Tuiste » Skoor Bek » En hoor jy die Magtige Dreuning?

En hoor jy die Magtige Dreuning?

Die mense in my binnekring weet dat my Boere are sommer suurmelk pomp as ek te lank gekonfronteer word met die Rooi Taal, of as Ingils oral in my keelgat afgetrap word.

Dan sit ek bedroef soos ‘n reier wat ‘n padda agterstevoor ingesluk het, en padda het my om die nek beet – dis ‘n onvergenoegde gesig, en ‘n slegte ding om te verwerk.

Soms moet mens maar jou antennas lekker hoog die lug in druk, en met jou oe oop stap, en jy sal verassings langs die pad raakloop, wat soos ‘n speelse sonstraal jou dag kom ophelder.

Ek lees verlede week ‘n kommentaar op my selfoon, wyl ek in die hoppiestaal le en wag om onder die mes te gaan, en soos ek nooit doen nie, neem ek notisie van die persoon wat die kommentaar gelos het op SkoorKos, se web adres.

Vanaand het ek daarop gaan kliek, en ek is in my element!  Chris, Nikita, al julle mense wat hou van boeke lees, en terugvoer gee en wat sommer dit geniet om met ONZE TAAL om te gaan, kliek bietjie HIER, en gaan sien wat jy kan leer en byvoeg op die lekker werf!

Daar’s ‘n dreuning op die www, en dit klink my soos Gatskop Afrikaanse Werwe!

53 thoughts on “En hoor jy die Magtige Dreuning?

  1. Dankie aan JOU vir ‘n lekker site waarvandaan ek meer ingelig kan weggaan.

    Hoop ander bloggers like dit ook soveel soos ek.

    Gee my kos, boeke en my mense, en ek sal nie moeilikheid maak nie…

  2. Uhhhmmm Skoortjie – die bloed in my are het nou al tot suurmelk gestol m.b.t. ‘Boere’ – ek willie veralgemeen en disse laaaaaang sad suur verhaal – suffice to say: ekke doen tans die rooitaal – KLIPHARD – en die rooitaal het vir my iets gegee wat ek in jarre na gesmag het – ‘n oor.
    Ek sal sekerlik altyd boerebloed in my hê – ek weet tot vandag toe nie waar de dinges dit vandaan kom nie?? Sovêr ek weet is my ma my ma en my pa my pa en albei is stoere duitsers uit duitse grond, maar ek het Afrikaans jarre terug aangeneem as ‘stiefma’ – she turned out to be a little ‘stiefer’ as time went by, but I keep reminding myself – it’s not Afrikaans – it’s the Afrikaner who professes to be ever so proudly so…
    Uggghhh – ek issie hier om te kerm nie – nie regtig nie:mrgreen: – ek sal weer die Afrikaanse ding doen eendag – maar vir myself en vir daai ‘Boere’-plekkie binne in my – beslis nie vir die Afrikaner nie.
    But WOW!!! Dankie virrie reference hierbo – ek dink ek sal nogal heerlik daar browse ehhhmm ‘wei’!!😉

  3. BeeBee, die kleurlinge het ‘n saying hier in die Kaapse boorde en wingerde: ‘Elke ou vi ho’self, en God vi amal’

    Dis so, as jy iets vir ‘n sekere groep doen, sal jy altyd teleurgestel word. Kyk na die individu, en oordeel nie die groep nie, ne.

    Ek sal maar altyd speels verwys na my en die ingilse.

    Ek dink in JOU geval sal die ‘browse’ vertaal kan word na BRUIS!

  4. Hi Skoor, bly om te hoor jy’s OK, sterkte! Dankie vir die link, ek het net die naweek op daardie site rondgekrap, ek sal beslis weer gaan. Ek is gedurig op die krap rond vir Afrikaanse sites, maar die goed is so skaars soos hoendertande, ek bedoel nou www’s waar mense skryf ens. ek het nie daardie site geboekmerk nie en gaan sommer nou dit boekmerk, want mens dink soms jy sal onthou en dan onthou jy juis nie. Lekker dag en hoop nie jy’s te lank in die hospitaal nie. Jy moet bietjie vir ons se-goed van die Kleurlinge blog, ek vind dit kleurvol en geniet dit vreeslik. Ek kry soms van een hier in die land van die engelse ‘n email met hul grappies en geniet dit nogal.

