Tuiste » Skoor Bek » Ek Spook. Jy Spook.

Ek Spook. Jy Spook.

Ok, ek wil bietjie simpel wees en insist dat die tag op hierdie blog gedoen sal word. Asb. Speel saam. Dan hoef ‘n reisiger nie te spring van blog na blog om te gaan soek vir haarrysende vertellings nie!

Ek tag jou dus, ja jy wat nou hier lees, om innig te gaan dink, en terug te kom met ‘n storie wat met jou gebeur het, of waarvan jy gehoor het.  Skryf dit sommer op Word en copy en paste dit in die comments as jy dink dit gaan te lank vat om vas te haak op die comment blokkie.

spookMy ma het my ‘n liedjie geleer toe ek nog klein was:  “Wie is bang vir ‘n spook?  Eendag word jy tog een ook.  Wees gerus, oor 100 jaar, eendag groet ons weer mekaar!”  En dan sluit jy die liedjie af met ‘n spookstem wat se:  “hullo, hullo”

Kyk, die Here het geweet as Hy vir my ‘n helmet opsit met geboorte, sal ek spare panties moet saamdra elke dag van my lewe.  Ek is bang.  Soos in ‘ek maak ander bang, maar eintlik skrik ek groter’ bang.  En ek moes groot-oog na oupas se spookstories luister, en banggat weghol vir my eie skaduwee toe ek klein was.  Maar hoe sal ‘n kind regtig kan grootword sonder ‘n spookstorie?

13 Jaar gelede pas ek die een bestuurder se huis op, op die plaas waar ek werk.  Daar is dit snags so donker, jou flits help nie eens nie.  Dis winter, en die sneeu le net duskant die grond.  Dit reen vir dae aaneen, en as ek saans in die huis instap, het die faeries al kaggel aangesteek, en hoef ek net te besluit watter Woolies dis in die oond moet kom.spook2

Sulke aande was omgesit by die vuur, hopend om iets van waarde op die TV te kry, of omgepaartie met vrinne wat oorgekom en oorgebly het.  Maar hierdie aand was dit net ek en my skaduwee.

Ek het in die gastebadkamer ‘n diep bad gaan tap, en eie aan myself, met my lang bene aan die oorkant teen die muur vasgetrap.  Ek het nog nooit ‘n bad gekry waar ek kan le sonder om my bene te buig, of langbeen teen ‘n muur vas te trap nie.

spook3Dit was laat.  Soos in na 12, en my vel was verkrompeld van meer as 2 ure in die bad le.  Ek kan nie onthou watter boek ek besig was om te lees nie, maar ek wou dit nie neersit nie, en buite die bad was daar vir my niks exciting om te doen nie.  En dit was al bitter laat.

Skielik het ek iets buite die badkamer venster gehoor.  Die nag was stil.  Vir ‘n slag was die honde by die werkershuise ook stil.  Maar ek het iets gehoor.  Ek het ophou lees, en geluister Perdehoewe het opgeklink.  Maar shit, dit was nie 4 hoewe nie.  Dit was minder!  En dit het skielik oor die stoep, reg verby my badkamervenster gehardloop, en toe het dit stil geraak.

Die honde het begin blaf.  Ek het vir lank so gele en kyk hoe die water rimpels maak soos my hard doef-doef-doef klop.  En toe uitgeklim en gaan inkruip met die huis se ligte wat brand, en my .38 onder my hand.  Ek het nie veel geslaap nie.  En toe ligdag aanbreek en die son kamma-kamma deur die reenwolke wil breek, het ek opgestaan en klaargemaak vir die dag.

spook4Ons was besig om nuwe windbrekers aan te plant die dag, en ek het nuuskierig die plaasmense uitgevra oor goed wat so rondhardloop.  Hulle het onderlangs na mekaar gekyk, en een het vertel van die ding wat soms op hulle huise se dakke langes hardloop, en oorspring na die volgende huis.  Hy het soms ‘n ketting by hom.  En dan gaan die honde bezerk.  En ja, daar is ‘n ding met hoewe wat hardloop soos ‘n mens met perdepote.  Maar hy is gevaarlik.  Mens moenie alleen in die nag buite stap nie, hy gryp jou.

Ek het nie weer in daai bad gaan le nie.  Ek is hoof badkamer toe die volgende aand.  No ways gaan daai ding weer agter my kop verby gallop.  En 2 aande later was ek darem weer terug in my eie bed.

