Tuiste » Skoor Bek » Om mooi broodjies te bak

Om mooi broodjies te bak

Dinge begin darem nou tot ‘n punt kom met my beplande take vir die jaar 2009/2010.  Binnekort kan ek my swartpot vol vleis en groente in die nuwe bakoond druk, en drie ure later kom kyk of dinge eetbaar is.

Die bure is reeds jaloers.  En bekommerd oor die geure wat die buurt gaan vul.  Ek is opgewonde en dankbaar dat ek ‘n plekkie van my eie het waar ek so ‘n projek kan laat waar word.

Ek kan nie wag nie.  Maar die klip wat die struktuur moet versier is nou eers op.  Nou moet ek wag vir volgende Maandag.  Mits die bouer onthou om op te daag…  Somehow wou niemand glo dat ek so ‘n projek sou kon doen nie, en is ‘n bouer gereel vir my (wat ek moet betaal!).  Nou ja, min dinge verloop soos mens dit beplan.  Veral as jou naam Skoor is.

NS:  ek lieg in die opskrif.  Ek is GLADNIE iemand vir bak nie.  Skoorlief moet maar blikkiesbroodjies bak in die ou grote se maag.  Ek sal met my fles tuisgekookte (present gekry-de) appelkooskonfyt nader staan, en moontlik ‘n koppie tee ook saamsleep.

Ai, waar is die dae van plaasbotter of VARKVET op ‘n snytjie tuisgebakte suurdeeg brood.  Dis darem geen wonder van die Afrikaanses sukkel so met die gewig nie, hahaha.  Ons is so VERKEERD geleer van die moederskoot af.

Oe, dis swaar in Afrika!

12 thoughts on “Om mooi broodjies te bak

  1. Maakit maar 2 blikbroodjies en kry maar daai teetjie reg. As jy jou se oge uitvee staan ek en LLWD voor jou deur met die druiwekonfyt onner die een arm en rooijam onner die anner een:mrgreen:
    . . . en . . .uhm . . . daai dun tannie hoef nie te weet nie ok?
    Jis. Praat ek my self nou lekker honger jong😉

  2. Ek sal sorg dat jy ‘n potjie vol Schmalz kry! Regte egte duitse varkvet – met appel en uie verwerk – NJAM op vars brood met ‘n skudseltjie sout!!

    As brood kon sing was hierdie een seker ‘n engelkoor! In dolby digital surround sound!
    3 koppies broodmeel in ‘n mengbak (dalk 1/2 koppie wholewheat en 2&1/2 koppie broodmeel – nes jy wil)
    1/4 teelepel Anchor Instant Yeast
    1 teelepel sout
    Om en by 1 & 1/2 koppies louwarm water

    Roer met ‘n houtlepel. Roer ordintlik deur – soos ‘n baddass bakker met ‘n meermin tattoo op sy bo-arm sou roer.

    Ok. Nou lyk dit soos ‘n lekker gooey degerige deurmekaar spul.
    Mooi!!

    Maak die mengbak mooi toe – eers ‘n clingfilm en ‘n deksel of onderstebo bord. ‘n vadoek of jou favorite handdoekie… Soen hom goo’nite en laat hom slaap – og vir 12 – 24 ure – sommer so oppie kombuiskas is ok.

    2 Ure voor jy wil broodjie bak:
    Maak jou hande nat en dump die natterige, klewerige, bubbly spulletjie uit die bak op ‘n meelbestrooide oppervlak. Vou die hoeke namekaar en oormekaar en maak ‘n bal van die deeg. (Hou ‘n bak water byderhand en jou hande klam. (Jy hoefie te knie nie – werk net die deeg in ‘n mooi bal-vorm – dis genoeg knie!)

    Vat ‘n groterige stuk katoenlap – gladde vadoek (nie die geweefde deftige goed nie – kry sommer een vir dié broodjie – anders kan jy vir jou ‘n stuk outydse meelsak materiaal by jou haberdashery of “Needles ‘n Pins” koop? Of kry een van jou se pa of oupa se ou uitgewaste katoen hemde en sny die rug uit virre lap – die fyner weef – die minder klou van die deeg😉
    Strooi die lap met meel. Dump jou bal daarop. Strooi oor liggies met meel alom – en vou hom saggies in die hempie toe.

