Tuiste » Skoor Bek » Die Antwoord. Op watter vraag!

Die Antwoord. Op watter vraag!

Sissies en Pissies, hierdie post is NIE vir julle nie.

Dis kommin, dis skokkend en dis vuilbek.  Maar ek moes net iets post oor die nuutste gonswoord in die wereld van musiek – Die Antwoord.

As jy hare op jou tande, en sokkies aan jou voete het, gaan na www.youtube.com en tik Die Antwoord in die search bar.  Luister.  Skrik.  Skud jou kop en gaan aan.  Jy sal egter nooit ‘n ingeligte opinie kan he hieroor as jy nie geluister het na wat die wereld tot stilstand geruk het nie. 

Ek weet nie wat presies dit is wat hulle ewe skielik meer gesog as caviar het nie, maar as almal kan verstaan wat hulle skree, gaan minder ouens saam jol op ‘jou ma se **** in ‘n fishpaste jar’!  En dis nou maar Redro.

En dan praat ons nie eens van Jack Parow nie.  Maar ek dink sy song ‘Cooler as ekke’ is heel catchy.  Nuwe generasie musiek wat nou posvat.  Wat het van die wereld geword!!!

…jy dink jy’s cooler as ekke…

24 thoughts on “Die Antwoord. Op watter vraag!

  1. Is g’n wonder my goody-two-shoes lyrics verkoop nie🙄 – ek moet dalk begin ‘rap’… ek kan net die so dans nie…
    Daar was ‘n artikel in die By Saterdag in die Beeld oor hulle – ‘n laaaaange – ek het so hier en daar ‘n paragraaf gelees… Ek bid hard: “Red ‘n volk!!”😦

  2. Ek kan nie glo dit is rerig nie. Elke keer as iemand hulle noem dan wag ek vir die stukkie agterna wat sê: “net ‘n grappie”. Maar nee, hulle kom hier in London dalk toer en ek dink ek sal dalk die agie in my moet gaan stil maak en sien hoe die Ninja regtig lyk.
    Moet bysê as een pommie my nou weer ZEF noem gaan ek hom dalk die ander woord van die fishpaste jar moet leer en so klap gee.

  3. Ek het dit net ‘n paar dae terug op youtube gesien – deur die link van “The SouthAfrican”-koerant wat my weekliks op hoogte hou van nuus “tuis”. Ek het dit geluister en my “verwonner”… ons liewe ou bediende op die plaas het altyd so gese – ek was nog jong tiener – “ek verwonner my” – en dis wat ek gedoen het.

  4. Dis die ergste van als Gogga! Dat die hele foogin’ wêreld daarbuite nou uiteindelik ‘ons’ Afrikaners nie meer ‘boerrre’ gaan noem nie – maar ‘zeffe’🙄
    (Then again – my buurman gaan dalk net vrek oor die spulletjie – but, ja, hy is ‘n biiiiietjie ‘zef’😆 )

  5. 4 dae . . . net vir frikken 4 dae laat ons die wêreld oor aan sy eie genade, en kyk wat gebeur! Boksburg het “carnal relations” met Mitchels plain en hulle baar ‘n monster genaamd die antwoord . . . en vetweet hoekom maar I kinda like it. Op ‘n siek verwronge manier, want ek verpes rap in enige vorm. Dalk omdat hulle durf uitbreek uit die tradisionele eng beeld wat Afrikaners beskryf? Dal was 4 dae in Kaapstad te veel? Dalk kom middeljarekrisis vir my baie vroeg, of rebelse tiener baie laat. Wie weet? Ek sal waarskynlik NIE die CD koop nie, maar as dit hulle gelukkig maak, gaan daarvoor.

