Tuiste » Skoor Bek » Gebrandmerk

Gebrandmerk

Daar was nou vir jou ‘n man wat sekerlik van kleins af geglo het varke kan vlieg (met kopligte op bright) en dat sy pa die sterkste in die hele distrik was.

 As hy hom dikgeeet het aan ouma se twee hande hoog natbeskuit met handgekarringde botter, het hy altyd met krummels om die mond vertel dat sy ma se beskuit so hoog was, mens moes na haar roep as jy in haar kombuis kom, omdat jy nie oor die uitgedopte gebak kon sien waar sy is nie.

 Hulle beeste se melk was so ryk, as jy die koeie met die hand melk, en die spene net te hard trek, raak daai goue botterstawe sommer vanself gemaak in die melkemmer (so sterk was die stroom melk wat uitgemelk is uit daai spene, let wel)

 So le die sneeu een oggend dik op die plaas.  Tot teenaan die voordeur.  En ouma se beskuit is pas uit die oond.  En die vent kom staan weer nader.  Gifsmouse  het mos die manier om kos uit te ruik op plase. 

 Die ou kom maak homself staan in die karige kombuis, lekker teen die houtstoof.  Dit het erg koud geraak in daardie valley – daarvan kan ek getuig.  En hy eet en praat en eet en drink tee.  Hy lewer ‘n eenman vertoning.  Raak so weggevoer, ek dink as oupa en ouma die vertrek op daardie punt uitgesluip het, sou hy dit eers in die agtermiddag agtergekom het.  Maar oupa was koulik, en het weinig die houtstoof in die winter verlaat, en ouma moes tussen die vertrek met die stoof in, en die kombuis langsaan, beweeg om die kos dinge uit te sorteer.

 Ouma moes die boud in die houtstoof kry, anders was die middagete nie betyds gaar nie, en onderbreek meneer die gifsmous toe in sy monoloog, om die swartpot met die inhoud, warmplek toe te kan stuur.

 Dis toe ook net hier wat meneer die skimp vang, sy kep op sy kop sit, dankie se vir die beskuite (al is sy ma s’n mos groter), en omdraai om die res van die gemeenskap te gaan pla.

 En agterop sy beige ferweel broek, netjies uitgesmelt in duidelike letters, uitgekerf in ‘n oorseese fabriek, staan die woorde WELCOME DOVER, verkeerd-om en agterstevoor op die ou se broek se gat!

 Hy het van daardie dag af Welcome Dover in die distrik geheet.  Want mens ry mos nie gewoonlik ‘n spaar broek saam as jy gaan eet en teedrink, en die odd gif smous nie.  En die dag het skaars begin – hy moes nog baie draaie ry.

56 thoughts on “Gebrandmerk

  1. Hoe lus kry ek NOU vir my Ouma se karringmelk beskuit en droë perskes!
    En kan IEMAND maar nie vir my daai braaiboud voorberei nie? Nee jel, dis AL wat ek nou hier raaklees! Ek’s skoon verstar

  2. LOL!! Die eier!! Of, let me rephrase: ek het sopas “Welcome Dover” ge-google!!🙄 Can you believe it??!!😯 ROFL!!! Ammal sê agter my aan: “BB”… “is”… “‘n”… “egghead!!!”.😳

  3. Sigeuenr se agter BB aan:” BB is gekook!”

    Skoor, dankie Skoor. Ek ganie lat die Welcome Dovers my weer op my pantie trakteer nie! Simpel-simpel, dom-geleerde, debietvraat, gladde-tyre-en bek, outoppie! Dem Welcome Dover.

    Ah, ek voel nou so lekker ek eet sommer `n Ouma uit `n boks.

  4. Toemaar BeeBee, ek verstaan jy het miskien nie op ‘n plaas gekom nie. Jy dink seker melk kom maar so in boksies, ne! 😆

    Ai Sammi, die enigste manier om die herinneringe te laat voortleef, is om dit uit te leef. Begin beskuit bak, druk ‘n bout in die oond. Weet nie lekker waar ons perskes gaan droog in die kleine agterplase nie…

    XP, hy was so slim in sy eie oe, hy’t seker die beker op die Dover neergesit om warm te bly!

