Tuiste » Skoor Bek » Dag EEN

Dag EEN

Hoekom sal ek blog oor ek op dieet is?  Ek weet nie.  Seker omdat die druk om aan te hou, dan groter is…

Ek het nie ‘n skaal in die huis nie.  My klere is my skaal.  Ek het darem nognie te hard gelag dat my Levi se stud-knoop losgeskeur het, en ‘pieeeeng’ weggeskiet het nie, maar as dit so aangaan, is dit dalk binnekort ‘n werklikheid.

Om die pil en die anti-depro’s die skuld te gee, of die feit dat ek vir 6 weke op my rug was meeste van die tyd (nee, ek verdien nie my geld as hooker nie :shock:   ), en my eetlus nie deur die operasie aangetas was nie, gaan ook nie help nie.  Gaan lees my kosblogs, en sien dat daar in die Skoorhuis feestelik met kos omgegaan word…

En die ouderdom begin ook mos teen jou tel.  Die metabolisme word aangetas, en ja, julle wat nognie 30 geslaan het nie, ALLES sak wel uit.  Die eens mooi bene se kniekoppe raak oornag iemand anders s’n.  Skrikkerig is jy om in die spieel in die stort te kyk, want toe jy ‘n groot spieel daar aangebring het, was daar darem nog ‘n tan en ‘n spier om voor te kyk.  Nou het jy amper lus en hang ‘n swartsak oor die spieel!!

Maar ek begin vandag met The 7 Day Jump Start Dieet.  Ek gaan sap suip dat dit by my ore uitloop, en ek wil voel aan die einde van die week, of daar werklik ‘n verskil is.  Ek skuld my lyf anyway ‘n detox, dis darem nou 11 weke sedert ek die sigarette neergesit het, en ek het ‘n visioen gehad van hoe ek soos ‘n besetene rondspring om my wetsuit aan te kry vanjaar, en dit was NIE mooi nie!

Ek sit dus met ‘n beker GROEN TEE hier neffens my, en ek voel nog heel fine, want iewers in my sisteem is gisteraand se Rooi Roman en kreef nog besig om my brein te bullshit.  Maar vra my weer more, want hierdie lang vrou hou van kos, en vreet het nie brieke nie…

Wat is die ergste van dieet?  Om elke 5 minute aan kos te dink.  ‘Wat gaan ek volgende eet.  Hoeveel minute nog tot my volgende maaltyd.  Gaan dit my vol maak?’  Dis maar ‘n treurige storie.

En BeeBee, jy met jou maer gatjie moenie nou hier klomp twak kom kwytraak nie, ek sweer, teen Woensdag is my naels seker al lekker lank…  :lol:   :lol:  😆

15 thoughts on “Dag EEN

  1. Praat jy wat tanne het! Jy sit gelukkig ver van tannie BB af. Sy hou vir ons dop met ‘n houtoog. As ons ‘n draai maak virri Sondagmiddag koffie dan check sy eers die pakkie koekies of die ingredients reg is vir ons. Maandagmore 6 uur as ek daai middeleeuse martelmasjien bestyg by die gym dat is BB se ander helfte by om toe te sien dat daar niks slapgelê word nie.
    Hel sê ek jou. HEL.

    Maar sterkte, vasbyt en good luck!

  2. Skoor, wee jy hoe lekker is die groen tee vir my! Ons het die mintgeur ook hier, dis lekkerder, maar ek gee nie om vir die gewone groen tee nie. Dis baie, baie goed vir jou, ek het so stuk gelees oor groen tee – paar weke terug en wou nog daaroor blog – vasbyt! En baie geluk dat jy nog vasbyt met die rokery, dis baie goed om al by 11 weke te trek!
    Ek het hier begin fiets trap ook🙂 ek wil self van ‘n kilo of twee onstlae raak. Ek sal graag wil hoor aan die einde van die week hoe dit gegaan het, hou ons op hoogte!

  3. PJ, ek is goddank bly daai graatjie is nie naby my nie, my seningwees sou dit nie hou nie.

    Oe, en dan moet jy nog met haar Engel met die Spiere kompeteer ook? Shit, dis seker amper so erg soos ek met my stortspieel!!!

    Strongz vir JOU ou maat, ek was in my hele lewe nog nooit in ‘n gym nie. Dit sal wees soos om vir Jan van Riebeeck nou te laat ontwaak daar in Adderley straat. Nie een van ons sal ‘n kloe he nie!!!

    Nikita, ek het ‘n effense aversie teenoor ment. Ek het, toe ek klein was, naar geraak, en ment was een van die oorsake. Ek skaats dus nogsteeds op daai dislike.

    Kan jy glo, ‘n sap is gorgeous, maar laat dit nou net ‘n MOET drink raak, dan ruk my derms hemelwaarts met elkere sluk. Jis, mens se kop is darem ‘n bogger.

    Ek wag vir die groen tee skrywe…

  4. As ek op ‘n dieet gaan droom ek snags van bakke en bakke kos. Ek raak sommer honger wakker, mens. En as ek nie op ‘n dieet is nie, raak ek naar by die idee aan kos soggens.

    Niks op aarde smokkel so met my kop soos ‘n “amptelike dieet wat op ‘n maandag begin nie” – ek slaat sommer die depro saterdag al🙂

    As ek wil gewig verloor moet ek die hele tyd vir myself lieg.

    Maar sterkte daar.

  5. Frankie

    Ek dieet nie juis nie. Maar nou het dinge tot ‘n punt gekom waar ek ‘n verandering MOET maak.

    Ons wou gister begin, maar toe spoel die dag ons by Muizenberg en Kalkbaai en Cape to Cuba uit….en jy weet ‘n cocktail smaak lekkerder dan wortelsap!!!

    So, lig my in van die ‘moet ek vir myself lieg’ storie, asb. Ek stel belang in daai bullshitting!


  6. Skoor, my tyd is bietjie beperk nou, ek glo nie ek gaan by ‘n groen-tee skrywe uitkom nie, hierdie ou praat oor Rooibostee ook…hy noem die voordele van groen tee aan die begin. Ek is eintlik nou besig om die video te kyk, 9 min en dit lyk goed.🙂

  7. Skorie,
    Glo of los: Ek kon nooit verstaan dat die brandmaer modelle hulle altyd vergryp aan sjokolade nie en dan lyk soos hulle lyk nie – toe oppe dag so ‘n paar maande gelede vertel iemand my van DAARDIE spesifieke tipe. Dit skop jou metabolisme aan die brand – ek dog toe nog: Ag asseblief tog, maar laat ek maar probeer – What can I lose? (verskoon die pun) en Voila! Mail my ek sal jou die inligting gee – dit werk hoor!

  8. Huh?? Nou hoekom deliver JOU mail nie aan my nie?? Goed, ek sal jou dan mail – maar eers later vandag – hardloop biekie rond – things to do en al daai jazz – ons praat darem suiwer afrikaans hier in die Kolonie, né?😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s