Tuiste » Skoor Bek » Waar sal daar hulp vandaan kom?

Waar sal daar hulp vandaan kom?

Vloede.

Tsunami’s.

Aardbewings.

Is dit alles God se plan om in ‘n oorbevolkte gebied waar werkloosheid en wetteloosheid soms aan die orde van die dag is, en waar mensegetalle aanteel soos net in ‘n ontwikkelende area kan gebeur, die mense ontploffing te probeer halt?

Ons as gelowiges kan vrae vra.  Ongelowiges kan beskuldings slinger.  Feit is:  of jy gelowig of ongelowig is – jy het nie die mag of die vermoens om so iets te keer nie.

Hoe lank sal ‘n wereld egter verantwoordelikheid bly vat vir ‘n land se wanbestuur, onvermoe om in die opvoeding van sy kinders te voldoen, onvermoe om die land van ontwikkelend na ontwikkeld om te keer, en leiers wat hulself vergryp aan dit wat hulle nie toekom nie?  Is dit altyd iemand anders se probleem om te sorg dat daardie land weer opgebou word.  Is daar werklik nie leiers wat na vore kan tree nie?  Verslaendheid is onbeskryflik.  Maar iewers staan mens op en begin. 

Hoef ek te skryf oor die verslaendheid van my Volk toe hulle uit Ballingskap terugkeer en staan en afkyk op verwoeste plaashuise en familie grafte, meer as 100 jaar gelede? 

Wereldwyd ruk prente en stories die sensitiewe en minder sensitiewe siele wat daarna staar, of daarvan lees.  Mense pak rugsakke en gaan help.  Rykes vlieg met hulle private stralers rond om te gaan hulp verleen (of is dit om iewers nog ‘n kamera op hulle gesigte te kry?).

Suid-Afrika het ook ‘n telethon om geld in te samel vir Haiiti slagoffers.  Ek het nie ‘n probleem daarmee nie.  As jy meer het as wat jy kan opgebruik, sal niemand skeef na jou kyk as jy uitdeel nie.

Maar.  En hier is my MAAR uitgestip in duidelike letters…

In hierdie liewe sonskyn land van ons, is daar blanke seuntjies en dogtertjies wat soggens kaalvoet en HONGER mense, fokken honger!!!! skool toe moet gaan.  Hulle word groot in plakkerskampe.  Hulle is vuil en koud en agter in die lewe.

Mense soos Sigeuner/Boernig maak pouses broodjies vir hierdie kinders.  Net sodat hulle een ete in die dag het wat iets meer as ‘n slukkie water in hulle magies is.

Hoe kan ons geld die land uitstuur terwyl ons eie mense koud, honger en verwaarloos is?  Is Haiiti regtig ons probleem?

Kontak Solidariteit of jou naaste skool, en vra waar die behoefte is.  Gee vir daardie kinders jou kinders se skoolklere en ou dra klere, voordat jy dit in die drom weggooi.  Om een uur te spandeer en vas te stel wat waar benodig word, is jy besig om ‘n jaar vir ‘n kind makliker te maak.

Moenie wonder wat jy kan doen om beter te voel nie.  Trek jou vinger uit jou hare.  Beteken vir jou eie mense iets.  Voel beter.

Amen.

24 thoughts on “Waar sal daar hulp vandaan kom?

  1. Ek stem gedeeltelik saam.

    Ja, daar is baie ellende in SA onder blank, swart, bruin, pienk en pers. Hulle het verseker ook hulp nodig. Daar is darem strukture en organisasies in plek, gebrekkig en hulle skiet te kort, maar daar is iets. Daar gaan ook altyd arm mense om ons wees en ons kan nie genoeg help nie.

    Aan die anderkant, in Haiti is daar om dit mooi te stel, fokkol. Niks, nada. Daar is geen strukture oor wat kan doen wat gedoen moet word nie. Dit gaan hulle jare, indien nie dekades neem om te herstel van die ramp. Hulle gaan net die “intense” hulp vir ‘n paar weke he en dan gaan hulle op hulle eie aankarring. Daar is ‘n baie goeie kans dat daar ‘n paar epidemies gaan uitbreek en hongersnood gaan ontstaan. Onthou Haiti is ‘n arm land om mee te begin.

    Dit sal maar baie sleg met die wereld gaan as elke land net op sy eie probleme konsentreer. Afrika, insluitende Suid-Afrika, sal heeltemaal in haar moer wees. Dit is juis die hulp van ander lande wat die derde wereld lande staande hou. En moet nie vir ‘n oomblik dink dat die ontwikkelde lande nie ook armoede het nie.

    Dus: Help die armes as dit in jou vermoe is. En help ook wie ookal iewers ‘n krisis of ‘n ramp beleef.