  6. Heita Narciepit!!! You’re ALIVE!!! Whooooopppppeeee!!!

    Ek dink dis die rebelse tiener wat daar deurkom… jy moet meer Kaap toe virre break, skat… op dié agterstevoor trant van jou, is jy binnekort ‘n gillende kleuter 🙄 … dan kom die winderige babatjie stadium😯 – en voor jy jou oë uitvee eindig jy op as ‘n orgasm:mrgreen: 😳 – sorry!! die reverse prentjie was snaaks at the moment…
    At second thought, stick to the rebel – we kinda like that one!👿 Die een wat soms vuur spoeg en g@tskop. Jip, jip – that’s the one we like!😆

  7. As dit die antwoord is, wat is die vraag?
    Hoe banaal kan ons wees?
    Hoe laag kan ons daal?
    Wat kan ons doen om te skok?
    Kan ons Fokofpolisiekar na gospel laat klink?

    Ek het al ‘n paar maande gelede op hulle afgekom en self nie geweet wat om daarvan te maak nie. Nadat ek egter na meeste van hulle videos gekyk het, onderhoude geluister het en artikels gelees het, het ek besluit dat hulle regtig die “lowest common denominator” najaag. Ek glo hulle het talent, maar nou-ja…selfs Hitler het talent gehad. Hulle is duidelik daarop uit om te skok en slaag 100% in hulle doel. Dit, tesame met die feit dat van hulle videos visueel baie goed is, sorg vir hulle skielike gewildheid.
    Ek kan bloot maklik se dis in elke geval nie my tipe musiek nie, maar selfs al het ek van rap gehou, glo ek dat rou banaliteit nie ‘n noodsaaklike resep is vir sukses nie. Behalwe vir hulle naam en hier en daar lirieke, is hulle ook nou nie werklik Afrikaans dit wil uit onderhoude voorkom asof hulle hulself spesifiek in Engels bemark.
    Maar, nou-ja…soos Valiant Swart se: daar’s ‘n mark vir alle tipe musiek. Solank ek nie daarna hoef te luister nie, kan hulle maar “sing”.
    Hulleself se self oor die wat nie van hulle musiek hou nie: “F*k hulle”. Dus is ek seker nou gef*k!

    NS: Ek het dieselfde kommentaar ook hier gelewer:

    http://riviersonderend.net/2010/02/17/soek-jy-die-antwoord/

  8. Ek het ook ‘n hele ruk terug daarop afgekom en ek skud net my kop. Ek kan nie dink dat mense so is of wil wees nie, maar nou ja…
    Die onderhoude met hulle is, wel, ek het nie eers woorde om dit te beskryf nie…

  9. Eerste dinge 1ste, toe ek Valiant Swart lees, toe smelt ek eers. Soos gewoonlik. Dankie Boerinballingskap. Darie man maak mos nie NET musiek nie, hy toor met snare! As ek nou dit reg het, is Valiant amper mos die skepper van die woord ZEF, met sy liedjie: Die meeste mense is maar lekker Zef.”

    Die Antwoord is seker maar `n goeie besigheidsbesluit van `n nare klomp Zef mense. Ek`t nog nooit van rap gehou nie, maar ek glo vas dat ek met gemak kan begin rap oor `n oop toilettebak agv hul idee oor wat musiek is. En ek glo ek sal meer musikaal klink met `n bekvol kots as hul onmusikale probeerslag. Boonop is ek nie bang vir hul verwensings nie:” I love it to be f***ed.”

    Mens leer mos eers die kuns by ou meesters, voor jy jou in `n goeie ding wil inlaat. So, my ongevraagde raad aan hul is dat hulle die regte antwoord in stilte moet gaan soek. Of ten minste by Valiant Swart, Leonard Cohen of selfs Beethoven sal doen.

  10. Graatjie, gelukkig hang ons Volkie se voortbestaan nie net van hierdie 3 af nie. Anders was daar dalkies moeilikgeite!

    Gogga, ek het soooo geskrik toe ek daai Fishpaste jar se woorde hoor, ek het sommer ‘stop’ gedruk! En dis nie asof ek nie vertroud is met die TAAL nie – ek het immers op ‘n plaas in die Weskaap grootgeword – die broeiplek vir TAAL, veral op ‘n Sa’rag middag as die wyn warm is in die lywe – maar om dit skielik uit ‘n mond in ‘n song te hoor is nogal scary!