    Laat hom nou dut vir omtrent 2 ure…

    Na ‘n 1 & 1/2 – sit die leë platboompot/bak/pyrex dish/broodpan/koekpan – enige ding wat verkieslik met ‘n deksel ge-issue is – (anders kan jy hom met DUBBEL gevoude foelie DEEGLIK toemaak) vir 30 minute in die oond – 220-250 C… of jou buite-bakoond.

    Jou deeg is nou dubbel sy oorspronklike grootte…
    Ontklee die ding – sy hempie oop – tel aan weerskante met beide hande op en dump die wobbly spul ini pot/bak/pan… (probeer om nie die deeg te manhandle nie)😳

    Stamp die pot aanie kante dat die broodjie bietjie balans kry – maak weer toe – deksel of (DIESELFDE DUBBEL foelie as voorheen – en bak vir 30 minute.

    Haal die deksel/foelie af en bak nog 15-20 minute ‘topless’ of totdat die kors mooi goudbruin is.

    Laat afkoel op ‘n draadrakkie…

    As die broodjie eers volgende dag geët gaan word – of ure later🙄 sit hom in die oond vir 5-7 minute om die korsie te ‘crisp’.

    Die broodjie het ‘n awesome crisp korsie – en die deeg binnein lekker lig en ‘gaterig’… soos Swiss cheese…
    en met appelkoosjêm of Schmalz – NJAM!!!

  3. Oe! Njammmmmmmies! Ek ruik die brood al tot hieso! Disse mooi gedoente meddie Welcome Dover deurtjie, Skoor.
    Ek sit hieso met `n vrieskas vol varkvet en niemand van ons eet dit nie – jeggg!

    BB – dalk moet jy darie uie resep meddie varkvet gee, dan try ek weer proe.

  4. PJ…halt (in eg duits!)
    Dis juis omdat ek weet julle met GPS tracking devices ingeplant is, dat ek dink dis veiliger om op openbare grond te ontmoet. As daai graatjie skielik voor my deur moet opdaag om haar troepe aan te praat, skrik ek mos al die dye uit my hare!!!

    Toemaar Twilight, never say never. Miskien plant ek ‘n saadjie hier onder die volk en vat bakoonde weer pos. Anyway, met ESKOM soos dit is, is hierdie glaaaadnie so ‘n bad opsie nie, ne?

    Jeeeete BeeBee. Jy is darem deesdae ene vir elle lang replies. En nogal in die vorm van ‘n reseppie ook. Spoggerig, ek moet bieg. Fanks vir daai. Stuur video ook plies? Net ingeval ek iets mis! Ek dink daaraan om jou skrywers assistent te maak op Skoorkos, want jy het ‘n entertaining manier aan jou vingerpunte. PS: ek sal jou troepe nie by my krip onthaal nie – ons sal maar net ‘n koffie deurwerk, anders is alles weer die arme Skoor se skuld…

    Ai Boernig, as ek net geweet het hoe om daai varkvet te bewerk tot hy so glad soos ‘n bruingebrande, geoliede six-pack voor my le, het ek opgevlie na jou dat ons ‘n home industry kan begin!

    Ja Sonkind, ek ken jou as ‘n deeglike mens. Watse half-lesery is dit met jou? Ek se mos ek bak nie. Bak en naaiwerk is uit soos koek in ‘n weeshuis vir Skoor. Ek kook eerder. En praat twak.
    😆

  5. Schmalz reseppie: (ek probeer die vertaling korrek hou – as julle twyfel oor iets – skree maar…):
    500g Varkvet (Lard)
    250g rugspek (in kleeeein dices gesny)
    1 Appel (verkieslik suur soort – Boskop of Granny Smith – geskil en ook klein gedice)
    1 koppie fyn gekapte uie
    1-2 Eetl Tiemie (na smaak) (Vars fyngekap)
    1-2 Eetl Majoram (na smaak) (Selle hier – as kruie droog is, is hy concentrated… pasop vir te veel!)
    Sout en Peper (na smaak)

