Tuiste » Skoor Bek » Eendag was daar ‘n band. Hulle was my favourite.

Eendag was daar ‘n band. Hulle was my favourite.

marie_fredriksson_gallery_17Wat maak jy as jy die dag voor ‘n groot konsert, in jou eie badkamer uitpass, jou kop kap, en in ‘n hospitaal wakker word, gediagnoseer met ‘n skadelike brein tumor? 

En nadat die swelsel van die val gesak het, word jy geopereer, en ontvang jy chemoterapie, en verloor jy jou vermoe om te lees en te tel, die sig in jou regter oog, en beperkte beweging aan jou regterkant?  Omdat jy breinskade opgedoen het.

En dit terwyl jy een van die grootste sterre internasionaal is.  Op 11 September 2002 het dit met Marie Fredriksson, Sweedse popster, en lid van die groep Roxette, gebeur.

Mense wat my ken, weet dat hierdie band se musiek verweef is in my menswees, omdat ek tot vandag toe steeds dink dis die beste ding wat Swede nog opgelewer het.  Het jy geweet hulle gewildheid in Swede, was groter as ABBA!  roxette

En in 2003, terwyl Marie nog behandeling ontvang het, ontvang sy en Per Gessle die Royal Medal with Blue Ribbon van die Koning van Swede, Carl Gustaf XVI.

Sy onttrek haarself vir byna 2 jaar uit die publieke oog, maar 6 maande na haar kanker diagnose, begin sy aan ‘n solo album, The Change, werk.  Haar man behartig hierdie projek.

The Change word in Swede uitgereik, spring sommer na nommer een, en bereik Goue Status.  Ongelukkig, as jy in Suid-Afrika wil hoor hoe wonderlik sy kan klink op haar eie, moet jy dit invoer, en dit ruk jou by R500!marie

Sy verras ‘n gehoor nie so lank gelede nie, waar Per optree, toe sy opkom en saam met hom ‘The Look’ sing.  Plak die adres in jou soeklyntjie, en gaan loer na ‘n stukkie hiervan ttp://www.youtube.com/watch?v=Cl25LTW0Kys

Roxette bestaan dus eintlik nie meer nie.  Hulle tree geweldig min saam op.  Elkeen werk aan hul eie solo loopbaan. 

Wat my egter die meeste ontstel van hierdie hele verhaal, is dat die fantastiese duo vanjaar op 23 Oktober, gaan optree by ‘n konsert van Night of the Proms, in Belgie, en ek gaan nie daar wees nie!

Maak asb. vir my ‘n opname met ‘n selfoon kamera as jy hier lees, en daar gaan wees.  Asseblief!  Of vat ‘n ordentlike video kamera.  Of stuur my ‘n link as dit op die net verskyn.  Net om my bietjie te troos!

34 thoughts on “Eendag was daar ‘n band. Hulle was my favourite.

  1. Dankie vir hierdie Skorie, dis nou inligting wat handig te pas kom omrede ‘n Sweedse vriendin altyd “rave” oor hierdie vrou. Nou kan ek darem beter verstaan en hopenlik haar volgende keer verras

  2. Sit jou R500 weg en wees rustig. Dit sal kom😉

    Dis so lekker om iets te lees wat actually interessant is in hierdie valley. Netjies gedoen sus.

    Dalk eendag doen hulle ‘n laaste toer hierdie kant van die wereld. Dan staan ek langs jou met ‘n lighter en sing kliphard saam.

  3. Ek verjaar die 23ste Oktober. Dink jy daar is iemand wat vir my ‘n konsert kaartjie sal gee vir my verjaarsdag?

  4. Sammi!

    Jong, daardie vriendin lieg gladnie. Sy kan mos vir jou bietjie ‘n liedjie stuur? Dan kan jy dit op jou ipod luister terwyl jy op jou bike jaag.

    Barbara, ek twyfel of ons daai voorreg ooit sal he. Of laat ek se ‘weer sal he’ want om dit net bietjie in te vryf….been there, done that, het die stukkende skoene om dit te bewys! LOL, dit was nie lekker nie, dit was bitter lekker.

    Dankie aan die net wat my so mildelik voorsien het van die feite. Maar ja, Amanda sing ‘bring vir my blomme terwyl ek leef.’

