Tuiste » 1 » Dag VYF

Dag VYF

Siestog, ons juicer begin nou ‘n oranje skynsel ontwikkel.  Nou wonder ek of my derms nog dermkleur is…

Ek maak Fruit & Veg ryk.  En ek gee hulle wortelvoorraad ‘n knock.  Vir seker.

Ek het gistermiddag, sonder dat dit op die program was, ‘n skyf pynappel verslind.  Om net weer iets te kon kou was ‘n blessing.  En dit het my sommer emosioneel ‘n hupstoot gegee!

Ek voel vandag weer neutraal in my kop.  Die pomelo en appel en seldery van vanoggend was lekker.  Minder seldery sal beter wees, maar die program se 3 stingels…

Die detox is duur.  Tog, as jy gaan stilsit en uitwerk wat ‘n restaurantbesoek jou ruk, is dit heel billik.

Ek het gisteraand gedreig dat ek vanaand ‘n lensie bobotie gaan maak.  Vanoggend se my kop weer NEEEEEE, maar hel, dis naweek nettoumaar. 

Sal maar sien.  Wyl ek weer netnou aan die wortelsap suig.  Iewers tussen vanoggend en more aand moet 5 pakke wortels op…

This entry was posted in 1. Bookmark the permalink.

13 thoughts on “Dag VYF

  1. Skoortjie, sê nou vir my as ek dit elders moet loop lees (en dalk iewers gemis het of nie opgelet het ini klas nie😳 ), maar wáár’t jy die detox-plan gekry? En vir hoe lank moet jy dit volg? En sou ‘n enema of twee (en natuurlik ‘n gepaardgaande dag of 2 ‘siek’verlof) nie ook maar die colon behoorlik ge-cleanse het nie?:mrgreen: En beplan jy om hence forth in ‘n ‘skoon’ staat te bly? M.a.w gaan jy jou lifestyle (en dieet) nou aanpas daarvolgens?
    En is daar ‘n after-care program in plek: gaan jy stadig maar seker in ‘n ander eetgewoonte inkom as jy klaar ge-detox het? Ek glo dat dit gladnie ‘n slegte idee is om behoorlik te ‘detox’ nie, maar mens behoort op ‘n goeie standaard gesonde eetprogram nooit te hoef te detox nie – want in reality beteken dit dat jy jouself in die tussentyd vir maande en jare letterlik ‘tox’ om te moet ‘detox’…
    Gaan dit ook oor gewigsverlies en hoe lyk daai tans? en gaan jy ‘n chart of program dalk publish met die diet tans, die opvolg, die gewig storie en belangrikste van als hoe jou body reageer en wat hy als sou sê as hy kon praat. Dis seriously vir my interessant. No joke.

  2. Beste Timon/Graatjie/BeeBee

    Baie dankie vir jou belangstelling. Ek antwoord jou graag as volg, en ek vertrou dat dit jou nuuskierigheid en opregte belangstelling, tevrede sal stel.

    Skoor vrek oor eet. ‘n Tafel vol mens en bakke vol kos, is soos dit moet wees. Ek is ‘n Boeremens, en ons hou van kuier en eet.

    Ongelukkig het die jare ook nou ingehaal, wat maak dat alles nie meer so vinnig gebeur as toe ek ‘n langbeen kind van die plaas was nie.

    Ons het kulliner effe oorboord gegaan van Desember verlede jaar. Soos in uiteet 6 dae van die week, bottels wyn, eksperimenteer met kosse.

    Dit tel later fisies en emosioneel teen jou.

    My 6 weke van stilwees na my operasie noudie dag, het ook nie veel gehelp nie. ‘n Uterus is nie ‘n maag nie, so my eetlus het bokkerol oorgekom wyl ek moes le en rondsit nie…

    Toe, wyl ek so le en TV kyk, sien ek die 7 Day Jump Start dieet op een van die kanale. En ek is, soos jy, geprikkel deur wat hy te vertelle het.

    Dit is dus waarop ek is. Nie soseer om gewig te verloor nie (ek het ook nie ‘n skaal in die huis nie), maar om my lewer en niere en hele sisteem SKOON te kry – jy weet, as jy die effek van narkose gaan navors, sal jy skrik – en om net weer die balans in my lewe te herroep. Ek is dit aan myself verskuldig. En aan die mense rondom my, vir wie ek lief is.

    Dis hoekom ek 13 weke vandag, my sigarette neergesit het. En nie weer wil begin nie. Sonder stickers, bubblegum of pille.

    Dis hoekom ek my lyf wil skoon kry. Sonder pille. Maar met rou groente en rou vrugte. In sap formaat, sodat my lyf tyd het om te recover. En nie moet verteer nie, maar eerder net assimileer, sorteer, en uitwerp.

    Onthou: dit vat jare om skade aan jou lyf aan te rig. Dit word nie in 2 dae herstel nie. Daarom gee ek dit tyd. Ek kla, kerm en perform. Ja. Want ek hou van eet, en skielik is dit weg. Maar dis met ‘n rede.

    Ek kan jou lank besig hou met navorsing oor die dermkanaal, en die prosesse daaraan verbonde. Maar netnou skrik die ander bloggers, haha.

    Hierna is MATIGHEID die wagwoord, en my oefening is stap. En fietsry. Ek was nog nooit in ‘n gym nie, en ek dink nie ek sal daar aard nie.

    Dis ‘n mindshift. Maar dit MOET gedoen word, anders gaan ek eendag as ek 40 raak, min dae oorhe om die ‘life begins at 40’ gesegde uit te toets!!!

