Tuiste » Skoor Bek » TAG: Wys Jou Inkie! Kaalfoto’s – geen sensitiewe kykers!!

TAG: Wys Jou Inkie! Kaalfoto’s – geen sensitiewe kykers!!

19P0335Inkies, oftewel Tatoos is nou weer vreeslik onder konstruksie dees se dae.049548

Ek het ook geval vir ‘n inkie.  Ek wou nooit, ek sou nooit, maar ek het.

Dis nie ‘n donkie op my bors wat oor 15 jaar soos ‘n kameelperd gaan lyk nie, maar ‘n paar Hebreeuse letters op my linker-arm.  Onder my horlosie strap.

Ek het gaan aanmeld by die tatoo parlor.  Net om ‘pryse uit te vind’.  076032Uitgestap en gaan eet.  Moed bymekaar gemaak oor ‘n bord Chinese eend, en terug gegaan.

Ek het ‘n vrees vir ‘n naald, maar as jy so vol gate is soos ek na my laaste operasie, en hordes 190_13_054inspuitings in die maag moes verduur, is ‘n ou inkie seker nie te erg nie…

LRF00001Dis seerderig. 

Maar nie so seer soos ek verwag het nie.  Dit voel wel of iemand met ‘n lemmetjie sit en sny deur die boonste lagie van jou vel. 

My inkie het gladnie gebloei nie.  En ook nie ontsteek nie.  Ek het wel amper die hele kunswerk bedonir deur ‘n vrag Vitamiene E room onder ‘n pleister te prop, bo-oor inkie. 

Gelukkig lees ek toe 3 minute later my aftercare instructions in ingils weer ‘n keer deur, net om seker te maak ek het niks gemis nie, toe ek baie duidelik in BOLD sien dat jy NIE te veel Vit. E creampies moet aansit nie, want dit kan die ink ‘uittrek’.  Wat toe ook besig was om te gebeur.

Wat my laat dink aan jare terug se Elastoplast advertensie waar die seuntjie ewe verbaas uiter:  ‘where dit my cut go’ toe hy die pleister aftrek!

Anyway, met die rofie vorming het inkie nou bietjie skade opgedoen, maar gelukkig kan ek teruggaan vir ‘n optouch.  Inkie is klein en min.  En dit pla my nie.

As jy ‘n inkie het, of een wil kry, post daaroor.  Hierdie is ‘n tag vir alle inkies.  Be daring – moenie bang wees nie!

23 thoughts on “TAG: Wys Jou Inkie! Kaalfoto’s – geen sensitiewe kykers!!

  1. Ek was bietjie grillerig heeltyd vir die fyn skalpel-gevoel (lemmetjie) wat daarmee gepaardgegaan het, maar ek het vasgebyt. Ook nie noemenswaardige bloedverlies gely nie – dalk ‘n druppel of twee tydens die ‘operasie’. Ek is baie chuffed met myne – sal hom tog graag net bietjie wil ‘verfraai’ eendag, maar dan sal dit ‘n true artist moet wees ;)(myne was in Amsterdam – ‘n Hollander wat besig was om aan sy zoll te teug voor sy parlour in Prinsengracht…

  2. Kaalvoet, jou dilemma verstaan ek, maar BeeBee, watse inkie het jy? ‘n Groot onwettige blaar😯 ??

    Jy beter begin verduidelik, en ‘n foto is welkom. Moet tognie skaam wees nie! Nie dat ek ooit jou soo verkeerd sal judge nie.

  3. Glo my Wipneus, ek bloos nou nog – ek het ‘n kiekie gekry…

    Ek dare jou! Regter enkel, ‘n halfmaan… En ek soek ‘n kiekie. Be daring. Of moet jy nie gedare word nie?? 😆

  4. Hebreeus? Interessant.

    Nouja ek het een van die goeters. Lank gelede gekry, toe ek 21 was. Sou ek dit gedoen het as ek nou moes kies? Nee nooit.

    Plek: Onafneembaar. NSLV 21

    ‘n Tip: Die goed hou nie verewig nie en ‘n mens moet dit laat retouch so elke 8 jaar of so, ander word dit al dower, die lyne al vaer en hy word al leliker.

