Tuiste » 1 » Kitsresep om vet te word!

Kitsresep om vet te word!

As jy rook gaan jy dood.

As jy nie rook nie, gaan jy ook dood.

As jy rook, rook jy.

Maar as jy ophou rook, word jy VET!

Die lewe is hond unfair.  Moet asb. nie begin rook as jy nognie het nie.  Serious.

This entry was posted in 1. Bookmark the permalink.

44 thoughts on “Kitsresep om vet te word!

  1. So ek is wragtag nie alleen nie . . . Ek het 28 kilo’s wat daardie stelling van jou bewys. Ergste van alles is dat al die spesiale kos en gymfooie en lotions en potions wat ek gebruik om te probeer maerword kos my nou baie meer per maand as wat my rook habit ooit gekos het

  2. LOL @ PJ! Ek het nie ‘n lotion of potion of motion wat ek gebruik nie.

    Ek moes die boksie neersit voor my operasie. More is dit 7 weke, maar ek sweer, my anti-depressante beteken op die stadium minder as fkol! Ek is so hyper en knorrig soos 10 jong honde.

    En skielik irriteer my lyf my sommer dubbel en dwars, en dan soek ek nog ‘n tjoklit om bietjie beter te voel!

    Ek sal ‘n serious kopskuif moet maak, as ek net die kop kan vind om te skuif!

  3. Jy het mos daai pennetjie sigaret ding right? Hoe werk hy?(Of sy) As ek jou op die spot sit sorry, delete my comment dan en mail my, ek wil geniune weet of die ding werk.

  4. Nee Boervrou, daas nie ‘n pennetjie of sticker hier betrokke nie. Dit was pakkie neersit en wegstap!!

    Maar ek ken iemand wat dit het, sal vir jou uitvind.

    Hi Nelba!

  5. Die pennetjie werk as jy die regte tabak druppels het. As jy ‘n sigaret kan/mag rook, sal jy, maar as jy nie kan nie vir welke rede, sal die pennetjie jou daarvan weerhou om iemand aan die keel te gryp.

    Dis effe langer en swaarder as ‘n gewone sigaret. Die kool lyk heel verspot want dis ‘n bloedrooi liggie, maar as die nood druk help hy jou uit.

  6. Ag dankie sus dat jy sommer hier kom inloer en my vraag aan jou beantwoord voor ek nog kan vra wat ek wou vra!

    Daar het jy dit Boervrou!

    Wil jy my seg daas ‘n bloedrooi LED aan die voorpunt van daai stokkie?? Nee jimmil, voel ons praat nou van daai lekkergoed sigs wat ons as kind (nie mag) gerook het, daais met die bloedrooi dye op die voorpunt. LOL!

  7. Thanks Skoorie wil net byvoeg (vir die rekord) ek gebruik nie daai longkankerstokkies nie, gebruik net daai vloeistoffies wat lewerkanker veroorsaak

  8. En ek wou daai fake siggies probeer het om op te hou. Nou wat nou? Wilskrag?? Die het ek nie baie van nie.

  9. Ai Alta, jy is nou gefnuik!

    Ek het regtig nie raad nie. Ek sit en kou my naels van mismoedigheid, maar magtag, as ek nou ingee, dan het ek 7 weke gemors, en dis ook nie reg teenoor myself nie.

    Mens kry mos een of ander pil, ek ken netnie die naam nie. Vra jou GP.

  10. Daai pilletjies se naam is Zyban. Ek het dit vir die eerste 4 weke gebruik na ons ophou rook het en toe dit ook gelos. Dit het vir my die verskil gemaak

  11. Ek drink net decaff, en net House of Coffees s’n.

    En ek het nou net ‘n koppie daarvan gehad, en ek voel gladnie beter nie, want dis hond koud, en ek bewe so, die koffie raak cuppachino in my maag soos ek ruk!
    😆 Jacobs se caf koffie is lekker, maar dan staan my oe groot tot more na die rugby! 😯

  12. Wortels? 😯 ek sal mos oranje raak van te veel!!!

    Daai spinning girl, is dit om vir my te wys hoe ek MOET lyk? gmpf!

    Nee, daai lekker goed is nie hier nie. Nie waarvan ek weet nie.