    Sigeuner, tyd dat jy jouself ook wend tot tuisgebak. Ouma uit ‘n boks is soos pap uit ‘n doos. Dit smaak netnie dieselfde as mieliepap wat met ‘n Boerehand gekook is nie!

    Grace Jones Maxie? Nee hel, sy’t mos hond lelik? Die antie lyk darem effe meer aanvaarbaar en vreeslik vrolik. 😆

  5. Huh??? Melk kom nie in boksies nie😕
    Verskoon my, Me. Skoortjie – ek hét dit geweet!! Lank terug het dit in glasbottels gekom! Die melkman het dit daar neergesit! Pê!
    En nog iets… ek, die uwe non-plasie bak nogal ‘n awesome beskuit as ek die dag tyd het. Ok dis nie boerbeskuit nie, maar ek bak ‘n ‘mean’ biscotti. Volgende keer pos ek vir jou ‘n pakkie!

  6. Skoor – jy weet dit nettie! Ek kan krummelpap ook maak. Hierdie naweek het ek en die kids die gekoopte Spinasie een kyk gegee (geel blare!) en self marog gaan pluk! My kruietuin (vir eet! nie medisinaal) kom ook mooi aan. Suringblare so groot soos spinasie (heerlik saam met braaivleis) en my pers en groen blaarslaai-goedjies. Kapperjies vir slaai, tiemie, basieliekruid, finkel (vir maerword, terwyl ek vreet, ne?) en die pietersielie waarsonder ek nie kan nie.

    Dink nogals aan `n koolstoof…”hulle” wil mos weer die krag opsit met 40%. Bliksims!

  7. Ek stuur jou my adres BeeBee! Het jy geweet, by the way, dat aarbei yoghurt aan die onderkant van ‘n aarbei plant groei?? Jy moet dit vir jouself uitcheck. As jy weer in die Kaap kom. Dan gaan jy na die Jode se Strawberry plaas en trek die plantjies uit.

    Jy gaan sien die mense gaan befawk wees vir jou omdat jy die secret gaan ontbloot. Ook nie almal het yoghurt aan die wortels nie, so trek maar uit tot jy dit kry!

    (Nou is die blond besig gehou vir die dag, lets move on….)

    Sigeuner, ek ken nie van krummelpap nie. Ons Kaapnaars eet slap mieliepap, nie wurggreep voedsel nie. Aikona.

    Marog is net ‘n woord. Ek weet nie hoe dit smaak nie. En oor die vinkel en die maerword sal jy my moet skryf…

    My koolstoof het ek so 3 jaar terug gekoop. Soos in exactly presies op die groen kleur na dieselde ene wat ouma gehad het. Dis net ‘n Jewel stoof.

    Sy staan nog heeltyd in my garage, maar eendag gaan ek haar iewers ingebou kry, en gaan die kos mal gaan op haar plate. Ek proe dit sommer.

    Tot dan moet ek my gai in rat kry en vir ‘n slag woord by daad voeg en my bakoond bou. Ek het al die deur daarvoor, ek moet net die plaat vir die dome gedeelte en die koorsteen gaan kry, Karoo toe ry vir die klip, en aan die werk kom.

    Imagine die hoender wat uit daai bakoond gaan kom wat rustig gaargemaak is… Of ‘n boud met aartappels. Wag, voor my maag verbaal raak.

  8. Kan nogal met sigeuner se eerste comment eens wees, ek ou van net regte wit beskuit nie anys nie.
    Skoor ek sal n bietjie meer in Afrikaans skryf , belowe . Ek het n bakoond buite , eintlik n pizza oons maar jy kan enige iets in hom bak, het tot die moulds vir die ding. As jy nou op n Saterdag middag klaar ge pizza het , sit n skaapboud sonder water in n klei bak maak die gat toe en die laaste kole en hitte oornag , sondag val hy van die been af.

  9. Jy gaan jou EIE EIE bakoond BOU??? WOW!!! Ek is impressed!! Gaan jy vir ons ‘n foto hier opsit?? En ons ammal nooi vir daai boude van jou??
    /me maak nota van die Jood se strawberry plaas. Ek glo nie heeltemal die yogurt ding nie – yogurt kom in bakkies en bakkies is van plêstiek. En plêstiek groei NIE aan bome nie!!👿
    *tsk* @ ‘blond’

  10. Skorie, jy moet bietjie vir BB vra oor waar leerhandskoene en leersitplekke vandaan kom . . . issi anderster storie daai!😉

    Whaaaaaaaahahahahaha!!!

