Tuiste » Skoor Bek » Om dinge te moet opnoem

Om dinge te moet opnoem

Ek het in ‘n boek in my ouma & oupa se huis, destyds, foto’s gesien van ‘n wit gesin wat vermoor is deur terroriste.  Ek was toe nognie groot genoeg om vas te skryf nie.  Ek het gekrap in die kaste en op die boek afgekom.  My kop wil se dat die daai groot soorte Huisgenote was, maar my hart neig Landbouweekblad toe.  Ek weet nie.

Ek was bang.  Ek was naar.  En ek was verward.  Die kindertjies het op die groen grasperk gele.  Die dogtertjie het ‘n wit rokkie aan gehad.  En die donker bloed aan haar gesiggie het die foto lelik gemaak.  Sy en haar boetie.  Langs mekaar.  Ook dood.  Terroriste aanval.  Rhodesie.  Ek het die boek toegeslaan, en uitgehardloop in die warm, helder sonlig.  Later het ek teruggesluip, die boek weer oopgemaak en gesien dat die honde ook doodgemaak is.  Groen gras.  Wit klere.  Bruin honde.  Droe bloed.

Ek het gewalg.  Maar ek het teruggegaan en gekyk.  Naar geraak.  Bang geraak en weggehardloop.

Ek onthou dit soos gister.  Terroriste.

Daarom, toe Sonkind my tag om ‘onthou’ blog-inskrywings te plaas, moes ek gaan stilsit en dink wat mens onthou, en wat jy laat gaan.

Sonkind weet met haar plasing van ‘n Dana Snyman storie, het sy my gedwing om vanaf die wit troontjie dit vir Skoorlief voor te lees.  Ek het ‘n nare manier om soms glipsies te kry as die lag buite beheer raak.  En dit was een van die bestes wat ek ooit gelees het op ‘n blog.

Frankie se storie van die Ouma en die Kakies het my hoendervleis gegee.  Ek dink in die regte ou se hande, kan dit ‘n kort en kragte fliek word!

BeeBee se t-shirts pos.  Met die foto’s en die kwinkslae.  In daai blonde bom skuil vreeslike kreatiewe dinge.  Ek dink ons kyk haar hopeloos te vlak!

Nikita se manier waarop sy keurig en sorgvuldig posts vertaal en met haar land spog, skyn in elke pos.  Ek kan nie een uitsonder nie, maar wel haar hele manier waarmee sy haar blog aanpak.

Boer in Ballingskap se gedig ‘Splintersiel’ het my laat besef dat meer mense weet wat seerkry is, as wat jy self besef.

Duskant se Lewe 101 – o jinne dit het gevoel asof dit vir my geskryf is.  Deur die maat wat ek lank terug op die slingerpad verloor het.  My Lot.

Boernig se persoonlike brief aan my, waarin sy so bitter opgewonde was oor haar nuwe ore.  So vol hartseer en hoop, dit het dae lank met my saamgestap.

Chris Kop se foto reise.  Plekke waar ek al was.  Plekke waarvan ek nog net gehoor het.  Lekkertes op ‘n Blok!

Die Kat van Flintstone.  Laat mense so met diere kan wees gaan my verstand telkens hopeloos te bowe.  En dan sien ek hoe die girl😆 met trots brag oor al sy diere.  Daai mens het ‘n hart.

Ai, Tersia se bitter hartseer.  Haar jongste skywe Onthou jy…hier is jou antwoord.  Wat daagliks met soveel mense gebeur.  Die magteloosheid.  Die woede.  Die fokken hardheid van die lewe.

Snaakse kindertyd stories uit die Joernale van Kaalvoet.  Die storie van oom Vaaljan.  Dis beeeautiful.  Ek weet soms nie of ek nou moet lag of huil nie.

Die Gestorwer Soldaat se brief aan Ingrid.  Wie, wat toe al geblog het, sal dit kan vergeet!

