Tuiste » 1 » New Flavour / New Management

New Flavour / New Management

Ja ek is soms ‘n pyn in die gat. Maar so what?

Ons hier in Stellenbosch is mos geseend met vele dinge, asook ‘n Simonsberg Kaas Fabriekswinkel.  Nou in my vroegere jare van bargain hunting met familie en vrinne, was ‘n fabriekswinkel gereken as die plek waar jy goedkoper pryse betaal as in die winkel, en waar jy regtig geld kon spaar met jou winskopies.

Ek voel nou nog die suiker onder my vuil voete in die gange van Makro, as ma en pa ons 3 saamgeneem het vir inkopies Desembermaande.  Die oopbek staar na Mrs Balls in 5kg emmers, en Mayonnaise in plestiek potte so groot soos die potte waaraan ons nognie kon dink nie.

Buy Bulk and Save.  Nie meer in vandag se lewe nie.  Ek was noudie dag in Makro, en glo my, as jy nie jou pryse ken wanneer jy daar instap nie, koop jy sommer vir jou vinnig ‘n kat in die sak, en sit jy met 12 blikke tamatie pillchards waarvoor jy R1.05 per blik meer betaal het as wat Spar vra.  Dan knars jou tande op mekaar soos die spoeg kristaliseer van moerigheid!

Simonsberg Kaas was nogal ‘n lekker stop.  Hordes vroue, giggelend onder die mans se juk uit, het uit die platteland saam gery om te kom KAAS koop by Simonsberg.  En die sample proe tafels is vroeg-dag boepens gelaai met gebreekte cream crackers en provitas wat later gretig in al wat ‘n kaassmeer, gedruk kon word.

Vandag stap jy daar in, en waar die tafels destyds gestaan het, staan ‘n paar pakke smeerkaas op special.  Die yskaste kreun onder over- en underweight feta, brie en cammembert, en soms is daar ‘n gouda of cheddar op special, maar behoede jou as jy dink dis dieselfde kwaliteit!  Meer as een keer smaak daai kaas asof dit gevries was, en toe daar teen afslag tarief aangebied word.

Simonzola is al vrot-stink aangekoop, dat jy dit nie oor jou lippe kan kry nie, en menigte feta proe of dit onder die see uitgehaal is.

Nee wat, Simonsberg Kaas het die afgelope jaar gefaal in die tipe kwaliteit en ‘winskope’ wat vroeger beskikbaar was.  Is dit omdat Parmalat op hulle plakkers verskyn?

Is dit omdat Parmalat op Steri Stumpie se plakkers verskyn dat ek skielik nie meer my Moedertaal op die botteltjie sien nie?  Weg is sjokolade, vanielje, aarbei en piesang se name.  Is dit wat Parmelat kom doen het aan die Simonsberg Kaas produktenaam?

Dan kan ek onomwonde verklaar:  Parmalat, you SUX!!!

This entry was posted in 1. Bookmark the permalink.

42 thoughts on “New Flavour / New Management

  1. Hmmmm…..

    Ek sou dit nogal geniet as jy ietsie op die trant skryf oor Nestle se Zim melk aankope ( Koop dit mos van Mugabe se vrou se plaas af wat afgevat is van boere)

    Dis bitter min dat ons vandag nog afrikaans op verpakkings te sien kry. Om eerlik te wees, ek dink as hulle nou afrikaans begin opsit, sou ek nie weet wat dit is nie. Goed soos cummin, ek het geen idee wat dit in afrikaans gennoem word nie.

    So ja, in kort, ek stem saam met jou.

  2. Is jy crazy broer, hulle sal my TOESLUIT as ek so iets skryf!

    Nee, ek smile so vir Afrikaans op verpakkings, ek lees glad hoeveel kaloriee daarin is!!!

    Komyn man, komyn. 😆

  3. Dis eintlik die kommin familie van die koNyn!

    BeeBee, die bergies in die Kaap het ook leer skryf. Jimmil, jy moet sien wat skryf hulle teen die brug hier anderkant….jOu mA se ePos!
    😆

  4. Skoor, oor die pryse van dinge is ek helemal mellow. Ek het ok gevoel aan my eie gat dat mens ma moet pryse yttjek en so aan en stadig en versigtag moet vergelyk en dan jou tyd en brandstof moet byreken voor jy aankope doen. Hier by ons is die Woolies fabriek en ek koop NIE daar nie…al`s wat op spesjal is stink stokoud en die kaas is duurder as P&P.