  11. Ja Frankie, hy was soms soos ‘n tante met ‘n nat broek. Kruip deesdae agter ‘n groot snor weg – noudie dag weer sien ry.

    More Kaalvoet. Long time no see!

    AP73, dis ‘n fantastiese idee daai boud na die pizza. My oond gaan klein wees, so ek gaan maar kole maak en die boud insit. Nie die pizza nie. Gebruik jy jou oond baie? Sommige mense se dis maar ‘n wit olifant na ‘n tyd. Hier by ons kan ek net imagine hoe die reenspinnekoppe binne sal kom woon, en die oomblik as ek die vuur opsteek, hol hulle uit, en ek steier terug en val my wynglas stukkend!!!

    Ou graatjie, erken nou maar: jy het ‘yohurt packaging’ gaan google😆

    Ja, ek gaan my geboude braai modify lat sy ‘n bakoond kan word. Ek hou van plekkies waar ek kan vuur maak. En noudat somer met ‘n sluwwe manier nader kruip, gaan die kaggel eers vir ‘n wyle met rus gelaat word.

  12. Uhmmm, BeeBee, vertel ons van jou leer items asb.

    Asb. Toe?

    (Krista, nou gaan sy seker weer verdwyn vir ‘n wyle, en fluit-fluit terugkeer en maak asof sy hierdie gladnie gesien het nie!!!)

  13. Vriending!!!😦 Jy maakie mooi met jou maaikietjiekie nie!!! Dit was ALLES een groot misverstand! Nee, ekke lieg, dit was ‘n skok😯 op my systempie! (Ek eet nog steeds langtand aan ‘n stuk steak (en vir oxtail is ekke lankal nie meer lussie! Het julle geweet dit kommie regtig van ‘n os af nie?!🙄 Gelukkig het ek ‘n Vriending wat die nuus so sagkens as moontlik aan my geopenbaar het.😳

  14. Papmaak en pap-eet wat sal kapenaars nou daarvan weet? toe ek hier gekom het en my eerste ‘braai’ bygewoon het en gevra het waar is die pap toe kyk hulle my aan asof ek geld vra.

    pap = regte stywe pap soos die swart mense dit maak met sjeba by. dit is pap vir grootmense. njam

    babas eet slappap en oumense eet krummelpap vir ontbyt. met melk en suiker? yuk.

    in my hart is ek steeds ‘n tranvaler…pap, donderstorms en goeie bestuurders😆

  15. Nou wat, liewe Frankie, soek jy dan nog in die Kaap? Uhmmmm? 😯

    Mense het seker geskrik vir jou voortvarendheid laat jy sommer so vra waas die pap! Nei man. Ga. Djy het regtag dai bergies byte jou tyn se maniere om soma soe te wil vra vi alles.

  16. Ek kan die stywe pap en sjebba ok mak! Net ek gooi sukke handevol vars Bazil uit die tuin, daarin. Oe!
    Siende lat ek Suidwester is, ken ek ook die brood met kaas, tamatie en uie. Vasgebind met garedraad. Baie by die see so gerooster. Nou eet ek dit as Transvaletjie vir ontbyt. Noem dit toast.

  17. Die miljoener se kombuis…lat die gatang nader skywe, fridgedare fol gaprop met piekfyn vleis…Skoor! Ken jy nie daardie gedig nie!! Ek soek hom met ‘n seeeeer hart…ek moes hom leer toe ek 11 jaar oud was…’n regte egte gamat gedig…ek moes gedigte weekliks ken, sommer 4-6 op ‘n ry en jy? hierdie was een van hulle…en dan kon die onnie jou enige een vra om op te se…oeeee…krrrrrrrrummmel pap!! my groooooooot gunsteling!! Ek laaik van!!