26 thoughts on “Ek Spook. Jy Spook.

  1. Nou HOE het ek geweet dat jy in daai bad sou lê en lees? 😉
    Skoor-Skoor, jy gaan my regtig hard moet gaan laat dink. Maar okei, ek’s game – miskien sal ek oor die wit oge van my valley kan skryf :mrgreen:

  2. Skoor ek’t gehoor en kom kuier, ja die flits en maatjie was nodig.
    Ons het eenkeer jare gelede in ‘n huis met ‘n kelder en solder gebly, daai ou huise met die dik mure. Ek was nog klein, maar my pa het die storie vir die waarheid vertel en hy was nie ‘n man vir lieg nie. Een aand wou my ma ‘n glas water gehad het en getrou aan sy aard het hy nie ligte in die nag aangeskakel nie en in die gang afgestap en voorwaar sien hy toe “iemand” by die verste kamer instap, hy’s agterna met ‘n hele paar kragwoorde, maar kon niemand daar binne kry nie. Volgende nag gaan hy uit nuuskierigheid kyk of daar weer so iets gebeur en sowaar, verskil is die “iemand” draai in sy rigting toe hy agter hom praat, maar verdwyn. Hulle kry ‘n paar vriende bymekaar wat nie wil glo nie en sit en wag vir spook se kind in die kamer, toe hy verskyn spring een ou deur die venster, ruit uit, die ander maak lawaai en die spook is weg. Nooit weer gehoor of gesien nie, ons het toe ook nie baie lank daar gebly nie, my ma was nie lus om haar huis met ‘n vreemde wese te deel nie.

  3. Ek sal gaan dink…. baie hard dink, maar ek kan nou aan niks dink nie, nie eers 1 storie nie, juis omrede ek regtig nog nooit vir enigiets bang was nie. Nie die donker, nie die dokter/tandarts, see, hoogtes, geluide ens. ens. nie…..

  4. Ons het jare gelede toe my eerste so om en by 6maande oud was, gaan kuier by vriende. My kind het in haar carry-cot in hulle kamer geslaap en ons het in die sitkamer gekuier.
    Skielik begin sy (wat ‘n stil en stroopsoet baba was) te skree-huil. Ons kon haar nie bedaar nie, sy was buite haarself en ons was later raad-op. Ons moes toe maar die aand kortknip en huistoe gaan en sy het sommer so skielik in die kar oppad huis toe bedaar.
    ‘n Paar weke later by ander vriende loop ons hulle toe weer raak en baie boetvaardig vertel hulle van die agressiewe spook in hulle huis wat hulle daar wil weg hê.
    Dit voel of die “spook” jou probeer “versmoor” en dan kan jy nie beweeg nie.😯

  5. Jammer ek glo glad nie in/aan/vir/oor enige spoke, geeste, spirits(behalwe die in ‘n bottel nie), demone, duiwels en dinge nie. Niks en nada. Dinge van die onderwereld en diesulkes.

    Ek het nog nooit een gesien nie, en weet verseker dat ek nooit een sal sien nie, omdat hulle nie bestaan nie.

    Ek glo dus ook nie aan ‘n “ander dimensie” nie. Ai jammer man.

    Ek sal alleen gaan loop op ‘n donker “spookpad” – en niks bang wees vir spoke of sulke goed nie. selfs daar gaan slaap. Maar ek IS bang vir mense.

    Maar ek laaik ‘n goeie storie.🙂

  6. Ek het nog nooit ‘n ondervinding gehad wat my laat dink het iets bonatuurliks is aan’t gebeur nie, en ek is ewenwel baie banger vir regte mense, spinnekoppe en slange in donker hoekies as vir spoke.

    Maar ek het myself ‘n moerse pak slae op die hals gehaal toe ek en ‘n paar pelle in std 8 op veldskool by Pelgrimsrus die spook van Wheelbarrow Patterson (of ons weergawe daarvan) een nag in die gange van die slaapsale laat herleef het.

  7. Moeilike ene die… My motto, moenie krap waar dit nie jeuk nie. Ek is nie een wat spook goeters praat nie. Ek klink seker nou soos ‘n ou bangbroek,nê.. Ok ek IS bang!

