Tuiste » Skoor Bek » So much for democracy en vryheid van spraak!

So much for democracy en vryheid van spraak!

http://www.praag.co.za:80/nuus-magazine-402/suider-afrika-magazine-400/6304-ystervuis-teen-webwerwe.html

Die inhegtenisname van die bekende Johannesburgse “blogger” Uhuru Guru van die woernaal South Africa Sucks het gister skokgolwe deur Suid-Afrika se internetgemeenskap gestuur. Oënskynlik het die ANC-bewind op die vooraand van die Wêreldsokkerbeker tot hardhandige optrede oorgegaan teen webwerwe wat die land se probleme soos misdaad en verdrukking van minderhede aan die groot klok hang. Daar is ook die afgelope dae ‘n veldtog deur anonieme briefskrywers op LitNet, ‘n webwerf in die Media24-stal, gevoer teen die misdaadberigte wat South Africa Sucks gewoonlik met kommentaar aanbied.

Die voordeur van Uhuru Guru is gisteroggend om 6:30 deur ‘n “taakmag” van die polisie afgeskop en hy en sy gesin is hardhandig uit die bed gepluk. Sy vrou is nie toegelaat om enige oproepe te maak nie en selfs sy dogtertjies se selfone is gekonfiskeer, tesame met alle rekenaartoerusting in die huis. Die taakmag, wat uit lede van die polisie, veiligheidspolisie en verskeie spesialiseenhede soos kubermisdaad bestaan het, het die webmeester ook oor PRAAG en dr. Dan Roodt ondervra, wat moontlik kan veroorsaak dat die polisie se veldtog na hierdie webwerf kan uitbrei.

Uhuru Guru, wat tans om sakeredes verkies om anoniem te bly, is agterna na ‘n Johannesburgse polisiestasie geneem waar hy tans in aanhouding verkeer. Volgens sy regsverteenwoordiger is daar duidelike pogings deur die staat om die regsproses te vertraag ten einde hom vir die maksimum periode vir ondervraging aan te hou. Die klagtes teen hom is onduidelik, maar daar word gepraat van crimen injuria, asook ‘n insident tydens 1993 toe een van sy werknemers gesteelde goedere ter waarde van enkele honderd rand op sy perseel versteek het. Dit wil voorkom asof die polisie dié klag wat sestien jaar gelede teruggetrek is, op hul rekenaar opgespoor het ten einde ‘n verskoning te vind om hom in hegtenis te neem.

Volgens Uhuru Guru se regsverteenwoordiger is “die hardhandige en oordrewe optrede deur die polisie… duidelik polities gemotiveer”.

PRAAG het enkele dae gelede vanuit ‘n bron binne die ANC verneem dat daar ‘n groep blanke Afrikaners binne die polisie verkeer wat weens transformasiedruk hul eie poste en begrotings moet motiveer deur op ‘n fiktiewe “regse gevaar” te spioeneer. Die polisie wat gister teen Uhuru Guru van South Africa Sucks opgetree het, was blykbaar deur die bank blanke Afrikaners wat direk aan hoofkantoor rapporteer en nie aan enige plaaslike polisiestasie nie.

Volgens Uhuru Guru se regsvereentwoordiger het hulle ‘n “sinistere indruk gemaak, presies soos die ou Veiligheidspolisie in die tagtigerjare onder die Nasionale Party. Ek was destyds baie links gewees en as ek nie so ontnugter was deur die nuwe Suid-Afrika nie, sou ek seker steeds links gewees het. Daarom moes ek dikwels met die Veiligheidspolisie namens kliënte onderhandel wat in aanhouding was. Gister se ervaring het my ‘n gevoel van déjà vu gegee. Dit was presies dieselfde, dieselfde mense, dieselfde metodes, dieselfde kyk in die oë. Een van: ‘Te hel met jou. Ons maak wat ons wil.'”

Dr. Dan Roodt van PRAAG het intussen verklaar dat “daar geen bande tussen PRAAG en South Africa Sucks bestaan nie. Terwyl South Africa Sucks se hooffokus misdaad en Suid-Afrika se rasseprobleme is, wil praag.co.za ‘n onafhanklike, algemene kuberkoerant wees wat lesers oor allerlei sake inlig en ook onverskrokke, maar beskaafde kommentaar lewer. Hoewel die feite oor misdaad wat in South Africa Sucks vermeld word gewoonlik waar is, handhaaf die blad ‘n polemiese en uitdagende toon wat nie ons styl is nie. Maar dis Uhuru Guru se goeie reg, indien Suid-Afrika wel ‘n demokrasie met spraakvryheid sou wees. Die huidige gebeure laat egter twyfel of Suid-Afrika veel langer op die etiket ‘liberale demokrasie’ sal kan aanspraak maak.”

