Tuiste » Skoor Bek » Om saam met Michael Bolton inkopies te doen

Om saam met Michael Bolton inkopies te doen

‘Frantic’.

 Dis al wat in my kop opkom toe ek Sondag net so na 11 by Fruit & Veg in Somerset Wes instap.  Ek gryp ongelukkig die grootste waentjie, en swets binnesmonds toe almal by die piesangs vassteek om ‘n rand per kilo te spaar.  Hulle het ook groot waentjies gegryp, so as daar ‘n treffiek jem is, is dit ‘n moerske dilemma!  Ek kan nie omdraai nie, want ek voel-voel die volgende honger koper sit en blaas op my hakke. 

‘n Vet tannie buk dat haar boude ver agter die trollie uitsteek, en ‘n man met sy oog op 2 waatlemoene, tref haar skrams en maak van haar pentie ‘n g-string.  Sy kyk vererg op, maar besef sy was uit lyn uit!  ‘Gelukkig’ dink ek.  ‘Amper donir die tannie die man met ‘n bossie wortels!’  En ek het netnou onder die stort uitgekom – nie nou lus vir sand en wortel lowwe wat oor my sou reen nie.

By die  vistoonbank, gevries mind you all, staan en staar ‘n oom na gevriesde crapsticks.  Ek het noudie aand crabsticks in ‘n gereg gehad.  Ek dink as jy ‘n kondoom in die gereg sou insit, sou dit byna dieselfde in die kies voel.  Veral dies wat ‘ribbed for extra pleasure’ is!  ‘Los oom, koop vars vis’ wil ek skree, maar iemand skuur in my personal space en ek gril toe ek kopvel ruik.  Nou is ek al semi-moerig.  Dis 11uur.  Ek het 2 Rooibos tees en ‘n koffie in.  Ek is honger, en kopvel op ‘n nugter maag werk nie.

Ek draai regs en kry knoffel en gemmer en ‘n groot pak rump steak.  Ek kan die gereg wat ek wil toets, al ruik. (as mens die kopvel van jou neuswande kan skraap).

Ek moet omdraai, maar ‘n vrou met ‘n swanger maag wat dooooer net duskant 9 maande staan, en ‘n hideous haarkleur (fokit, daai kind gaan sKrik vir sy ma) en haar man in plakkies, blokkeer my roete.  Ek haal vlak asem (diep sal my laat neerslaan, ek is neffens die rou vleise, en rou vleise is nie my favourite reuk nie)

Ek staan en rev die waentjie se handvatsel.  Soos asof ek op ‘n bike is.  Of in ‘n oorlogsvoertuig..SOME DAY I’LL FLY AWAY, LALALA LA LA LA LA….. Die mother-to-be en haar territoriale man maak spasie.  Hulle was by die varksnoet-pienk worsies.  ‘Wat gaan dit aan die kind in jou maag doen???  Selfs met DSTV is mense nog dom om nie te weet wat in daai pienk worsies ingaan nie!’ 

Ek sien ‘n gaping, sit my hoofligte aan en gee vet.  Die vrugteslaaie swiep by my regterskouer verby, en kry die reuk van crushed garlic in gis-olie op cheap deeg brood.  Ek sien die sushi, en ek skakel oor na ‘n vinniger rat.  Ek mis die ma wat ‘n skuinsklap na haar seun gee, rakelings, en ek ry amper die sussie wat hy besig was om te verpes, in haar dinges.  Pa slaan alles gade deur dik brilglase.  ‘Get a grip en help jou vrou’ wil ek snou, maar ek is 3 tree van die sushi af…

Ek parkeer my Unimog waentjie.  Ek trek sy handbrief vas en plak myself agter ‘n bordjie salmon roses. 

Maar die soja proe of dit met water verdun is (wat dit seker ook seker is) en die wasabi le grasgroen in my bakkie, maar skop aanmekaar my sinusse mis.  Ek sit mistroostig agter die sushi counter.  My hart is leeg want my Skoorlief kuier in die Suid-Kaap en iets in die lug is net nie lekker nie.

Toe tref dit my.  In my ore!  Jare terug het ek gelees dat daar ‘n studie gemaak is oor musiek oor die speakers van restaurante en winkelsentrums en kettingwinkels.  As jou restaurant vol is, en jy het ‘n tou buite die deur….draai die plaat om na die remix kant.  Hoe meer beat, hoe vinniger kou die kake, en hoe gouer draai jy tafels.  As jy egter mense in jou plek wil hou, en hulle laat aanhou koop met ‘n ligte gemoed, dan speel jy ligte musiek.  Rustige musiek.  Sag genoeg om nie te steur nie, maar hard genoeg om mense te laat stilstaan en glimlag.

Maar hier, oor die luidsprekers van Fruit & FokkenVeg in Somerset Wes, is Michael Bolton besig om aambeie uit te druk met sy stem wat in die laat 80’s nog sexy was, ek het immers ‘n typie daarvan gehad, maar hel weet, in 2010, in ‘n warm Kaap, in Februarie, kom daai man se TELL ME HOW AM I SUPPOSED TO LIVE WITHOUT YOU oor die luidsprekers gegil, dat dit vir my voel ek doen timetravel, gaan storage toe en soek vir daai GECOPY-de Michael Bolton tapie, en timetravel tot in sy woonkamer waar ek die tape in sy gat opdruk en dwars draai!

