Tuiste » Skoor Bek » Suid vs. Noord

Suid vs. Noord

Kyk, ek is so patrioties, ek piepie die tyd van die jaar wit en blou strepies!  Die Disa is vir my die mooiste blom, en Proooovince is my favourite song.

Maar daar is iets wat ek nou met oortuiging kan kwytraak oor die mense van die Noorde, en dit is dat hulle baie meer bereid is om betrokke te raak, hulp te verleen, en raad te gee as die snobs van die Suide.

Ek verduidelik graag.  Ek is van nature ‘n nuuskierige mens.  Ek het vrae.  Soms kry ek antwoorde op my vrae, en soms het daardie antwoorde ‘n produk nodig sodat my vraag kan realiseer.

Ek kry fantastiese resultate op die Hulpnavrae werf van www.egafrikaans.co.za.  Daarom bly ek vrae vra daarop.

En nege uit die tien terugvoere wat ek kry, is van mense doer bo, en hulle deliver ALTYD as hulle beloof het om iets te stuur.  Mense vra jou nie geld vir hulle gunste en tyd nie.  Hulle doen dit uit die liefde vir die saak.

Nie een van die mense uit die Suide wat al beloof het om vir my iets te stuur, het dit ooit gedoen nie.  Regtig.  Ek is nou nie naafgat of bevooroordelend nie.  After all wil ek ook graag brag en verkondig dat ons die beste is.  Soos my pa se spiere is groter as jou pa s’n…

Dis regtig so ‘n waardevolle eienskap.  Ek hoop regtig dat ek ‘n Kapenaar is wat so sal kan optree, sodat iemand uit die Transvaal vir ander kan vertel dat die Kapenaars bereid is om te help.

19 thoughts on “Suid vs. Noord

  1. Beste blogger

    Hier is ons nuutste Endtime Warning aangaande die begin van Judgment Day op 21 Mei 2011

    http://www.familyradio.com/graphical/literature/judgment/judgment.html

    (2Kor 2:15-16) Want ons is ‘n aangename geur van Christus tot eer van God onder die wat gered word en onder die wat verlore gaan; vir die laaste ‘n reuk van die dood tot die dood, maar vir die eerste ‘n reuk van die lewe tot die lewe. En wie is tot hierdie dinge bekwaam?

    Mag God elkeen van ons genadig wees.

    johannes

  2. Skoor, ek’s van die “noorde” (oorspronklik)- maar ook hier is ek “noord”…ons mense van die “noorde” is gewoonlik vriendelik(er)…🙂 Meer “ernstig”… toe ek ‘n kind was, moes ek altyd hoor dat die Kapenaars so vriendelik is. (Dis waar my familie eintlik vandaan kom!)🙂

    Ek hoop ek kan jou eendag iets van “hier” af stuur…ek sal my woord hou, belofte! lol!

  3. Julle ek wil net se dat dit more op tafelberg gaan sneeu, want Skoor laaik mense van die Noorde eintlik niks, niks, niks. en hier komplimenteer sy hulle.
    Skoor is so ‘n patriot dat mens haar eintlik maar in Leeuwenhof kan laat bly – verniet😛😆

  4. Ai Nikita, stuur al onse mense huistoe, dit sal ‘n groot ‘iets’ wees.

    LOL @ Frankie! Ek laaik die mense vani Noorde, gits, wil jy nou vir BeeBee eni res van die b(l)oggers op my nek loslaat? ! Ek se mar net die mense van die Kolonie is ‘anders’.

    Maar die Leeuwenhof idee is wonderlik. Ko’ jy vir tee?

    En ja, dis dnrs koud buite, dalk het van Hunks vanoggend wit om sy sole…

  5. Nee gits sus, ek weet nie so mooi van daai ene nie. Dis nie my ervaring van die Noorde nie? Maar van die Suide sal ek ook eerder net stilbly en wegkyk.😉

    Natal rocks, maar jy kry die gemiddelde boks ook oral…’n provinsie maak jou nie wie jy is nie.

  6. Nee Barbara, Natal se souties is nie so bad soos die snob souties in die Kaap nie, yuk!

    Elke provinsie het maar sy goeie, en minder goeie mense.

    Hey, vir elke een in die Suide wat jou slegte spysvertering gee, is daar 3 wat dit nie sal doen nie! 😆 😆 😆

  7. Terloops – ek kom al met egafrikaans saam van sjoe, ek dink om en by 1999-2000 – en jip, daai is nogal ‘n eg-ondersteunende spulletjie mense!!

  8. BB hoe meen jy, jy sal die kapenaars niks vra nie.

    Man julle, eintlik laaik Skoor nie die Ingilse nie! LOL.

    Dit is darem lekker as die Sprinbokke hulle as hard-hard duik

  9. RosalindFranklinJouLiegbek! Jy’t gese jy like NIKS van rugby nie, nou vertel jy hier hoe lekker jy kry as die Bokke die manne duik dat die sout spat! Skaam jou suster.

    Hallo Wipneus – ek het al gekyk of jy nie H1N1 statistiek geword het nie…

    BeeBee, ja, verduidelik jouself biki hier…soos Frankie seg: Whatchamean?

  10. Eh! Ek vra altyd net baie mooi, sien? Dan kry ek tog wel iets uitte Kapenaar…soutie oftenot!
    Laaskeer. “Antie, kan ek pleezman bietjie van julle se goeie Kaapse wyne koop?” Toe slat sy darie till mette smile!

    Hei, hei! Omdou net onze storiemaker Kaalvoet is van Skelmbos.

  11. Hi Skoorie ek het lanklaas met jou gechat. Is so besig,sars sluit my toe as hulle ons slegte grondpad kan ry. Besig om 2 jaar se btw te doen. Ja ek weet ek moes dit lankal doen, maar ek het nie en dit help nie om nou to wil kla oor hoe af my rug is van 4uur straight op die vloer te sit en kwitansies te sort nie! O ja en om te probeer om ‘n 14mnde oue baie nuuskierige seuntjie daar te probeer weg hou, en nee eks nog nie kla nie,😦

  12. Ja onhou net Sigeuner dat jou goeie fee Skoor OOK van Skelmbos is, of Snobcity/Snobtown soos Sonkind graag ons nedersetting noem…

    Ou Boervrou, gewoonlik na so ‘n vreeslike stresvolle sessie beloof mens jouself om alles van nou af te file…dit hou egter net so ‘n week, dan word die pampiere in ‘n boks gedruk, want ‘ek sal dit netnou doen’…

    Sterkte.

    Wenk: Bind die nuuskierige mannetjie met ‘n tou vas wat net-net op die rand van die papier koningkryk styftrek. Jy moet net hoop Kinderwelsyn en SARS arriveer nie gelyk op jou plaas nie!!!

  13. Dankie vir die musiek skoor!! Woensdag gekry!! PRAGTIG!! EK geniet dit baie! Daardie hoender-liedjie!!! ‘n hoender wat nie kekkel….haha..ek laaik daarrie een!! Ek mail jou more!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s