Dr. Roodt was egter vol moed dat die alternatiewe Afrikaanse media die huidige aanslag van die staat sou oorleef. “Die ANC is ‘n magshonger monster wat geen teenspraak of alternatiewe sienings duld nie. Immers het die beweging sy tande in die ou Oos-Europa geslyp waar totalitêre bewinde alle aspekte van die samelewing beheer het. Daarom, toe ons praag.co.za as ‘n e-koerant gevestig het, het ons die blad se bediener in die VSA opgestel waar ons die beskerming van die Amerikaanse grondwet en wette oor vryheid van spraak geniet. Nóg die ANC, nóg die Veiligheidspolisie wat tans ‘n voorbeeld van South Africa Sucks gemaak het, kan ons stilmaak. Al word ons almal in die tronk gesit weens ons menings teen geweldsmisdaad en meerderheidsoorheersing in Suid-Afrika, beskik ons ook oor mense in oorsese lande wat die webwerf van daar af kan bedryf en aanhou publiseer.”

19 thoughts on “So much for democracy en vryheid van spraak!

  1. Oeeeeee, laat ek die koeksusters en die mopanie-wurms gaan wegsteek . . . netnou vertel hulle my ek’s ‘n veraaier . . .

  2. Mmmmmm baie interessant, ja die stem van die huidige onderdruktes sal nie gestil word nie, ons tjommies oor die waters sal dit laat weergalm.

  3. Hoor Hoor! Ek’s in om dit te laat “weergalm”, skree net en ek doen dit…met 1000×1000 blogs sal ek dit doen. Wela-kapela ANC! haha… Twitter het ook skokgolwe deurgestuur, ek het daar ‘n link gisteraand/nag opgetel.

  4. Snaaks hoe nie twee mense ‘n ding dieselfde sien nie. 😉

    South Africa Sucks is, na my mening, ‘n aaklige blog met baie weirdo’s wat daar uithang. Ek vat hul weergawe van hoe die ou in hegtenis geneem is, maar met ‘n knippie sout. 🙄

  5. My eerste reaksie was skok toe lees ek Vlam se comment en nou weet ek nie meer nie.
    Ons is veronderstel om so ‘n wonderlike grondwet te he wat vryheid verseker en nou dit?

  6. Ingrid,

    Was jy al actually op daai blog? Het jy die comments gelees? Maar dis elkeen se persoonlike smaak – ek dink dis platvloers, jy dalk nie. 😆

    Al wat ek se, is dat ek dink hulle weergawe van die hele gedoente ook maar goed ingekleur is. Jy weet, nie noodwendig die waarheid nie? En dis hoekom ek langtand aan die storie sluk – nie omdat ek nie glo aan vryheid van spraak nie. (Alhoewel, is haatspraak nie teen die wet nie? ) 😉

  7. Waar is die dae wat ‘n mens verwag was om anoniem te blog? Deesdae word die onskuldigstes ten aller kostes uitgesmokkel.

    Daar behoort duidelike riglyne te wees oor wat ‘n blogger mag en nie mag nie. Kritiek teen die regering is elke burger se reg. Swart smeer van jou land, is ‘n gewete saak.

    Ek was wel nooit daar gewees nie.

  8. Dankie vir ‘n ieder en elk wat kom inloer en kommentaar kom lewer het!

    My bekommernis is nie noodwendig die inhoud van ‘n blog nie, maar die manier waarop daar jag gemaak word op sekere dele van die samelewing. Soms wens ek dat ek meer SA tale magtig was, om werklik te kon sien wat ander bevolkingsgroepe kwytraak. Soos wat ek verstaan is dit nie net ‘n blanke ding nie (as ons kleur by die politiek wil insleep). Maar met groot hoo-haa word die blankes in hegtenis geneem, sodat die res van ons ‘gewaarsku’ is, en ons bekke en vingers stil sal hou.

    – Breinspoeling stil die hartklop van ‘n Volk –

  9. Dankie dat jy hierdie berig gegee het. Freedom of speech is ‘n belangrike saak. Die amptelike storie is dat hy vir bedrog in hegtenis geneem was, volgens News24.