As ek nie die parents-to-be sien aankom het, wat die hele weg blok nie, het ek my donirse Unimog opgestart en deur die skare gejaag na die bestuurder en rys en soja oor sy lessenaar gaan neersit, maar toe vat ek maar kortpad kasregisters toe.  Voor Whitney Houston met haar rukbekkie AND I WILL ALWAYS LOVE YOU kom uitskree!

19 thoughts on “Om saam met Michael Bolton inkopies te doen

  1. Skoor, kom doen asseblief inkopies hier in ons Friendly op ‘n Sondagoggend net na die kerke uitgekom het en laat weet my vroegtydig. Ek wil net so agter jou aan drentel en die petalje waarneem. Hier ken almal mos vir almal en dit is die tyd om mekaar te ontmoet en die week, en die preek, se ins and outs uit te ruil.

  2. Jeez!!! Ek`s bly jy rev nie agter my hakskeensenings nie! Een ou auntie mette erg krom neus het mos eendag my kuite probeer rearange mette Shoprite wa, toe strip ek vinniger asse can-can girl op heat. Ek`t ha wa se passenger deur `n duik gerev, as sy `n truspieel gehaat het, sou dit moertoe gewees het, wel…ha linkertone is seer sekerlik tot vandag toe moertoe en ek`t iets innie lyn van joewiesbiets gesis, voorlat ek my wa wat lyk offit wou paar uit ha trollie geruk het.

    Vattie kak van shopping nie. En darie dem musiek wat my earwax wil beskadig, ne? Ek se nog voorlat ek mooi inloop, ne? As julle wil he ek moet koop, sit af! En uhm? Watter gedeelte van AF vestaan jy?

    Niks se ge-prentjie tekenry nie – almal ken my nou al. Voktog, Pick en P haat my amper al!

    Ek kan ookie darie oranje rubber uitveers eet nie. Ookie seekat nie.

    Hierdie naweek ontdek ek mos Black Gold – jimmils!!!! Verby

  3. Ai, hoe lekker sit en smaail ek nou. Skoor ek weet dit was traumaties gewees vrou, maar hoor hier, dankie vir die manier waarop jy dit vertel het.😆

  4. Oe Anna, almal wat almal ken is nog ok, maar hier ken niemand mekaar nie (of maak jy of jy nie herken nie) en gemoedere loop hoog. Gelukkig voor julle die winkels invaar, is die Seen oor julle uitgespreek!

    Gmpf Zena, ek kyk dan self sepies! Sal dit nooit oor my hart kry om dan te shop nie.😆

    Boernig, shopping trollies op my hakke, en baby prams in die paadjies. My een donirse doodsteek. My moer strip so, nie eens Pratley Steel maak hom weer heel nie!!! Luister ou girl, hier (http://netresepte.wordpress.com/2008/09/18/pasta-en-black-gold/) is vir jou ‘n black gold resep – met my komplimente. Maak jou eie. Die winkels s’n is darem nou te duur, en as jy eers verslaaf is, is dit lelike tye!!!

    Sonkind, ek hettie gedink nie. Ek sweer! As my hart half is, is my brein ook sommer op stilstand.

    Flonkie, ek ken nie daai liedjie nie. Is dit van sy eerste tape?? Ek se jou, ek het genoeg gehad van hom. Goddank hy sing nie meer nie. As jou sweetkliere begin kriewel van ‘n pitch in ‘n stem, dan moet jy weet dit raak gevaarlik! Ja, die regte woorde in ‘n song en jy’t ‘n koper. Of ‘n fanclub. 😆

