Tuiste » Skoor Bek » Met die nodige erkenning aan Amanda Strydom

Met die nodige erkenning aan Amanda Strydom

hartseer3Ek loop die pad al lank, my lam

            so kaalvoet deur die kou

            van doeriekant se doringveld

            en kyk hoe lyk ek nou

 

            Ek loop die pad so sonder hoed

            deur son en wind en grou

            so kaalvoet op die slingerpad

            en kyk hoe lyk ek nou

 

            My lam, die gras is soms so groen

            die son is soms so lou

            maar ek loop hierdie pad alleen my lam

            en kyk hoe lyk ek nou

 

            Onthou jy nog hoe ons kon loop

            so loslyf en verspot

            so vlieg – vlieg oor die koppies heen

            ‘n Ragab en ‘n Lot

 

            Maar nou loop ek alleen, my lam

            so kaalvoet deur die kou

            en soms, net soms, dan wonder ek

            my lam, waar is jy nou

            en soms, net soms, dan wonder ek

            my lam, waar is jy nou?

Ek loop die pad al lank, my lam

            so kaalvoet deur die kou

            van doeriekant se doringveld

            en kyk hoe lyk ek nou

 

            Ek loop die pad so sonder hoed

            deur son en wind en grou

            so kaalvoet op die slingerpad

            en kyk hoe lyk ek nou

 

            My lam, die gras is soms so groen

            die son is soms so lou

            maar ek loop hierdie pad alleen my lam

            en kyk hoe lyk ek nou

 

            Onthou jy nog hoe ons kon loop

            so loslyf en verspot

            so vlieg – vlieg oor die koppies heen

            ‘n Ragab en ‘n Lot

 

            Maar nou loop ek alleen, my lam

            so kaalvoet deur die kou

            en soms, net soms, dan wonder ek

            my lam, waar is jy nou

            en soms, net soms, dan wonder ek

            my lam, waar is jy nou?

12 thoughts on “Met die nodige erkenning aan Amanda Strydom

  1. Is so Kop, sonder twyfel. Die jaar wat my ore hulle ‘maagdelikheid’ verloor het, was ek in trane toe die vrou die eerste keer voor my op ‘n verhoog staan.

    Ek moet bieg, ek dink nie ek het al ooit droog-oog uit ‘n show van haar gestap nie. Sy het nou maar een maal ‘n Groot Gawe om letters in woorde om te sit, wat my wese aanraak.

    Hierdie spesifieke lied sal ook altyd vir my bitter kosbaar wees. Omdat soveel van my eie lewe hiermee parallel is.

  2. Die woorde is mooi verby. Toe ek nog kon hoor, het ek haar musiek baie, baie geluister. Nou is al die ou woorde net in my kop. Daarom waardeer ek dit as ekin so iets soos hierdie inskrywing vaslees. Dankie Skoor.

    Eh! Sing sy nou in my kop:”…vra ek jou te veel om saam metmy te deel
    wat ander mense bymekaar hou!”

    Ag Here, laat my Vrydag tog net hoor. Amen

  3. Sjoe Sigeuner, dis lyk my jy is in vir ‘n GROOOOOT ding Vrydag. Dink aan jou, sterkte. En kom weer hier verby en vertel of ons gebede verhoor is.

  4. Ja! Dankie vir jou ondersteuning en gebede. Ek hoor! Ek hoor so mooi met my plastiek ore! Dankie Liewe Here, ek hoor. It`s a beautifull noise!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s