Laastens die Wosonki’s se kommentaar aan mekaar, en oor mekaar, en PJ wat sy hart uitskryf om steke te kry vir die flenters.  Dis vir my mooi.  En hoe sy ander half hom ondersteun.  Dis vir my mooi

Het ek iemand uitgelos?  Iemand vergeet?  Ek is jammer.  As dit my byval, sal ek dit kom bywerk.

29 thoughts on “Om dinge te moet opnoem

  1. By die heel eerste teen insurgensie lesing wat ons gekry het by SAW en seuns het hulle daai selfde fotos van die vermoorde gesin gebruik. Sekere goed is universeel, maak nie saak hoe oud dit is nie

  2. Die woord “terroriste” bring sommer koue rillings terug. Ons skole…hoeveel keer was daar bomdreigimente. Ek het my vakadiviseur die eendag by my gehad en daar moet ons op die Pawiljoen gaan sit vir ‘n paar uur totdat die Polisie met hul honde deur die skool kon gaan en dit veilig verklaar. Ondersoekspanne soggens wat die klasse deursoek het voor die res van die skool gekom het – ag baie dinge waaraan ek nou dink net as dit by skole kom. – aanvalle – te veel om aan te dink. Hoeveel seuns is nie op die grense van ons land dood nie? {sug}
    Dankie vir jou mooi woorde oor my blog, ek waardeer dit.

  3. My skoolvriendin was in ‘n terroriste aanval in Suidwes destyds. Haar pa is doodgeskiet. Haar ma moes haar broer beskerm en stilhou (die was erg siek en tot ‘n mate gestremd) – sy het die huis en hulleself met al wat ‘n gun is, beskerm. Haar pa is doodgeskiet en sy het soos ‘n tier teruggeveg – een gedood, twee gewond. Blykbaar het een van die gewondes toe hy gevang is gekerm oor ‘ambush’ – gereken daar was ‘n hele ‘army’ in die huis wat op hulle geskiet het…
    Sy het high military honours gekry daai jaar.
    Sy was 14.
    Ek is bly sy het nie op die grasperk moes gaan ‘lê’ nie…
    Dit het my vir jare gehaunt – die nutteloosheid daarvan en die waardeloosheid wat een lewe (mens) aan ‘n ander lewe (mens) heg.😦

  4. Terroriste – 1979 ook in SWA en my Dad, Sant Major gaan na 12h in die nag om te kyk hoe sy minasie afbrand….en `n week daarna die ander minasie. Nie eitntlik `n indruk op my gemaak nie.

    Wel my ouma Bell met haar Lexington sigarette en karringmelk beskuit, vrugtekoek en teekoppie lees. Sy het haar liggaam vir Tukkies geskenk as kadawer. Ek noem dit ONTHOU.

    199 Terroriste!!! Gert v Rooyen en Joey Haarhoff wat my `n lift wou gee eendag toe ek van Eugene Manrais Hosp af gestap het plein toe en ek Goddank gese het stap is gesond, dankie.
    Ek glo vandag nog aan stap.

    Al julle people met die wereld se stories – veral die pyn stories – ek sal dit baie lank onthou…en die lag stories – julle skryf so mooi. Almal van julle.

    En my ore, ne? Dis helemal beoynd cool! Sulke mooi silwer dingetjies – dankie Skoor!

  5. Plaasjuppie, BeeBee, Nikita, Boernig. Dis interessant om almal se sienswyses te lees oor die spesifieke paragraaf!

    Ja Nikita, ons het ook hoeveel sulke drills gehad, en soms ‘n bomscare. Ek dink die kinders het baie daarmee te doen gehad. Kan jy dink as selfone toe al in skole was!

    Daai haunting BeeBee, dis wat ek so haat!

    Ja Boernig? Vertel biki meer? Hoe oud was jy? Het jy hulle later onthou, of dadelik geweet wie jou wil lift?

    Ek is bly jy het nie ingeklim nie, want dan kon ons nie vandag klets nie!!! Daai is ‘n hoofstuk wat ek netnie kan verstaan nie.