  5. Al gesien wat in die dikste piepols se waentjies is as jy so sit en koffie sit op die voorstoep van ons F&V?? Pampoen (altyd steeds die heel grootste boerpampoene of hubbards), wortels – bosse en bosse wortels en aartappels… piesangs ook. G’n klein variety nie – g’n ‘less is more’ – oh ja en pakke en pakke groenbone – (wat dan saam met die aartappels en uie gekook word tot ‘n papperysel) in plaas van gestoom sodat hulle tot hulle volle potensiaal benut kan word. Selle met spinasie (gekook met aartappel en uie).
    Die grootste pret wat ons Sondae met ontbyt (by ons F&V is daar héérlike en bekostigbare eetgoed – my fav’ isse grilled veggie panini – yumm-yumm) het is so ‘n skuins afdraendetjie wat na die parkeerterrein lei… daar val ‘n average van 4 trollies om of slaan bolmakiesie dat jy net sien eiers, vrugteslaai (family size met yogurt bo-op teen R29 per liter) en pampoene sien trek. Jinne, ons kan ons holle skeur vir daai sight – wie-ever die trollie stoot is keeldiep ini kik by die ander een – shame – ek kry net baie jammer assit ‘n kind is wat die ding stoot – ek het al opgespring en gaan help daar waar die pavement die teer groet en die voorwiele gewoonlik vashaak – net om te keer dat daar nie nog ‘n bloedjie onnodig uitgetrap word van ‘n dizzy height af oor ma se ‘grouseries’ virrie week.
    Maar die manier waarop mense dit verskillend hanteer is hilarious – ek gaan nog eendag ‘n video maak daarvan! Jip – dis wat ekke gaan doen!
    Era weet lankal presies wat ek koop – so, as hy klaar sy kos inhet en die boude jeuk van die sittery, bestel ons nog ‘n x-large koffie of ‘n fruitsalad en icecream en hy gaan doen gou die shopping – hy’s nogal agile met ‘n trollie – hy jaag soos ‘n tipiese tiener in ‘n gamearcade met daai trollie deur die plek – en ons time hom nou al… die week se bone…marrows…brokkoli…seldery…chicken livers en patats, 1 of twee mooi tamaties, 4 panini’s, 8 slices salami en ‘n cheese of choice – ek dink sy rekord staan op net onder die 8 minute… (ek weetie wat sy rekord vir gekraakte hakke is nie:mrgreen: ).
    Ek doen nie eers sommer meer Pick&Pay of Checkers nie – ek háát shopping met ‘n intense passie!👿 Ek soek ‘n plekkie by die see – en ‘n labrador en ‘n winkeltjie waarheen ek die woef met ‘n mandjie ini bek kan stuur. Dis wat ek soek, ja!

  6. Hilarious! Lekker gelees nou. Die prentjie van die sushi is net evil. Ek eet nie seekos nie, maar daai maak my lus.

  7. Praat jy wat rouvis eet. Daai winkel waarvan jy nou praat was amper die katalisator in ‘n morsige skeisaak, en dit oor frikkin vrugteslaai! Gelukkig het Michael Bolton nie daai dag ook nog gesing nie . . .

  8. Hmmmmm Narcie – die een ini SW of die een hier??? Want albei van hulle was al by ons amper oorsaak vir dieselfde… Wat verstaan mense nie van ek eet NIE GUAVA’s NIE??!!!👿
    (en appels is stapelvoedsel!!! dit hoort NIE in ‘n fruit salad nie, maar my!)

  9. 😆 Nou wat dink jy het F&V met daardie song probeer bereik… ‘n barney? Ek gaan nie meer F&V toe nie, daardie bietjie besparing is nie die maan-toe-rocket van my bloeddruk werd nie.

  10. lol BB, ek soek ook die brakkie wat `n mandjie met vars brood en salami en plaasmelk en die koerant kan gaan haal en niks langs die pad opvreet nie! Natuurlik die huisie by die see ook – met geen bure vir 3km`s nie.

    Skoor! Dankie Skoor, die piepklein botteltjie Black Gold was R30- 00 en ek wil dit nou elke aand eet. Spaar my net die vet, Liewe Heer, die kos is dan so lekker.

  11. Haai Graatjie, miskien koop daai eintste piepols vir hulle honger bure ook kos!

    Jy kan darem ‘n ding skryf dat ek sien hoe die eiers trek! Goeiste genade. Ek kan nie glo hulle het nognie plan gemaak met die skuinste nie.

    Ek is weer maaaaal oor shopping – veral om so te drentel tussen die rakke met die spaaisis en souse en nuwe goete.

    Ja Kaneel, ‘n vissie op rys op die regte tyd is vir my soos ‘n mini-vakansie!

    Oe PJ, dis lelik as jy dit so stel. Ek is regtig bly vir jou part dat julle toe nie nog deur die ore ook geirriteer was nie. Mens wil julle nou nie die skrik op die lyf jaag vir die area nie… Daai kan later kom!

    Demoerin, klink my jy het iets om te vertel van Impala F&V? Ek kan onomwonde getuig dat Stellenbosch die SWAKSTE en KLEINSTE BEKNOPSTE F&V in die land het. Dit suck. Ek raak groen as ek die verskeidenheid sien by F&V in Somerset Wes, maar die uitleg is seker deur iemand gedoen wat nog nooit ‘n trollie moes stoot nie. Werk mos gewoonlik so – iemand wat nie kook nie, ontwerp ‘n townhouse se kombuis. Wat my remind…mag die ou wat my huis se kombuis gaatjie ontwerp het, vandag ‘n allemintige gatkramp kry wat vir 3 dae duur.

    Dis reg so Boernig – ek hoop dit help. Een of ander tyd raak jy miskien uitgeeet daaraan, en is die bye weer veilig😆

  12. Impala is net die allerwonderlikste plek. Kwalitiet beter as Woolies met pryse so tussen F&V en Woolies. Rakke altyd perfek gepak, en met die beste Avo’s (jy vra die Avo’s vir die dae in die week wanneer jy dit ryp wil hê, en hulle word so vir jou toegedraai… en dit was nog altyd spot-on), langsaan is ook die Impala Flowermarket, en aan die anderkant Olivia’s Coffeeshop en bakkery (Met die BESTE Pie, Chips en Gravy in die land) en dan nogge slaghuis ook. Net so oorkant die straatjie is die viswinkel. All in one stop.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s