Tuiste » Skoor Bek » Dertien is al wat jy kry

Dertien is al wat jy kry

Boervrou stuur die tag in my rigting, en ek moet gaan sit en introspeksie doen terwyl ek jaag om die week veilig uit te gaan met min genoeg dinge wat volgende jaar vir my inwag as ek terug is op kantoor.

Dertien dinge wat bloggers nie van my weet nie….  Gits, ek wonder of daar ooit dertien dinge IS wat bloggers van my weet!

Ek haat onpraktiese mense wat nie kan plan maak nie.  Ek raak heel sweterig onder die blaaie in sulkes se teenwoordigheid.

Die anti-depressante op wie se ritme ek deesdae wals, het my verander in ‘n beter mens. Nou is ek net plein moerig, en nie meer waansinnig nie!

Ek verag manteldraaiers.  En daar is baie.  Ook op die blogs.  Vandag is ek jou maatjie, more beskinder ek jou.  Ek stem met jou saam as jy dit se, en more is my oortuigings anders, omdat ek weer iemand het om te beindruk.  Sulke mense is die toonbeeld van ruggraatloosheid. 

Ek sukkel my gat af om in my duikpak te kom hierdie seisoen!  Elke duiksessie is ‘n bepeinsing oor die sin van eet.  Maar na elke duiksessie eeeeet ek weer heerlik.

Ek dra nie rok nie.

Ek doen nie kersfees nie.

My jongste projek is 0m ‘n Isuzu Trooper te omskep van lelik silwer, na sexy military green met ‘n nuwe engine.  Gelukkig ken ek die regte mense, want ek kan nie een van die genoemde doen nie! 

Karwagte wat oumense en vroue intimideer moet ligloop vir my.  Ek gaan nog een donir.

Ek was ‘n walglike tiener, en het my grootouers nie regtig behandel soos ek nou sou nie.  Hulle leef nie meer nie, maar ek probeer nou vir ander oues doen wat myne verdien het.  Dit laat die skuldgevoel nie minder word nie, maar ek probeer.

Ek haat stink winkels met onbevoegde personeel en swak diens.  Ek huiwer nie om te kla daaroor nie.

Ek haaaat mense vir wie titels, posisie en materiele besittings groot saak maak.  Moenie my hand skud en jouself as Piet die Veearts voorstel nie.  Ek gaan net daar hande was en ‘n Jack Daniels soek.

Ek dink diere is beter as meeste mense.

Ek vloek nogal vlot.  Soms frustreer ek myself daarmee.  Ek is gladnie so grootgemaak nie, maar toe ek plaasbestuurder was het dit gaan stick in my woordeskat en nog nooit gewyk nie.

Nou ja, as jy nognie jou 13 dinge met ons gedeel het wat jy dink ons nie van weet nie, laat los!  Vertel ou Skorie het jou getag, en moenie terughou nie.

23 thoughts on “Dertien is al wat jy kry

  1. Stuur my die naam van daai fokjou pilletjies – Lyfie het gesê ek moet vra😉
    Kersfees is overated.
    ‘n Isuzu? Agge nee man, dit voel dan nou vir my soos agteruit boer. Na ‘n landy moet jy upgrade na unimog toe! Of ten minste nog ‘n landy.
    Ek weet diere is beter as meeste mense
    Daar is erger dinge as om vlot te kan swets. Geen ander taal behalwe miskien Germaans vloek in elk geval so lekker soos Afrikaans nie.

  2. Kry vir my ‘n Unimog daar bo PJ, en ek kom haal hom. Don’t bash Isuzu – ek ry al saam van 1982 en kyk nie terug nie.

    Ek gaan kiekies hier sit van my projekkie, en jy gaan lekker in jou broccoli stik. Het jy jou mail gekry oor die pilletjie se naam?

    Ai Graatjie, jy doen mens se selfbeeld soms so goed, maar almal weet jy’s blond en sexy. En ek is net sexy😆

  3. Dankie Ja Skorie. Sodra ek die kwaksalwer weer sien gaan ek hom vra. Dubbelsterkte met eish.

    Ek spot sommer oor die Isuzu, maar as ek ‘n ‘mog kry sonder om ‘n arm en been te hoef offer daarvoor . . . hou ek hom vir myself😉

  4. Is so PJ, is so! Hou net in gedagte dat ek wel nog ‘n Landy het…my series 1, 1957 model. Jy sal Skoor nie sommer sonder ‘n Landy aantref nie!

    Ok, hou jy die Mog, ek gaan kyk vir ‘n Hog. Ek wou nog altyd ‘n Harley van my eie besit. Ai, mens mag maar droom!

    Daai kwaksalwer kan jou met 5mg van die Bob Martins ook afskop. Daar is ‘n sterkte na die 10mg, maar ek weet nie wat dit is nie. Gesels maar met die ekstperte. Maar jy sal jouself na ‘n maand of so nie meer ken nie. Strongz

  5. Skoor, hoe ek nou eers vir die eerste keer hier opeindig weet die Vader alleen. Ek voel nou skoon sleg, maar eerder laat as nooit soos hulle sê!!