  6. Skoor, ek was sweet 19, klein en fyn gebou en het die dag `n spierwit Somer rokkie aangehad. Ek het die twee satans later onthou! Die “vriendelike oom” wou juis weet waar`s die Hospitaal. Toe ek beduie, maar dis mos net 1 blok terug, oom….toe wou hy met trane in sy oe van siek mense vertel en vra of ek nie gou vir hulle net kan gaan wys waar`s dit nie en dan bring hy my terug tot waar ek wou wees.

    Siek bliksims! Helemal, helemal siek! Ek sien tot vandag nog die groot bril op sy neus en die vieslike bles.

    Ek onthou ook die eerste keer toe Sant Major vir Saartjie (my stiefma) gaan kuier het en ek `n sopnat poep bo-op haar los. Niks kon die stank wegkry nie en sy moes my gaan bad…sjame, voktog – ek was maar net 6jaar oud.

  7. Jinne wag, ek eers klaar lag vir boernig!

    Skoortjie, ek love jou ook omdat jy my laat lag, en soms laat huil. Jy is great, pap kuite en al😈

  8. Boernig, jy is sommer van vroeg af moeilik sien ek! Maar jy leef om die verhale te vertel – dit se baie.

    FredFlintstone – as ek vir jou moet begin opnoem aan my defekte, bel jy dadelik vir Zuma en doen aansoek vir staatshulp vir arme ekke.

    My kuite is pap omdat my een been langer as die ander is.

    Ek hakkel, en die kuit oefeninge is daarom ‘n nagmerrie, want terwyl ek wag met my pap kuite op ‘n knop vir een om na twee getel te word, veroorsaak dit ‘n spasma van epidermiese proporsies.

    Die ander aand moer ek reg agteroor, my kop tref die gras, en my glasoog hop uit. Was I in a tizz! Toe loop ek en soek met die een siende oog na my glasoog, en die gras is laaaank want dis moeilik om gras te sny met ‘n hop in jou stap.

    Anyway, toe ek uiteindelik die oog kry (die kat het met hom gespeel) is hy lekker gekrap, en reg in die middel al asvaal geskuur soos ek ‘n paar keer in my soektog bo-oor hom is.

    Nou kyk ek glo met ‘n vaalte die wereld in. Van die kant af sien ek egter niks! Dis maar die mense wat na my kyk wat gepuzzle is!

    Dan is ek boonop hond-skaam. Ek is menssku en kry moeilik vriende gemaak.

    Disaster op twee bene!

  9. Nee Flitsie, regtig. Is so. Onse Skoortjie is so to speak voorwaar redelik ge-crock… (ek dink sy qualify laaaaankal vir ons Ama-krokko-krokko duikspannetjie!).
    En ek love daai kyk wat sy kyk – coz dit maakie saak waarheentoe sy kyk nie – sy kyk mens altyd somehow steeds vreesloos ini eeehhhmmm oog, ja. ek dink.
    En sy is vrek skaam, ja. En nederig. En saggies en kleinserig ok. Nie ini lyf in nie. Ini hart in. Daar waarit saakmaak.
    Maar sy’s verkeerd met een ding: Sy’t eintlik meer vrinne as wat sy bereid is om te erken – I for one would… ok so maybe I wouldn’t kill for her personally… but I would probably rent a hitman without blinking an eye if I knew that somebody hurt her.

  10. Haai BeeBee, sommige dae weet jy net om die regte dinge kwyt te raak om die ou mank hart bietjie regopper te druk.

    Moenie worry nie Flintie, mens hakkel mos nie as jy tik nie, en jy stap mos nie as jy stories neerskryf nie. Dis mos nie jou skuld dat jy nie geweet het ek is die koningin van kakpraat nie.

    Relax. Voor jou man tuiskom. Sit komkommer op jou oe en sit terug.

