Tuiste » Skoor Bek » Aan almal wat ‘Jagse Meisies’ google en hier uitkom…

Aan almal wat ‘Jagse Meisies’ google en hier uitkom…

As jy gereeld die woord JAGSE MEISIES google, scroll down please!!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

GET LOST JOU POEPHOL!  Die is ‘n ordintlike site sonder vloekery en stupid meisies.  Gaan google vir BeeBee, sy hou soms shows!

En die ene wat ‘aambeie’ bly google…gebruik Zambuck Salfies.  Smorens & Sawens

42 thoughts on “Aan almal wat ‘Jagse Meisies’ google en hier uitkom…

  1. Jitte Anna, BeeBee is nie veronderstel om ‘n slang te he nie, maar miskien het sy tog ‘n slang. Ons sal moet uitvind!

    PJ, ek het haar omverskoning gevra. Nog voor sy geweet het van die post. Dis nou BeeBee, weereens my grapsakkie, na wie ek vele aanmerkings slinger. Ek wonder hoe lank dit haar gaan vat om oor haar slang te kom berig. En of Boernig hier gaan kom deurmekaar krap met ‘n kruiestokkie!

    Hey, ek ek isi funny nie, ek is bloot GATVOL om ‘jagse meisies’ as term te vind wat mense na my blog gelei het! Sulke sluwwe sliete kry jy nie hier nie! En watter blaasterds google sulke dinge😯

  2. Versigtig nou! Ek het juis die einste BeeBee se bloedruk opgejaag gekry vanmore, so sy issie lekker nie. Sy is dalk net kapabel en wurg jou met daai slang👿

    Sorry, ek bedoel geen kwaad nie. Maar ander mense se tantrums is vir een of ander siek rede vir my skreeusnaaks. Dalk omdat ek self nogal ‘n gevorderde tantrumgooier is

  3. Ek het nog nooit ‘n slang gehad nie.🙄 Maar ‘n muis wel! Jip! ‘n cute een. Mak gemaakte een.

    Maar ekke wonner nou net: since when is BeeBee en jags sinoniem, hm? en wat het ‘n slang met jag uit te waai? Ek het nog nooit in my lewe soveel as ‘n tarentaal geskiet nie! Nevermind ‘n koedoe of some vlakvark nie. Ek hou nie eens van jag nie!!😯 Ek besit nie eens ‘n gun nie! en mens mag ook nie met jou rewolwer loop jag nie – ek ken die wet!

    (ek dink die PJ het vergeet om sy pilletjies te drink, want hy praat in tale😕 ek het nie hoë bloeddruk nie? en hy was al baie daar by ons – daar issie slange nie!! (ek het daai sak slangvelle persent gekry – virrie bure – for in case hulle my irriteer😳 )
    Wag laa’k die Vriending bel – dat sy seker maak hy drink sy pille! Sê : “Aaaaaahhhh”, Narcie”😉

    NB. ek wys ook nie middelvinger nie, Skoortjie! NOOIT!!

    Slang🙄 *tsk*

  4. Haai Skoor, het jy tog nie van onse BB gepraat nie (lol). Groot ekskuus BB, ek dog hy praat van ‘n Brenda, of Glenda, of iets (lol). “Hey, ek isi funny nie, ek is bloot GATVOL om ‘jagse meisies’ as term te vind wat mense na my blog gelei het”… Waar vind ‘n mens uit wat ander mense na jou blog toe bring. Onthou, ek is nog dom oor sulke goeters, leer my bietjie.

  5. Nog nie dat ek ‘n slang gesien het nie, maar . . . daar is ‘n merske skilpad . . . tel dit? Kan mens met ‘n skilpad jag?

  6. As jy tarentale met `n slang gaan jag en een pik jou (die tarentaal nie die slang nie), skiet voor jy kan se BB! dis nou te se met jou slang waamee jy gaan jag het, al is dit met of sonder s-draaie en so aan en so aan.

    As jy dan `n pikmerk het nog voor jy kon se BB! of boe! of so iets, dan lat jy beter sorg dat jy die tarentaal neergooi, jou selfoon solank uithaal uit jou slangvel (maak net seker dit pik nie) en jou slang waarmee jy gaan jag het, regop teen `n mik neersit (`n boom se mik of so iets) net nie BB s`n nie, want sy het nie `n slang nie en soek ook nie ander moeilikhyt nie.