  18. Laat ‘n duitser jou nou leer van ENIGE pap maak (Slap, styf of krummel) Papmaak is maaaaklik – veral ini mikro…
    So maak mens:
    Skep 1 lekker vol koppie pap (ek gebruik growwe braaipap) per 2 persone in ‘n glasbak.
    Sit sy deksel op of gebruik ‘n groot onderstebo bord.
    Kook die pap droog in die mikro op HI vir 3 minute. Kook solank jou water ini ketel.
    Gooi nou soveel water as wat jy nodig het by jou pap. Bietjie sout. Werk dit deur met ‘n braaivurk vir krummelpap, of roer vir styf/slap (gooi water by soos nodig).
    Sit die deksel/bord op. Kook HI vir 3 minute. Roer weer. Jy kan nog water bygooi as die spul te styf is… Herhaal die proses 3 keer. M.a.w. 3 x 3 minute. Voila!! Klaar!! (as jou mikro outydserig is, sal jy dalk nogge keer moet 3 minute gaan – HI oppie een issie HI oppie ander een nie.
    As jy 2 koppies pap gebruik (vir 4 mense)🙄 Precook ook vir 3 minute. maar na jy die water bygevoeg het, kook jy 3 x 6 minute. (dis hoe mikro werk:mrgreen: )

    O, onthou tog om dan ‘n groter bak te gebruik😳

    As jou kookproses klaar is kan jy ‘n handvold whatever byvoeg – enigiets, van gebraaide uie, bacon, ham, mushrooms, kaas, sweetcorn- enigiets of combo – meng in en kook nog 3 minute. (My ma love hierdie mikropap so baie met ‘n gekookte opgekapte eier daarin geroer.🙄

  19. Sammi, gaan koop die frieken boek!!!! Dis moerse. Ek haat kortverhale, maar hierdie is totally diffirent en ek het gistraand gelees tot my oe oorkruis hol.

    Sigeuner, Skoor gou vir jou iets vertel. Seriously. Sit ‘n smeersel Mrs Balls op daai braaibroodjies van jou volgende keer. Asb. En laat my weet hoe sy die volgende oggend geproe het.

    Dankie vir die kookles BeeBee. Ek verkies my gasstoof met die gggggggg onder die kastrol se gai. My ma maak ook so mikro goete, maar ek gebruik myne selde. Skoorlief is ook nogal doenig met die mikro, come to think of it.

    Niks beat ‘n rasper vol kaas in daai pap nie. Niks!

    Nikita, jy’t my nou nuuskierig. Dit klink soos iets wat Sonja Harold desjare ook kon gesing het, weet jy. Op dieselfde trant as Opperman? se ‘Slamaaierwinkel’ wat Carike weer gesing het.

    Jitte nee, ek het wel Eistedfort gedigte gedoen, maar genadiglik kan ek nie onthou dat ons so moes gedigte leer in die klas nie!

    Jissie, nou le my dikke verseboek by die huis…

  20. Ek moet net my bike weer aan die gang kry! Weetie WAAR hieronder die ding is nie! Maar al moet ek stap, sal ons weer daardie uitruil! Allercool!!! Dankie Skorie!

  21. maar skoor hoe kan jy vra wat maak ek nog in die kaap?

    ons drie kinders is op skool hier, en ai, die kleintjie doen so goed, sy is nou vir die tweede jaar in ‘n ry, eerste in L.O.
    ek kan mos nie trek nie, die oudste een is volgende jaar biblioteek-prefek.
    have a heart

  22. Nikita, ek kan vi jou enige ou gedig innie hanne kry…kan jy jou e-pos vir Skoormondjie sjee? …daar was so een reel…lekke lekke uibe, laddie ghantam nader skuiwe….bla, bla,bla ….en baja kirries slam byrie huis se kant, ne?

  23. hi Sigeuner…ja!! Dis hy…hy begin iets soos “dai pellie van my wat da wek as kok…”
    hiers my email…chessalee2468atgmaildotcom
    Dankie!!! jy maak my aand! (met my stem wat weg is en verkouerigheid en al!):)

  24. Skoor! Ek moes gedigte van st2-st4 geleer het..weekliks 4-5 van hulle en jy kon enige tyd enige een gevra gewees het, dan moes jy dit ken! En sommige was laaaank! In die hoeveld was een van hulle…twee versies en langerig…vandag is ek bly daaroor🙂

  25. Pik, as mens eers eenkeer daai ongelooflike voorreg gehad het, taan die hunkering nooit.

    Frankie, ek sien jy is in ‘n dillemma van epidermiese proporsies. Ek sou dan ook nie kon trek nie. Verseker ‘n catch 22!

    Nee Sigeuner, copy en paste dit hier by die comments. Ek wil dit ook sien!