  8. Skoor, ek het nie self ‘n ondervinding gehad nie, maar op die plaas was daar altyd tyd vir baie pret. Ons het een aand besluit ons gaan “spook-spook” speel met ons swart maatjies. [ daar was ‘n hoop van hulle, ons plaas s’n omtrent 6 en naburige plaas sowat 4 – en buurman s’n was sommer baie naby aan ons plaashek]. Die vrinne [van ons plaas] het altyd so teen skemer met buurman s’n gaan speel/kuier en ons het daarvan geweet -[was ons maatjies ook]. Een aand [vooraf tyd gereel] het ons gereel dat hulle ‘n sekere tyd na buurman se vrinne moet gaan. Ons was gereed by die kraalhek [halfpad tussen die twee plase – baie naby mekaar]. Ons het takkies [dikkerig] gehad en die ente was reeds gebrand – sodat dit net kooltjies is wat gloei in die donker. Ons het gaan wegkruip by die kraalmuur en tussen die groot toon-en-toon langsaan (aan elke voet) was ‘n takkie vasgeknyp met gloeiende ente en dan – een in elke hand plus ‘n kort dikke wat jy tussen jou tande vasgebyt het – met die gloeiende ent na binne! – Dit lyk scary in die donker! Ons het betyds uitgespring en ons “spook dans” gedoen…arms en bene geswaai…natuurlik het dit erg gelyk in die donker – want jy sien net die donker liggame met die gloeiende “liggies”. Wel, ek dink nie ek hoef te se wat gebeur het nie. Jy het net ‘n klompie kinders gesien wat teruggedraai het en “yona, die tsotsi! help…! yona yo!!” geskree het…en natuurlik het ons heerlik gelag en agterna gehardloop. Dit was ‘n groot gelag toe hulle sien dit was ons! – Daar’s my bydrae!🙂

  9. Oupa was ‘n eenvoudige man. Hy is byna in ‘n stal gebore. Hulle karige huisie op die plaas is aangelapte kamers gewees, wat die koeistal as basis gehad het.

    Hier het hy ook skool gegaan. In die koeistal. Ek is so spyt dat ek vandag meer sou wou weet van daardie dae. Ek weet hy het voor hy kon skoolgaan, akkers deur die stal se vensters gegooi na die kinders in die klas, en die juffrou het hom gefoeter daaroor.

    In die karige huisie het oupa vir ouma sy vrou gemaak. Met sy ma wat ingewoon het na oupa-grootjie oorlede is. En in hierdie huisie het my ma en haar broers hulle eerste lig aanskou.

    Oupa en Ouma is, nadat my ooms die familieplaas verkoop het, vir ‘n paar jaar na ‘n aftree oord getrek, waar hy, en later ouma, oorlede is.

    Hulle huis, my tweede huis waar ek vakansies deurgebring het, is deur die nuwe eienaars omskep in ‘n netjiese plaasbestuurderswoning.

    ‘n Paar jaar gelede kry ons die volgende berig:

    Die plaasbestuurder het ‘n klein dogtertjie, ongeveer 6 jaar oud. Sy staan een nag op om te gaan water drink in die kombuis. Sy vertel die volgende oggend dat sy ‘n klein blonde dogtertjie in die kombuis gekry het, wat ook vir water gevra het. Sy gee haar toe ‘n glas water.

    My ma het ‘n sussie gehad, wat net na haar tweede verjaardag dood is. Sy was blond.

  10. Nee wat, ek het nog nooit ‘n spook gesien nie, maar het al heelwat spookstories gehoor van mense wie se woord ek nie sommer in twyfel sal trek nie.

    Ene was van ‘n vriendin wat in ‘n ou Victoriaanse skakelhuisie in
    Pietermaritzburg gebly het en gereeld ‘n vrou in ‘n lang rok iewers in die huis teegekom het. Sy en die “spook” het vir jarre vreedsaam saamgewoon. Een oggend het sy egter ‘n lyk onder een van die struike in haar tuin ontdek. ‘n Man wat met ‘n mes bygekom is. Duidelik nie die spook se werk nie. En toe het sy spytig besluit die spook sal maar alleen moet agterbly in die woonbuurt wat so aan’t versleg is. Sy trek.

    Wat my laat dink aan die huis waar dit so gespook het dat die huismense hulle huisraad holdestebolder op hulle ossewa gelaai en die pad gevat het. En soos hulle so wegja met swepe wat klap, sien mens die agterkant van die ossewa waar die spook ewe sit met sy benerige voete wat afhang, vrolik wuif en uitroep:”Ta-ta! Ons trek!”