    En hierdie skrywe is my blomme aan haar. Sy is werklik, op 51, ‘n inspirasie en ‘n voorbeeld van veg.

    Ja, natuurlik help dit as jy geld het… Ek stry nie.

    Ek gaan maar ‘n CD inpak as ons kom kuier. En my ekstra lighters vir jou saambring, ek gebruik hulle mossie meer nie. Dan staan ons soos twee crazy anties met Joyride kliphard, en die lighters wat wieg en wink!!

  5. PJ, ek dink ek verjaar OOK op daai dag.

    Miskien sal die weldoener 4 tikkits kan sponsor, want onse geliefdes sal ons nie saam soontoe laat gaan nie!!!

    Gits, maak dit 6 weldoener, Barbara en hare sal ook wil saam.

  6. Dink jy dit sal voorbarig wees om op hierdie stadium nog vir 6 vliegtuigtikkits ook te vra? Ek weet nie van julle nie, maar ‘n plasie se beurs is maar skraal. Resessie en so, jy verstaan?

  7. Jinne PJ, ek was nou weer erg vaag!

    Beste Weldoener: 6 tikkits viri vlieg, 6 tikkits viri show, en 3 beddens – dubbel asb! Vir so 10 dae.

    Ons sal etes ook waardeer.

    Vir die sakgeld sal ons self sorg, dankie as jy dit ook wou ingooi!

    Beste wense

    Skoor

  8. Skoortjie – hou my blog dop! Net môre oggend plaas ek iets vir jou!
    En Skoortjie – as ek kon het ek wragtig vir jou ‘n return ticket gekoop en ‘n kaartjie vir die konsert ook. Regtig! (Maar jy sal verstaan dat my budget nie sou toelaat vir 2 kaartjies nie en jy en Helge saam seker nie in ‘n economy seat op SAL sal inpas nie:mrgreen: – en tussen die twee van julle weet ek nou nie so mooi wie die fight sou wen nie😕
    But I would, if I could…

  9. Sien, dis hoekom ek van jou hou BeeBee, want jy verstaan ‘n mens se behoeftes.

    Ek wil ooki sommer handgemeen met Helge raak nie, ‘n man wat peperment crisp tert sonder brannas vat, is ‘n man om mee rekening te hou!

    Ons wag maar, daar is nog bietjie tyd, miskien lees ‘n weldoener ons begeertes hier raak, en kan ek weer in verwondering loop staan voor die verhoog. Met maatjies rondom my!

  10. Bib, LOL, ek sien al hoe meer van my jaar se kinders hier rond…

    Jong, dis net deur ‘n import beskikbaar. En dis maar vrek duur vir ‘n import. Dis seker nie deur ‘n groot record company uitgegee nie.

  11. Hi, ek het ‘n link na hierdie post gekry deur ‘n vriendin..

    Night of the Proms is inderdaad hier in Belgie in Antwerpen Sportpaleis, as jy egter soos ek in Belgie woon sal jy weet ‘n kaartjie daar is van 20 euro tot 40 euro. Wat eintlik lekker duur is as jy dit omskakel in Rand.

    Ek het ‘n bespreking vir Saterdag, 25 Oktober. Ek sal vir jou foto’s kan neem maar ‘n opname dink ek nie sal so maklik wees nie aangesien ek ‘n staanplaats het.

    Mail my gerus…

    letitiasmit@live.nl

    Groete

  12. 😯 OMW! Letitia Smit, ek wens dit was MY naam. Net tot 26 Oktober 2009,😆

    Dankie vir jou epos. Ek hoop regtig hulle tree NIE net op 23 Oktober op nie, en dat jy daai foto geneem kry.

    Jy moet dit verskriklik geniet, ek is soooo jaloers, en ek weet hier is nou nog ‘n paar bloggers wat lekker bitterbek is.

    Skryf asb. vir ons ‘n resensie na die konsert?? Staanplek is die beste. Glo my, jy kan nie sit as hulle begin sing nie.

  13. O, nog iets Letitia, gee daai geld gerus uit. Musiek van goeie gehalte, in ‘n show van so ‘n formaat, is uit en uit die moeite werd.

    As jy sien wat kaartjies deesdae in SA kos, is daai Euro’s anyway nie so buitensporig nie.