    Lotsaluv. En vir jou BeeBee

  11. Skoortjie – wee’ jy wat is erger asse vriend wat hakkel?? ‘n Gynae wat hakkel!!🙄 en DIT terwyl hy jou keiser se steke moet insit en lékker met die teaterstaf klets – gil ek vir hom: “Dokter, jy moet nou sharrap!!! want ek sue jou as jy vir my ‘n plaastelefoonlyn gee daar onnerlangs!!” *gmpf* my veel gehelp… ek smile nou amper rondom – dit kom van drie kinders… en elkeen se vorige sny word uitgesny – deurie selfde hakkelende gynae!! Ai, maar hy wasse darling – telefoonlyn-scar en al… ek moet nou altyd sulke gróót bikini-bloomers koop – anners dink die mense ek smile vir hulle😉
    (Ek hoopie jy klets terwyl jy duik nie, Skoortjie😯 )

  12. Man, ek kan my nie ‘n gynae met Parkinsons indink nie. Ek dink dit sal een moerse k*kspul wees!!!!

    Jong, jy kan darem ‘n storie bleddie lekker vertel. Met die telefoon-scar en al. Jy wil nie dalk in die Wosonki’s se boot klouter en saamry nie? Die keer sal ek aan wal wees en NIE klets wyl ek duik nie.

    Ek het eenkeer ‘fok’ onnirwater gese. Toe vat die FFFFFFF so lank, ek spuug daai snorkel uit dat hy ‘n klipvis voor my skoon uit sy plan klap. En toe ek daai K land, sluk ek ‘n gelling soutes. Nou vloek ek nie meer onnirwater nie. En ek dink eerder. Dit is meer vlot.

  13. Waaaaahahaha!!! Soos my (wyse) Oma sou sê: ” Liewe Jesus se ‘moeggepraat’ jou beetgehad??”😆 – Is nogal ‘n great detox op sy eie daai, hê Skoortie – ‘n gelling of 2 water fresh outta da ocean??:mrgreen: Dis hoeka hoekom die ousies altyd smeek virre 2 lita-borrel seewater as ons gaan hollieday. Virre properse plumbing-spoeling. (Hmmm – ek weet nou nie maar seewater kan vir my so bietjie laat kits ook – en ek reken ek sallie in ‘n duikpak wil kits nie – dit kan nie cute lyk nie🙄
    EK vloek mos nie. SOo sin amper gladnie. Ek kyk steeds oor my skouer as ek net sê: “Ag my vy!!!” – want my ma het sommer voorbariglik liewe Jesus se blinde sambok duties oorgevat en my ge-cayenne pepper, sunlight seep én ‘n als-in-een-mams dwarsklap toegevoeg al het ek net doodonskuldig eendag haar gevra hoe maak ‘n kat wat hakkel as die hond verbyhardloop?? Ek beduie: “Ffffff-ffffffffff!!!!” en toe sy nog so begin giggel seg ek hard en duidelik : “fffffffff-ok-offffffff”. KWAAAAHHH!!!! Sy was so vinnig met daai plathand – en sy kon toor ook!! want waar sou enige ander ma innie bus in spitsverkeer ‘n bottel cayenne pepper uit haar handsak uit ruk? Hm?

  14. Proes!!!!!!! Djille good people, ne? Darem, darem is so goed en heilsaam om sulke vriende te he.
    Jimmil Skoor, ek`s jammer jy`s nou blind in die glasoog, ne? Ek hoop die doktirs kan `n ooperasie daarop maak – of `n catscan of iets. Solank jy net weer kan sien met hom.
    En ek reken dis absoeliet gryyyyyt lat jy hhhhhakkkel en klienseerag is, want dit werk soos `n bom as jy arm tjinnirs moet help. Dan help jy sommer een tjint 3 keer oormekaar! Soes laasmaant wat jy (vok, ek meen, ne?) `n vriend yrrie Kaap (die dem Kaap nagals, ne?) klein people in Gateng gehelp, help het. Hakkel maar nog so biekie en nog so biekie langer. Joe ken sy dhat ighen!!

    BB – Hoerehel gat jy trig vir `n 2de en 3de keer laddie mesbevokte mal snyjir jou soe lat smile? Ek is seker jy`s verslaaf aan narkose of vye of iets! Oe! Ek is bly jouse ma was nie myse ma nie! Ek sal permanent nat poepe iewers moes los. Maaint joe, cayenne pepper is mos goet vir bloedsomloop, so ek reken jy`t seker baja omlope en so aan en so aan of goei bloed of iets?

