Tuiste » Skoor Bek » Pasop! Kyk na jou Vodacom Rekening!!

Pasop! Kyk na jou Vodacom Rekening!!

Kry my ma gister op haar selfoon rekening van Vodacom ‘n aftrekking vir Look4Me diens, asook Look4Help!  So ewe geaktiveer sonder haar medewete, en al vir ‘n geruime tyd skelm weggesteek tussen die gewone aftrekkings.

Ons kyk mos nie.  Hoekom sal ons?  Dis mos eerbare maatskappye…

Dus, as jy ‘n Vodacom klient is, kyk sommer VANDAG nog of hulle ook van jou steel – want ek kan dit niks anders as STEEL noem nie – en maak bitter vinnig werk daarvan.

Ek moes my tyd mors deur ‘n brief te skryf en dit na 086 0082 301 faks waarin ek vra dat hulle die besigheid sal refund.  Ewe polite.  Asof EK die skelm is, moet EK nou die werk doen, want hulle kanselleer nie sulke goed sommer net so nie.

En ons wonder hoe maatskappye geld kry om groot sport te borg.  Maak jou eie wiskunde, en kry die antwoord!!!

14 thoughts on “Pasop! Kyk na jou Vodacom Rekening!!

  1. Hmmmm, mag ek gal braak?

    Ek het n @lantic internet usb modem, met ‘n Vodacom kaart in. Right, so trek hulle eweskielik 1275.12 die einde van laas maand by my af. Wat ‘n skok!

    In die tydperk wat ek die kontrak met hulle het, was daar nog nooit meer as 40.00 by my afgetrek vir oor my limiet gaan nie. So bel ek ook maar, en word van een a-hole af oorgesit na die volgende.

    Ek sit vandag nog sonder die e-mail addies wat ek saam met my kontrak moes kry. Vodacom4me stuur nooit betyds die boodskap om te sê jou cap is klaar nie. Bietjie hier, bietjie daar, alles geld wat hulle vat sonder dat mens dit agterkom. Geld gaan natuurlik af voordat die rekening by jou uitkom.

    Probeer jy daardie geld terug kry, is dit ongelooflik baie moeite dat hulle net na jou moet luister. En altyd een duisend redes hoekom hulle nie jou geld kan terug betaal nie. MTN bied hulle mense op soortgelyke kontrakte soos ek die kans aan om ‘n limiet op jou cap te sit. Nie Vodacom nie.

    Op Vodacom kan jy ook nie ‘n data bundle koop om die Out-of-bundle rates te mis nie. Nee, jy sal betaal vir daai op die mees belaglikste pryse waaraan jy kan dink.

    Hulle call centres is ‘n nagmerrie. En jy kan natuurlik nie die kontrak kanseleer voor jy 9000.00 of so iets betaal het nie.

    Ek kan aangaan, en aangaan, maar wat help dit ‘n mens. Skoor gee hulle hel, sommer vir my part ook😕

  2. FS, ek beskyt myself gelyk vol tot by my wenkbroue wanneer so iets gebeur, for sure.

    Dis uiters belaglik en nie die eerste storie wat ek van Vodacom se data diens hoor nie!

    Het jy al van hellopeter.com gehoor? Neem my raad, en gaan skree daar blou moord. Dit het nogal die manier om te werk as jy geen ander reaksie kry nie. Dis my volgende stop-over as die blikzems nie hierdie skelmgeit uitsort nie.

    Ek baklei vir 5c ou Flint. Dis MY donirse geld, en EK het daarvoor gewerk. Daai 5c moet eendag my miljoen volmaak, verstaan. Hier is te veel mense wat nie worry nie, en dan buit maatskappye daai ignorance uit. Gaan tel bietjie op as hulle van 500 000 mense elke maand R22 steel…Dis elffokkenmiljoenrandpermaandmyou. Sien jy nou hoekom hulle dit doen?