  13. Nes daai suiker sigarette van kleintyd sus, net so.

    As jy wil ophou rook sal die outjie help. Rook ‘n regte sigaret en vir die volgende 3 fixes, rook jy die dummy, dan weer ‘n regte sigaret. Jy sal nie dadelik ophou rook nie, maar dis aansienlik beter vir jou. Bonus is jy kan dit in die kantoor rook want dis nie regte rook nie, dis waterdamp en ruik na niks. Plus jy spaar sowat R1000 per maand!!!

  14. Wilskrag. Dis al. Ek praat uit ondervinding. Op 13 begin rook, op 21 opgehou. Op een dag. Net gese:’ sorry skatties, dis verby.” Skoon egskeiding gewees. 16 jaar terug al.
    Die moerigheid kom saam ja, maar ook so met menopouse en lang huwelike.
    Vet kom ook saam, en as jy dit voor die tyd weet….hou op vreet! Eet normaal…met wilskrag.

    Wilskrag!

  15. Dit was meer as 3 jaar gelede en ons het dit net vir ‘n maand gebruik juis omdat ons bang was vir die newe effekte

  16. My jinne Frankie, ek is op 8 weke en 4 dae en 7ure en 3 minute en ses en sestig sekondes sonder entjies!

    Wee jy hoe voel dit om net op te hou na jaaaare? Soos in geen pille, geen hipnose, geen niks!?

    I just had to blog daaroor. Ek moes net kla en simpatie soek…

  17. Jel! Jy het my simpatie . . . en my respek! As ek my 60-‘n-dag habit moes stop sonder my getroue zyban as kruk vir die eerste maand sou daar definitief ‘n moord of ten minste ‘n lelike messtekery gewees het. 8 en ‘n half weke huh? Well done! Jy is seker darem nou al oor die ergste?

  18. Ek kom nou net terug van my haarkapster – in Osterley waar ons gebly het – sy’t opgehou rook, sommer net so, poef, sy sê dis “all in the mind” en sy smag nie na een sigaret nie en sê haar smaak het begin terugkom en kos smaak nou al lekkerder. Sterkte vir jou ook!

  19. Jong, ek het regtig, sonder ‘all in the mind’ nog nooit probleme met reuk of smaak gehad nie.

    Ek kon ruik as ‘n erdwurm burp! Maar ek is amper oortuig my smaak is nou dooier as toe ek nog gerook het!

    Ja, soms smag ek, maar dis nog net 9 weke. Sorry, more 10!!

    Elke dag ‘n dag verder weg.

  20. Nee, jy hoor dit nogal nie, dit ruik net skielik na ou blare en klam grond. So van nergens af nie, en dan weet jy sommer ‘n erdwurm het nou net geburp!!!

  21. Nee. Ek wens ek kon ja hier tik, maar NEE.

    En as ek nie netnou uitgestap het vir ‘n smokie nie, het ek nie die byl gesien wat nog buite staan nie, en wie weet wat kon gebeur!!! Sien, rook is nie altyd net nadelig nie.

  22. Wag laa’k maar eerder ‘n Mentholtjie loop kry… is AL sonde wat ekke wragtig in hierdie lewe pleeg. Ekke binge nie. Ekke suie nie. Ekke vloek en skel nie. Ekke skinner nie. Ekke maak niemand seer EN ek sorg dat ek windaf uitblaas:mrgreen:

  23. BB seg niks van grootlieg nie.

    Skoor – ek`t hempkrui hieso – laat jou nie ophou rook nie, maar laat dit wel beter voel omdat jy nie die deursettingsvermoe het nie. Ek pos.

  24. Ja gefok maar vrolik………. wat was julle wat nou al Lexamil antidepressante gebruik het, en dit skielik gelos het…….wat was die newe effekte…….hoe het jy gevoel?

  25. Ek het die ander dag uit voorraad gehol, en op dag 3 vreeslike shocks deur my lyf gehad en gladnie lekker gevoel nie. Weird om te beskryf, maar dis regtig nie ‘n lekker gevoel nie.

    Sal maar op slaapterapie gaan die dag as ek dit wil los, dat die newe effekte hulle uitwoed terwyl ek onbewus is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s