    Ek stem natuurlik baie saam met die titel ding, en SO saam met die swak diens een.

    Lekker daggie vir julle!!

  6. Agter-os kom ook by die blogs, welkom FStoned! Swak diens…ek steek sommer mes – ek is nie verniet van die Kaap nie, ons weet van mes steek😆

    Nou gaan jy nou jou 13 stuff neersit? Ek het mos gese jy kan se ek het gese!

  7. Swak diens en titels…ek laaik daardie twee…ek verpes dit net so. Ek dink jy ken my as dit kom by swak diens…die getrekkery hierheen waar ons nou is was ‘n voorbeeld van hoe ek myself kan verloor as dit kom by swak diens. GESEENDE KERSFEES vir jou!!

  8. Haai Skoor, ek dink ook diere is beter as mense (die uwe ingesluit) en karwagte!… ons het een hier by my gunsteling supermark wat dink hy werk op Oliver Tambo met al sy armgeswaai en ek gaan hom nog doodry. Jy sal my dalk soms as ‘n manteldraaier uitkryt, maar ek is soms nogal impulsief en maak opmerkings voordat ek ‘n saak deurdink het en wanneer ek dan later meer inligting en dieper denke oor die saak kry, dan verander ek my storie, maar dan bly ek daarby. “Onpraktiese mense”! Irriteer die living daylights uit my uit…

  9. “Ek haaaat mense vir wie titels, posisie en materiele besittings groot saak maak. Moenie my hand skud en jouself as Piet die Veearts voorstel nie. Ek gaan net daar hande was en ‘n Jack Daniels soek.
    Ek dink diere is beter as meeste mense.”

    Ja nee wraggies, slaan jy die spyker nou op die kop, stem volkome saam!
    Kersfees is darem verby, ek onthou hoe ons laasjaar hier ook so opgesien het daarteen😉
    Maar voorspoedige Nuwejaar vir jou, mag dit jou stoutste verwagtinge oortref.

  10. Skoor…email my sodra jy ‘n kansie het! Jou email wat ek het werk nie meer nie, ek het vir jou iets aangeheg en dit bounce terug..dankie!

  11. Skoor! Empty bietjie jou mail box…ek het mail gestuur en dit kom terug met ‘n boodskap jou inbox is oorvol… ek’t joune gekry, dankie!

  12. Jy maak my jaloers met die sonnige weer daardie kant..hier sing ons…”snow snow snow your boat..gentle down the…” geen skool more! Sneeu het al 6nm begin val hier! dit le redelik dik nou!

  13. Hello good people

    Ek hettie `n blog nie en sal graag wil intjip as ek mag, ja?
    O ja, Skoor en ek stem helemal saam meddie ene van diere…hulle word maklik mak en het dan gewoonlik goeie maniere.
    Manteldraers…eh, eh! Soms ekke ook, ma een ding as ek `n fout maak, vra ek altyd, altyd verskoning. Ander kan weer NIE!

    13 Dinge van Boernig (wat niemand dalk weet nie)
    1 – Ek is nie getroud nie.
    2 – Ek moes `n aborsie gewees het, ma is nie.
    3 – Die wereld is so absuluut `n wonder vir my (of ek gelukkig voel of nie) dis
    amazing!
    4 – Ek vloek soos `n stok-ou seerower kaptein en skreeu soms op my gesin.
    5 – Ek kam soms vir `n dag lank nie hare nie en voel `n vok wie my so sien – jy
    vat my of jy los my soos ek is.
    6 – Ek dokter diere maklik beter, maar is nie `n veearts nie (ek`s `n katmens)
    7 – Ek kan trekker bestuur, maar nie kar nie (ek leer nog)
    8 – Ek is 10kg oorgewig en hou van vreet.
    9 – Ek hou vars kruie in die tuin aan.
    10 – Ek Google kompulsief kuns-dinge.
    11 – As iemand my kinders skeef aankyk, sal ek maklik jou ore afmoer. Baie
    maklik.
    12 – Ek kan teekoppie lees, my oorle ouma se dinge darie.
    13 – Ek is doof.

  14. Hallo Julle

    Moeg vakansie gehou…

    Nikita – niks verder van sneeu nie, ok? Ek is gatvol gesweet!

    Boernig, ek het my lekker verstik in giggelspoeg vir jou.

    Krista – sorg dat jy koel klere inpak. Tradisioneel is Feb. ‘n bliksem in die Kaap. En mail my, ek wil julle kry vir kofi

  15. Hahaha Krista, ek het myself voorgeneem om NIE die vakansie ‘n laptop aan te skakel nie!

    Dit was ‘n boek, die see, die familie en vrinne wat prioriteit was.

    Die Isuzu sal binnekort aan die beurt kom, hopelik…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s