Tuiste » Skoor Bek » Catnip Jacuzzi

Catnip Jacuzzi

 blanka‘En ma, terwyl ek nou so rondom my kyk:  hier is moerbaie onkruid. 

En plant sommer nog catnip, want hierdie skamele bossie sal ons 5 katte seker nie ‘n week hou nie.  Dis is boonop bitter sag op die rugstring… 

Hoekom al die kruie daar neffens geplant is, weet nugter alleen.  Plant ten minste iets bruikbaar vir ons vier-potiges… 

Ons is immers die konings en koninginne van die huis. 

Ma weet mos ons maak die reels, en julle mense hou daarby.  Dan is daar vrede op aarde, en in die katte ‘n welbehae…’

11 thoughts on “Catnip Jacuzzi

  1. LOL!😀

    mens sou sweer jou kinners en ons kinners is familie! Volgens die budoggi en die wosonki is ons net daar om die blikke oop te maak en die bakke vol. O ja, en om ‘n warm lê plekkie te verskaf en koffie te maak . . . kinners mag mos nie mettie ketel werk nie . . .😉

  2. Party oggende is my lyf so styf, ek wonder of dit aan my behoort. Gewoonlik was daar dan 3 katte op die bed, en ek le ‘rondom’ hulle om nie te steur nie.

    Skoorlief se mos ek is useless, want ek skuif nie die katte as hulle lekker le nie, ek sit eerder kierts-regop op die bed en wag dat hulle move voor ek inkruip!

    Ek is ‘n sucker vir diertjies.
    😯 werk jou kinders NIE met die ketel nie?? Myne moet soggens vir my tee bring. Mind you, ek het dit op hulle ‘to do’ lysies geskryf, maar noudat ek daaraan dink, ek is seker dit is Skoorlief wat soggens die koppie tee inbring…

    Is joue ook so slim op skool? Ek het ‘n Dux leerling nogal. En dan is daar die outcast. Die wit ene. Regte rebel. Gooi klip en baklei! Ek los deesdae vir hulle RSG aan as ons gaan werk, en dan saans skryf hulle ‘n begripstoets op wat op die draadloos was!

    Hey, laat ek ophou voor iemand my laat opneem, of die aviation owerhede bel en vertel daar is verbeeldingsvlugte in die lug sonder vliegplan!!!

  3. Ons kinders is helemal balhorig – die een is selektief doof en die ander gee net aandag as jy die bal in jou hand hou. En lui – ek moet hulle altwee voer in die aand. Ek weier net om hulle in die oggend ook te voer, dan moet hulle maar hondeblokkies eet.

    Hulle hou gelukkig nie te veel van TV kyk nie, behalwe as Nig-ella kook – dan sit hulle altwee vasgenael en lippe aflek. Ons het die kleinste darem nou sover om broccoli te eet, die grootste een weier volstrek. Ek weet nie wat ek met haar gaan doen nie! EN soveel van kafeïen-verslaaf het ek nog nie gesien nie – koffie, tjoklits, you name it. Om nie eers van poeding te praat nie!

    Ok, lat ek gaan kyk na die kos.

    Baai for now!

  4. Sjoe! maar ek het “lanklaas” hier gelees!🙂
    Ek moes net gou kom inloer na ek nog ‘n klas se werk klaar gemaak het, dis na middernag hier, lekker dag/week verder! Die kat is oulik/mooi! Ek lief katte, hulle is cute troeteldiere en slim diere!

  5. Krista, jy moet pasop dat ‘n veearts jou nie hier raaklees nie!!! Ai, my een het ook so ‘n swak vir tjoklits. En sy het laas somer spanspek agter gekom! Dis ‘n giggel om te sien hoe sy spanspek steel en opeet.

    Nikita, katte is die beste. En hulle is ‘leerbaar’- myne kan praat en voer opdragte uit!

    O ja Krista, die spanspekvreter is GEK oor animal planet. Sy sit en kyk daai diere heeltyd. As ek ‘n ander kanaal opsit, draai sy om, krul op en slaap! Dis te dierbaar om dop te hou.

  6. Ja, die slakke staan ook nogal in die tou om saam te vreet!!! Ek wil regtig vir hulle die lewe nog lekkerder maak, maar jimmil, die arme plante vestig nognie eens nie, dan is hulle platgele en uitmekaar gekou.

    Ek wonder darem wat in KatjieDagga is wat hulle so optjaarts!

  7. Tjoklits vir honde en katte is D😯 DELIK!!!
    (Ek moet die naweek weer my herb’garden’ (meeste mense sal giggle as hulle my weergawe van ‘tuinmaak’ sien😳 ) aan die gang kry – laas jaar s’n het so ontaard, die basil het muurhoogte gebos en die mint het lote tot agter in die erf onder die gras deur gestoot. At least het die baie lekker geruik assie Helge grassny. Hierdie jaar ‘pot’ ek als – no more in die grond plant… (my skilpad het ook so ‘n kruieasempie dwarsdeur die somer en boonop trap sy als plat wat sy nie vreet nie).

  8. Skoor! Ons het twee katte gehad – ek het die enetjie (swart-en-wit-met “strikdassie”) by ‘n kwekery opgetel – op ‘n reënerige dag (Nikkie) en Lompie was die Blue Lilac Point Siamees – manlief s’n. Daardie twee wonderlike diertjies was soos kinders. Ons het groot pret met hulle gehad. Nikkie was lief vir water (klein katjie) en jy kon ‘n gietertjie vat en so al langs haar rugstring dit gooi, dan was sy in die sewende hemel! Hierdie twee het mekaar soos kinders in die tuin rondgejaag en ons kon hulle opvreet. Ek kan ‘n boek vol skryf oor hul manewales en dinge en al hul “gewoontetjies” en “dinge”. Hulle is iewers op my blog, ek sal wat wou gee om vandag daardie twee “kindertjies” weer met my te hê.

  9. Nikita, ek wil liewers nie vra wat van hulle geword het nie…

    Oe, as my diere hemel toe gaan, is ek sieksieksiek!!! Hulle is die wonderlikste goetertjies op 4 bene. Ek wens so ek kon voeltjies aanhou, maar ek het op ‘n stadium visse gehad. Twee groot tenks vol duur visse.

    As ek middae tuis kom, dan hang die seuntjie kat aan sy voorpote teen die een tenk se staander, gesiggie styf teen die glas, en die visse het gestres tot hulle een vir een gevrek het!!!

  10. hi Skoor, Ja, moenie eers dink om te vra nie, dit is ‘n laaaaang trane-trek-storie.
    Ek lag lekker vir daardie kat/vissie-storie van jou, ek kan my voorstel hoe snaaks dit was! Ons het ook ‘n groot tenk vissies gehad, die katte het hulle graag dopgehou. Hierdie brakkie wat ons nou het is nou een vet pret, ek geniet haar gate uit. Sy “werk” gedurig op my hartsnare en sy weet dit baie goed ook – ook hoe om dit te doen.🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s