    Nikita, imagine watse marteling dit vir kinders moet wees wat nie kon onthou nie! Genade, ek dooi 7 dooisels as ek soveel gedigte net moes ken. Ek het meer gehou van speel😆

    Fluister jou klas se kinders nog? Daai was snaaks, ek onthou dat iets soortgelyks met ons gebeur het in St. 5. Die juffrou se stem was ook weg, en sy was geirriteerd met ons klas, en sy storm op die skuldige af, en fluister: JY! UIT MY KLAS!!! En die meisie kyk geskok verbaas na haar, en FLUISTER terug: Ek?

    Ons het ons amper natgemaak. En die situasie was ontlont.

  26. hi Skoor..haha..ek het nou gesmile vir daardie juffrou/meisie-storie. Ja, dit was nogal erg snaaks dat ‘n 15jarige vir my fluister…[hehehe] die ander onnies wou hulle skeur toe hulle dit hoor. Ek is tuis vandag..VROT van die verkoue/hoes my dood/sinusse geblok…ai, ek haaaat dit. Ek werk eerder 6 dae as wat ek siek is en so voel. Manlief dieselfde, ons het albei nou eers opgestaan, hy maak nou spek-en-eiers vir ontbyt en dis byna 12uur! Ek weet nie of ek gaan reg wees vir more nie.
    Ja, ek dink dit moes erg gewees het vir die wat die gedigte nie kon onthou nie. Daardie tyd was dit A,B,C-klasse en ek was gelukkig om altyd in die A-klas te wees, ek dink dit was seker anders vir die C-klas ens. Ek weet dit was met ons ander leervakke so, vriendinne in die B-klas het minder wiskunde ens gehad om te doen (as ons vergelyk het). Later het hulle weggedoen met daardie stelsel.

  27. Nikita, as die siekte jou los, en jy voel ooit weer nie so lekker nie, wend jouself tot 1 teelepel koeksoda (yuk!) opgelos in ‘n glas water, en 2 Viral Guards, elke 4 ure. Stop enige kiem is sy spore!

    Sterkte. Ek kan nie sien hoe jy more beter sal voel nie.

    Drink iets met ‘n opdroogmiddel soos Sudafed of Actifed sodat die drup net uit julle kele kan kom. Daai drup maak alles erger!

    Good Lux!

  28. Skorie, watse nuwe Deon Meyer?? Weet jy hoe amper het ek nou uit my stoel geval?
    Moenie vir my se daar’s ‘n nuwe Deon Meyer en ek wis van g’n niks?

  29. Jip Maxie! Kortverhale. Gaan soek maar, dis in al die goeie boekwinkels. Karoonag en ander verhale.

    Don’t miss it – dis great!

  30. Hi Skoor, dankie vir die raad, ek’s nog tuis vandag, hoes my longe uit, ek dink ‘n paar keer moes ek dit vanoggend optel en terugdruk, manlief is self dokter toe vanoggend, hy het min of meer dieselfde ding as ek, ek is nou glad nie in ‘n bui om ‘n dokter te sien nie. Ek het hom gevra om iets saam te bring soortgelyk aan sudafed- hulle het iets soortgelyks hier, maar flouer..jong, hier is hulle maar met sommige goed pateties…dis omdat hier so baie “dom” mense van ander lande hier aankom-wat nie Engels kan lees/verstaan nie -en wat nie labels lees (of kan lees nie)en hulle self of kinders oordosisse gee van medikasie en daarom het hulle sekere goed nie hier nie – of baie flouer weergawes as wat ons gewoond is om te gebruik. bv, jy kry nie Corenza C hier nie, hulle sal iets oorkom as hulle sien wat dit in het en dink jy moet dit drink, maar ou maat, ek glo in dit. Hulle lemsip is flouer as Med-Lemon. Hulle het hier ‘n hoesmiddel (goedkoop, maar werk) waarvan ek hou, Buttercup- my rugspiere is al so seer van al die gehoes, voel asof ek aanhoudend in a spasma is.😆

  31. Julle blaf so, die hond is glad nervous! 😆

    Skoorlief het ook so ‘n borsding tans. Ek is bly, want nou dink mense ons het ‘n hond.

    Drink maar 2 van elk in ingeland. Ten minste weet jy daars nie fyngemaalde glas of staal weerhakkies in nie, ne!