    Jam Skoor, ek`s deerrit als en kan vertel. As iemand net vir `n tydjie stil sal staan en luister.

    Gees!

  15. Ai Graatjie, jou ma kon toor met goete ja? Soveel so dat jy vandag nog twee maal dink. Ek wonder nou of ek en jy regtig ooit sal kliek met die dat ek donir se om elke draai!

    Boernig, ek dink seriously jy moet daai blog begin, want lyk my jy het bitter baie om te vertel. Maar tot jy daai guts byeen gejaag het, is jy altyd welkom om hier te kom klits en stook en braai en breek.

    Ja Nikita, hier raak ons soms so van die topic af, mens het GPS nodig om weer rigting te kry. Scatterbrains onse klompie!

  16. Kla ge-kliek – laaaaaaankal al Skoortjie – Opposites, my dear, are not contradictory, but rather complimentary. Djy vloek – ek suutjiespoep, djy raas – ek fluister, djy poep – ek spuit die airfreshener:mrgreen:

    Ou Geesie – jipjip – ek het blou bloed! (nie soos in Bulle nie – soos in germaanse ariese blou😉 ) – en my omloop is kwaliteit, skat! En jip – gee my keiser-narkose elke 2 jaar mette zig-zag patroon ook assit moet, maar daar’s NO foogin’ (ek vloek, Skoor!!!😯 ) way in hel, wat ek oor ‘n jaar of 10 moet gaan vir ‘n ehhhhhmmm ‘parradys’ rejuvenation nie!!!😳

  17. Dankie Skoor! Ek is op my voete! Ekt darem so pas ‘n boodskap terug gekry op die betrokke post….. Sy wil he ek moet haar kom sien! Bid jou aan! Ek het niks vir haar te se nie! Dit wat ek wou het julle vir my gekomment! So, ek pleit self onskuldig! lol! Hoe se die kinders: payback is a bitch….

  18. Tertia, jy sal haar NIE gaan sien nie. Jy skuld haar NIKS. Ignoreer haar en enige kontak van haar kant af. Vir jou en joune se onthalwe.

  19. Tersia, ignore vir ou Skoortjie, sy is nou net weer ordentlik en wil nie vir jou sê jy moet haar gaan sien en haar een moerse PK gee nie. Ek is mos ordentlik so ek gaan dit ook nie vir jou sê nie. As jy kerk loop soos ek berus jy jou maar by die feit dat sy nou gatlek vir iets wat haar nie toekom nie.

    Het ek al gesê hoe ek mense haat wat wil inwurm waar hulle nie hoort nie?

    Dom “tief” daai girl….

  20. Flonkie, skaam jou om my hier op my eie blog te kom vertel ek is te ordintlik vir die woord (of daad) van ‘n PK!!!

    Ek meen eintlik net hoe meer time of day Tertia die tief gee, hoe minder time of day kry sy vir haarself.

    Maar daai PK klink vir my anyway vir ‘n oomblik sommer lekker kliphard, vinnig en smalend.

    Hooit Parradys, is daai gesiggie wat jy hier kom trek, al vanoggend gewas, huh??

  21. Jimmil tog Bie-Bie! Ek skiem die slang, ne? Vannie paradys en so aan en so aan, ne? Hy`t jou seer sekerlik seer gepik, ne? Want soessit op die scorebort lees, lees ek nou – en ek dink ok boenop so…jy`t waaragtag vannie boom in die mirril vannie tyn gaat loep en vreet.
    Ek verstaan jou. Maarrit issie noodwendag vice versa nie – issit?
    O ja – dissie ene van good en evil – kennis noem ons dit. Die boom nou, ne? En annir good people roep hom ook boom. En hulle roep hom soms mette bynaam van good, en soms `n bynaam van evil. Awe, newa mind, dit voel anieway ek`t iewers davan ingekry. Dis helemal rejunivative!

    Gees! Moerse gees!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s