    Intussin moet jy loop seker maak wat jou gepik het, terwyl jy `n nommer skakel op jou selfoon, anders mag jy gepik voorkom as jy gepik is en nie mooi hulp kan inkry nie, veral as jy dit nie betyds kan inkry nie, behalwe dat jy nou heel moontlik gif ingekry het as gevolg van jag met `n slang en die tarentaal wat vinniger was as wat jy kon se BB!

    As jy nie seine kry nie – of myne of joune nie (maar hoor nou mooi, ne? LOSSS vir BB) bere die selfoon in die slanvel in die mik, maar as dit pik, gooi vinniger neer as wat jy kan se BB! O ja, as jou oe nie toegeswel is van die pik nie, kyk solank vir lekker sagte mik om in te slaap en wag tot jou oe toeswel, want gif doen doen gewoonlik na `n pik. Soms vat dit tot in die nag voor jou oe toeswel.

    As jy nie wil wag tot jou oe toeswel nie, het ek geen kruieraat nie, behalwe bliksim, o my…word! en donder nie. Of die tarentaal en die slang dit egter gaan verstaan en minder gepik gaan voorkom as jy, sal ek nie weet nie, want ek weet gewoonlik maar nie. Jy kan altyd probeer vir Plaasjaapie vra, want hy weet van BB se nukke en mikke of so iets en moerstip en shows of is dit nou Skoor?

    Ek weet nie, ek weet net nie…glo my.

  7. Ek gaan nou net mooi nie ‘n woord verder uiter nie, want hier is nou mense wat die hele dieretuin bygesleep het by die jagse meisies, en netnou is die DBV op my!

    Anna, kyk by jou blog stats opsie – onder-aan die blad sal die wys watter frases mense ingetik het om by jou blog uit te kom.

    Vir die wat wil sien of Boernig werklik die vermoens het om enige sense te praat, gaan kyk by die Boererate Blad op die blog na haar Burdock inskrywing! https://skoor.wordpress.com/boererate/

    Tot ek weer uitmaak van die lewe, my leplek in die mikke gevind het, en steeds koes vir slange wat soos skilpaaie lyk en tarentale wat skiet…. in die woorde van Boernig: GEES!

  8. Friiiiiiiiiiigin’ Jel Boernig!!!😯 Ek’t gedink ek sal weer lees… maar ek verstaan soos in NIKS!! Laas toe iemand my so mal gepraat het, was my imaginary friend Albert toe ek 6 jaar oud was – maar disse ander storie daai… hy’t sulke stories gespin en as ek dit vir my ma oorvertel het, het sy gesê ek sal haar nog van haar rocker af dryf🙄
    Ek het na dese amper simpatie met my ma se reaksie…. jy seker jy’t nie ‘n ouboet mettie naam ‘Albert’ nie, hm?:mrgreen:

  9. Ek is Albert Einste, ja! Julle wil my mos nie GLO nie, ek se mos ek WEET nie.

    Skoor – ma ek praat mos van diere, en jy praat mos van diere – `n vis is mos ook `n dier en snoek (soos in jou post afgelei) is mos deesdae beskermde wild. Dis waarom jagse meisies (moet seker in skole voorkom) so skaars is, dat die mense jou so pla.

  10. 🙄 Einste….

    Pssssstttt Skoortjie: whatever dit is – kou sy die goed of rook sy dit?? En spoeg sy dit uit of sluk sy?? Hê??😕

  11. Boernig, jy raak-raak nou so aan wille dinge hier, ek kan dit nie hardop se nie, maar jy is nie so ver verkeerd nie, sowaar.

    BeeBee, sy kap dit fyn, sny dit in ‘n lyn, en dan vat sy die brandblusser en jaag dit in haar neus in op van anderkant die tafel af😆 😆 😆

    Girl, kyk op jou WP toolbaar – iewers daar is ‘n opsie vir stats. Ek het mos paar blogs, so ek weet nie hoe die single blogs se opsies daarna uitsien nie.

    Boernig!!! Jitte vrou. Jy dink nie dalk dis die skoolhoofde wat soek na die kinders wat nie in die klas is nie? 😯 Op my blog!?