    Proes! Julle met die kombinhasies van die kominhasies van kruie, klink amper soos kruietaal, ja?

    En van kruie gepraat: Nuwes in my grond – Burdock – vir kanker
    3 kleur Salie vir kos
    Elderflower vir Imuunsisteem
    3 verskillende Tiemies vir baie lekker kos
    Pynappelsalie vir kos
    Watercress vir lekker slaai
    Sorrel vir lekker slaai sammet braaivleis
    Meerjarige Basil

    Gees!

  5. Die vrot het al begin toe die wetters jare terug ‘n parmalat badge op Bonnievale se kaasfabriek loop plak het. Dinge was net nie meer dieselfde sedertdien nie.

  6. Anna ek vertrou jy is al oor die ergste trane?

    Boernig, gekruide konyne is reg vir die pot…miskien moet ek dit oorskuif Skoorkos toe😆 Jou lys van kruie lyk yummie. Jy gaan groot vir ‘n saak, welgedaan.

    Jip, Woolies fabriekswinkels moet mens maar voor ligloop, vervaldatum plakkertjies is altyd handig. Tog koop mens redelik goedkoper die frozen meals, en hulle Chicken Tikka is jirlik!

    PJ, ek het gewag vir daardie opmerking!!!! Jip, dood moet ‘n oorsaak he, en ek stem heeltemal saam. My oom het eens aan Parmalat melk gelewer, en die stories, demands en take it or leave it wat daar uitgekom het, is horribaal.

  7. Og Boernig!! Tiemie is seker my MEES favorite herb oppe skaaptjoppie!! Oi!
    En ek sou seker basil/pesto op my roomys ook eet as ek kon.
    Ek kennie vir Burdock nie😕

  8. O jemel, vir : jou ma se ePos!!!! LOL!!!
    Hier by ons so ‘n local grappie… die Waterkloof (bodorp) en die Danville (onderdorp) laaities hardloop deur die Danville tonnel. Wie is eerste anderkant uit??
    Die Waterkloof laaitie.
    Want die Danville laaitie konnie help nie – hy móés eers stop om “ePos” teen die muur te skryf!!:mrgreen:

  9. 😯 BeeBee wil jy vir my vertel julle ken ook van ePoS daar bo?? Ek is geskok, ek dog dis net ‘n Kaapse toevoeging!

    Boernig sal maar moet uithaal en skryf hiesa van Burdock. Ek het gedog dis familie van Murdock!
    😆

  10. LOL!!!!!!!!!! Ek moet ook nou trane afvee vir hierdie gesprekke en daardie e-Pos!!! Dis die beste deel!! Waaraan hulle ook sal dink, ne!! Hier in die land van die vyand…as een net begin met “your mum…” (hy hoef NIKS verder te se nie) dan begin die ander een KOOK! lol! ons spot al so daarmee… google bietjie die frase “your mum” (ek het net so pas -toe ek dit hier gese het!) kyk wat kry jy!

    Ek’s tuis, sneeu…weereens, jammer sussie dat ek dit weer opbring, moes net gou kom se. – gisternag gesneeu, besig om nou te sneeu en later gaan dit erger sneeu, ons verwag darem nie dieselfde as laas week nie. hopenlik nie, ek is moeg, soos in moeg – vir sneeu!

    Oor Parmelat (parmalat – whatever)…hulle en Praag het mos ‘n “storie” gehad so paar jaar terug…en as ek in SA is koop ek NIKS met Parmelat se plakkers op nie, jammer vir hulle! al is dit my heel gunsteling. Dis jammer oor daardie kase wat so “agteruit” gegaan het. Waar gaan als tog heen, waar’s die goeie ou dae. Dis soos jy se, jy moet jou pryse ken as jy Makro toe gaan, ons het ook gewoonlik na Makro toe gegaan. Sterkte daar! Jy het rede om te kla.

  11. Ekke ook Skoortjie –😳 maar hy is eintlik familie van Murphy… dink ek… en daai het net mooi niks met herbs te make nie…
    Terloops Boernig – Rosemary en Pietersielie word ook hoog angeskryf as kanker-werenede kruie.
    Ek het wragtig nie geweet wat ePos beteken nie – ek moessit ini HAT opslaan!!