    Goodluck

  32. Skoor, jy’s helemal reg, sy hol sommer weg as sy my blaf!😆
    Ag Skoor, wil jy nie vir Sigeuner vra om my die gedig aan te stuur nie, seblief, ek weet nie of sy weet ek het my email hier geplaas nie. Baie dankie! Sterkte met jou borsding ook, ek het nou so twee ure geslaap en voel effe beter.

  33. Awe Nikita, sorry! Ek het vanaand (Dinsdag 13 Okt) eers `n mail van Sjkoor gekry en toe hienatoe gelees. Ek pos dit more oggend en dan sommer ook coment hier ook. Sorry.
    Nou net gou solank al die bundels uit die stofrak gaan grou.

  34. Pingback: Lewensreëls « Herriemerrie

  35. Nikita se poem:

    Kaalvoet Klonkie – ID du Plessis (DJ Opperman, Groot Verseboek)

    Verflenterde kaalvoet klonkie
    Wat groente verkoop in die reën,
    Met jou lelike skurwe tone
    En jou lendelam hoepelbeen,
    Jy kom met jou venterliedjie
    Deur die mistige Kaapse straat
    En helder sing jy die woorde
    Op jou eie koddige maat:

    Lekka, lekka ywe,
    Laat die ghantang nadderskywe!
    Tamaties en ywe vars van die Strand
    En baie kiri slam by die huis se kant!

    Jy kom uit die deel van die Kanaldorp
    Waar die dieners gewapend moet gaan
    En die weerlig van `n skeermeslem
    In `n donker hoek neer mag slaan.
    Miskien kon jy :Bismillah” sê
    Vanmôre, omdat in die kas
    Wat dae lank so leeg moet bly,
    Daar weer `n broodjie was?
    Of dink jy al aan Nuwejaar
    As die troepe deur Waalstraat stroom
    Van die Bo-Kaap na die Onder-Kaap
    Langs die stomp van die slaweboom?
    Is dit wat jou so laat bokspring
    En dans op jou hoepelbeen,
    Verflenterde kaalvoet klonkie,
    As jy groente verkoop in die reën?
    Ek hou van jou vrolike klanke
    Waarmee jy die winter tart.
    Sing jy hierdie ligte deuntjie
    Bo `n somberte in jou hart?
    En as jy op na die Boereplein
    Met jou boepens-mandjie gaan,
    Dan trek jou parmantige liedjie
    Deur die strate agter jou aan:

    Lekka, lekka ywe,
    Laat die ghantang nadderskywe!
    Tamaties en ywe vars van die Strand
    En baie kiri slam by die huis se kant!

  36. Baie dankie, Sigeuner!! Dit lyk my dat my ou brein verroes is…ek het die gedig “gemeng” met Die Miljoener se kombuis…Die miljoener se kombuis begin met iets soos…”…daai pellie van my wat da wek as kok…” ag, ek weet ook nie meer presies nie, maar iets in daardie lyn en dan gaan dit aan met iets soos…”china en die messegoed, fridgedare met piekfyn vleis…” ..jongie, dis als net frases wat ek so stukkie-stukkie onthou. Baie, baie dankie vir jou moeite!

  37. Nhei, dis reg pellie…so los en vas. Myse brein KEN nettie vannie miljinher nie en het gadog disse ene vannie klonkie? Ma soe tissin-in read ons dan anyway poems, want dis moes lekka. Helemal lekka, jis!

  38. Nikita, nhei nie sonna die stroep nie. Wand dan klou die peunutbatte vi liewe en dood aan myse vajimmilte!

  39. Sigeuner…noe prat tjy man! Ek het diet nie bygelas nie, maar ai, stroep of jining! dis dalem mar lekka! Lekka lekka ywe, lat die ghatang nade skywe!😆

  40. Pingback: Lekka Lekka ywe! « Chessalee

  41. Dankie Sigeuner vir jou en jou familie se hulp in my “projekkie”! Jy kan kom loer wat ek daarmee gedoen het. Daardie niggie van jou was darem baie oulik! Se vir haar ek se duisend dankies! Skoor, dankie vir jou blog wat die “middelman” (of is dit die “blok om die hoek”🙂 was!] Ek is heel in my skik met die gedig.

  42. Pingback: Projekkies « SKOOR

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s