    Hey, en binnekort is ek weer 2 dae uit die 7 onder die water. En om daar te kom is ‘n stewige staptog, met swaar gear. Dan kry ons weer wonderlike oefening. Gratis en verniet!

  3. “Ek kla, kerm en perform” – dis reg so, ja. Dit maak jou normaal en lekker om te lees. As ek korswel, is dit altyd en heeltyd hieraan onderworpe:
    Ek is regtig immensely impressed met jou, Skoortjie. Regtig!
    Veral met die: Ek is dit aan myself verskuldig. En aan die mense rondom my, vir wie ek lief is. Hiermee die meeste.
    Salute! x

  4. Skoorie, ek is seriaasly impressed mee jou hoor. Ek het self die paadjie geloop met die rookgoedjies en ek is self nog op die paadjie van herstel na gesondwees en gesond lewe.

    3 dinge wat jy gesê het hou die sleutel in tot sukses (in my opinie) MINDSHIFT, TYD en MATIGHEID. Jou kop is reg, ek dink jy gaan dit maak. Sterkte.

    P.S. BB is genadeloos, maar dit is met vrinne soos sy en haar Helge dat ons sal oorlog toe gaan. Sonder hulle het ek lankal opgegee. Truesbob!😉

  5. Dankie BeeBee, dis naais.

    Gaan eet Anora, nou dadelik! Jy is net so donirs dun.

    Ou PJ, ja, dis nie asof ons geforce feed was nie, ne! Dit het HARDE werk gekos om so ‘n lyf en leefstyl te kry, hahaha.

    Nou moet ons maar die pyn vat. Dankie vir jou inloer en aansporing. Ek kan nie wag om jou ‘after’ prent te sien nie!!!

  6. Sjoe, skoor, jy impress my weereens, jy laat my soos ‘n “mislukking” voel, want ek sal net nie kan volhou met so iets nie. – mind you, ek het nog nooit probeer nie! haha.. maar ek ken myself. Ek met net minder eet. Ek vrek oor sjokolade – en amper sê ek ek het die week nog nie ‘n bloggie oor my lippe gehad nie, maar toe kom manlief gister huistoe met sulke lekker koekie/sjokolade=goet. Nou ja, 3 geëet en gelukkig hy en boeta die ander, so dis nou klaar..maar daar was ‘n tyd – tot baie onlangs, dat ek elke dag – saans na ete was my gunsteling tyd – ten minste 3 blokkies moes eet. – ek kan gewoonlik nie op ‘n slag meer as dit eet nie, dan liewer later die aand weer so twee..maar nie ‘n hele blok met eens nie, maar flake!! nog al die jare my gunsteling en milkybar – Nestle se wit sjokolade. Ek vrek daaroor. As ek net sjokolade en koekies kan uitgesny kry dan’s ek ok, maar ek sal graag so iets wil doen soos jy. – wilskrag…pass dit aan na my ook!🙂 Sterkte vir die volgende en laaste 2 dae! Voel jy al klaar beter? Hoe voel jou lyf? Hoe voel jy? Voel jy dit het ‘n groot verskil so ver gemaak aan hoe jy en jou lyf voel? Ek vind hierdie ook baie interessant!

  7. Ek het nooit gedink ek gaan 6x ‘n dag broccoli eet nie, 7x ‘n dag was nie in my woordeskat nie . . . maar dis goed. Ek kla glad nie.

    Ek kry nie meer sooibrand nie, ek voel nie opgeblaas nie, ek is nie meer (so!) winderig nie, ek voel nie asof ek in ‘n suiker-koma is nie, ek is nie meer altyd moeg nie, ek voel BAIE beter. En die “refeed”-dae Sondag met 4x carb-meals maak die broccoli 6 dae/week die moeite werd.

    Ek dink nie meer daaroor nie – as die reminder op die foon afgaan, maak ek my bekkie oop, eet my porsies en maak dan my kosblik toe.

    En dis al.

  8. Nikita, om eerlik te wees: om op anti-depressante te wees maak dat ‘n mens se lewe redelik neutraal is.

    Dis moeilik is om te se ‘ek het meer krag’ of ‘my hare krul’.

    Ek weet wel dat my oe NIE verbeter het van al die wortels nie!

    Ek het verwag dat dit so ‘n skok op die groot lyf sal wees, dat ek sal kruip waar ek moet wees. Maar dit is gladnie die geval nie. M.a.w. die voedingswaarde in rou groente en vrugte is tops! Dit hou tot vir MY staande.

    Oor die ava…ek weet nie hoekom die prentjie dan so sukkel om oral te wys nie…

    Ai Krista. Dis darem erg. Om so ‘n straf roetine te leef is darem ver verwyderd van die tafels en kos en roosters vol vleis en bottels wyn.

    Jitte, dis woes.

    Maar ek is bly julle het die ondersteuning wat julle het!

  9. Haar man het my gevra om hierdie te versprei:

    Ok, Boendoe is weer weg, daar gaan nou baie navrae en soektogte wees.. Die rede hoekom sy haar Blog delete het is ek ( Wisecrack).Haar man vir die wat dit nog nie agtergekom het nie.Soos seker die grootste deel van haar blog gesin, het ook ek gaan soek na haar nuwe blog.Baie gevind wat kon relate en haar oor n paar gekonfronteer.( Geen privaatheid of eie identiteid gegun nie.)

    Baie harrass en onreg aangedoen. Is seker sy is met n klomp van julle in kontak op e pos, vir die wat nie is nie, hoop sy begin weer gou post.

    Wat meer kan ek se, mis haar blog net so veel as almal.

    Wisecrack.

    Ps, ek is die bad guy hier, nie BOENDOE nie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s