    Flonkie – maak daar ‘n liedjie met ‘pot kak’ – jy kan jou kookervarings so noteer en ‘n beat byvoeg😆

    Nikita – ek verwonder my steeds. Maar hoe is dit dat julle mense in die verre altyd weet van die goete voor ons? Of is EK maar net stadig?

    Uhm PJ…dalk die tipe geselskap wat jy in die Kaap moes verduur wat jou so verdraagsaam gemaak het? Of meer relaxed met die F woord. Of wassit iets ini water?

    Sonkind en SEO ek wil-wil begin stem! Soos ek gese het, as jy die taal en die konteks nie ken nie, kan jy dalk saam beat hou. Maar vir ons wat weet wat gese word en die betekenis daaraan, is dit nogal ‘n setpil om te sluk. Aan die ander kant: wie het besluit Fishpaste Jar is ‘n vloekwoord? Wat is ‘n woord? Wie het watter konnotasie daaraan?

    Fokof na gospel? 😯 BiB! Jy gaan haal die perd uit die agterste stal met daai stelling. Ek laaik jou sin.

    Wat is talent? As ek na ete sit en beat hou met my chopstix op die bord, het ek ook talent😆 Ek weet nie. Ek hoor jou. Dit is op die ou end ‘n matter of personal taste. Dis net vir my effe sleg dat dit die beeld is van die Blanke Afrikaanssprekende, wat nou die wereld ingestuur word. Ons is klaar so hondsleg in ander se oe, en nou DIT! Verbeel jou. Mag hulle oornag vlot BRITSE INGILS begin praat en nie onthou wat Boerebrood is nie, en daai lable om hulle nekke gooi… Ek mag droom – dis immers my blog, hahaha. Fanks vir die inloer. Die Kaap ruik deesdae vroegoggend na ‘n herfsblaar wat besig is om een te word met die grond. Dis nou as jy vroeg genoeg opstaan en met jou neus naby die grond kom. Ek stuur jou dus groete uit die Kaap van Verandering.

    Maar Boernig! Valiant kan nie sing nie. My kat sing beter as hy! Kitaarspeel ja. Maar sing? 😯 Miskien moet ons ‘ou’ ore maar bly luister na die ‘ou’ meesters. Dalk tel die kinders van vandag iets in die lirieke op wat hulle eendag laat terugverlang na die woorde. Ek sien nie dat vandag se kinders oor 20 jaar vir Fishpaste Jar vir HULLE kids sal speel nie. Maar ek luister steeds Laurika. En 20 jaar terug het ek ook. (Daar was wel ‘n gaping tussen-in wat dit nie cool was nie)

    Norme en waardes. Respek en Dissipline. Alles in ‘n Fishpaste Jar Moertoe!

    Nikita – wat seg jy van lyfstraf?

  11. hi Skoor
    Ek kry weekliks nuus van ‘n koerant hier in die UK – “thesouthafrican.co.uk” en hulle het ‘n link na die youtube-video gehad in een van hul emails – nie dat hulle nuus nou wat wonders is nie, maar dis iets..ek lees dan ook op news24.com ens.

    Lyfstraf: Langenhoven het gese…’n pak op sy tyd is soos brood-en-konfyt. Ek is daarvoor en daarteen, nie almal kan dit toepas nie en nie almal pas dit reg toe nie – as dit toegepas word. Ek verkies om daarteen te wees, maar as jy sien watse “goed” hier in die UK skole is van ander lande af – wel, dan verkies ek om daarvoor te wees in sekere gevalle. – veral as hulle van Somalie af is…sjeeeeesjj…

  12. Ou Skorie, die relaxgeit met die f-woord was nog nooit ‘n probleem nie. Ek is immers besig met my 2de doktoraal oor kreatiewe swets, dit nadat die eerste een teruggewys is agv van wat die moderator beskryf het as “skokkende en onvanpasde gebruik van DIE TAAL”
    Water laat jou metaaldele roes, so dit is glad nie goed vir jou nie . Maar daar was definitief iets in die water . . . . . .ek dink dit was druiwe😆
    Die geselskap het definitief die meeste daarmee uit te waai gehad. 70 jaar of minder vir ‘n menselewe is hopeloos te min tyd om te mors op die vrot appeltjies terwyl daar soveel goeie en decent mense daarbuite is om te ontmoet, en soveel plekke is om te sien.
    So laat die wat wil fishpaste maar fishpaste, laat die politiekers politiek, die suiplappe suip en die foksterriers …blaf. Life is too short, each to his own.

