Tuiste » Skoor Bek » Meester Deon Meyer Skryf Steeds

Meester Deon Meyer Skryf Steeds

Die ander dag kom ek in Protea.  Louise beduie na die stapel nuwe boeke, en voeg by:  ek het jou nie gemail oor Deon Meyer se nuwe boek nie, want ek weet jy hou nie van kortverhale nie.karoonag_g

Jip.  Ek doen nie.  Behalwe dat die laaste kortverhale van Tannie Dalene Matthee gerock het.  Dus neem ek maar ‘n boek op.  Karoonag le koel in my hand.  Ek koop sommer oom PG du Plessis se jongste bundel kortverhale ook.  Die ‘bekering’ teenoor kortverhale is ernstig…

Aaaaaag tog, Deon Meyer moet pasop ek kry hom nie gevang nie.  Ek sal hom gevange hou, vir hom lekker kos kook, vir hom lekker wyn gee, en elke aand soek ek ‘n storie!!! 

Ek is soos ‘n besetene deur die boek.  My huismense weet al, wanneer ek op my bed met ‘n boek gaan neerval in die middag na werk, is dit OF omdat ek siek voel, OF omdat die boek in my hand uit die Meester se pen kom.  Dan loop hulle suutjies deur die huis, en roep my maar nie as Egoli begin nie.  Tee word sonder woord langes my bed gesit, en ‘n bord oor die skorsies sodat hulle nie water trek nie.

Die bundel was vinnig deurgelees.  Te vinnig.  Ek het hom gemail om te vertel ek dink dit is awsome, en ek sluit sy reply in.  Vir die, soos ek, wat half leef van bundel tot bundel uit sy pen.

En tot die souties kan saamlees.  Weet net nie lekker hoe vlot mens kan vloek in ingils, wanneer jy iewers in SA rondkoes nie!

Beste Skoor

Ek is dankbaar en verlig dat jy van Karoonag gehou het. Die volgende boek
(“Spoor”) kom nou mooi aan en behoort teen aanstaande jaar in April op die
rakke te wees.

Groete

Deon

2 thoughts on “Meester Deon Meyer Skryf Steeds

  1. Kan nie wag vir my eksemplaar nie (Leserskring)….
    Nuwe boek in April? Yeahhh!!!
    Ek het juis die naweek alweer en vir die soveelste keer Feniks gelees, steeds dieselfde trefkrag.

  2. Ek weet nie of ek die soort boek 2x kan lees nie.

    Ek onthou hoe ek hardop saamgepraat het met Onsigbaar! Ek hou van daai verassingselement.

    Die tweede keer het ek reeds die eerste keer geskrik, so die belewenis gaan nie soos ‘n opwindende reis wees nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s