Tuiste » Skoor Bek » Cultivaria 2009 – en 30mm reen

Cultivaria 2009 – en 30mm reen

Daar sit die donkerkop toe met ‘n bottel Rose – 1.5liter – van Simonsvlei.  En dis nognie 10am nie.  En ‘n bottel onoopgemaakte likeur.

En toe ons, 2 shows later weer na die tent gaan om kos te soek, lag sy boooo uit.  Maar kort-kort raak sy stil, fokus hard op iets voor haar, frons, en drink verder.  En daai hele middag het sy gedrink, gelag, gesels en gefokus.  Ek was later so nervous, ek het maar oorgeslaan na koffie.  Anyway, dit het buite begin sous, en die plek het nat geword teen ‘n goeie spoed – van die matte af – ek dink die ouens met die nat voete het toe maar gegooi om die klamtes nie net op die voete te voel nie.

Dit was die samevatting van ‘onder die invloed’ wat ons beleef het op vanjaar se Cultivaria.  Tog, uit die mond van een van die skoonmakers, het manne mekaar gefoeter Vrydag aand.  Ek sal nie weet nie, toe ons oesters afgesluk was, en die kerrie en rys met ‘n glasie wyn verdun, het ons pad gevat huis toe.

nataniel   eric   sussie   lizz m   lize   amanda

Ons het alweer ‘n naweek van ongekende talent beleef.  Ek het die ‘kunste’ ontdek met die 2de Fees wat Oudtshoorn aangebied het.  Vir 8 jaar agtermekaar dit bygewoon, en op ‘n dag besluit die dronk massas, die veiligheid (gebrek daaraan) en die hitte is my een oor.

Daarvandaan doen ons maar die kunste in die vorm van die Woordfees op Stellenbosch, die somerseisoene van Oude Libertas Teater, die lekker knus Klein Libertas teater, en dan die afgelope 4 jaar, Cultivaria.  En dit was ‘n goeie besluit!

My hoogtepunt van die naweek was sonder twyfel die vertoning wat die DIVA van die SA verhoog, Amanda Strydom, en Lize Beekman, saam gedoen het.

Dooie dadels – verruklik, asem stelend, orgasmies (jaaaa, gee die kunste ‘n try!), uitsonderlike standaard en blikke vol talent het uit daai verhoog geloop.  Van Janine Neethling, tot Floors Oosthuizen, en die sexy percussionist, tot die vokale bydrae – alles was perfek vir die Sondag oggenddiens.

Sal ek ooit genoeg van Amanda kry?  Nee.  Sy dig, verf, vertel stories, troos, waarsku, lag, spot, vertroetel, flirt en bou brue met haar stem.  Daarom sal ek NOG 3 maal na State of the Heart gaan kyk, want die vorige 3 maal was nie genoeg nie.  En sal ek altyd eerste soek waar Amanda sing, en die res van die shows daarom beplan.

Nataniel was weer sy ou entertaining self.  Ek gaan sien hom nie vir sy musiek nie.  Soos hy tereg opmerk, hy het nie een hit nie.  Maar wie kan sy absurde verbeeldingsvlugte en ingekleurde stories weerstaan!

Eric Nobbs het my met ‘n helse smile deur die vertoning vermaak met sy uitstekende vertolking van ‘Doppers en Filistyne’  Soveel dialoog, soveel sinne om ‘n storie mee te skets – hy het net bewys dat hy ‘n akteur van kwaliteit is.  Ek haal my hoed af vir enige akteur wat ‘n one-man/woman show doen en dit goed doen.  En Langenhoven kon ‘n kabel laat kinkel, en die leser geboei hou.

Aag en dan was daar my jaarlikse dosis van ‘nou lag ek so, ek mag dalk net hier neerslaan en dooi’ toe ons vir Sussie gaan kyk het.  Ek onthou met my eerste Sussie, het ek op my kniee gaan sit in die Klein Libertas – daai jare het hulle nog die behoorlike ou teater stoele gehad.  Ek het nie besef teater kan so snaaks wees nie.  Sussie laat jou skater, jou wonder, en stuur jou gewoonlik nie met ‘n droe oog huiswaarts nie.

Lizz Meiring, soos Sussie, het ‘n manier om maar een maal NIE enigiets anders as komedie na die verhoog te bring nie.  As mens eers een maal ‘n karakter vertolk het, dink ek dit volg jou graf toe.  En Lizz sukkel om ernstig oor te kom.  Miskien omdat sy anyway so ‘n vriendelike smaail het, ‘n effe ene ken sy nie.  Enigiemand wat haar nognie op stage gesien het nie, en wat nie omgee vir bietjie lag nie, gaan kyk na ‘n vertoning van haar.  Gewoonlik werk sy hard agter die skerms, maar as sy die dag die make up aansit en onder die lig verskyn, is jy verseker van iets nuuts en onverwags.

Applous vir die Cultivaria organiseerders.  Die besprekings het goed gewerk.  Die verkeer het goed gewerk.  Die venues het goed gewerk.  Die dorp absorbeer soveel mense, dat mens kwalik weet daar is ‘n fees, as jy die nie weet nie!  Die manne en vroue in Blou het gesorg dat mense veilig oor paaie kom, dat die verkeer behoorlik vloei, en dat voorvalle beperk was.

Die bestuur en alle betrokke partye kan opreg flippen trots wees op hierdie fees van gehalte!  Ons sal terugkeer.  Jaar na jaar.  Solank julle nie die KKNK se pad volg nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s