Tuiste » Skoor Bek » Kas-kenades (LV16)

Kas-kenades (LV16)

stopJinne, ek word steeds daagliks ontnugter deur van my mede landsburgers se tweegesig leefstyl!

Hoekom is dit vir sommige doodsake oor wat ander van hulle sal dink?

Is die selfvertroue dan regtig so min dat jy jouself as ‘uiters liberaal’ vanaf ‘n openbare verhoog sal beskryf, terwyl ek voor my siel weet jy ****** & ****** heerlik in sekere mense se geselskap?   Is jy bang die lable van rassis word om jou nek gehang, terwyl jy ‘n tyd gelede ‘n uitgesproke een was?

Ek ken mense wat letterlik soos ‘n vlag aan ‘n paal wapper.  Jip, as die nuwe vriendekring daggarokers is, sal die leefwyse daarvolgens aangepas word.  Solank die ‘eie ek’ net sosiaal aanvaarbaar sal bly.  Wel, sosiaal aanvaarbaar in wie se oe?  Die daggarokers en die suipers???  Hahaha, iewers gaan jy in die vlakwater vasslaan terwyl die res van die wereld op ‘n seiljag verbyvaar.

‘Ek leef eerder in skuld as om doodgesien te word in ‘n kar ouer dan 6 jaar. ‘ Donir, get a fucking life.  Daar is mense daar buite wat nie eens ‘n kar kan bekostig nie.  Van jou eie vel se mense sit in plakkerskampe, en jy kla oor die spoedkaartjie wat jy gekry het toe jy gejaag het om betyds te wees om ‘n tafel op die ‘in’ restaurant se stoep te kon kry, sodat die wat verbyry, jou darem daar kon spot.

Moerse cool.  Moerse leeg.  Is jy bang jou Facebook vrinne delete hulself van jou profile?

Slaan die toiletseat af voor jy dit trek – mikro grootte druppeltjies, loaded met kieme wapper en warrel die hele badkamer vol, en gaan sit op jou tandeborsel, handdoek en dental floss.  Jy kan moerse siek word hiervan.

Kook net genoeg water vir jou koppie tee.  Hoekom ‘n vol ketel kook en tyd EN FLIPPEN GELD mors met so iets.  As jy geld het om te mors, skenk dit aan behoeftige instansies.

Gooi gereeld ‘n paar lepels koeksoda in jou dreine (bad, wasbakke, stort) en jaag ‘n sarsie wit asyn agterna.  Dit hou die moontlikheid van blokkasies laag.  En dis nogal terapeuties, die geborrel en bruis.

Sit ‘n sonskerm in jou kar.  Al gaan jy net gou shop.  ‘Net gou’ gee die son genoeg tyd om daai nuwe kar van jou se dash, gou soos die hond se gat te laat lyk.

Eet heel, vars knoffel.  Sluk dit soos ‘n pil, en wees gewaarborg dat die muskiete jou nie skade sal berokken gedurende die somer seisoen nie.  (Ek het nognie die antwoord vir die gezoem van muskiete om jou kop nie, maar met die knoffel in jou bloedstroom, kots hulle enige gedagte om aan jou te suig, net langs die wond uit!)

Fokus op die klein goedjies in die lewe – dan sal jy nie so baie tyd he om te mors op sinnelose ‘Die Eie Ek’ nie.  Of sit jou hoofligte af as jy by my verbykom.  Dan sien ek jou nie, en ek hoef jou nie hier aan te vat nie. 

Klim terug in jou kas, jou nar!

7 thoughts on “Kas-kenades (LV16)

  1. Mooi gese Skoor, twee-gesig-mense kan mens sommer gou-gou uitken aan baie dinge. Dit grief my tot in my klein toontjie. Soos skapies, geen identiteit…drentel agter die “ander” aan net om “in” te wees. Dis soos jy se, mense met ‘n lae selfbeeld-probleem. Ek kry daardie tipe mense jammer, hulle moet heeltyd aanpas om in te wees en moet seker onder geweldig stress leef, want hulle moet so byhou by die almal om hulle – naderhand gaan hulle def “crack” – of uitval en jy hoor nie weer van hulle nie.

  2. Skoor, ek wil met jou stry oor jou stelling dat mikro druppels op die tandeborsels siekte sal veroorsaak. Ek dink nie daardie kieme is so significant nie. Ek kyk altyd of alles mooi weggeflush het voor ek die deksel weer opsit.

    Oor die res stem ek saam, kan self bietjie werk aan die ketel een.
    Lekker!

  3. Nee Kaneelsuiker, ek het die eksperiment op Teewie gesien gebeur. Die ghieniepigs het vreeslik diarree gehad en met die blou/pers lig kon mens sien hoe dwarrel die goggas as daai lever getrek word, en hoe land dit mooi netjies op die beskikbare oppervlaktes.

    YUK!

    Maar ja, mens moet kyk dat alles mooi wegflush, jy is reg. Ek doen gewoonlik as ek ‘n spinnekop vang, doodknyp en daar ingooi. Wie wil dan nou gaan piepie in die nag en voel hoe word jy bevoel! 😯

    Jong, gaan drink koffie in die Neelsie. Dis beter as om die ketel te kook. Ek hou van Vlambojant se koffie. Veral saam met ‘n brekvis. Dan kry ek altyd ‘n XL koffie sonder om die ekstra 50c te betaal! (dis nie wie jy is nie, maar wie jy ken)

    Groetnis!😆

  4. Skoor, snaaks genoeg ken ek ook Flambojant se eienaars. Sal daai deal verder vat, dan spaar ek 50c!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s