Tuiste » Skoor Bek » Lewensreels

Lewensreels

gatiepHerriemerrie saal weer ‘n woestynperd op deur vir mense te vra volgens watter ‘lewensreels’ hulle lewe.  Om haar indirek te antwoord, besluit ek om dit effe te wysig, en te vertel hoe ek verkies om my lewe NIE te lei nie…

Ek wil nie meer babelas op my ouderdom kry nie, daarom drink ek minder.

Ek koop niks op skuld nie.  Ek ry eerder ou karre as wat ek grend ry, maar nie geld het vir sushi nie.  Ek eet ook nie op my kredietkaarte nie.  As ek nie geld het nie, braai ek vleis eerder as om uit te gaan.  Hahaha!  Ek is baie geseend om so te kan lewe.  Ek erken dit is nie uit my goedgeit nie, maar uit Genade.  Dit kan alles in ‘n oogwink verander. 

Ek mishandel nie diere nie.  Ek wil mense doodmoer wat doen.  Diere moenie diere aanhou nie.

Ek dra nie rokke en hakke nie.  ‘n Hemelbesem op hakke lyk vir my simpel, en ek lyk simpel in rokke.

Ek wil nie doekies omdraai nie.  Maar ek is ‘n mens wat nie altyd vir iemand in sy gesig kan se om te skoert nie.  Ek wil nie sommer lelik wees met mense, en hulle gevoelens seermaak nie.  Tog boet ek baie van myself in deur nie reguit te wees nie.

Ek wil nie graag sonder humor leef nie.  Ek kom uit ‘n familie waar twakpraat makliker kom as realiteit en waarheid praat.  ‘n Masker van lag.  Tog sal ek nie sonder daardie spontane twak kan funksioneer nie.

Ek wil nie sonder boeke wees nie.  Storieboeke.  Woordeboeke.

 

Laaste, lees ek vanoggend ‘n bittere belangrike vers:

Behandel mense soos julself behandel wil word – Lukas 6:31

En daai moet ek altyd onthou.  Veral as die harregatgeit my pak.

As enigiemand nie getag is met hierdie vraag nie, tag ek jou nou.  Sodoende laat ons niemand uit wat miskien vir die bloggers ‘n waardevolle openbaring kan lewer nie.

10 thoughts on “Lewensreels

  1. Ek dink soos mens ouer word, vervaag party reëls wat jy vir jouself gestel of aangeneem het – ander word weer sterker?

    Ek is nog baie ver agter met Deon Meyer, maar ek maak hulle bymekaar. Ek lees hulle net as ek met vakansie is – darem nog net 7 of 8 weke!

  2. Kop, jou mense gaan weer MIN van jou sien die vakansie as jou vooruitsig is om in die paragrawe van Meyer te dwaal…

    Geniet dit. Voorwaar iets om NIE te mis nie.

    Lag sommer net XP, oor jy kan. Al is dit vir die lawwe 7uur Nuus!!!

  3. Skoor – stem ek saam…doen aan ander soos jy aan jouself gedoen wil he. Probeer elke dag om te dink hoe dit in ander mense se skoene moet voel.
    Dissiplinne – met myself, anders rafel ek uit.
    Om altyd beginselvas te bly – nogals maklik, want Boerneef ondersteun my daarin en is baie erg oor beginsels.
    LAG!!! Sommer baie, oor baie simpel goed, oor simpel dinge wat ander mense as ernstig beskou…ja, ek neem die lewe nie te ernstig op nie – en vat NOOIT iets wat iemand vir my se as persoonlik op nie.

  4. Skorie ek sukkel ook met die een om nie reguit te wees nie en ek stem soms is dit tot mens se eie nadeel. Ek dink ek kort ‘n life coach. 😉
    Jip mens wil nie meer daai babelas gevoel hê op ons ouderdom, dit maak mens sieeeeeeek!! 😆

  5. Sigeuner, dis soms moeilik om nie iets persoonlik op te neem nie. Maar dan moet mens maar dieper gaan kyk en soms afmaak as ‘dis maar die tipe mens waarvandaan die uitlatings kom’. Nie almal het dieselfde standaarde in menswees, en dieselfde mate van takt nie.

    Wip, net ‘n puntjie om uit te klaar met jou: moet my nie klassifiseer onder jou ouderdomsgroep nie, asb. Ek is lankal al verby 25!!! 😆

    Is daar al life coaches in SA?

  6. Ja daar is life Coaches, kom jy saam?? Ons moet hierdie ding afleer dat ons so Miss Goody two shoes wil wees. Op ons ouderdom moes ons dit nou al ontgroei het. Huh?? 😯 Ek wil my sê, sê as iemand my afpp – die snaakste vir my is dat ander mense nie omgee om reguit en ongepoets te wees nie. Mind u aan die anderkant deesdae is goeie maniere en etiket so skaars soos dinosaur eiers. Ons behoort dus op die “Endangered species” lysie. :mrgreen:
    Skoor 25? whahahaha Sjoe girla ek is al laaaaaaaaankal daar verby, dis net in my hart en siel wat ek nog by die twintigs vasgeslaan het. Maar dis ok as jy dink ons tweetjies is 25, ons het buitendien nog baie skop in ons.

  7. Ek dink ek sal heerlik met jou kuier, so met ‘n glasie rooies en dan kyk ons na die berg en luister na die golwe wat oor die klippe spoel en die seemeeue wat so laag oor die golwe fladder…

  8. Wip, jou dino eiers is classic. Ja, goeie maniere is met die baba se badwater oor die onderdeur uitgeskiet!

    Nikita, jy sal moet roer tannie, voor dit te warm raak vir rooiwyn drink. Jy sal dan moet settle vir ‘n yskoue Blakes & Doyle waar die druppels ys teen die kant vassit. En glo my, daai appelsappies maak van jou ‘n verspotte persoon as jy haar nie met sorg hanteer nie😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s