  5. Dankie vir die tip Frankie. Ja, 2 letters lyk effe ‘af’ want die rofies het in die nag afgeskuur. Ek moet weer gaan vir optouch.

    Hey, hoe ‘af’ is dit om ‘n geliefde se naam te laat tetoe en dan hou die verhouding nie lank nie! Hel, mens sal wens die tyd gaan verby dat dit kan fade.

    Jy kan darem seker vertel wat die inkie is, as jy die WAAR wil geheim hou…

  6. Of Chinese!!! Waaaaaaahahaha!! Annerdag was daar ‘n groot berig ini een of anner koerant – die girl sue die Tattoo-parlour somewhere in die US. Die ou (chinese) sou haar naam op haar rug tattoo – in Chinese nogal! So kom dit dat sy ‘n ruk later iewers oppe beach lê met ‘n Chinese groepie as ‘bure’ en die kyk en point en giggel heeltyd vir haar – sy sweer hulle het nog family & friends gebel om ook af te kom strand toe. Einde ten laaste kan sy dit nie meer hou nie, vra sy die een wat die niceste lyk (kannie te moeilik weesie – hulle smile mos almal ALTYD🙄 ) wat de hel aangaan??!! Seg dié: “Why you got “Flied Lice” plinted on you back??”😯 “FRIED RICE”??? Turns out die tattoo parlour was direk langs ‘n Chinese Take-Away en die ‘artist’ het sy ‘inspirasie’ (en woorde) van die menu af gekry!!!:mrgreen:
    So beware vir anner tale!!
    Ek reken jy’s half-en-half veilig as jy liefie se voorletter op jou boudjies sit – dan hoef jy net seker te maak volgende liefie begin mettie selle een:mrgreen:

  7. Gepraat van voorletters… Helge reken as ek my voorletters een op elke boudjie tat, moet ek nettie buk nie – dan gaan die mense dink my naam is BoB!!!!😆

  8. BeeBee, o moer, asb, moenie buk nie!!! Ek het nou so gelag.

    Fried Rice nogal? Jissie, ook maar goed ek het my eie navorsing gedoen voor ek gaan sit het. Myne sou dalk ‘Crispy Duck’ gewees het😆

  9. Ek het al voorheen gesê… Sorry Hallo skoorie. Ek het al voorheen gese ek wil ssooooo graag my baasvanieplaas se naam onder my trouring laat doen. Maar so netjiese lopende skrif. Dis net 4 letters….maar hy skop vas, mens skryf nie op jouself nie. En as ek dit nou wou, soortvan skelm doen, is hier niemand in die dorp wat dit doen nie! So ek sal moet wag tot ek eendag weer stad toe gaan en dan sal ek moet smeeeeek.

  10. Jong, as hy nie daarvan hou nie, en dit moeilikheid gaan maak, moet jy maar eers sy hart sagmaak…

    En jy kry nie iets soos klein fyn inkies nie. Die ink het ‘n manier om te ‘loop’ onder die vel en jy sit netnou met ‘n inkkol!

    Maar go for it as jy kan – ek se nie wees onderdanig nie, maar moenie die verhouding wetend uitlok na ‘n konfliksituasie nie.

    Groete, Dr. Phil😆

  11. Ja Graatjie, wag maar lekker, ek moet dit eers weer laat optouch. Die rofies het plek plek te gou afgegaan en die inkies saamgeneem. Gebruik geduld ou suster. Patience is a Virgin (maar nie ini Kaap nie)

  12. Aag shits BeeBee, moes jy dit nou uitwys? Ek het so stil-stil probeer inglip. Mind you, daai lawwe Frankie het mos eendag gelatweet sy kan sy wees, maar miskien is sy ‘n hy. Hoe sal mens weet ne! Ek mag dalk die lyf regs bo ook wees…

    Anyway, lyk na ‘n vreeslike skewe smaail op daai sepia’tjie. Dis nou as ek dit sonder die bril kyk. Die koekiemonster! hahaha, ek hou op, jy bring altyd die stoutrigheid in my uit Timon!!!

  13. Ek het nogal gedink disse awesome pic. Beautifully naturally ‘normal’ in a way… ek het ‘n paar shots ‘n jaar of twee terug deur ‘n fotograaf-vriendin laat neem virre b’day present virrie Helge. Sepia is vreeslik ‘forgiving’…😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s