  2. Xena – Vok, ek dink as jy ooit `n pers mens gesien het, was hy seer sekerlik in een moerse behoeftige situasie van epidermiese porporsie! Lol!
    Ja, dit is waar dat Hiati darie misterieuse O het, NADA soos jy se, maar as mens vaskyk n wat jy NIE het nie, sal jy nie kan waardeer wat jy WEL het nie…en dis die wonderlike wereldwye oophand van talle volke vir daardie mense. Graditude met al die ellende saam, gaan beter afgaan in darie mense se siele as net pynlike ellende alleen.

    Ongelukkig dink ek anders oor jou stelling “Daar gaan ook altyd arm mense om ons wees en ons kan nie genoeg help nie.” As net EEN ou help, net een – is dit `n begin. As almal dink dis nie genoeg nie, sal niemand ooit help nie.

    Suid Afrika is `n ongelooflike goed bedeelde stukkie aarde en ryk aan rou materiaal en sal nie sommer moertoe wees nie. Dis net dat die geldmag seker daarvan maak dat die ekenomie altyd `n slaaptyd-bangmaak storie vir die gemiddelde mens sal bly. Ek kop daarvan en weet dus dat die galdmag dinge maklik kan verbeter in plekke en gebeure soos Haiiti. Dit is so ongelooflik hartseer om sulke dinge te sien gebeur, maar ek help liewer direk (my eie mense) waar ek dadelik die impak kan sien. Dit doen iets vir my siel as ek so staan en kyk hoe `n dankbare kind se honger oe oorslaan in dankbaarheid.

    Daar is niks so lelik-pyn soos `n honger kind voor jou nie, en niks lekkerder om te hoor as “dankie tannie” nie. Dit maak my soms voel ek wil kots en nooit weer self eet nie, maar dis okei as ek dink God weet wat hy doen.

    Skoor – JA, ek glo die rampe is `n Godelikke ingryping en Moeder Natuur sy werktuig om ewewig te hantaaf waar nodig.

    Skoor – Vandag wil ek alweer dankie se – DANKIE, jy weet nie hoeveel dankbaar ek is oor elke persoon se bydrae wat ek vir hierdie projek gekry het nie. Uhm, en dis lekker om op die lys te kon tik – Skoor – Kaapse vriend.

  3. Skoor! Jy maak mens weer dink waarvoor jy dankbaar moet wees. Dit breek my hart om sulke honger gesiggies te sien, ek voel ek wil huil en soos Boernig ook se…nooit weer eet nie. Ek stem volkome saam, jou “eie huis” moet eerste aandag kry. Jy kan nie dat JOU huis honger het en die res van die wereld gaan voed nie, hoe werk dit? Duh… se ek vir myself. Wat Boernig doen is wonderlik. Ek wens ek was in ‘n posisie om so kindertjies te gaan voed en daardie dankbaarheid te beleef. Ek het al gewens ek kon ‘n kinderhuis oopmaak of die hele boel aanneem! My hart gaan uit na die kinders van ons wat so leef.[toe my sus se seun klein seuntjie van 8/9 was, gaan staan hy ook in die ry vir broodjies by die skool wat uitgedeel word. Toe sy dit hoor, kom sy iets oor, want hy het syne daagliks gekry. Toe kom hy en se ja maar daardie kinders kry witbrood en syne was volgraan en hy was lus vir witbrood!🙂 ]

  4. Ditto! Met die hulp wat in dollars en ponde en Euros Haïti toe gaan, kan ons maar gerus ons skamele Randjies gebruik om opheffingswerk hier te doen…

    “The difference between what we do and what we are capable of doing would suffice to solve most of the world’s problems”
    Mahatma Gandhi

    “Pray for the dead. And fight like hell for the living!”
    Mother Jones

  5. Netso skoor, ek dink ek stem 100% saam met jou. nie net gedeeltelik nie. Mens vee mos eers voor jou eie deur voor jy ander se huise probeer skoonmaak.

  6. Dankie Skoor!!! Ek stem ten volle saam met jou. Kyk eers na jou eie mense. Baie hartseer foto by the way. Om eerlik te wees ek gee nie ‘n hel om vir die Haiti mense nie. Hoekom moet die koloniale regerings nou kom red maar hulle het dit daardie tyd verwerp en wou onafhanklik word. Kyk na jou eie mense Haiti, jy kry nie ‘n sent van my nie

  7. Jy sien, ne?!
    Ek se mos die mense moet net hul dem oe oopmaak en sien hoe pragtig God se werk ook is – nie net pragtig nie, disse awesome wonderwerk! Vandag in Beeld – `n meisie van Haiti wat 14/15 dae! onder `n huis se puin gele het en toe gered is. Ek help HIER, God help DAAR. Intussen leer die mense iets. En ek dink dis om goed en lief vir Moeder Aarde te wees.

    Gees!

  8. Netso boernig, weet jy nê, ek nê, het rose quarts, jasper, quarts, en bloodstones, en tigers eyes nê, en ek sweer dit hou my rustig en gesond.

