Tuiste » Skoor Bek » Beste President Zuma

Beste President Zuma

zumaIs dit nou nie ‘n rare toeval nie…

Ek loop al lank met die gedagte om aan u ‘n brief te skryf, en toe ek vandag ‘n foto soek om my stelling te staaf, kry ek sowaar nie een nie.  Net ‘n simpel hoop spotprente, of waar u redelik fronsend in u kulturele drag sit by een van u troues.

Nietemin president Zuma, wil ek u bedank en komplimenteer terselfdertyd:  u is die president wat die vriendelikste voorkom – of dit op die voorblad of die spotprent blad is – u is altyd te sien met ‘n bree smile.  Dis goed as die volk sien hulle het ‘n positiewe en vriendelike leier.  Dis spoor ons almal dalk aan tot groot hoogtes.  Net soos u bereik het.

Ek hoop u vind elke dag iets om oor te glimlag president.  Te midde van die stakings, skakings, armoede, instroming, onwettige dinge, moord, verkragting, roof, leuens, korrupsie, aag u weet, al die negatiewe dinge, is dit darem soms deksels moeilik om iets te kry om op te fokus, en ‘n angle te vind om oor te glimlag.  Dit lyk my u het die geheim!

Ek bid u en die res van die leiers die wysheid en insig toe om ‘n kabinet van positiewe verandering, en ongekende sukses te wees.

Die uwe

Skoor

NS:  My ma seg sy het u noudie dag op ‘n foto sien skryf met een van die deurskynende BIC penne met die swart doppies.  Ai president, as die regering nie geld het om vir u behoorlik toe te rus met skryfgoed nie, moet u maar laat weet – ek stuur vir u sommer ‘n spiekeries blink pen met ‘n inskripsie daarop, aan.  Dit sal tog te deftig vertoon op foto’s.

19 thoughts on “Beste President Zuma

  1. Credit where credit is due. Ons baklei so baie met die man (en alle leierfigure for that matter) dat ons meestal vergeet om so nou en dan ‘n komplimentjie ook te stuur as hulle iets reg/goed doen.

  2. 😯 BiB – ek kan nie glo jy sien sarkasme in my letters raak nie! Ek is stil geskok😆 Miskien bietjie oor die BIC pen😆 😆

    Net so PJ en AP73, mens kan nie net altyd bits nie. En ek dink seriously die ou is vrinnelik. Anyway meer lus vir smaail as die vorige ene wat ons in moes vaskyk…

    Jitte Sonkind, ek het nou nooit so daaraan gedink nie. Wonder ek nou of presedentsvroue ook pms kan kry! Seker die dat hy so lag – want hy het ook nou agter gekom hy kan land-uit. Solank die kalender net met die kalenderpes gesync is!!!

  3. Soms smaail mense as hulle benoud is ook. Kalenderpes en landuit – loop seker hand aan hand. Nes Zuma met sy smiaal.

    Dan loop ons so onner deur die maan, dan loop ons so onner deur die maan, dan loooooooop ons so onner deur die maan en en my Zuma smilekie saam.

    Maan kan ook gesing word as “massa”.

    Moet se – die ene sonder die smaail, het my helemal bang gekyk.

  4. Die vrouens hou seker ook van die president wat so lekker rond dans… ek meen…’n dansende president! Dan MOET dinge mos goed gaan, of hoe? Skoor, daardie lysie is te lank jong, as Zuma so smile en dans, dan moet daar “anner dinge” op jou lysie wees.😆

  5. Sigeuner, Nikita en Tersia – ek weet nou nie vandag of ek nog dink hys vrinnelik of simpel nie. Met die Shaik storie en so. Lag hy dalk omdat hy planne in die mou het?

    Ai Prez, gee ons ook ‘n slag iets om oor te lag asb!

  6. Skoor, hy lag nie oor hy iets in die mou voer nie, hy lag IN sy mou.
    Vandag soek ek ook seblief iets om oor te lag. Voel net helemal bevok verby.

  7. Skoor? Kan jy nie iets skryf oor die mense wat my so kyk en my dan op my baadjie takseer nie, Skoor? Dit grief my grensloos as mense se persepsie op hul gesig geskryf staan (of hul houding), as hulle my nie ken nie en dan iewers in die proses van kennismaking, lyftaal skreeu – “onaangename kennis” of “jy`s benede my” of arms vou en lyk of die dag moer vervelig gaan eindig. So iets, ne?

    In die tussentyd, sal ek aangaan met my ou beleefde self, maar binne-in so kots, dat die bliksim dit nie sal glo nie! Ek kon lelike dinge nou gese het, maar ek gaan nie. Miskien druk ek myself weer verkeerd uit. Al wat ek meen is dat ek nie `n dom donner is nie, meneer die skuldmaker…kom kyk my plek, my lewe en my sukses en deel my kennis, dan praat ons weer!

    Rosa ne? Sy sou gese het…fokkirs!

  8. Haai Sigeuner…

    Miskien moes jy vanoggend NIE die baadjie met die gate in, aangetrek het nie, ne! 😆

    Man, kom ek vertel jou gou van die soorte moere. Hulle is so niks, hulle moet ‘n kar koop om ‘n geluid te maak! Hulle het so niks, hulle lees saans uit die Kook en Geniet om vol te kom.