    Daar was glo ‘n grappie in kommunistiese Rusland:
    Q: What is the difference between Russia and America?
    A: In both, there is freedom of speech. But in America, there is freedom even after the speech.

    As hy nie vir bedrog gevang is nie, lyk dit my ons beweeg soontoe!

    ———–
    Hierdie is geensins ‘n mening oor sy blog se inhoud nie. Het nog nooit ‘n begeerte gehad om daar te lees nie. Maar ek het opinies oor spraakvryheid.

  10. Ek vind dit amusant dat mense skielik opspraakwekkend oe-en-aa oor die tipe van gebeurtenis. Dit was werklik net ‘n kwessie van tyd, tyd wat geduldig afgewag was sodat mense verdoof kon raak teen die wyse van dinge doen in die “nuwe SA”. Baie het die tipe handelswyse myle ver sien kom, maar hulle stemme was oordonder deur die liberale meerderheid. “Jy maai wat jy saai” kom tot gedagte, is dit nie?

  11. Dion, jou kommentaar gaan redelik saam met my post oor die Christenskap issue.

    Ek is ‘n redelike believer in die feit dat menseverhoudinge in die ouerhuis gekweek word. As die respek en dissipline in die huis weggelaat word, gaan ‘n faktap kind die wereld in, en het hy geen verwysingsraamwerk om sy saad te vorm nie.

    Ek is in my mid dertigs. En as ek gaan stilsit en dink aan hoe dinge was, en hoe dit nou is, raak my bloed yskoud.

    Dissipline, bv. is opsy geskuif om plek te maak vir menseregte. Jy mag jou kind nie meer tug nie, want jy tas sy menseregte aan. Wyl die Woord dit duidelik stel dat jy maar moet neuk waar die ore ontbreek!

    Wat wil die opstellers van hierdie wetgewing m.a.w. op die langeduur bereik? Kinders wat vir hulle ouers ‘fok jou’ kan toesnou sonder dat sy gat sal brand. Dus is daar geen respek of dissipline nie.

    Hulle word verder gebreinspoel met TV, playstation, rekenaarspeletjies. Hulle vermoens om kreatief te dink, en VIR HULSELF te dink, word weggeneem. Alles werk met ‘n remote. Druk net die knoppie. Later sukkel ‘n 13-jarige om ‘n tamatiesous bottel oop te maak, want dit het dan nie ‘n remote nie.

    Ek kan aangaan soos ‘n hond wat sy eie stert jaag. Feit is, dit is vir my onrusbarend om die patroon op te tel, en een van min te wees wat sien dat ons jongmense ‘n ruggraatlose klomp grootmense gaan wees. Laat staan conspiracy teorie of rassisme of klassisme. Dis ‘n feit. Ek kyk om my rond na die kinders (ek het nie my eie nie) en ek worry. Hulle gril as daar stof aan hulle voete kom! Vir my, toe ek so oud was, het ons wintertyd kaalvoet in die warm beesmis getrap, omdat dit pret was!

    Geez, nou’s my Vrydag weer holderstebolder en my nekkie styf. Ek is maar een van daai met die oordonderde stem!

    Gogga, ongelukkig is daar nog ‘n paar wie nie gebreinspoel is nie, en wat wil stemme verhef. Dus is sulke drastiese optrede altyd ‘n poging om die res te ‘waarsku’. Gelukkig steur almal hulle nie altyd nie!

    Retha, dankie vir jou opinie wat jy kom lug. En die grappie. Ek kan nie meer saamstem nie.

    Om te veralgemeen deur te se as jy VIR die man is, stem jy saam met sy blog inhoud, is twak. Dit gaan om die beginsel van die saak. Ek is TEEN die feit dat hy nie vryheid van spraak gegun is nie. Maar nou skyn dit vir bedrog is hy gevang?

  12. Ek het hierdie een totaal en al gemis. Is hy nou vir bedrog gearresteer of nie? Kan iemand my dalk se. Ek gaan nou eers sy blog opsoek, ook maar nuuskierig ne.

  13. Het gaan soek en niks gekry nie, maar sommige van die ander inskrywings wat ek wel gekry het stel hom nou nie eintlik in ‘n baie goeie lig vir my nie. Klink na ‘n bietjie van ‘n weirdo.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s