  12. Om te sien waarna mense soek is om nagmerries van te kry. Daar op my werf is nou al die afgelope week iemand wat soek na “swangerskap en rattex”? Ek meen huh?

  13. PJ -ek weet dis nou seker allesbehalwe snaaks – maar eendag gaan ons daaroor lag😉 – then again think about it…. and try to use the really really wickedest sense of humor you can master at this stage – get it??? WAAAAAHAHAHAHAHA!!!

  14. Ek gorrel aan ‘n post daaroor. It’s just too good an opportunity vir ‘n bietjie twisted humor om dit te laat verbygaan.

  15. Ek het al lank geblog toe besef ek hoekom party mense se hits so ongelooflik hoog is. In sommige gevalle het dit minder te doen met die blog se inhoud en eerder met `n paar slim gekiesde woordjies vir die search engines! Hehe…😉

  16. Sjoe PJ jy blog oor gevaarlike kombinasies!

    Ja Corli, soos jy daar seg, mens moet opas wat jy aanbied. Dinges trek vliee!!

  17. Gmmffpp! Ek rook g`n niks! Ek sny wel soms `n lyn, mar dis as die kids my half beserk maak, dan gan ek soos `n geskaafde mens en stap geploegde land toe en skreeu wilder as wat `n tinktinkie kan poep, dan voel ek beter. So iets…
    Ek wou net bietjie humor maak, dis al, maar niemand verstaan nie – en ek dink dit het als by Anna begin. Dis helemal Anna se skuld, glo my. Of is dit nou Skoor s`n?

    PJ? Jy meen iemand se rot is pregnant!??

  18. Ps, ek HOOP nie dis skoolhoofde wat so na hul leerlinge soek nie, maar mind you? Ek sal 10 teen een `n niggie of 2 so opspoor. Ou verlore familie… Skoor, sorry ek dink ek gaan nou meermale op jou blog inkom.

  19. Ou Plasie, “…swangerskap en Ratex…” Klink of sy kwaad is vir die pa!

    Boernig, jy is ongelooflik stout. Jou skoolhoof gaan jou kantoor toe vat… maar doe so voort, ek het nog altyd van stout mense gehou. “Fishpaste”… is dit nou van snoek gemaak?

  20. NEEEE Boernig. Lyk my jy verstaan nie. Terwyl jy grappe maak, maak ons meer! Hierdie is gladnie ‘n ernstige post nie, so sit ‘n stukkie mint in jou kies en relax.

    Fishpaste/Viskoekies? Sal ons weet?

    Sien julle in die hoof se kantoor julle SKUBBE!

  21. BB, nee, jy`s skaatig! My pa wou altyd van ons maalvleis maak as ons stout was – dws ons opdons of pakgee. Nou as iemand soos `n skoolhoof sy leerlinge al moet soek onnir SKOOR se term en ek reken hy loop ma net so agter die reuk aan en vind op die einde sy stoute snoekies, maak hy nie maalvleis nie, ma fishpaste – he gonna grind them fine.

    Anna, dit bly jou skuld – oor jy mak lat ander mense slange vang. Gewoonlik vat ek my skoolhoof kantoor toe!

    Hey! Skoor, ek`s gun niks skubberag nie! Ma Viskoekies is dalk meer reg.

    Wat noem jy jong meisies voor hulle jags word?
    Degies!
    Hulle weet nog nie of hulle koeke of terte wil wees nie.

  22. Issie my skuld nie – Skoor het gese BB hou shows – Ek het net gewonder of sy ‘n slang in haar show het en toe verstaan almal verkeerd en nou is ons al glad deur die mikke met tarentale gepik in die hoof se kantoor waarheen ons almal ‘n lyn gesny het sodat hy snoek-paste van ons almal kan maak en ek is nie eers ‘n koek of ‘n tert nie… ek is ‘n witbroodjie.

  23. Stout?? Ekke???😕 Ek is seker die soetste girl op die hele wye aardbol – ain’t never nog so ‘n soet girl dié bodem bewandel nie😳

  24. Julle is poes fukt kani glo julle dink sulke kak uit ni he’ll man go play whit your toys on the brietge boys and ledy’s and if you are jags ad me on whatsapp 0827149916 end fuk the rest and only girls plz no boys so bye I’am cowboy

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s