Tuiste » Skoor Bek » Projekkies

Projekkies

Ek is gek daaroor om ‘projekte’ te he as ek die dag alleen in die huis is.  Dan hou dit my uit die kwaad, en as ek terugkyk voel ek darem nie te useless nie.

Ek het ‘n leuse:  jy kan OF iemand betaal om iets te doen, OF jy kan iemand vra om iets vir jou te doen (en dan moet jy geduldig wag tot hulle tyd het), OF jy kan dit self doen.  Ek probeer soveel moontlik self doen.  Omdat ek hou van met my hande vroetel.

My Desember/Januarie projekte is dus ‘n buite bakoond, waarvoor ek pas die deur mooi nuut gemaak het:

 

En dan moet die hoof slaapkamer gelamineerde vloere kry.  Oeps, ja.  Nog nooit probeer doen nie, en hier spring ek sommer in die diepkant in.  Maar die planke is gekoop.  Mens kan dit nie vir ewig laat stof vergader nie.

Ek het pas ‘n stort make-over agter die rug.  Dit lyk awsome.  En het my baie geld gespaar.  Nou moet die vloer net nie lek nie!

M.a.w. hierdie vrou gaan NIE vreeslik tyd agter die kospotte hierdie somer deurbring en my resepteblog op datum hou nie.  Daarvoor is die winter daar.

Ek moet nou net nie met die liewe Welcome Dover dieselfde oorkom nie!

Groetnis tot in die nuwe jaar.  Ek dink my storiesak is leeg vir eers. 

Travel veilig.  Reis lig.  Drink genoeg.  Moenie drink en ry nie, netnou mors jy.  Onthou, dis die Coke in die Klippies en Coke wat jou babelas gee!  Drink meer wyn, die Kaapnaars het die geld nodig.

Eet baie slaai.  Drink baie water.  Eet genoeg vrugte. 

As jy gaan kreef duik, onthou om vir my ook iets te los, ek is op pad.

Moenie baklei nie! 

En al daai dinge…

22 thoughts on “Projekkies

  1. Oe stort renovation! Plaas bietjie fodies toe man, ek soek idees. Dis een van my projekkies vir Desember.
    Die vloere is heel eenvoudig. Onthou net 2 dinge . . . . eerste is sit plastiek op die vloer voor jy die planke lê . . . vog is die lamineer vloere se doodsteek. . . en tweede, los ‘n spasie ongeveer die dikte van ‘n plank (7 – 12mm) reg rondom die vertrek teen al die mure om jou vloer geleentheid te gee om te beweeg. Happy flooring! en geseënde feestyd vir jou en jou geliefdes

  2. Fanx Twilight!

    PJ, ek het die vloer na pebbles verander. Die kante het ek wit teels gehou, maar die grout sement gemaak, ipv bleddie wit wat anyway heeltyd geskrop wil wees.

    Die pebbles lyk nie te sleg nie.

    Dankie vir die tip oor die vloer. Ek verstaan mens moet plestiek onder gooi. Ek moet nog gaan kyk waar ek so ‘n rol kan vasle…

    Daai gap is wild groot. Gaan ek nie inval nie? My vloer moenie neuk met rondbeweeg nie, soms beweeg ek in die bed as ek doodstil le. Veral na te veel wyn. Kan jy dink watter gemors ‘n bewegende vloer ook op my toestand sal he!

    Dankie vir die wense. Natuurlik vir jou en joune ook. Sien hopelik eersdaags.

  3. 🙄 toe ek die opskriffie sien, het ek gewéét dis waar ek die PJ gaan raakloop!:mrgreen:
    Ek hou ook van vroetel Skoortjie, maar verkieslik met iets waar daar nie tools betrokke is nie – ek is vrek onhandig😳 10 duime en 2 linkerhande!
    Dis hoekom ek so blessed is met my maatjies :PJ en sy LLWD! Jy al my “BB” gaan kyk daar by my?? Nie?? Dis AWESOME!
    Anyways, Skoortjie: Vir jou en dié wat hulle joune noem, die aller-aller-mooiste Kersfeeswense. Blessings xx

  4. Almal het maar hulle vices né Beebs? :mrgreen: My name is PJ en ek is verslaaf aan DIY. There, i said it!

    Nee man Skorie, jy moenie worrie oor daai gaps nie. Dit maak jy mos toe as jy die vloerlyste opsit. So gepraat van goete wat beweeg. Don’t you just hate it as jy in die kamer kom na so een of twee te veel Merlot’s en daai flippen bed draai in die rondte soos ‘n mallemeule nie. Next time this thing comes around, I’m on it bru!

  5. Wel Plasie… mag ek net se… ek dink dis damn handsome as ‘n man met sy hande kan werk…Ons generasie mans doen dit nie…ek sien nie die ouens soos my pa dinge regmaak of doen nie…

    Tannie Skoor… Jinne… ‘n Buite bakoond nogal! 😯

  6. Meisiekiekiekie, gooi bietjie jou ouderdom hier op die blad dat ek kan sien of die ‘tannieskoorstront’ geregverdig is!!!

    Ken jy dan nie van buite bakoond nie?? Ek gaan lekker skaapboude in hom bruin en sag braai, om nie van die hoenders te praat nie… Dis maar my plaaswortels wat so op die vuur wil kosmaak.

    Is so van die useless mannetjies van vandag. Worry net oor hoe laag die broek oor die gat sak en watse brand onderbroek daar uitsteek. Die res moet pa se geld maar regmaak.

    ‘n Man soos PJ is skaars. Ek kon nog nooit een hier onder in die Kaap vind vir my nie!

  7. Dankie vir die wense BeeBee. Ek is darem so bly jy het ook besluit om uit die dooiete op te staan want dit was darem net te stil hier rond!

