Tuiste » Skoor Bek » Dag SES & SEWE

Dag SES & SEWE

Ons het besluit om kos te inkorporeer in die naweek se sap afsluiting.  Mensig, ek het gedog ‘n koor daal uit die Hemel en sing ‘n area van een of ander begaafde komponis. 

Ek het sowaar nuwe lewe, nuwe guts en nuwe maniere!  Moet nooit die waarde van ‘n snoek op ‘n hardekool onderskat, of die samesyn van die eet daarvan, nie! 

As Salomo niks van die waarde van kos tussen die tande geskryf het nie, sal ek hierdie week die WOORD aanvul.  En dit is nie ‘n advertensie vir flos nie – tussen, soos tussen die boonste en onderste malers.

Lank lewe die wortel… in ‘n bredie, of gerasper met ‘n blikkie stroopsoet pynappel en sap daarby ingemeng.  Maar as sap gaan my maag steeds by my slukderm wil verby, vir ‘n good few months in die toekoms.

Dankie vir almal wat kom joke en raadgee en klets het. 

Tot my volgende projek…

13 thoughts on “Dag SES & SEWE

  1. Baie mooi! Sjoe, snoek – hoe lank terug het ek dit nie gehad nie en die goet is soooooooooooo baie lekker!!
    – iets helemal anders…het jy geweet – nee ek verwag nie jy moet dit weet nie🙂 – SA het nou ‘n Chess Grandmaster! en dit nogal ‘n meisiekind van 17! Jinne, ons raak nou spoggerig! Sy’s op my blog as jy wil sien hoe Melissa lyk! Dit wil gedoen wees…vir haar en vir jou met jou dieet. Ons sien uit na jou volgende “projekkie”.
    Lekker week vorentoe, ek’s terug in die hok vanaf Dinsdag, die kierries arrive eers Donderdag.🙂

  2. Nikita, ek wou al ‘n comment op jou blog los daaroor, maar jou blog wou nie comments oopmaak nie.

    Seker crazy Tuesday beleef gister!

    BeeBee, ek het klaar getatoo projekkie. 2 weke terug al. Maar miskien moet ek maar ‘n ‘Wys Jou Inkie’ tag begin. Dink net hoe sal almal weer *sug* as ‘n tag weer begin word!

  3. Skoorie voel jy ‘gesonder’? Ekt mos gese baasvanieplaas is op die VIS. AGGHH kan jy glo, die bogger het my wragies aangesteek! Nou vreet ons soos hase slaai ok en vis en lekker groente en rooibostee sonder melk en suiker. Koffie is beperk tot so 3 koppies met vrugtesuiker. En eier wit wat gekook is. Thats it! Weet jy hoe lus is ek vir ‘n skaap-tjoppie??? Anyways bye

  4. Dis ‘n kick-ass lekker eetplan wat julle het!

    Los suiker heeltemal uit jou koffie – weet jy hoeveel gewig ek in matriek verloor het toe ek my 8 koppies (minimum) per dag, met 2 lepels suiker, na GEEN suiker omgesit het!!!

    Watse vis eet julle?? Ek sal ook van vis kan leef. Ons is geseend hierso, as ons vislus pla, gaan eet ons sushi, of ry 20 minute see toe en gaan koop vars vis, of snoek by die kooperasie. Dis wel gevries, maar heeeeerlik op die kole.

    Hey, maar min kom by ‘n skapie. Ek weet. Rib is my favourite. Ek kry ontbeende rib uit Keimoes of Kakamas, een van die K’s, en dit is soos kos uit die Hemel!

    OK, hier knor my maag nou, en dis maar die eeste kwart van die dag…

  5. SNOEK en dis nogals nice, dit begin nou op my groei. Ek sit dit met foelie en nandos se spice in die oond vir so uur. Die groente gaan soompot toe. As jy tydjie het laat my asb weet oor die kole manier. Dis mos baie gesond, ne? Groete

  6. Ok, jy moenie ‘n snoek met so min waardigheid handle nie. Verras daai BoerMan, en doen die volgende:

    ‘n Diep skep appelkooskonfyt, ‘n lekker skep plaasbotter en ‘n groot suurlemoen, uitgedruk – mikro die lot dat hulle lekker kan meng.

    Steek intussen die vuur op, en sorg dat die snoek ontdooi en afgewas is.

    Die kole mag nie te warm wees vir die ene nie…

    Die snoek kom vel kant na onder op die koue rooster. Neem ‘n kwas en verf die mengsel aan die vleis. Gebruik geduld. As daar vog begin uitborrel op die vleis, draai om. Lig die rooster se boonste gedeelte om dat die vel nie vassit nie. Nou verf jy die vel.

    Draai weer om – daar behoort kleur op die vleis te wees. Verf weer. Lig die rooster.

    Moenie die snoek ‘doodbraai’ nie. Sappige vis is een wat netnet gaar is. Jy sal dit perfek doen na ‘n paar probeerslae.

    Die groente is as volg:

    Neem heavy duty foelie. Ek vou myne sommer dubbel, want dis altyd ‘n geneuk. Sny dik stukke uieringe, en sit dit onder neer. Neem die groente, sorg dat almal ewe groot gesny is. Klein blokkies werk die beste. Gooi dit bo-op die uie. Sny knoffel grof op, of as jy dit like soos ek, kap dit fyn, gooi bo-op, en sprinkel Ina Paarman sout oor. Neem olyf olie, drizzle dit oor en seel daai pakkie dig. Sit neer op die kole.

    Wanneer jy dit afhaal, sal die uie heel moontlik vasgebrand het. Maar die res van die groentes is heerlik. Eksperimenteer, dis die fun van kosmaak!

    Geniet die naweek!

    Pee-Es: enige groente wat onder-in le, sal aanbrand. Aartappel brand die beste aan, so hou maar die uie onder. En chillie vlokkies is erg avontuurlustig. Alternatief: stoom die groente tot amper gaar, foeliepak hulle en gaan kole toe vir ekstra smaak. Ek stoom gewoonlik die aartappel bietjie gaarder voor ek hulle insit, dit vat die langste. ‘n Half-gaar ertappel smaak yuk!

  7. Jôôô dit klink lekker!! Die konfyt en botter is ‘n effense probleem…. niks vet en suiker nie! Maar ek gaan verseker probeer wanne baasvanieplaas weer ‘n vuurtjie aansteek. Lekker naweek vir jou ook Skoorie!

  8. Neeheeheehee! Jy verstaan verkeerd ou girl, jy MAG NIE ‘n snoek anders braai nie.

    Anyway loop 98% in die vuur in, en jy kry net die smaak. Halveer die botter en appelkoos konfyt, maar dis ‘n MOET.

    Vat die voortou en steek JY die vuurtjie aan. Gee hom ‘n glas yswater vol ysblokkies wat klink soos die geklingel van oosterse klokkies om ‘n bruingetande enkel, met ‘n skyfie suurlemoen en ‘n takkie peperment in, en sien hoe gou hy ‘ja’ seg vir daai inkie van jou! 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s