoreer, maar nie noodwendig elke kommentaar “vereis” altyd ‘n antwoord nie, dit hang af van kommentaar-tot-kommentaar, maar ek glo dat 99% van so ‘n aard is dat jy daarop kan/moet reageer. Ek is weer die tipe wat ook daardie 1% waarop jy nie noodwendig hoef te reageer nie, sal reageer, al is dit slegs met ‘n glimlag of oogknip.🙂

  9. Ekke mis jou alreeds!!!😦

    Vriending??? Wat de hel het jou kapokkie met die hele sad storie uit te waai, huh??😕

    en Skoorlief?? Gee ‘seblief tog soms vir Skoortjie die laptoppie aan, sal jy??

    …en dan wag ek maar intussen geduldig virre epossie om te hoor waarheen ekke die blommetjies en chocolates kan stuur…😉

  10. BeeBee, kon jy toe agter die kapokkie storie kom??

    Ek is terug Frankie, al is dit nou uit die bed, ek het weer bygekom😆

    Ek geniet reeds die ‘rus’ Nikita, hier le tonne boeke neffens my, en hordes movies!

  11. Jy praat van boeke en movies. Ek het ook nou uiteindelik kans kom weer net terug te sit, dus sleep ek ook al meer die boeke nader waarby ek nie kon uitkom nie, selfs al klaar 2 oor die net bestel ook. Oor movies praat ek nie eers van nie, hier le ‘n hele paar DVD’s waarby ek seker Aug eers sal uitkom. Mens moet net op ‘n stadium vir jouself “hokaai” se, anders brand jy uit🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s