    Hallo Ingrid, dankie.

  8. Skoor partykeer wens ek ek hoef nie die grootste deel van my langste verlof van die jaar weg te gaan nie, maar so is dit nou. Ek sal darem so ‘n week of meer by die huis deurbring na ons terugkom, dan is dit tyd vir die projekkies, maar niks so ambisieus nie.

    Geniet dit! (En doen verslag)

  9. Girlie is mos maar net een jaar duskunt die dirty firties. 😉

    Ja…. Jy sien… Ek is ook verbeeldingloos en het gedink ‘n mens toor net broode op in daai bakoond. Hoe fantasties lekker kan ‘n skaapboud nie wees nie.

    My projekkie… Ek het gisteraand begin mosaiek doen. Wonderbaar lekker!

  10. Projekkies? Klink gans en al te veel na werk vir Anna se smaak (hehehe). Die bakoond bring baie soet herinneringe. Toe ek nog klein was, het my Ma so een gehad en my mond water sommer as ek dink aan die varsgebakte, warm snye brood met sagte varkvet en heuning. Sy het selfs koek gebak in daardie oond en ek dink dis absoluut awesome, want ek kan nie eers koek bak in ‘n elektriese oond nie. Geniet jou projekkies en veral Kersfees en Nuwe Jaar. Mag al jou drome waar word en al jou gebede beantwoord word in 2010. Groetnis, Anna.

  11. Mense.

    Al wat ek vanoggend vir julle kan uiter, is dit:

    Laminated Flooring is nie vir sissies nie.
    Ek weet ook nie of dit vir ‘n vrou is nie.
    En jy doen dit verseker NIE in die donirse somer nie…

    Daar is ‘n rede hoekom ek in my hele lewe nog nooit eers binne-in ‘n gym was nie. Nevermind nog gaan oefen het. Want my spiere vanoggend, is so seer, dit voel of ek ‘n permanente gatkramp het! Ek is so styf, ek teken my handtekening in die vorm van ‘n stokvroutjie.

    En om darem 5l water te drink in die proses, wil gedoen wees. Maar dit is gedoen. Vloekwoorde, sweet strome en byna trane, en al.

    Ek wil graag NOOI WEER uiter, maar ek is darem nie ‘n looser nie. So: ‘nie sommer gou weer nie’

    Kop, ek onthou jou liefde vir dinge doen. Maar dan moet jy ook onthou, op jou reise voed jy die hart sodat jy daaraan kan kou as jy op jou kniekoppe staan en sement iewers platstryk!

    Girl, daar gooi ek jou uit die game uit. Klink my jy is nader aan 30 as wat ek aan 40 is, dus het jy geen reg om my as TANNIE aan te spreek nie. In my grootword jare is dit slegs die eer gewees van mense wat 10 jaar + ouer dan jy was. 😆 Mosaik is awsome. Ek het ‘n helse sexy tafel vir Skoorlief destyds gemaak. Maar die wind en die weer het sy kloue bietjie diep daar ingekry, dus sal ek dit eendag, as die lus my weer vat, oor moet doen.

    Anna, ek het varkvet en appelkooskonfyt se smaak nou op my tong! Mmmm, ouma se serious regte brood, nie die goed van vandag wat vol preserveermiddels, verstopmiddels en sooibrand is nie. Vleis wat van die bene af gekook is, omdat dit die heel oggend gestaan en sag kook het. Net hier hou ek nou op. Die paar lepels muesli wat nou in my maag le, is sommer besig om na NIKS te voel nie. Fanks vir die mooi wense.

    Tersia, laat maar weet wat jou projekkies is. My volgende is om my tuin beter op my oog te kry. Dis chaos daar, maar eers wil ek ‘n tuis mulcher aanskaf. Ek gaan binnekort ‘n bank rob vir daai ene…

  12. Whoooohooo!!! Ek is BAIE trots op jou!
    Nou: terwyl die spiertjies nou so lekker annie gang is en voor hulle nou totaal en al relax – kry daai lyfie in ‘n gym!! jy’s aanie brand suster, aanie brand!! Stook daai vuurtjie wyl hy brand!

  13. Sjoe, Skoor! Jy pak omtrent ‘n job en ‘n half aan. Plaas jou foto’s na die tyd! Ek was ook altyd lief vir projekkies – veral kamers verf en allerlei “goetertjies” vergoud of “verouder”. Ek wens ek het nou nog die tyd gehad om dit te doen. – haai, dit het vandag hier gesneeu!! Redelik dik! – o ja, terug by projekkies, ek het ook al help stene le – maar vir nou gaan ek eers heerlik agteroor sit en rus, my 2-weke vakansie begin more 1pm…lekker rus vir jou ook en ons sien uit na die foto’s!

  14. BeeBee, ek het toe besluit om te gaan le tot die gevoel weggaan! 😆 😆 😆

    Jitte Nikita, is ek jaloers verby oor jou sneeustories! Gryp ‘n boek en sit naby ‘n venster. En laat manlief tee aandra!

    Jip, dit was Geloftedag. En toe is Mantoe ook dood op daai dag!

  15. Skoor! Nou praat jy so reg in my kraal, nee jongie, ons het nog sneeu gekry en daarmee saam ‘n kragonderbreking van gisteraand so 11-uur se kant to nou toe – presies kwart voor 2 toe kom die krag aan! Manlief het vir my ontbyt en 2 koppies tee in die bed gebring…🙂 ek wag nou juis dat hy terugkom, ons gaan so bietjie stap en ek wil gaan foto’s neem, het klaar weer vir die 3de keer hier om die huis geneem…sneeu le lekker DIK! selfs die kragdrade is DIK aangepak…dis SPROKIESMOOI! Ek gaan lekker blog aan die foto’s.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s