  11. Jammer, ek het nie enige eie “spook”stories nie. Ek weet net dat hier nogal bose goed gebeur in die Paarl. Baie jongmense wat ek al in die aande teëgekom het is met satanisme deurmekaar. Hulle sal ons soms nader, maar ek weet nie lekker wat hulle soek nie.

    Daar is al voorheen simboliese artikels uit die plaaslike kerke gesteel vir rituele gebruik, waaroor ek nie gaan uitbrei nie.

    Ons het net onder die taalmonument, langs ‘n woud, gebly en my jonger boetie het soms ‘n groep eienaardige skepsels gewaar. Hulle dra almal swart klere, maak vreemde skril geluide en agtervolg die kinders. Ons vermoed hulle is bergies. Ek het hulle nog net een maal gehoor toe ek deur die woud gaan draf het.

    Hier is skrikwekkende stories van demoniese invloed, maar ek het self nog niks beleef nie en ek wil nie ‘n tweedehandse storie oorvertel nie. In my eie huis het my boetie al figure in sy kamer sien rondsweef en in dieselfde kamer het ‘n vriendin van my een aand wakker geskrik en beleef hoe geeste haar aanval. Sy het na my toe gekom, maar nie bang genoeg gelyk nie, so ek bly maar skepties.

  12. Daar is net `n eksklusiewe groepie mense wat regtig “spoke” kan sien, en nog minder wat met hulle kan praat. Ek dink jy moet regtig-regtig nie bang wees om jouself in te laat vir so iets nie.
    Boerseun, Boerseun se pa en Boerseun se oupa sien en voel spoke/geeste en Boerseun se oupa het met hulle gepraat. Sal `n storie of twee gaan luister en dan kom paste.
    Boernig se tjinnirs sien hulle ok en is net mooi niks bang nie. Ek skyt egter in my broek as ek in so iets vasloop!

  13. Hoekom dra spoke altyd lang wit rokke, ek meen mense gaan nou ook dood, daar moet sexy spoke ook wees in bikini’s en in minirokke?

    En hoekom is hulle altyd ou tannies? Waar is die witwarm sexy spoke🙂🙂

    Of spook mense net omdat hulle lelik is en nagrokke dra.

    Soms as ek dronk is val die borde in my huis ook en na die tyd se ons dit is die spoke😉

  14. Ek ken nie spookstories nie, maar hierdie e-mail het ek ‘n rukkie terug ontvang…

    A certain rich businessman had a beautiful daughter, who fell in love
    with a guy who was a cleaner. When the girl’s father came to know about
    their love, he did not like it at all, and so began to protest about it.

    Now it happened that the two lovers decided to leave their homes for a
    happy future.
    The girl’s father started searching for the two lovers but could not
    find them.

    At last, he accepted their love and asked them to come back home in a
    local newspaper. Her father said “If you both come back I will allow
    you to marry the guy you love, I accept that you loved each other
    truly.”
    So in this way, their love won and they returned home.

    The couple went to town to shop for the wedding dress. He was dressed
    in white shirt that day. While he was crossing the road to the other
    side to get some drinks for his wife, a car came and hit him and he died
    on the spot The girl lost her senses. It was only after sometime that
    she recovered from her shocked. The funeral and cremation was the very
    next day because he had died horribly.

    Two nights later, the girl’s mother had a dream in which she saw an
    old lady. The old lady asked her mother to wash the blood stains of the
    guy from her daughter’s dress as soon as possible. But her mother
    ignored the dream.

    The next night her father had the same dream, he also ignored it.
    Then when the girl had the same dream the next night, she woke up in
    fear and told her mother about the dream. Her mother asked her to wash
    the clothes which have blood stains immediately.

    She washed the stains but some remained. Next night she again had the
    same dream she again washed the stains but some still remained.

    Next night she again had the same dream and this time the old lady
    gave her a last warning to wash the blood stain, or else something
    terrible will happen. This time the girl tried her best to wash the
    stains, and the clothes nearly tore, but some stains still remained.

    She was very tired.
    In the late evening the same day while she was alone at home, someone
    knocked @ the door. When she opened the door she saw the same old lady
    of her dream standing at her door. She got very scared and fainted.

    The old lady woke her up… and gave her a blue box, which shocked the
    girl. She asked “What is this…?” The old lady replied…
    …………………..