  5. Hi Nikita – as ek die helfde van my plaasbestuurder dae se segoed kan onthou, vermaak ek jou vir ‘n hele dag!

    Gaan kyk op blixemseblog.wordpress.com – daar is ‘n paar Gatiep Jokes vir jou – hopelik stil dit die verlange effens. Ek wil sover gaan om te se dat die REGTIG gebeur het!
    😆

  6. Ja Nikita, hy lyk effe gekonstipeer! Miskien is nou ‘n goeie tyd om daai skaakstuk van jou te crop en te post.

    Geniet die grappe op die ander blad!

  7. Sy sal, Maankind, moet jy nie worry nie.

    Is die site weer werkend? Ek het vandag afgehaal telkens teruggedraai vir die maintenance sluiting.

  8. hi Maankind, jy het seker gesien ek het die site vroeer vanmiddag ge-“join”.🙂 Ek’s gewoonlik maar ‘n “joiner” lol! wonder of dit die is dat ek die kant van die groot poel sit! haha…

  9. Aaaaarg, stop! Stop!!

    Al die ‘joiner’ woorde wat heen en weer vlieg op my blog gee my klontjies.

    Die Boerehart sal dit NIE hou nie.

    Nou moet ons nog net vir Chris bysleep, en die twee wat ek geweet het sal mmmm, deel word, het deel geword!

    Al die res is bargains – even ou crazy BeeBee wat sit en lees aan toiletspray blikkies op die troon 😆

  10. Hey julle, het iemand al ‘n muskiet met ‘n GROEN kop gesien?

    Ek het nou net een gevang hier bo my bed. Sou hy jaloers of naar wees??

  11. Hi Skorie!! Ek het vertroebelde bloed, die Ingelse dad en Afrikaanse boervrou het my heelemal deurmekaar. Ek weet nie as wat staan ek in die oggend op nie!! Rooi baadjie of kaki!! whahahahahaha

    Maar wag dat ek ook vir Maankind gaan join!! Ek is ook nou ‘n joiner!! 😆

  12. Wip, jy’t dit mis, suster! Rooibaadjie en Kakies is dieselfde spesie…

    Ek wil my verstout om te se, al het ek jou nognie gesien nie, aan jou hart dink ek jy is nie werklik rooisout nie, hiehiehie!!!

  13. Skoor as jy jare getroud is met pure boerseun, dan dink ek nie mens het meer baie van die ingels in jou oor nie. Boerseuns vat nie nonsens met hierdie Ingelse maniertjies nie:mrgreen: Die eerste ding wat ek vinnig moes leer: om pap saam my vleis te eet en nie as pap en melk vir ontbyt!! 😯

  14. Nee gits, pap IS ontbyt kos. Lekker mieliepap met biltong in. Of kaas – dat dit sulke drade trek. Maar nie by vleis nie, seg die Kaapenaar
    😆

  15. Kan julle ophou om die woord “biltong” hier te noem! Die ou wat dit weer doen sal onmiddellik vir my biltong van ‘n hele koedoe moet stuur!!

  16. 😯

    Het hom!

    Nikita: 😯 ek bly stil! Ek self sal kan doen met bietjie van daai goete, maar die resessie, jy weet, en ons het net gemsbokke op die plaas, en ek skiet nie diere nie, so😯

  17. Gemsbokke is pragtig! Ek hou ook nie van diere skiet nie. Selfs in flieks, as my man en kinders hier tv-flieks kyk wat moordadig is of waar allerhande “goggas” in is, loop ek uit die vertrek, ek hou nie daarvan nie. Jy’s bevoorreg om op die plaas te wees! Jy laat my sommer weer verlang! Ons het baie duikers op ons plaas gehad en ver weg van die huis – die plaas as groot/uitgestrek – baie berge/klowe… was daar wilde perde met lang maanhare. Pragtig.

