Tuiste » Skoor Bek » Drome. Nagmerries & Begrafnisse

Drome. Nagmerries & Begrafnisse

Boer hou begrafnis op sy blog.  Jare terug al.  En ek wonder of hy, soos ek, ook soms nog wonder en wonder en wroeg oor wat was.  Met sommige verhoudings kry mens eenvoudig nooit closure nie.

Ek droom so baie dieselfde dinge oor en oor.  Altyd dieselfde mense, altyd dieselfde donirse mense.  Net nooit dieselfde plek nie.sleeping

Kan ‘n liefdesteleurstelling dan 13 jaar later nogsteeds so in iemand se grein sit, dat jy gereeld van daardie persoon droom.  Dat jy soggens wakker word, opgewonde omdat dit 13 jaar gelede was.  En teleurgesteld omdat dit 13 jaar later is?

Wanneer heel die liggaam en die gees hulself?  En sluit hulle die hoofstuk af wat jy gedwonge in daardie jare moes afsluit.  Wanneer raak die littekens op jou siel minder gevoelig as ‘n droom weer teen die verwronge vel kom krap, en hoekom loop jou drome telkens terug?

Wanneer sal die onderbewussyn hoor wat die hart en die mond praat wanneer jy in die oe van jou lewensmaat kyk, en besef dat wat gebeur het, moes gebeur, omdat julle bymekaar hoort.

Ek wil nie meer slaap as die nagmerries gaan bly skuur teen my hart se kamers nie. 

Ek wil nie meer droom nie.  Dit ontstel my.

19 thoughts on “Drome. Nagmerries & Begrafnisse

  1. Want daardie energie wat jy saam met daardie mens moes deurleef was so ‘n integrale deel van jou en ook wanneer daar nie genoeg skade in daardie verhouding berokken is wat jou laat kwaad genoeg wegstap nie, bly meestal net die mooi herinneringe agter. Maar wat jy nou het, is lewe en warm en neem jou na plekke wat jou toe oë uit die water wanneer jy lig op jou voel, laat dankie sê.
    (((((Skorie)))))

  2. Myne het lank gepla. Nou embrace ek hulle vir wat hulle is… of issit ‘was’. Ons storie is ook baie soos julle s’n dalk. “Wat gebeur het, moes gebeur…” Ons het net laasnag daaroor geklets tot ini diep nanag in. Ek weetie of ons mekaar so sou kon min 20 jaar gelede nie. So sag met mekaar kon wees. Dinge en mense moes eers gebeur, ja.
    Soms is drome ‘n sweet reminder van wat was en soms is dit juis ‘n even sweeter reminder om te waardeer álles wat nou is.

  3. Baie mooi geskryf en opgesom hierbo. Dis nes jy se: dieselfde donnerse mense!

    “Ek wil nie meer slaap as die nagmerries gaan bly skuur teen my hart se kamers nie.”
    Baie treffend gestel!

    (ekself het darem nie nagmerries nie – net mooi drome…wat op ‘n manier seker erger is)

  4. Skoor
    Dalk is jaar 13 die gelukkige jaar – dit was vir my. 13 fokken jare.
    Jy gee dalk self ‘n leidraad, Skoor: gedwonge moes afsluit. Ding wil nooit met Ding se Cats respekloos vertrap nie, Skoor. Derhalwe is Ouding half onwoordig hier. Maar miskien le daar verlossing in die kognitiewe wilsbesluit om te WIL laat gaan. Verlede toe. Maar nie net verlede toe nie. Hede en toekoms toe as herinneringe. Verlede toe as gelewe. Nie omdat dit so MOET nie, maar omdat manman so WIL. En daai omhels waarvan Beeps praat – prysloos.
    Fokkit, Skoor, Ding raak skoon bewoe oor hierdie. Ding is bolliepoefbang vir nagmerries. Daai gevoel wanneer jy da’ wakkerword – nee, bliksem! Ek is darem nou vir so ‘n rukkie redelik ontslae van daai euwel. Sterkte, man.

  5. Dagse Skoor

    Seer wat jy nie mee deel nie bly soos ‘n stukkende rugsak op jou skouers hang vir die res van jou lewe. Al omhels jy die hedendaagse mooi met al jou mag, kan jy maar weet dat daai verlede spook nie weg gaan voor jy hom heeltemal begrawe nie.

    Daai begrawe is nie iets wat jy kan wegleef of sommer saam die stof onder die tapyt invee nie. Nee jy moet dit uit sny en weg gooi en daarvoor het jy ander nodig om te help. As jy dit los kom neuk dit net jou huidige geluk op die onmoontlikste tye op.

    Groete en sterkte

  6. Sammi, weet jy wat – as alles stil raak, kan mens selde die sleg onthou! En dis nogal bad.

    BeeBee, dis die ding. Wat ek nou het, is presies die ene wat my volledig aanvul en vir wie ek oneindig lief is. Maar hoekom aanhoudend droom van wat was, en hoekom altyd dieselfde blessit gevoelens? Ek raak nou al geirriteerd met die man, lol!

    SK, die vis wat weggekom het, of gelukkig weggekom het, ne! Die ewige sluimering in jou binneste, en die wonder oor die ‘as’…

    Thanx Twaalf, aag ek bedoel Elf! 😆 Ek het al gelees by jou – jy weet van.

    Ja Ding, almal van ons sit een of ander tyd om ‘n uitgebrande vuur terwyl die as deur die wind as onthou teruggewaai word in jou gesig, en vuil strepe oor jou hart smeer. Dis moeilik as die as se onthou lag en lied teen jou ribbes kom aandruk en jy bang rondkyk vir die volgende eina.