  13. En na al daai ek voel goed jy voel goed BS kom ek op die stukkie af. http://www.youtube.com/watch?v=1g-As5UdIo4&feature=fvsr
    Ek het respek vir enige original poging om musiek te pleeg. Hoe stupid, kommin, zef, bar, sokkie of R&B dit ookal is. Maar om iemand wat kan sing se musiek te verkrag is swak styl. En dit maak jou ‘n boks . . . soos in dwis.
    Happy place Happy place Happy place Happy place Happy place Happy place

  14. Ek wonder waar kom hulle aan die idee dat die Zepher die oliekuiwe se voorkeur model was. Dit was tog altyd die opgesoupte Datsun SSS en die Ford Cortina met die plestiek lemoen op die airial?
    Maar ek dink hulle Zepher se wiele gaan pap word kort voor lank. Sulke snert bly nie snaaks vir lank nie, dan soek die fans weer iets anders wat nog beter saam met LSD en Tik gaan.

  15. Skoor, mar ek seg mos, Valiant tower met die snare…ag ek wens net eendag lat my verliefdgeit einde kan kry, marrit willie. Hy`s darem te mooi vir woorde. Zef en anderzinz. Solank ek net kitare hoor speel, is my wereld mooi.

  16. sorry, ek land bietjie laat hierin – het DA gister vir die eerste keer op You Tube gesien: visually was die video’s (enter the ninja eintlik) regtig goed – sit iets groter agter as die Zef-message. Ek laaik die idee van ons eie Boksburg-scrubbers wat tongue in cheek laat sien wat ‘n belaglike afgod die multi-billion dollar rap industry en sy helde is! Ek moet hard lag – sodra die mense egter hulself begin serious vat word Die Antwoord minder.

  17. As dit is wat hulle hare terugblaas…fine. Maar ek wil net nie hê dei hele wêreld moet my saam met hulle in ‘n bootjie gooi nie. Kommin is een ding… zef blykbaar heeltemal iets anders.

  18. Nikita, dit help as die nuus op jou rekenaar gesit word. Ek doen nou moeite en kyk elke dag Fred Mouton van die Burger se spotprent. Dis bitter snaaks en aktueel!

    Ek stem met oom CJ, by the way!!!

    Ja PJ, die Foksterriers het die belangrikste werk. En die manne wat Groot Bakkies ry en ander kan intimmideer! Ek like hulle albei baie. Ek stem met jou reaksie op daardie link. Nogal swak smaak. Understatement, ek weet.

    Krista, daar is nogal pille vir daai – hulle noem dit SETPILLE. Dit help nie regtig vir kommingeit nie, maar dit help om die k*k drukking op die flenterjie brein te verlig, hahaha

    You Go Louwie! Hoe meer ligte daai karre het, hoe beter sal die bulbies met die Tik gaan my broe’!

    Boernig, sal jou maar moet gaan wys waar sy huis is. Net hier bo van my.

    Nesbit West, ja, dis fab dat oorsee dink iets is cool wat uit SA kom. Al is dit net die klanke. Maar hel, kon hulle nie maar eerder in
    !boesma!n gesing het nie. Dan het ek ten minste nie ‘n kloe gehad watse twak hulle kwytraak nie.

    Ja demoerin, zef wil ek nie wees nie. Ek hoor hulle gel hulle hare met ZEB net omdat dit ook 3 letters het. En hulle kan nie shit seg nie, want die tande is in ‘n barfight uitgemoer, hulle se sit! En al die honde in die buurt luister. Weird fenomeen. Baie weird. Miskien kom daar weer ‘n tesis deur. “van Zoid tot Zef”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s