Tuiste » Skoor Bek » Die strikdas en die half vol glas

Die strikdas en die half vol glas

Keith Floyd, net soos Patrick Swayze, sterf hierdie week.

floydAl was Floyd maar ‘n grillerige omie, het sy ways en manners my lekker laat smile, en vasgenael gehou voor die TV, sou hy met sy skewe strikdas, stotterende kookwerk, en wyn wat die plek vol mors, daarop verskyn.

Hy sluit hom by die weermag aan op ‘n jong ouderdom, waar hy sy liefde, of ability om te kook, besef en beoefen.  Op 28 besit hy drie restaurante, maar al drie gaan onder-deur.  Hy verkoop hulle, met die regte om sy naam te gebruik.

Sy eerste ‘publieke joppie’ is as ‘n radio persoonlikheid, waarna hy in 1984 die aanbieder is van ‘Floyd on Fish’.  En so begin die TV chef se roemryke TV loopbaan.  Hy is die gasheer vir altesaam 18 TV reekse, en dit word wereldwyd uitgesaai.  En hy skryf 33 kookboeke!!

Hy word beskou as die chef wat die grondslag gele het vir ander chefs om bekend te word op die kassie.  Tog kon niemand ooit sy flambojante, deurmekaar manier van kosmaak, drink en twakpraat, namaak nie.  Daar was net een Floyd, en dit was Keith Floyd.

Hy sterf soos hy geleef het.  Lekker gewyn, met sy maag vol kos.  Die vrou met wie hy sy laaste dae gedeel het, Celia Martin, vergesel hom na die dokter (hy het maagkanker gehad) en hulle gaan eet ‘n wilde middag ete, met sjampanje, wit en rooiwyn.  En sy laaste maal is die van ‘n koning. Hy vertel haar dat hy lanklaas ‘so goed gevoel het’.

Hulle keer terug huis toe om na ‘n TV program te kyk waarin hy sou verskyn, maar hy sterf aan ‘n hartaanval voor hy homself op die kassie kan geniet.

Floyd was nie ‘n mak omie nie – hy het telkens met die gereg gebots, of teen ander karre, wanneer sy bloedalkohol vlakke effe hoog was!  Hy is anderkant uit na ‘n beroerte, en ontvang 5 operasies en chemo vir sy kanker.

Mense is vermaak deur sy flambojante manier van aanbied .  Ek wonder hoeveel kan regtig die resep of die metode onthou?  Die kwinkslae na omstanders, of afgerammelde feite, versuip in ‘n sluk wyn, is egter geets in almal van ons se ‘onthou’.

Cheers Floyd.  Jy was ‘n treat vir die Boeregirl.

3 thoughts on “Die strikdas en die half vol glas

  1. In the words of Keith Floyd himself:
    “Cooking ruined my marriages” – Keith Floyd’s only ‘mistress’ was his restaurant.

    “Wives, wine and fame… my recipe for self-destruction”.

    “‘It’s quite hard really, but I think it’s vitally important to get across that it’s not just the middle cut of beef or the middle cut of salmon that we should be eating. We should be eating everything. And, of course, with a well-butchered pig there is nothing left but the squeal.”

    “As Charles Dickens wrote: ‘It was the best of times; it was the worst of times.’ What were the best of times? I can barely remember one. Well – until I give it a little more thought, that is. Oh yes. I was able to buy a house. And I bought a Bentley or two; that was good fun.”

    “…my TV career was the beginning of an extraordinary professional relationship that has on occasion been as difficult and acrimonious as some of my four marriages – although it has certainly lasted longer….”

    En eendag toe hy uit woorde ‘run’ tydens ‘n show seg hy : “Ah well, I just fill in the pauses with glugs of wine”.

    Soms het ek liggies ge-gril vir sy way of cooking (partymaal wragtig nie vreeslik ‘kosher’ of hygienic), maar meesal het ek van pure lekkerte geril deur sy programme.

    Cheers, Floyd!😦

  2. LOL BeeBee, soms het sy lap gelyk of hy die oggend sy half-geskeerde gesig daaraan afgevee het, yuk!

    Maar ja, hy was inderdaad ‘n fenominale entertainer. Nou sal ek maar Rick Stein aanhang.

  3. Ek weet nie of ek hom al op tv gesien het nie, mind you, ek kyk bitter min tv…te veel skoowerk nog altyd om te doen (behalwe natuurlik toe ek nog 7de Laan kon kyk – gewoonlik boeke op my skoot gesit en merk toe ek dit gekyk het.) Maar dis altyd sad as iemand gaan wat vir jou regtig pret/iets aangenaams gebring het – soos hy vir jou. Ek sal weer David Attenborough mis die dag as hy nie meer “daar” moet wees nie, ek vrek oor sy natuur-programme.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s