  12. Sal Burdock later meer ytgeweid kom lewer – vir solank ne? Burdock hy mak jou loop as jy tjinnirsiektes optel en nie die tjint is nie. Burdock hy mak lat pampoene nie afsak nie…wel, nie DAARNATOE nie, oraait?

  13. As jy nie wil hê pampoenkoekies moet afsak nie, moet jy bakpoeier in die beslag gooi – en bietjie van die meel met Maizena vervang – dit maak hom veerlig… ek’t nog altyd kaneel gebruik saam met pampoen – kan mens Burdock met ook suiker meng?

  14. 😆 ek sak neer op die naaste gemakstoel en kyk wat gaan volg want hier kom ‘n lekker bols-up vol misverstaan, kruie en anatomiese pampoenkoekie bakkery!

    Lekker Nikita – ek hou van mense wat met hulle beursies protes aanteken!

    Anna, bring daar ‘n ekstra rol pampier saam. Maak dit double-ply want ek kan dalk soos BeeBee se ouma, hierdie gemakstoel van my nat proes!

  15. Dan wonnir mense nog hoekom sit daar altyd koffiespatsels op my piesie se skerm😆 . . . ek laaiks pampoenkoekies stukkend, maar ek dink ek gaan die baksel ‘n mis gee:mrgreen:

  16. 😆 PJ, ek wil nie daar gaan nie, Anna het nognie die pampier gebring nie.

    Dink jy BeeBee was aspris, of weet sy regtig nie van pampoene wat uitsak nie!!!

    BeeBee, is daar ‘n spesifieke ratio van bakpoeier, maizena en meel? Jy weet mos ek vrek vir ‘n reseppie!

  17. Ek het so lanklaas pampoenkoekies gebak!! (ons deepfry mos nou nooit weer niks by die huis nie), MAAR, Narciepit – ek gaan vir jou PERSOONLIK dié naweek nooi vir pampoenkoekies met kaneelsuiker-stropie, ok?? En as jy soet is, kry jy dit vir poeding ook – mette ultra-über-yummy brandewyn custard!! En as ek nou betyds ‘n mengsel Burdock ini hande kry kan ons, lyk my, selfs voorbrand maak vir elke moontlike kindersiekte wat jou dalk nog kan tref🙄
    Heit Skoortjie – is daai buiteoond van jou nou al aan’t ‘rook en kook’, hm?

  18. Nee jong, dit issie van aspris nie, die Germane vat mos alles letterlik op. Jy moet probeer om vir die girl ‘n gift te gee met ‘n boodskap, dis amper onmoontlik!😉

  19. Daar isse boodskap op my gift Narciepit???🙄 Oits!! Ek gaan die H3 vra om hom vanaand om te dop… want ek kan wraggies nie onder hom in om te kyk waaaaar jy my boodskappie geplak het nie!😳
    Of…😕 is ekke nou starrig?? issit ‘n hidden message??? Soos in: you want me to do something special on my (het ek al gesê ek het die allermooiste awesomste WOW-ste butcher’s block ini HELE wye wêreld??!!:mrgreen: ) ??
    Wag, laa’k die Vriending bel – sy speelie met my kop nie – sy verstaan van mooi d u i d e l i k praat. Sy sal my vertel van die boodskap!!
    … I’ll be back!!👿

  20. Oits!!! Julle is ‘n embarassing spulletjie!!! ek weet nou ALLES van pampoene af!!😳 en ja, as julle nou die ordentlike wetenskaplike benamings gebruik het, kon ek julle nog ‘n ding of twee vertel het ook!
    *tsk* @ ‘albasters’🙄

  21. @BB: lock tog maar die wiele aan die een kant van die BB voor die H3 hom oplig! Anders hardloop hy dalk ‘n gat in jou kombuismuur!

    Julle moet nou hierdie gesprek beleef het – alles van pampoene tot marbles en albasters deur . . .😯

  22. Skoorie, waar bly auntie Anna met daai pampier? There has been an accident. Spillage in the computer lab!
    Beebs, moet samblief niks omkeer nie. Daar issie hidden messages nie. In fact, dié BB het niks hiermee uit te waai nie . . . aaai . . . my head hurts