    Bliksem, ek is jaloers… en opgewonde om te hoor van iemand wat gaan. Dankie dankie dat jy kom brag het. Gaan jou goed!

  14. LOL

    Nee hulle tree nie net daai dag op nie.. kyk op http://www.sportpaleis.be daar is al die inligting..
    Ja inderdaad kan mens nie sit nie.

    Ja jammer dat ek gebragg het, die idee was eintlik net om vir jou te laat weet dat daar darem iemand iewers in die kuberruimte ons met mekaar gelink het.. ha ha.. en ek sal dit regtig doen.

    Ons gaan elke 2de maand, hang af wie tree daar op, maar dit is super cool.. en vir musiek sal ek self my studie tyd afstaan en ek wed jou ek gaan seker een of ander Sielk eksamen skryf daai Maandag daarna, is mos tipies.. dosente voel mos niks..

    Ek is ook ‘n Roxette fan.. alhoewel fan soos ‘n waaier klink.. maar ek sal vir haar ook waai.. ha ha

    Hou kontak!

  15. Ek het nie eers jou email adres nie silly!!!!!

    Besides, ek kan beter verslae skryf oor mentale pasiente as wat ek resensies kan skryf..
    miskien bel ek jou sommer met i video call daai dag dan kan jy hulle met jou eie oge sien.. ha ha
    Verskoon, my Afrikaans suck noudat ek ‘n Belg is.. ha ha.

    Hou nou op jaloers wees, dit bring jou niks meer as verdriet en ongelukkigheid nie.. ha a ha ha

  16. Nice inskrywing, ek het dit glad nie geweet nie.

    Ek wil natuurlik nou ook nie mosterd na die maal wees nie, maar jy was ook maar lekker stupid gewees om nie vir my te vra om vir jou ‘n geskenk CD uit Swede te gepos het toe ek nog daar was nie!😉

  17. Aag NetJane, wee jy, ek kan ook nie aan alles op een slag dink nie.

    Nee, ek was nou vir ‘n hele tyd van hulle af, maar het Maandag hulle DVD gekry, en so lekker gekyk, dat ek net moes gaan lees wat die internet het om te bied. En toe die feite raakgelees. Ek het geweet van die tumor, maar nie van die skade nie.

    Se maar as jy teruggaan vir ‘n kuier. Ek sal dit graag ‘bestel’😆

  18. Aag Silly, hoekom het jy nou ‘n ander naam?

    skoorbek@gmail.com

    Ek is seker jy sal borrel en bruis as jy van daai show af kom. Verslag of resensie sal jy nie kan onderskei nie. Jy sal skryf soos ‘n pro, ek is oortuig!

    Daar is nie ‘n manier waarop ek my jaloesie sal kan verbloem nie, dus kom ek maar met die sak patats uit, voor ek vir myself jok.

    ciao

  19. My fok ek was mal oor Roxette dankie vr d stukkie inliging geniet ng steeds hul musiek en jy blog te lekr do zo voort groete Z@T

  20. Ek het steeds ‘dieselfde’ naam.. my naam is Letitia en my nickname is Tishke..

    As die post Tishke se dan beteken dit dat ek ingelog is op my blog, as ek Letitia intik dan is dit dat ek nie ingelog is nie.. soos nou.. ha ha

    In Nederlands zeggen we wel …
    Doei!

  21. Hello Zet! Jip, daai musiek sal my altyd laat smaail, dis nogal tydloos op ‘n manier.

    Wat is jou blog adres Letitia?

    Ek moet nou aflog, my databundle is leeg. Bleddie tegnologiese hindernis.

    Gaat je wel! Dag.

  22. Hi Skoor! Nou weet ek wat ek jou kan stuur vir inruil wat ek gekry het!😆
    Terwyl julle so in die Nederlands is…
    Groetjes!
    en alvast veel plezier om bij je te kuier.🙂

  23. Dag Nikita!

    Ek is SOOOO opgewonder dat jy vir my ‘n tikkit gaan stuur, ek kan jou nie genoeg bedank nie. 😆 😆 😆

    Hey, ek het jou geseg jy skuld my NIKS, maar dit lyk my die ingilse aksent het jou ore aangetas?

    Gaat je wel.