  18. Mmmm ek eet juis nou so lekker stukkie gedroogte biltong!! Ek het dit gebêre toe vleis bekostigbaar was, opgestock vir hierdie swaar tye. :mrgreen:

    Neee 😯 nie ek of my manne skiet diere nie, biltong koop ons sommer by ons beste slagter!! Ek kan nie eers ‘n mier of spinnekop doodmaak nie, wat nog van ‘n bokkie wat met sy pragtige ogies vir my kyk en ek moet hom skiet??? uh uh ek los daai maar vir die tawwe manne!!!

  19. Vat dit nie maar ‘n tydjie vir die ava’s om te wys nie??

    Ai, daar is eenvoudig min dinge soos ‘n plaas, al trek baie hulle neuse op. Ek woon nou in die dorp, die plaas waarna ek verwys is ons Karooplaas. Was bietjie lanklaas daar. Maar het vir die eerste 27 jaar van my lewe op ‘n plaas gewoon. Hemels…

  20. Dit was die regte aand gewees Skorie!!! (Ek maak Nikita net lus vir biltong – stout jong) :mrgreen:

    Toemaar Nikita ek sal opmaak hiervoor. As jy by sussie kom kuier gee ek vir jou ‘n kruiwa biltong.😉

    Komaan Skorie vertel ons van daai eerste 27 jaar op die Karooplaas met foto’s asb. Vat my op ‘n reis Karooplaas toe!😆

  21. Nikita, ek weet nie hoekom jy so ongelukkig is hier nie, maar lyk my die constipated gesiggie is hier om te bly!

    Wip, ek het seker onduidelik gesels…ek was nie die eerste 27 jaar van my lewe op ‘n Karooplaas nie, alhoewel dit deel van my verwysingsraamwerk is… ek het grootgeword in ‘n landelike omgewing – plaas area. My eerste werk was ook as plaasbestuurder.

    Maar ek het ‘n goeie verbeelding! Ek kan altyd iets magic opdis, maar dan moet ek eers pizza gaan koop om my creative juices te laat vloei! 😆

  22. Nee, gaan NOU bel en bestel… het gou die laaste 5 episodes van 24 se 7de reeks gekyk – dan is daar nie ‘n gedagte vir enigiets anders nie. 😉

  23. Hm, praat van Magtige dreuning. Etienne Terbblanche & DIKAZZINS se cd meddie naam :Die Magtige Dreuning, klink soos, wel..musiek oppi ore. Die lirieke is ok iets om oor huistoe te skryf. Hoor hierdie ene uit “Die son trek water”

    Leer `n ou hond nuwe trieks
    Leer `n ou hond net iets nuuts
    Leer `n man om te oorleef
    Op sy eie blink idees.

    Die son trek water
    ons wag vir beter dae

    Met dank: Aan Kaalvoet

  24. Skoor, jy sallie spyt weesie. Dis jong latte, maar dan slat hulle by `n gig jou asem weg met ou songs vir heimwee…soos ”Moonshaddow-moonshaddow” van Cat Stevens. Ai, ek sweer, as darie Koos Tas Roos nie so jonk was nie, het ek hom NET daso gesoen! En Kaalvoet, jy sien, ne? Daar issie noge nice ou met so groot hart en moerse humorsin nie. Mag ek jou `n link gee, dan beoordeel jy self? Dis nou orie wel en wee van `n boys band…nie jou gewone pot snot nie.

  25. Ai Sigeuner, ek het probeer om op die man se blog ‘n comment te los, maar Blogger is ‘n bogger as dit kom by comments.

    Ja, hy skrywe heerlik. Miskien drink ek hom nog eendag raak hier in ons dorp, en kan ek dit vir homself se. Mens weet nooit…

  26. Skoor, so? Jy sikkil ok, ne? Gedink dis net ekke. Ek los maar vir hom dankie ens op die Bloublad, waar hy ook al sy werke gooi. Disse annir website mette stil atmosfeer, waar die rockers soms saampraat en `n annir mal bliksim genamt Gatgogh dink hyse poet. Tjek in by kwaailight.co.za/bloublad en gaan na “gesels”. Nice, menende lat ek nou sien dasse Gibson onnir jou arm. Offisit nou `n Fender?

  27. Ps. Sal nice wees as jy hom ooit raakdrink. Moet om hemelsnaam nettie die ou peanuts voer nie! Soms is sy Labrador soek! As jy darie ene gelees het, sal jy weet…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s