    …………………

    Omo Washing powder … it will remove all stubborn stains!!!”..

  15. Ai, ek kan vir jou BAIE spookstories vertel. Regtes, wat in my familie gebeur het. ‘n Paar van hulle is met die sogenaamde helm gebore.

    Anyway, ek was so 7 jaar oud en my sussie 3, toe ons een jaar in Heidelberg (Tvl) gaan vakansie hou by mense. Dit was so ‘n GROOOOTT ou huis, met bree lang gange en dik mure. Ek en my sussie slaap toe in een kamer, maar die eerste nag skiet sy elke keer regop en sy gil en sy skree en sy wys na die hoek.

    Die mense by wie ons gekuier het, het in ‘n ander vleuel geslaap, dus wis hulle van niks nie. My ma hol elke keer in en troos, my sussie bedaar, raak aan die slaap terwyl die lig aan is. Skaars is my ma terug na hulle kamer en ons lig is af, of Lisa skiet weer regop uit die bed, uit haar slaap uit geskrik en begin die hele proses van voor af.

    My pa, wat nie nonsens van kinders gevat het nie, se geduld raak toe op, maar nie eers sy raas kon my sussie laat ophou nie. Einde ten laaste gaan slaap my sussie toe by my ma-hulle. Ek slaap toe maar alleen in die kamer, alhoewel ek heelnag so half wakker was.

    Die volgende oggend, toe die gasheer van die nag se hele palawa uitvind, was hy baie apologeties. Toe kom die hele storie uit. Jare der jare terug het ‘n man homself opgehang daar in die kamer se hoek. Die huismense het nog nooit regtig enige teenwoordigheid ervaar nie en geen ander gaste het al ooit so opgetree soos my sussie nie. Al verklaring was dat sy iets gesien het, die man wat homself hang of die gees of wat ook al.

    My ouers het haar probeer uitvra, nadat hulle die inligting gekry het, maar sy het doodeenvoudig toegeklap en geweier om te antwoord. Nodeloos om te se^, ons het die res van ons kuier daar in ‘n ander deel van die huis geslaap!

  16. Skoor ek doen eintlik nie tags nie, want ek is te staaaaarig. Ek kan glad nie op die oomblik aan ‘n goeie spookstorie dink wat ek gehoor het nie, so ek sal self een moet uitdink, dis hoekom dit ses maande kan vat!

    Ek weet nie of ek aan spoke glo nie, maar ek was al op plekke in situasie wat mens voel jy is nie alleen nie, hier vat-vat iets aan jou ruggraat en jy wil wegkom so gou as moontlik.

  17. 😆 Frankie, nee, geen katspook het my tong kom steel nie! Ek sit en lees lekker aan die stories en kwinkslae – op hierdie post gaan ek egter nie kommentare lewer nie.

    So keep ’em comin’!

  18. Nee wat ek glo nie aan spoke nie. Ek het in n huis gebly waar n vrou bleikbaar elke aand staan en brood sny…maar daar was geen toebies in die oggende gewees nie.. Dit sou baie moeite gespaar het.🙂

  19. @deurdiewoes…dit is nou ‘n flippen oulike idee, ek soek ‘n spook in my huis wat verslaaf is aan werk!! dalk ‘n dooie sjef. ene wat elke nag vir ons kan kook.
    nou waar sal ek vir my so ene kan kry? ene wat dood is in ‘n top-hotel se kombuis. wag laat ek google…

  20. Ek dink dit spook net in die Kaap. My Paarl en Wellington familie is al wat al spoke gesien het. So ek skat ek is nog veilig hier in Sodom en Gomora. Spoke is seker te bang om hiernatoe te kom, net nou word hulle “spook magic” gesteel. 😉

    Piet het laat gekuier die aand en alles werk nie so lekker saam nie. Soos dit ook nou gaan as jy te veel flessie vat begin die blaas lol en hy staan op. Met die terug kom slag skud ‘n witgeskrikte Piet sy vrou wakker. “Wat’s dit?” vra sy deur die slaap en opgeruk. Piet sê, ” Vrou jy gaan my nie glo nie. Ek het ‘n draai gaan loop en toe gaan die lig sommer vanself in die toilet aan …. wag dis nie al nie, toe ek klaar is woeps daar gaan die lig weer af ook”

    “Ag nee magtag Piet, jy het alweer in die fridge gepiepie”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s