    Skuld en kaarte, my maat, is ‘n lelike ding. Dit laat jou jou maniere vergeet, dit laat jou kop swel, en maak jou bek groot. Dit laat jou mense op en af kyk en jou neus optrek.

    Rest asured, vat die Vader daai ene se kaarte weg, k*k hy klippe, en sak hy laer as die bodem. En dan staan jy nog. Met jou gaatjies baadjie en al. En jy drink tee uit jou Clicks beker, en eet peanutbotter broodjies, en jy kan regtig lag, en jy kan regtig hoor, want jy kan regtig luister.

    Foooook daai ene man. Sy dag het uiters bad begin. Imagine hoe sy week gaan eindig! Miskien maak sy seun nog die bediende swanger ook intussen. 😯

  9. Proes! Jy`s goeie geselskap Skoor. Ek wil al hoe beter voel, hoe verder ek lees! Eh! Ek sien oupa se gesig as hy weet daso is half-boer-half-broer oppad! Dom wetter! Arrogante dem wetter!

    Skoor? Wil jy nie `n post doen op mense wat ander op hul baadjie takseer nie? Genuine, toe? Het dit al met jou gebeur?

    Die bliksims het my nou amper demoerin vir die res van die week. En o ja, mense wat dinge vertel, dan weet jy hulle praat kak, en boonop het jy nie vir die dem storie gevra nie! Dieselle ou dom drol.

  10. Dit klink of die n baie interessante debat kan word, ek ken mense wat met jou praat en verwag jy moet glo wat hulle se , sulke mense onderskat n mens se intelegensie sleg en dan praat ons nie eers van die sarkastiese tipes nie. Doen die post Skoor ek is seker daar is baie wat sal staaltjies kan bylas, ek geniet jou blog.

  11. Aag nee Sigeuner, ek het mos happy pille begin vat, so ek kan myself nou nie meer so lekker indink hoe om moerig te voel teenoor so iemand nie.

    Ek weet wel in ons besigheid is die grootste bokse, die wat dink hulle is ‘iets’ in die samelewing, en inderwaarheid is hulle siniele, fokkenverveligeoumense wat mense se gatte krap.

    Geleerdheid en grade is vir hulle alles, maar hulle moet afbetaal aan hulle rekeninge, terwyl ongegradueerdes KBA leef. (daarmee diskrimineer ek NIE, ek onderstreep trouens die fuckedupgeite van die samelewing)

    Daar sal ALTYD diesulkes wees. En ALTYD sal daar die inequalities wees. En ALTYD sal mense diskrimineer. Hetsy teenoor kleur, geloof, geslag, opvoeding, woonarea, kar wat jy ry, kleur van jou hare.

    Moenie dat dit enigsins aan jou ‘n duit se indruk laat nie, want dan gee jy onbewustelik iemand die mag oor jou. Fawk hulle man. Soos ek se, elke huis het sy kruis, en daai huise het gewoonlik ‘n swanger bediende!

    Kom nou Alice Parker, span jou vlerke, hou vas jou tieties en skryf JY bietjie vir ons ietsie oor daai vreemdsoortiges wat jou so dwars in die vleuels steek.

    Ons las graag by jou skrywes by!

  12. Skoor
    Dis n deal ek sal die erenstig skryf vir so n dag of wat los , tieties toemaak met n leervelletjie en vir julle iets interesant skryf , net so n bietjie dink ek ken nogal n paar karakters in die storie van die lewe wat n mens kan laat dwars draai

  13. Ok ons het nou gespring van die geliewe President na ons Landsgenote.
    Ek het nie baie tyd vir hierdie voorgee mense nie , die wat wil he die wereld moet glo hulle is iets wat hulle nie is nie , en dan bere hulle alles onder die kombers sit Sondae in die kerk asof botter nie in hulle monde kan smelt nie maar die res van die tyd draai die duiwel lekker rond (nou se ek nie ek is vlekloos nie)maar ek is nie bang of skaam om te wys wie ek is nie.Nou saam met die voorgee klomp is daar mos daai van oooh hoe kan jy dit se of jou vra wat is jou akademiese agtergrond, ek weet van meer miljoeners sonder grade dan die met.Ek het die afgelope week so n paar studie gevalle op my blog gaan sit en julle gaan nie glo nie hoe meer ek die spyker op die kop slaan hoe minder comments kry ek , maar die stats hardloop op . Nou daai mense is either bang of ek is besig om seker vir hulle te naby aan die waarheid te kom en die beste van als is ek sit darem nog so n oulike prentjie ook by vir die humor.
    Dis hoekom ek van jou blog hou Skoo jy skroom nie om reguit te praat nie dink jy nie dis hoe dit moet wees nie?

  14. Jy weet, nerens in die Woord vind ek enigiets wat se ons is oor mekaar aangestel volgens geleerdheid, en dat ons op mekaar moet neerkyk nie. Eerder ‘ondersteun mekaar, help mekaar om nie af te dwaal nie, wees nederig’ Die lys gaan aan en aan.

    ENIGSTE iets waaroor ons as mens aangestel is, is oor die DIERE. En dit kan sommige mense nie eens reg doen nie.

    Nee man, draai weg van sulke mense. Moenie met hulle meng nie. Gee hulle nie the light of day nie.

    Bly nederig. Bly trots.

    Punt.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s