  24. RFLOL! Skoor! Ek wens ek het die geld gehad om jou kaartjies te koop man – dit sou ‘n baie groot plesier gewees het, dan kon jy hier kom lekker Ingilse tee/rooibos tee/Groen tee/Groen mint tee/koffie/melk/water/milkshake kom drink het en ons sou in die strate van London bietjie gaan rondloop het en o.a. vir die valk-man op Trafalgar Square kon kyk – soos vanoggend, lyk my hulle het hom nou gehuur om die duiwe weg te hou, daar was nie een enkele duif in sig nie. Dit was altyd lekker (en mooi) om hulle te voer of te sien hoe hulle op die mielies neerdaal. Maar wat is ‘n cd nou tussen vrinne!🙂 O ja, die Ingilse het my nou EERS beet! die dat ek nie jou aksent verstaan nie,man, jy praat Kaaps ook nog boonop!😆 – btw, ek is so lief vir die Kaapse aksent, ek sal heeldag sit en luister na die AFrikaans van Kapenaars. Ek het ‘n vriendin -van Pofadder – en sy het die kostelikste maniere gehad om dinge te sê. Dit was altyd een groot plesier om na haar te luister. Hoekom blog jy nie bietjie vir ons allerlei sêgoete wat eie is aan die Kapenaars nie, ek sal jou lief daarvoor!🙂
    en die gammatgrappe! ek skeur my daarvoor! dis kostelik

  25. Dit sal lekker wees om in Afrikaans te kan klets oor die klomp vaalgesigte. Net jammer soveel van ‘ons’ is daar tussen ‘hulle’ en netnou verstaan hulle my geskinner!

    Jong, van die liedjies na die gekoer – ek dink duiwe is net so ‘n pes as die spreeus. As mens sien hoe hulle aanteel en oorvat, kan ek verstaan dat die valkman bietjie moet kom ethnical cleansing doen, alhoewel die duiwe nogal ‘n bekende gesig op TS is, ne.

    Ek kan nie waag om te begin blog oor my ervarings op die plaas nie. Kyk, ons het van kleins af sommer vlot leer lelik praat, net van die voetgangers wat naweke verby ons kleinhoewe is! My ma het nie genoeg hande gehad om al drie haar telgies se ore toe te druk nie, so ek sal sukkel om ‘n ‘skoon storie’ hier neer te sit.

    Ja, Gatiep en Meraai is classix – ek belowe jou, sodra hulle weer land, stuur ek hulle direk blixemseblog toe. Maar verskoon maar, soms is hulle tande uit, en die voete maar skurf!

    Wen tog maar intussen die lotto daar. Ek het opgehou om dit te speel, want die demits steel net my geld en betaal nie ‘n sent terug aan my nie! Dan koop jy jou pad oop deur jou probleme, en ek kan o.a. kom drink aan daai rooibos wat ek sal saambring!

    (Het die vyand darem drinkbare water, lol!)

  26. LOL@ethnical cleansing! haha…Dit was baie vreemd om ‘n TS sonder duiwe te sien, iets het net nie “reg” gevoel nie. Ek was daar met stemdag en dit was nog lekker om hulle te sien.
    Hier is darem nog drinkwater, maar jy moet so versigtig wees waar jy drink, geen water in openbare toilette is drinkbaar nie en selfs in die skole is daar sekere punte wat drinkbare water het. Yuk, die dameskleedkamers op TS het sooooooo gestink, alhoewel dit netjies was. Manlief sê die mans s’n was ok, gewoonlik stink die mans s’n. Dalk boemelaars wat so bietjie oornagplek daar maak.

  27. O ja, Rooibos is hier in oorvloed, selfs in algemene winkels soos Tesco’s. Tesco verkoop blatjang en aromat ook, meel ook, maar ek dink dit kom van Spanje, maar dis presies wat ons tuis gebruik.

  28. Nikita😯

    Sies man, demit!

    Ek het nie besef jy is nou so veringils dat jy water uit openbare toilette sal drink nie!!!

    YUK!!!!
    😯
    😆 😆 😆

  29. Nee Zet, ek het nou nognie die CD nie. Luister maar gereeld na hulle greatest hits, en kyk hulle DVD – dis effe van ‘n troos😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s