Tuiste » 1 » Dag VIER

Dag VIER

Dis nie meer snaaks nie.

Oggende is fine, maar as die agtermiddag aanbreek, en die wortels se geel pak saam in my wese, dan raak dit swaar.

Ek weet nie of my lyf nog detox nie.  Miskien het ek nie gif gehad om van ontslae te raak nie?  Ek weet nie meer nie.

Esapk weet net dat ek donirs lus is vir regte kos. 

En ek besef dat die vermoe om te KAN eet, ‘n Gawe van Bo is.  Want so baie mense is op drup, kry puree, kan nie sluk nie.

Hierdie vrywillige marteling van my, laat my met ander oe na die dinge kyk wat ek so as vanselfsprekend ervaar.

Ja, ek is effe depro. 

En wat gaan ek doen as die Bokke Saterdag speel?  Wortelsap suip?

Vanoggend se pomelo sap draai sommer dwars in my krop.  Maar dit sal ook verbygaan.  Dit was immers my keuse.  Die depressiewe gedagtes is seker ook maar detox.

This entry was posted in 1. Bookmark the permalink.

18 thoughts on “Dag VIER

  1. Veronderstel om 7 dae te wees, maar ek roep sommer halt more aand en verklaar my self ‘n pissie.

    Soos ek nou voel.

    Wanneer kom die energie terug? Arme Skoorlief was eergister so down. Lyk my ek is effe agter…

  2. Die energie kom terug sodra jy energie INNEEM, Skoortjie?!🙄 Duuuhhhh!! (dat ‘n blonde jou nou dit moet verduidelik…:mrgreen: )

  3. Hi Skoor! jou ava!🙂
    Sterkte daar, jy’s al oor die halfpadmerk! Ek bewonder jou dat jy so volhou daarmee, ek dink jy’s ‘n inspirasie vir almal wat hier lees om ook vas te byt met so iets. Dink net aan die vrugte – hopenlik nie oranjes nie! lol! – wat jy gaan pluk na die tyd.

  4. Ek weet nou nie meer watter ava jy van praat nie N, want die wortels het my as persoon nou so verander, jy sal skrik as jy my ander ava sien, lol.

    Timon, jy wil my se dat al die groentes en vrugtes wat ek inneem, GEEN energie waarde het nie? Ok. Ek is baffled. Maar dit daar gelaat. Miskien moet ek maar biki boontjiesop maak vir aandete.

    Sjoe, dis swaar. Maar ek kan met oortuiging se dat ek nognie een maal verneuk het nie. Nie ‘n happie of ‘n slukkie van iets wat ek nie moes nie. En dis moerse vir my. Seriaas.

  5. Jaaaaa!!! Boontjiesop is KEWL!!! Dan gaan Skoorlief sekerlik oppie bank loop slaap. Ek sidder!! Al daai wortels en paw-paw opgetop met ‘n lekker boontjiesop. Al raad wat ek het: DO NOT lift the duvet!!!😆
    Ek is soooooo trots op jou! Een ding is verseker: jy is damn hardegat as ek die spul so kyk. Come hell or high water – swem, Skoortjie, swem!!!:mrgreen:

  6. Ek soek altyd mos maar na praktiese oplossings vir die probleem. Die probleem in die geval is jy moet detoks met sap, maar jy moet ook genoeg voedingswaarde inkry. Oplossing: Maak daai boontjiesop en versap dit! (use it, don’t use it. Jou keuse)

    Of nog beter, how’s about en neem jou dieet/detoks oor vir die oorblywende 3 dae en dan vat jy myne?

  7. PJ – jy is nou al weke lank besig om te ‘detox’ – ky’t in jarre nie so ‘skoon’ geëet nie! Jy’s al só skoon gedetox, dat as jy begin “junk” sou eet jy kopseer sal kry en jou body ‘n moerawiese geveg sal opsit daaroor. True??😉 PLUS, jy’t genoeg energie vir ‘n uur cardio elke dag! Ek en Helge haal ons ou hoedjies vir jou (julle) af. Elke liewe dag!!

  8. 😆 @ die sleeping arrangements Timon!

    Nee wat, ek hou maar met die sap. Hel, ek is nou al so ver, dis ‘n skande om te wil stop.

    Lunch is ‘n verruklike mengsel van appel, seldery en gemmer.

    Kon erger gewees het, iets soos ‘n burger met mushroom sous en baie prego sous oor my chips…

    Ou PJ, klink my jy k*k ook maar, miskien moet ons maar hou by wat vir ons uitgesit is. Timon se lieflyf klink vir my familie van Hitler, mind you.

    Sterkte vir jou. Veral as Hitler jou in daai sauna betrap. Het jy daai man se kuite gesien. Ek meen, as HY moet gatskop, is dit dalk net begrafnis daarna! 😯

  9. EK reken as die H3 sou gatskop, maak hy dalk net pantoffels van mens . . . soos mens doen met pointy shoes & bunnies = hasie slippers . . .!

  10. Skoor, op my eie blog sien ek ook net die wortelstukkies…dis mos wortel in die ander ava? Ek weet nie wat dit met WP is nie. Toe ek van ava verander het was dit mos ook so, dan sien jy die een en dan weer daardie een…soos ‘n dronkie🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s