Tuiste » Skoor Bek » Dag DRIE

Dag DRIE

Kyk, ek raak nou al so ‘n pro met die sap ding, ons het sommer vanoggend die versapper uitgebrand.  Nee, nie die juicer nie, daai ander ding met die blades binne-in wat goed so fynslaan.

Vanoggend was dit popo en pynappel, en wyl versapper slaan, lag ons vir die kat wat in die boks le en perform, en toe ek omdraai, staan die rook soos ‘n soldaat, regop uit daai masjien se ribbes.  Aag wat, dit kon erger gewees het.

Dit gaan al beter.  Ek het selfs gisteraand vir die kind in die huis, van my gorgeous ertjiesop ontvries en warm gemaak, EN ‘n hoender fillet gaar gemaak, sonder om te erg te perform!

Dis net die wortels wat my onder kry.  En ek sien steeds nie beter nie!

Vandag begin daar groentes bykom.  Haleluja.  Dankie tog.  Hierdie gewortel en appel maak my op.  Ek gooi nou al sommer vars gemmer by alles, net om die wortel te demp.

Ek het gisteraand besluit dat my eerste maal ertjiesop gaan wees.  Dis nou eerste maal NA die detox.  Mmmm, dik, romerige ertjiesop.  En daar hoef nie vleis in te wees nie.

Sien, my kop swaai al PJ….ook net tot die somer hier is, en die braaivleis vuur elke aand aangesteek word, en die kreef weer loop en die steaks marineer.

Jitte, gee daar ‘n bleddie wortel aan!

16 thoughts on “Dag DRIE

  1. Jip Graatjie!

    Pynappel is ‘n powerful cleanser van die dermkanaal, en al die ‘ingewande plaak’ word beveel om te move.

    Jy moet biki minder niks eet nie, en begin oplees😆

    Ek trek net jou been. Ek weet jy eet nie ‘niks’ nie, jy eet MINDER AS NIKS!!!
    😆 😆 😆

  2. Jeez BB, het julle nie ‘n Teevee nie? Timon is like only the most famous Meerkat in the whole wide world, saam met sy dik pel Pumba. Hakuna matata!

  3. Jy moes bygewees het die keer toe BB haar eie “hot” steak broodjie(?) en Tierie s’n geeët het . . . sy was vir 3 dae daarna nog . . . ehm . . . winderig! (van te veel!) – omdat sy sleg gevoel het omdat ons die broodjie aanbeveel het (hare was NIE warm nie) en toe kom Tierie s’n en brand sewe soorte k . . . waks uit haar uit!

    Sy eet definitief genoeg . . . en alles wat ek nie mag eet nie . . . tjokkies, koekies . . .😀

  4. 😆 @ julle 3!!

    PJ, ek maak ‘n mean Portugese Steak Strip gereg. Met baie knoffel en so. En jy vee die bord so uit met ‘n broodjie, en jy voel vervul. En tjoklits vir poering Krista!!

  5. Sterkte Skoor! Jy gaat goed aan! Ek wens ek kon bietjie so iets doen…wilskrag. As ek eers vir myself sê ek “dieet”, dan eet ek juis meer!🙂

  6. Skoorie, jy moet nou nie ou ‘n kraakie word nie. Ons wil darem nog baie van jou sien!!🙂 Wahahaha. Ek joke, sterkte dis harde werk, ek moet ook begin iets doen…

  7. Hahaha Boervrou, die enigste ‘krakie’ wat by my sal sigbaar wees, is die mentale krakie.

    Mense wat my ken, weet ek is nie lyflik in staat om ‘n krakie te wees nie.

    Al eet ek die wortels se lowwe ook! Mmmm, dis miskien ‘n idee. (is daar ‘n kode vir ‘n prentjie wat opgooi?)

  8. Nou lees Ding hier en Ding sien wat Skoor vir BB vertel en …. sowaar, sowaar onthou Ding toe self daai dag met die broodjie … en daar praat Buurvrou juis van daai! Ding het daai middag stil geword in waardering en respekte. Werklikwaar ook – Skoor, daai brood was twee keer BB se grootte en BB het vir hom opgewen asof dit die maklikste bedryf op aarde was. Dan is daar natuurlik nog altyd daai anner choccies waarvan Ding net hoor en sien, maar glad nie mag proe nie… nie dat Ding enigsins kla oor daai goete se bestaan nie😉
    Sterkte met die ongewenste kosse se inname – Ding het soveel meegevoel en begrip – as jy maar kon weet!

  9. Ding, solank jy met die volgende kuier ‘n kemmera saamsleep. Ek wil graag die bewyse sien. Timon is grootbek, maar ek hou van ‘n ding (sorri) sien met my eie oge voor ek dit glo!

    Ek hoor ook van die choccies – as jy iewers ‘n sample kan vind, faks my ene.

  10. Skoor – vir jou sal Ding sy lewe waag met daai ene, maar Ding kan nie onderneem dat die vroutjiegoed vir Ding gaan laat wegkom met die bewyse nie…
    Nee, Ding mag net in die effekte van daai choccies deel, maar self daarvan proe of selfs SIEN?! Nie ‘n MANIER nie…
    *Ding se glimlag is amper reg rondom…*

  11. Jy en Baasvanieplaas het nie dalk gechat nie?? Die eet nou net vis! Kyk ek eet sommer brood, ek is nie meer so entosiasties oor die vis en groente ding nie. blaaah

  12. Ding, as jy die tjoklits ini hande kan kry, vra tog vir my om my adres…

    Boervrou, nee, ek sal nooit met ‘n ander vrou se man konfereer agter haar rug nie. Van die vis storie weet ek dus niks.

    Daar in die Mpumalanga is mos net trout en damvis. Ek sal ook blaaaah seg as ek jy was. Al my simpatie!

    Maar as die man homself gesond en mooi wil hou vir jou, kla nie suster, kla nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s