  9. Oh, oh! Wys my joune toe, Flintie? Ek het hordes en hordes van die goed en gooi dit tussen my plante in die tuin – dit hou mens gesond…van rustig weet ek nie. Dit help nie vir my nie. Altyd rooimiere in my gat. Dink jy miergif sal werk?

  10. Hulle sê jy moet ‘n ametis in jou bra dra (ok Flitsie – jy sal ‘n ballbox moet loop koop – Sportsman Warehouse verkoop hulle ini krieket afdeling😉 ) vir eeeehhhmmm waaaaaa was ekke nou weer??
    Oja!
    Hier’s die wat ek van weet :
    Ametis: inner peace, calmness & healing
    Garnet (my favorite): courage, passion en sensuality (‘n shocking pink g-string doen dieselle:mrgreen: )
    enne….. oja – dit improve imagination en verhoog sexual energy (maar as liefie varsgebak uit die stort uitklim het dit much the same effect – en dan vergeet ek waar ek die klippie gebêre het…😳 )
    Rose Quartz (blykbaar die beste van allie semi precious stones): Higher consciousness, Intuitivity. Hy energize en help met healing – ‘hulle sê’ die rose quartz is een van die beste stene om aan jou te dra as jy van migraine suffer.
    Jasper: Positivit, Mood elevator – is said to improve your sense of smell en sooth die senuwees
    Jy moet jou steentjies gereeld skoonmaak – eintlik om te ‘clear’ – seesout word baie gebruik – of jy kan ‘n skeppie uit die see loop haal en in ‘n glasbak hou – oornag jou steentjies daarin sit. Roosblare of gedroogde salie of sandalwood kan ook gebruik word…
    Is weird ek weet, maar ek het ‘n kollega wat alles daaroor weet en dit diligently toepas – gesondste dingetjie wat ek ken – EN sy hug ook gereeld trees😉

  11. 😆 BB, jy is iets vreesliks. Ek sal mos nooit so iets gaan loop koop nie. Ek is ‘n dame van edele inbors. Ek loop kerk, I’ll have you know…

  12. Charity begins at home.
    BB nie so erg wierd nie. Ek het ‘n skatkissie met stene op my lessenaar en ons het rose quartz in ons verloofringe laat set, dit is een van die beste stene, bied ook beskerming en inner peace. Jy kan ook jou klippe vir die nag in die lig van die volmaan laat le. Oppas vir sout vir alle klippe, van hulle kan daardeur beskapdig word. Antieke Topaz bv. kan kraak as dit te veel uitdroog.😉 Sommer net ‘n stukkie trivial info.

  13. Ek wil Flitsie se inborste sien!!!😯 (Waffer kerk is jy Flits?? ekke loop ook kerk, maar dit het nog nooit vir my borsmaat gehelpie!!😳 )

  14. Ek is in die “liftyourtits” bediening. Die AGS wou nie moffies inlaat nie, my by die deur gestop en gesê ek my inborste is te verleidelik.

    Kan jy dit glo? 😯

  15. Vriendin pak klippers op die grens tussen haar en die op-mekaar-skree-ende bure. Sy sweer dit help dat hulle minders skree. Rooskwarts, dink ek.

  16. Maar my fokit Flintie, jy kan mos nie opgedress as Tina Turner wil kerk toe gaan nie! Jy sal mos moeilikgeit kry!!! 😆

    Twilight, daai is ‘n idee as my bure mekaar weer so jaag en baklei. Rooskwarts…wonder hoe goed dit balanseer op vibacrete?

    Boernig, wat seg jou se man van die wilde insinuasies wat jy slinger? Ek stem met jou saam, maar ek wonder net wat julle getroude vroue se manne voel as jy klippe wil liefkoos, hahaha.

  17. Rosequartz is excellent vir onmin! As dit klippe nie help teen die muur nie, kan jy altyd iemand daarmee doodgooi. Blykbaar is daai klippies eeeehhhhmmmm kliphard😆
    Skoortjie wat seg hulle nou weer:
    A good man is hard to find…🙄
    of wassit
    A hard man is good to find…😕
    kannie nou onthou nie… ai tog!

  18. A good man is hard
    to find a good hard man
    you have to man a good heart

    Ek gaan nou ‘n kettie koop en rooskwarts soek. Ek wil Zuma in sy mik tik dat hy kan ophou jeuk, en Julius op sy snoet skiet, dat hy kan ophou pap en champers vriet.

  19. Julle het my nou helemal geconfuse…ek weet nie eers meer wies ekke nie…Soes Brein eenkeer geunsiniheer het…
    Skoor – Boerseun koop die klippe vir my…hy weet wat goed is vir hom.

    BB – ek gaan ok `n kettie koop. As ek wil he Boerseun moet carouge he om te pasjin, skiet ek hom mette Garnet, ne? Of hoe nou weer? Om hom Rooshard te kry, of issit nou rooskwarte,,,,in die kwarte of is dit nou kwartiere? Slaapkwartiere? Ek wiet nie.
    Wawse klip is goed om te onthou?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s