    Ek gaan nie begin met callcentres nie. Loshande die versukkeldste patetiese diens is VIRGIN MOBILE. O donir, dis iets afgrysliks. Eish!!!!
    😯

  3. Het gekyk en myne is okay. Het darem nog nooit probleme met hulle gehad nie, maar TELKOM… Oh my Soul! Het met hulle by die prokureurs gedraai. Hulle wou my sommer laat betaal vir ‘n lyn wat ek nooit gehad het nie.

  4. Sterkte vir julle ouens daar, dit gaan maak dat ek ook hier na ons s’n gaan begin gryp – maar manlief sal moet inlog op die elektroniese toegangs-rekening, hier kry jy nie meer die papier-rekening nie-wel, ek praat nou van Vodaphone [ons company], maar Vodacom/Vodaphone…klink my so asof hulle dalk boeties van eenderste vere kan wees, so ek sal maar moet opcheck!

  5. Ek is ook by Vodacom en kan nie oor hulle kla nie, terwyl ek al ‘n lelike stel afgetrap het met MTN. Vodacom het wel ‘n stelsel waar jy hulle kan vra om jou oor te skakel op die goedkoop out-of-bundle rates. Dit kos so iets soos R45 ekstra per maand en as jy dan wel oor jou cap gaan, betaal jy 38c per Megabyte wat jy oor is. Jy moet hulle egter gaan vra daarvoor, hulle bied dit nie self aan nie, wat natuurlik nie reg is nie. Maar hellopeter.com is magic. Hulle sort die outjies sommer tjop-tjop uit🙂

  6. XP – ek is bly ek gaan nie groter hoef te baklei nie. Dis sleg om die jaar so te begin.

    My vraag is egter om watter raadstafel hierdie tipe besluite gemaak word. Jis dis mos totaal oneties!

    Jong Anna, Telkom is niemand se vriend nie. As die aarde open en hulle insluk sal weinig hulle mis!

    Kobus, moenie probeer om ‘n nommer na hulle te port nie – minimum 4 weke. 20 plus emails. Dis nag!

    Nikita, dis snaaks dat Afrika jou bly volg! Ek sal my nie verbaas as daai netwerke ‘n vinger in mekaar se sake, iewers het nie.

    Ek stem Sonkind – as mens ‘n produk het moet jy dit mos aanbied. Maar in die geval maak hulle meer geld daarmee, so HOEKOM sal jy jou klient wil laat minder betaal? Ek self was nog nooit ‘n MTN fan nie. Ayoba ***!!!

    FS, ons wag om te hoor hoe jy vorder met daai fight. Sterkte!

  7. Hi Skoor, in hierdie land is enigiets moontlik. Ek het ‘n staat van SARS gekry waarop ‘n bedrag (my aanslag vir die afgelope jaar) as die 2de laaste transaksie bygevoeg word: op 1 Feb 2010! En die laaste transaksie? Rente, ook op 1 Feb bygevoeg, maar nadat my saldo lank nul was. Ek moes vir die hulplyn-agent (in Engels, hulle weier om jou ‘n Afrikaanse persoon te gee) probeer verduidelik dat ‘n staat ‘n dokument is wat transaksies in die verlede toon, ‘n STAAT! Toe ek vra hoe hulle die rente bereken het, was haar antwoord, “they made an estimation”. Weer het ek vir haar probeer verduidelik rente word op ‘n bedrag bereken, vir ‘n aantal dae tussen 2 datums teen ‘n sekere rentekoers. Na sy weer gaan hulp vra het, het hulle toegegee dis ‘n fout, maar EK moet ‘n brief skryf om te vra dat die rente afgehaal word. Haar opmerking oor die “estimation” was wel nie fiktief nie, dit het te doen daarmee dat hulle my nou vir voorlopige belasting geregistreer het, maar heel irrelevant tot die kwessie op die staat.

  8. Kop…en mense wonder hoekom ons deesdae so aggressief is! Soms voel dit ek kan soos oom Eugene van ouds dwarsdeur hulle gebou loop jaag met ‘n tenk. Miskien word hulle dan wakker!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s