    Dis dan wat jy maar jou menskaros om jou moet vastrek en vorentoe beur teen die houe wat die lewe jou gee. Wie nie waag nie, wen nie. By elkeen in ons lewe kry ons seker iemand wat ‘n seer onthou gaan agterlaat. En by hulle het ons ook ‘n seer onthou agtergelaat.

    Om jouself te onttrek oor jy bang is vir seerkry is seker ook nie die antwoord nie, ne!

    Ek probeer uit elke verhouding iets neem om die volgende een beter te laat groei. Hahaha, klink of ek deur baie is, maar ek IS!

    White Knight, lyk my jy het meer om te se….ek/ons luister graag!!!

  7. Skoor, dis nou in ‘n taal gepraat wat Ding volkome verstaan – dankie daarvoor. Ja, dis daai bedryf wat Brink so mooi vertel in Kennis van die Aand – oor die deel van jou wat jy vir my gegee het wat ek altyd met my sal saamdra en die deel van my wat ek vir jou gegee het en jy mee vort is. Ai. Jy sê dit dan nou net vandag vir my soveel mooier as wat Brink dit gesê het. Nee, daai IS so, manman stap mos maar aan.
    Skorie, op ‘n ander noot: wat vir Ding die wonder van die perfekte lewensmaat bly, is die aanvaar sonder werklike begrip of kennis – die aanvaar van die seerhart; die troetel en koester van gister se letsels; net so. Die aanvaar dat daar ‘n deel of dele lewe was voor hierdie deel wat nou gelewe word – sonder verwyt, ja – net so; dat manman langs jou lewensmaat nagmerries mag kry oor dit wat was. Stel jou voor as jy nie dit kon nie? Oi.

  8. Ek het hier kommentaar gelewer, maar iewers het dit verdwyn. Miskien is ek in Spam?

    In elk geval, wou net se, ek weet presies wat jy bedoel en jy het dit baie mooi hier bo gestel. Ek kry egter nooit nagmerries nie…net mooi drome…en soms is dit die ergste.

  9. Sorrie Ding en BiB, julle was verban na die spamkamer. Vaderweet hoekom!!!

    Ding, dis menslik om soms in die verlede te leef. En nou praat ek nie van wanneer die are begin verkalk nie. Somtyds is dit egter vir mens se maat te erg om met jou realiteit en verlede saam te leef. Dis ook waar. So skaaf en skuur en vorm ons maar tot ons die dag stof word.

    BiB, myne is ook gewoonlik mooi drome. En dis nie lekker nie! Jy weet mos.

  10. “Ek probeer uit elke verhouding iets neem om die volgende een beter te laat groei.” Dis baie mooi gestel.
    Die probleem vir my met die herinnering is dat dit mettertyd meer vleis aan kry en word op ‘n pedestal geplaas iewers tussen al die vergete van die verlede. ‘n Mooi herinnering is juis net dit. Iets waaroor jy MAG goed voel. Jy was in die verlede vry om te voel hoe jy gevoel het, niemand kan nou van jou verwag om jou verlede te vergeet nie.

    Ek sê aanvaar hulle, want hulle het jou gebring waar jy nou is. Jy hoef hulle nie eens te deel nie. Dinge kon beter of slegter uitdraai, maar jy weet dat jy nooit jou NUWE priceless herinneringe sal wil verruil nie.

  11. Kaneelsuiker – dit is so – mens moet maar die mooi uithou, en probeer om NOG MOOIER nuwe memories te skep. Dit moet as aansporing dien, en nie as remskoen nie!

  12. Skoor, wat ek lank terug gevind het wat my deur so iets gehelp het was om dinge “uit te praat” op papier. Ek het myself leeg gepraat in my dagboek – en my Bybel was my regterhand. Soms is dit slegs geloof wat jou dra as vriende nie meer kan nie. Ek dink aan jou en hoop daardie drome gaan jou ophou “ry”. Gelukkig het groter geluk my getref as waarop ek gehoop het. Ek dink aan jou en baie sterkte daardie kant! ((Skoor))

  13. Hello Skoor

    Ek is nuut hier, maar die grootste vyand aan nagmerries en tyd is ons eie persepsie daaroor.Ook makliker gese as gedaan ne.
    Maar ek wil saamstem met van die lesers create nuwes, gaan mal, doen dinge wat jy net dink en nie die guts voor het nie. Dit help gewoontlik om mens uit die “skok toestand” van sulke memories te help.
    Ek hou van jou blog lekker leesstof.

  14. Live & Learn, ja ou Duskant. Maar hel jong, as mens saam grootgeword het, laat jy bitter moeilik gaan, ne.

    Veral as jou verwysingsraamwerk saam met daardie ene gevestig en gegroei het.

    Alles remind jou. Jy’s later dik vir daai klip in die Karoo. Wens jy het nooit jou stere op hom neergesit langs jou maat nie.

    Yes, dit gaan heel wel. Ek sou vanoggend eerder teen ‘n kro’vuurtjie wou sit met ‘n blikbeker koffie, maar mens kan nie alles in die lewe he nie. Of so is ek vertel.

  15. O, julle almal skryf ontsettend mooi en goed! Lyk my ons het almal in mindere of meerdere mate die pyn van ‘n verlore liefde wat so deel van ons wese is dat dit altyd daar sal bly. Droom ek nie al 30 jaar lank nie? Nie nagmerries nie, mooi drome, maar hartseer. Ek dink so daaraan- hoeveel armer sou my lewe nie gewees het sonder die besondere verhouding nie. Gelukkig het ek destyds wel my hart uitgestort in my dagboek. Dis nou vir my kosbaar om nou na 30 jaar dit weer te lees en soms te dink aan wat was. Maak vrede met die verlede, al is dit swaar, want sonder dit was jy armer, sowaar.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s