  23. En visse!!! Skoortjie – jy MOET tog dat die Narcie sy “gee ‘n man ‘n vis” tesis met jou share! Daai Narcie isse DIEP siel!!
    Hiert!! Wag!!! I GET it!!! Ek het wragtig NOG ‘n persent gekry !! Julle 2 klein allermooiste bl!ksempies!!! Waaaaaaahahaha!!! Wee’ jy wat doen hulle Skoor???? Hulle weet ek doen nie XMas gifts nie!! Toe kry ek een (ultra-morawiese-awesomste-erfstuk-butcher’s-block – ek dink ek het jou al vertel??:mrgreen: ) ‘n week VOOR XMas – EN ‘n eeehhhhmmmm ‘visstok’-heatgun (spiksplinternuut ini-boks-sonder-geskenk-papier) die naweek NA XMas!!!
    EK gaan NOU die H3 se nek vir hom duskant sy naeltjiebreuk omdraai!!👿
    Og, jinne, maar ek is sooooo gebless dié Kersfees!!!😳
    Note to self: Skuif die speelboks/doodskis lapa toe en haal die visstok uit die boks uit! – Saterdag doen ek houtwerk!!!:mrgreen:

  24. And if you understood any of that . . . hel ek verstaan die helfte nie and I was there! Nou is die arme H3 in die bollie en hy weet van niks. Heeltemal doodonskuldig gaan hy vanaand by die huis kom en dan gaan BB hom uithaal het daai swaar cutting board. Sjaaim.

  25. Nee wat PJ, ek het ook die draad verloor!!!

    Krista, dis nogal scary as mens nie weet hoe om ‘n LUSteLOSE se pampoene te laat sak nie😯

    As ek H3 is, kruip ek onder daai kapblok in, en kom nie uit voor die oes af is nie, mens weet nooit of jou pampoene veilig is nie😆😆😆

  26. BeeBee, die klip moet ek nog ini K’ro gaan haal, maar as dit gister 41 grade op Skellimbos was, hoe dink jy voel dit nou in die Kro? Nee, sodra die eerste herfsblare val, sal ek gaan. Die dak se metaal en die skoorsteen en die deur en raam is reg en ready.

    Ek gaan nie daar uitchicken nie, ek het bemouste resepte wat ek daarin gaan uitprobeer. Ek sien so uit!

  27. Anna is so besig om te probeer verstaan wat toe van die fabriekswinkels en Parmalat geword het dat sy skoon van die papier vergeet het. Het ek iets gemis?

  28. O nee, o fliiiiiiipin nee! My asem…ek soek hom, ek soek hom, ek kry hom hy`s weg!

    BB – Hoeveel mense wat nie tjinnirs is nie, het jy al gedokter wat pampoentjies gehaat het?
    Hoeveel daarvan het stilgele solat jy bakpoeier op hul beslag/geslag kon gooi of Maiziena of iets anders wat soos genuine Boererate klink? En kon hul toe loop narie tyd?

    More gee ek die inligting oor Burdock – waarmee mens nie kan bak nie – altans nie sammet BB nie!

  29. 😆 Boernig! Hierdie woordspelinge laat mens twee maal lees. Ek is seker BeeBee sit en giggel agter haar kapblok oor wat sy ontketen het, die dier.

    Ons wag geduldig vir jou Burdock inskrywing. Of die ghoene of pampoene is wat geslag gaan word, ons kan nie wag nie!

    Gees. Soos jy altyd seg.

    Anna, vat die dag af en lees noukeurig. Ek dink elke deelnemer is op ‘n ander idee hier.

  30. Ek het bedoel : die Vriending het verduidelik van albasters… maar ek verkies ghoene – titanium ghoene!!:mrgreen:
    Boernig!!! HOE moes ek nou geweet het jy praat van Mumps, huh?? Pampoene is goete wat ou boere op hulle stoepe se dakke sitmaak – en afsak het vir my so na ‘n ‘flop’ geklink – ek het nog nooit geweet die wange kan TOT DáárNATOE😳 afsak nie😕
    Wel, myne het nie🙄
    Maar ek is sooo bly vir Burdock – want dalk kry ek eendag nog ‘n kleinkind wat sit met geflopte pampoene en dan sal ek presies weet wat om te doen!!! Ek kannie wag nie!!

  31. BB – Glo my, joune het afgesak…nes myne – myne het toe `n 38D geword. Mans s`n le soms op die stoep en bak.

    Skoor – skies ma vandag was ek effens biesag gewies – die tjinnirs van my se dinge.
    B`lowe, jy kry `n pic en info in `n e-pos, dan scan jy dit eers vir vloekwoorde en so aan en so aan, dan lat jy hom pos as dit nie te erg klink nie, ja?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s