    Braai die blokkies rugspek liefdevol en staaaadig in ‘n droë pan (pasop vir te hoë hitte!! moenie skroei nie!) – tot goudbruin.
    Dump die appel en uie blokkies daaroor en braai saggies verder, tot die uie glanserig is.
    Haal van hitte af en roer fyngekapte kruie, sout & peper by.
    (Onthou as jy gedroogde kruie gebruik – less is more!!! gooi eerder minder, roer en proe. Jy kan nie die goedjie weer uitvis nie!!)
    Jy kan die kruie ook heeltemal uitlaat – weereens, Schmalz moet nie oordonder word met té veel geur nie – ‘n hint is perfect!
    (ek strooi so ‘n knypie of 2 suiker ook oor en roer die spulletjie versigtig deur…)

    Intussen sit jy die varkvet in ‘n pot op lae hitte – laat smelt – nie kook nie!
    Gooi die spekpan inhoud in die gesmelte varkvet – hou op lae hitte vir 15-20 min om al die smake te laat amalgameer🙄 – nuwe woordjie wat ek gisteraand op Survivor van Cindy Nel geleer het😯 Sê nou weer vir my beauty queens hettie brains nie😉
    (Is nogal sad dat sy ten koste van Ashley Hayden moes groet… maar ek sal wel daar by my dalk nog daaroor ko…. eeeehhhmmm gorrel…)
    Anyways – waar was ek??
    Oh ja!!
    Gooi die spulletjie verkieslik in ‘n erdeware potjie – maar ‘n kênfroetbottel is ook ok.
    Moenie toemaak nie – laat koel eers af!
    As jy weet van iemand wat van Schmalz hou – maak ‘n paar bottels Purity bymekaar (die pere en jogurt is nogal nie te onaangenaam nie:mrgreen: ) en vul dit op. Maak seker elkeen kry genoeg van die growwe bestanddele in –
    Dit sak af terwyl die Schmalz stol – but you’ll find a way om dit uit te delf – DIVINE!!!

    Lékker met die broodjie – of sommer ‘n panini van jou local bakker of ‘n potbrood… daarmee saam drink die duitsers graag ‘n biertjie (sou jy kon raai, huh😕 ) of appelwyn…

    Ook lekker – rogbrood in dik skywe gesny en sommer net gougou op die rooster netso ge’braai’ – eintlik maar net bietjie verhit.

  6. Dankie ou BeeBee – dis altyd lekker om iemand met lekker reseppies te ken. Sodra die somer oor is, moet ek dalk hierdie ding aanpak. Dit lyk moerlekka.

    LUISTER GELIEFDE BLOGGERS…SKOOR IS INI KNYP. EK IS OP SOEK NA ‘N BACKGROUND VIR ‘N WORD DOKUMENT WAT LYK ASOF DIE LETTERS GETIK IS OP ‘N A4 PAPIER MET BLOU LYNTJIES. IS DAAR SO IETS IN DIE HANDEL EN WANDEL BESKIKBAAR?
    😉

  7. Skoor – skoonmoer maak darie vet so seepglad soos `n baba se (uhm? nou weer?) Spier-spierwit as dit als uitgebraai en die kaiings apart gebere is. Jy kan solank opvlieg – hieso is `n ensuite.

    BB? Pleeeeeeez BB man? Kan jy die resep vir my e-pos? Mooi vra en so aan en so aan en so aan? Dis copy en paste makliker vir my.

    Watter Tiemie?
    Ek het hieso – Lemon Thyme – Pizza Thyme – Comon Thyme en Pink Thyme. Eh eh! Ek kan die blou horries kry as mense nie verstaan dat vars en gedroog se volume verskil nie!!!!! Grrrrrr….grrrr…..gr..gr!!

    Ek gaan Google tot ek `n 2de handse Welcome Dover deurtjie het.

  8. Hou dop Boernig, eendag mail ek jou en vra vir ‘n bedjie en ‘n broodjie en ‘n varkvetjie…

    Nikita, e.k. Maandag sal die bouer hopelik kom klaarmaak. Intussen bakoond ek te heerlik – die deur kan mos toe, en die dak is vasgesement. Dis net die klipwerk buite-om wat moet klaar. Hou moed, ek post anderdag weer ‘n foto.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s