Tuiste » Skoor Bek » Dag TWEE

Dag TWEE

My reuse beker Groen Tee staan hier neffens my, en weens die gebrek aan spanspek die tyd van die jaar, moes ek ‘n halwe popo wegsit vir ontbyt.

Daar’s twee goete in die lewe wat nogal duur is: ‘n detox dieet, en om ‘n vegetarier te wees!   Twee dae se voorraad groente en vrugte het net mooi R120 gekos. 

Ek begin ‘n geel skynsel te kry, ek is oortuig daarvan.  My oe is egter nognie beter nie, ek dra steeds my bril, maar die hoeveelheid wortelsap wat ek al in het, oortref enige haas se fantasie.

Ek was seker verkeerd om dit ‘n dieet te noem.  Maar enigiets waar ek vervreem word van my wyn en sushi en vleis, is vir my dieet.

Die 7 Day Jump Start is ‘n ‘stop wat jy doen, en kry jou lyf skoon’ oomblik.  Maar dis radikaal in die sin dat jy niks eet nie – alles word versap.

Imagine gou die Skoor woning vanoggend – ek versap, Skoorlief sny op.  En op ‘n stadium wil ek net gou die ergste pulp uitgooi om die masjien ‘n blaaskans te gee, maar die raspertjie draai nog…..WOER kom hier klonte wortel by my kop verby!  Gelukkig dra ek soms soggens voor werk ‘n voorskoot!

Ek begin my oe op dag 1 se aand hemelwaarts hef, en my slukpyp wil-wil toeknyp as ek nader kom met die sap.  Dis sleg om iets te MOET doen.  Dis dan wanneer jou kop jou lyf so belieg, jy spuu sommer die hele kombuis vol wortels!

Ek het nognie hoofpyne nie, ek is nie pap nie.  Ek het nie hongerpyne nie.  Maar my asem is nie myne nie.  Ek het vanoggend so geskrop onder die stort, en amper met Jik gegorrel, want die ontgifting vind definitief plaas.

Vandag is nie veel anders as gister nie.  En gister se menu was maar crappy.  Ek begin nou wonder of Nataniel se bruinrys en lensie opsie nie beter sou wees nie.  Maar dan weer – dis nie ‘n detox nie.

Smile….jy met die geel skynsel

😆

15 thoughts on “Dag TWEE

  1. Skoorie, ek en baasvanieplaas het dit eenmaal gedoen. Beet en wortels en seldery en appels en pynappel versap. Kyk vrou ek was byna dood! Ek was so tam en het vreeslik skittery gehad, kopseer en lyfseer. En ons hèt kos geeet, nèt 3 koppies sap ‘n dag!!! Sterkte, dis geen grap nie.

  2. O jitte Boervrou, daai beet affering is my dood. Ek wil nou nie mense hier affronteer nie, maar eenkeer het ek ook so ‘n beet drink gemaak, net vir die grap, en ek het gesweer ek het inwendig begin bloei die volgende dag. Ek het amper uitgepaas van panic! LOL.

    Man, as die man nie lieg nie, is die sappe so geformuleer dat dit jou sal energie gee, en nie jou einde sal beteken nie.

    Ek sal dit maar monitor…

  3. Ek ko’ loer maar net hoe gaan dit met my mede burgers in die verdrukking. Al wat ek nog wil sê oor eet en drink en rook is die volgende, ten minste gaan jou lus vir rook eventually weg. Ek is nou 44 weke in my nuwe gesonde leefstyl in en my lus vir tjoklitkoek en skaaprib en rooiwyn en seekos met baie knoffelbotter en slaptjips en al die ander goed met genoeg cholesterol om ‘n os dood te maak is nog steeds nie weg nie. XFOK! (Dis boesman vir verdeksels!)

  4. LOL @ oortref enige haas se fantasie
    haha.. vasbyt suster, jy gaan nie spyt wees nie. Wilmie het besluit sy’s ‘n vegetarieer.. sodra sy vleis eet, voel sy baie opgeblaas en ongemaklik. Ek is nog te lief vir my vleisie.

  5. Wortels (enige root-veggie for that matter) is hi-carbs!! Jy willie diet op carbs nie Skoortjie🙄 . Doen jouself nou ‘n guns en gaan sit eendag by jou local Fruit & Veg en check wat die dik omies en tannies in hulle oorvol trollies rondstoot: bosse en bosse wortels!! (en beet en sulke ma’se boerpampoene)😯 Moerse gesond sou jy reken?😕 Well, at least het hulle nie ‘n probleem met night-vision nie:mrgreen:
    Gaan GROEN en bogronds skat!! It’s all I have to say ’bout that… for now😉 x

  6. Ja PJ, ek hou nog uit. Ek het netnou sooo lus gehad vir ‘n worsie, ek het sommer amper uitgepaas. Ek het nie tyd vir dink aan rook nie, ek moet kyk dat ek kos miskyk😆

    Daai kos wat jy so ydelik opnoem en wat ek NIE gaan herhaal nie, is presies my favourites ook. Jitte, en ‘n lekker vuurtjie met ‘n potjiekossie wat staan en prut. Ek gaan nou shutup!!!

    Timon/Graatjie/BeeBee, wortels is ryk in karetenoide, wat bloedsuiker reguleer. En dit verlaag die kans op hartsiektes. Miskien loop al daai vet omies en tannies met wortels om dat NIKS soos ‘n worteltjie in ‘n bredie proe nie, en hulle moet immers na hulle se harte kyk😯

  7. Ai Nikita, ‘n regte SA skaapvleisie kan deur niks geklop word nie. So op ‘n rooster wyl jou oe uitkyk oor die wye karoo se vlaktes, of die wilde branders van die see.

  8. “Ek was seker verkeerd om dit ‘n dieet te noem. Maar enigiets waar ek vervreem word van my wyn en sushi en vleis, is vir my dieet.”

    Ek voel presies dieselfde!

    Het nou sommer my papie gelag vir hierdie humoristiese inskrywing!😆 😆

    NS: Groen tee is DIE ding hier in die Ooste, maar ek kan dit nie in my lyf kry nie. Dis SO sleg. Dus haal ek my hoed vir jou af!

  9. Man BiB, jy weet mos, as ‘n man bietjie meer om sy sixpack het, druk hy so lekker vas… maar manne wil nie altyd ‘n vrou met ‘n ietsie ekstra so graag druk nie!

    Die groen tee vat so 3 dae van ‘ek MOET jou inkry’. Daarna gaan dit effe beter, maar dis nooit vrywillig nie. Daarvoor is ‘n Rooibossie darem net te lekker!

    Wanneer laas het jy sushi vir brekvis gehad? Of ‘n koue braaitjoppie? Ai, dit beat enige dag ‘n wortel😆

  10. Wel BiB, as ek jou piekiekiekie so kyk, lyk dit NIE of jy ‘n foutiewe ‘boustyl’ kan he nie. So jy’s weer een van daai gelukkige bokkers met ‘n yskas vol bier, en ‘n lyf vol spier…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s